“SAUK-voorsitter het nie ʼn graad” sê DA

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

ʼn Agtergrondondersoek in opdrag van die DA het meer bewyse aan die lig gebring dat Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, glo nie ʼn BCom-graad het soos wat sy beweer nie.

“Die DA het die dienste van Managed Integrity Evaluation gebruik om Tshabalala se kwalifikasies in die nasionale kwalifikasieregister (NQR) na te gaan,” het DA-LP Gavin Davis Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Volgens die party het die ondersoek bewys dat:

  • Tshabalala in 1996 by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa)  vir ʼn BCom-graad geregistreer het.
  • Haar studentenommer was 0658-212-5.
  • Sy was in 1996 vir die laaste keer daar geregistreer.
  • Die kwalifikasie is nie voltooi nie.

“Die DA sal die inligting van die ondersoek as nuwe bewyse tydens die parlementêre ondersoek oor Tshabalala se kwalifikasies voorlê wanneer dit hervat,” het Davis bygevoeg.

Volgens hom kon die party nie bevestig of sy ʼn nagraadse kwalifikasie in arbeidsverhoudinge aan Unisa behaal het nie, want dit word nie by die NQR ingesluit nie.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het gesê die uitsaaier kan nie oor die aangeleentheid kommentaar lewer nie. “Tshabalala hanteer dit. Die saak is voor die hof en ons kan nie betrokke raak nie,” het hy gesê.

Tshabalala het verlede Donderdag ʼn interim interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekom om enige ondersoek te stuit wat probeer bepaal of sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het.

Dié aankondiging is tydens ʼn vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gemaak, wat met sy ondersoek sou begin.

LPs moet wag totdat die regter uitspraak gelewer het oor die saak. Die saak word op 3 November aangehoor.

Tshabalala word daarvan beskuldig dat sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het toe sy vir die pos by die SAUK aansoek gedoen het. Sy het op haar CV aangedui dat sy ʼn BCom-graad aan Unisa behaal het. Sy voer ook aan sy het ʼn nagraadse kwalifikasie in arbeidsverhoudinge. Unisa het reeds aangedui dat daar geen dokumentasie bestaan dat sy oor enige van dié kwalifikasies beskik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jolandie ·

ai en die mense wat so hard werk en n graad behaal kry nie werk nie!! Belaglik dat mens so kan jok.

Babs ·

Dit wil voorkom of sy gelieg het oor haar graad. Dan beteken dit net een ding: Sy is onbetroubaar.

Theresa ·

Dis waar Jolandie. Hulle almal lieg sonder om ‘n oog te knip en baie kom daarmee weg. So word ons land die afgrond in “bestuur” deur mense wat voorgee en so dig is dat hulle nie weet waar hulle links of regs is nie.

moegoe ·

Het prez ZOEM-ZOEM i graad, ek twyfel maar wat ek weet hys baldadig en roer onder die rokke.

PR Mackay ·

Sy lyk’ heeltemal gegradueerd , alhoewel nie be-Comm-erd nie , terloops moet jy self goed kan lieg om goeie leeuns uit te saai

Jannie ·

As sy n pos kan kry wat n graad as vereiste het en nie dri graad het nie, kan ek mos President word. Dis eintlik pateties om soveel mense in poste te sien wat nie die werk kan doen nie. Geen wonder dienslewering is so swak nie.

Neels ·

Ek glo ons moet besef dat die gaping tussen die westerse en Afrika denkwyses breer is as wat ons tot nou toe besef het. Wat in die westerse denkraamwerk onaanvaarbaar is, is nie noodwendig onaanvaarbaar in die Afrika denk raamwerk nie. Hierdie is maar een voorbeeld. Die polisie kommissaris se medalje debakel is nog een.

Chanel ·

Sy het dan gerigistreer julle………. So sy het dan haar graad. Syt seker nie geweet dat sy moet swot ook en dan die bewys kry nie. Gedink die registrasie is haar graad……

HAHAHAHAHA!

Neels ·

Onthou net Zuma het ook n graad, graad 2 as ek reg is. Iemand moet dalk net seker maak of hy regtig gr2 het….wie weet??

carel ·

julle sien as sy regtig die graad klaar gemaak het sou sy dit kon bewys – maar omdat sy nie slimgenoeg was nie wys dit nou (sy probeer nou die hele land n rat voor die oe draai).

Ondhou jy kan soveel geld he as wat jy wil of jy kan so baie stemme kry van kiesers af deur die snert wat jy praat maar n goeie verstand of breinkrag/denkvermoe word jy net mee gebore – en dan se jy dankie vir die skepper daarvoor – so die vrou moet haar kop maar iewers in die sand gaan druk – maar miskien sal sy iewers die bewys op toor?? daar is dalk regtig singomas daar buite??

Moeggepraat ·

Wat my meer de mur in maak is dat ons eie wit mense hierdie kokkelolle aanstel bo hulle eie mense EN hulle dan helse salarisse betaal, net om in die regering se BBBBBEEEEEEE boeke te kan wees! 4kit, man! Ek sien dit waar ek werk ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.