SAUK-voorsitter glo Hlaudi doen ‘uitmuntende werk’

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, kon Dinsdag nie aan LP’s sê wie die SAUK besit of befonds nie, maar het volgehou hy glo Hlaudi Motsoeneng doen “uitmuntende werk” by die uitsaaier.

Maguvhe het Dinsdag uiteindelik opgedaag om vrae van die ad hoc-komitee, wat aangestel is om die bevoegdheid van die SAUK-raad te ondersoek, te beantwoord, nadat die parlement ʼn dagvaarding moes uitreik om hom te dwing om voor hulle te verskyn.

LP’s was geskok om te hoor hoe Maguvhe Motsoeneng se aanstelling verdedig, selfs nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof vroeër vandeesweek bevind het Motsoeneng mag geen posisie by die uitsaaier beklee nie. Motsoeneng het nie ʼn matriekkwalifikasie nie, maar Maguvhe het gesê hy doen uitstekende werk by die uitsaaier, ongeag voormalige raadslede, joernaliste en bestuurslede wat tot die teendeel getuig het.

“Ek was oortuig hy doen ʼn uitmuntende werk,” het Maguvhe aan LP’s gesê oor die raad se besluit in 2014 om Motsoeneng aan te stel. Die raad was verdeeld oor die besluit om Motsoeneng aan te stel, maar Maguvhe sê hy het ten gunste van sy aanstelling gestem. “Tensy iemand my verkeerd kan bewys, maar vanwaar ek staan, glo ek hy kry dinge reg en ek glo enigiemand, selfs wanneer jy goed is in iets, sal uitdagings ervaar,” het hy gesê.

ANC-LP, Makhosi Khoza, het hierop gesê: ‘Wel, ten minste het ek vasgestel ek en jy behoort nie tot dieselfde wêreld nie.”

LP’s het Maguvhe verder uitgevra oor sy begrip van die openbare uitsaaier en wie hy dink die SAUK se aandeelhouer is. Die korrekte antwoord sou gewees het die regering, namens Suid-Afrikaners. “Sover ek weet, verteenwoordig die minister van die departement van kommunikasie die aandeelhouer van die SAUK. Sy verteenwoordig die parlement,” het Maguvhe geantwoord.

ANC-LP, Jabu Mahlangu, het Maguvhe reggehelp. “Nee, sy verteenwoordig beslis nie die parlement nie. Sy verteenwoordig die regering,” het hy gesê.

Op ʼn vraag wie se geld gebruik word om die openbare uitsaaier te befonds, het Maguvhe gesê 85% kom van kommersiële transaksies, 13% van tv-lisensies en 2% van regeringstoelae. Mahlangu het hom weer reggehelp. “Daar is ʼn staatsbeursie. Die feit dat jy, as die voorsitter, nie hierdie vraag korrek kan antwoord nie, skep ernstige vrae oor die verliese wat die SAUK gelei het,” het Mahlangu gesê.

Die LP’s het Maguvhe daarna gevra of hy bewus was van wat in die SAUK se nuuskantoor gebeur het. Hy het gesê die groep joernaliste, die sogenaamde SAUK8, wat afgedank is toe hulle beswaar gemaak het teen beweerde sensorskap en verdraaiing van die nuus, is nooit onder die raad se aandag gebring nie.

“Ek weet nie. Na wie verwys julle?” het Maguvhe gevra.

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hy was ook nie bewus van die joernaliste wat ʼn saak voor die konstitusionele hof gebring het oor die SAUK se nuwe redaksionele beleid nie.

Maguvhe het gesê die ondertekening van ʼn “twyfelagtige” ooreenkoms tussen die SAUK en MultiChoice, om laasgenoemde toegang tot die SAUK se argiewe te gee, was iets wat voor sy tyd gebeur het.

Vincent Smith, voorsitter van die komitee, het tussenbeide getree en die notule van ʼn vergadering van 29 Januarie 2015 voorgelees, toe Maguvhe reeds op die raad aangestel was. Die notule dui aan die ooreenkoms, wat sowat R256 miljoen werd is, is in dié vergadering goedgekeur.

“Hoe kan jy vir die mense van Suid-Afrika en die parlement vertel jy het niks van die ooreenkoms geweet nie omdat dit voor jou tyd gebeur het?” het Smith gevra. Maguvhe het gesê hy het gedink daar word na iets anders verwys.

Toe die LP’s hom vra of Motsoeneng die ooreenkoms voor of na die raad se goedkeuring onderteken het, het Maguvhe se geheue hom in die steek gelaat. “Eerlikwaar, ek kan nie onthou nie, dus wil ek nie eers probeer om die vraag te antwoord nie, want dit kan dalk nie die waarheid wees nie,” het hy gesê.

Maguvhe het geweet Motsoeneng het ʼn bonus ontvang wat met die ooreenkoms verband hou, maar toe hy gevra is of die bonus tussen R11 miljoen en R33 miljoen was, kon hy weer nie onthou nie. “ʼn Bonus is betaal, ek weet daarvan, maar die bedrag wat nou genoem word… ek het nie die presiese syfers nie.”

Hy onthou wel hy het drie raadslede verlede jaar afgedank en het gesê daar was genoeg bewyse om hul afdanking te regverdig, ten spyte van bewerings dat die raadslede afgedank is omdat hulle nie saamgestem het met die manier waarop die SAUK bestuur is nie.

LP’s het Maguvhe in ʼn stadium gevra om homself ʼn punt uit tien te gee vir die manier waarop hy die raad bestuur. Hy het homself agt gegee.

DA-LP, Phumzile van Damme, het Maguvhe gevra hoekom hy steeds ʼn salaris moet ontvang gegewe die mislukkings binne die SAUK onder sy bestuur. Sy antwoord was: “Wat ek gedoen het en ek sê dit met trots, is dat onder my leierskap, die aantal kwalifikasies wat ons van die ouditeur-generaal ontvang het, drasties minder het. Na my mening het ons ʼn SAUK wat finansieël stabiel is. Ons het baie bereik onder my leierskap, maar ek kan nie reageer op kwessies waarom julle my nie moet afdank nie. Daarvoor het ek nie ʼn antwoord nie.”

Maguvhe het wel erken iets is fout by die SAUK en gesê dit kan reggestel word deur die hele uitsaaier se personeel af te dank en van nuuts af te begin.

“Ek dink die meeste van die mense daar is nie lojaal teenoor die SAUK nie. Jy sal een minuut nog iets bespreek en die volgende minuut kry jy oproepe om [inligting wat gelek is] te verifieer,” het hy gesê. “Ek het vroeër ook ʼn grap gemaak, dat indien ek die mag gehad het, sou ek almal daar uitgejaag het en nuwe mense aangestel het, want die mense daar dink hulle kan maak wat hulle wil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Connie ·

Mense dis scary……. en hy is ‘n prof? O liewe land ons arme land.

Waghond ·

Lol! Die top bestuurspan van die SAUK is ‘n klomp palookas. G’n wonder die uitsaaier is wat hy is.

Johan ·

Is hy regtig n prof……ek het my bedenkinge…….as ek die LP’s bra ek hulle wil bewys van sy kwalifikasies hê……wie het hom Prof gemaak? Wat se prof is hy. In kriminologie? Kyk net vir ou CLOUDY hoe kan mens so gesig êrenstig opneem?Dis skreeu krimineel…….

Jaybee ·

Hoe kan ons nog vertroue hê in sulke oneerlike en korrupte mense. Dit is hulle wat moet sorg dat ons geld gebruik word tot voordeel van die mense van Suid-Afrika. Dit is waarom ons lisensies betaal, nie om die geld in hul eie sakke te steek nie.

Koos1 ·

Sonder om onsensitief te wees, maar die man is blind vir wat daar aangaan!

M'Lady ·

As dit die kaliber mense by die SAUK is wil ek eerder nie weet wat gaan by die ander instellings aan nie. Sal n mens slapelose nagte gee.

Jack ·

Waarop word dit baseer? Hy het met alles aangejaag. My broer Jack lieg nes ek. Hy wil ook maar nie sy lekker posisie en geldjies verloor nie … daars lekker bonusse by die SAUK as jy aan Hlaudi se kant is.

Sê maar net. ·

Natuurlik sal die voorsitter saamstem met alles wat gesê/gedoen word by die SAUK. Doen hy/sy dit nie dan is die beursie ook gesluit. Dit is een groot korupsie. Prof of te not

Hennie ·

En so lyk ons demokrasie, bo van Zuma af tot heel onder. Alles ‘n groot gemors. En hierdie mense glo hulleself maar weet nie om hulle self aan ‘n redelike standaard te meet nie. Geen wonder ons trap water net-net bokant rommelstatus nie.

Dries ·

Die gesegde lui mos :In die land van die blindes is eenoog koning (met apologie).

MM ·

Die man is blind hoe kan hy sien wat om hom aangaan??? Hy het nie ‘n glue wat om hom aan gaan nie dit is baie duidelik.

Simon ·

Volgens Prof. Muvango het Hlaudi Mtsoeneng iets reggekry. Laat my dink hoor. Ek dink ek het iets iewers gehoor.

Ever heard of a bul in a China shop.

Chris ·

Ek sal my nek uitsteek en ‘n skoot innie donker in jaag. Daar gaan mooi niks soos in niks met die bendelede by die Essa Biesie, Eskom, Tranenet, staatsdepartemente en waarookal, selfs SARU gebeur nie. Dit is Afika demokrasie op sy beste. Die mense is van Jan van Riebeeck sy pote hier kom neersit het onderdruk. Dit is nou hul beurt. Soos die Ingelse sê, “pay back time”. Soos FW gesê het, “checks and balances”. Hy het eintlik bedoel “check hie hul check balances gaan groei”.

Lance ·

Nee kyk its the blind leading the blind …geen wonder dis so n gemors nie ….hy besef dit nie eers …hoe hierdie mense die posisies kry wonder mens net …so goed jy vra n 3 jare om n vliegtuig te vlieg.

Skoeter ·

Ek wil klip in die bos gooi, net soos hierdie ou nie voldoen aan die vereiste kwalifikasies vir die werk wat hy moes doen nie, wil ek die vraag vra: Is daar nie ook vasgetelde vereistes dat die persone wat ons land regeer sekere kwalifikasies moet hê nie? Ons sit met ‘n groot span “Geleerdes” in die Parlement, waar het hulle die kwalifikasies bekom as hulle in die apartheids era so onderdruk was? O askies hulle het mos oorsee gaan studeer, dit was seker verniet want iemand wat so verskriklik onderdruk was het mos nie daardie tipe geld om oorsee te gaan studeer nie. Maar net gewonder………

MdP ·

Kyk na alles wat die “voorheen benadeeldes/onderdruktes” deesdae besit. Daar is mense wat hul hele lewe lank werk en nog nie die leer se bopunt kon bereik soos die wat deesdae besbetaalde poste kry volgens hul velkleur nie! As onderdruktes so vooruit vorder in net 22 jaar, dan is daar darem ‘n liggie van hoop vir ons wat deesdae onderdruktes/minderheid is?!?!?!

John ·

Die volsin van die week is beslis: “I’m sorry, I don’t know anything about it. It was before my time…”

MH ·

Lanklaas ‘n ou gesien wat so bewusteloos deur die lewe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.