SAUK-voorsitter kry hofinterdik teen ondersoek

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, het Donderdag ʼn interim interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekom om enige ondersoek te stuit wat probeer bepaal of sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het.

Dié aankondiging is tydens ʼn vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gemaak, wat met sy ondersoek sou begin. “Die regter het op 23 Oktober 2014 gelas dat ons nie met die vergadering mag voortgaan nie,” het Joyce Moloi-Moropa, voorsitter van die komitee, gesê.

LPs moet wag totdat die regter uitspraak gelewer het oor die saak. Die saak word op 3 November aangehoor.

“Me Tshabalala se regsverteenwoordigers het op 22 Oktober ʼn mosiekennisgewing bedien op die speaker van die Nasionale Vergadering, die portefeuljekomitee van kommunikasie, die president van die Republiek van Suid-Afrika en die minister van kommunikasie,” het Moloi-Moropa bygevoeg. Die mosiekennisgewing versoek die hof om te bepaal of die verrigtinge voor die komitee ʼn tugverhoor is of nie.

LPs hou vol dat hulle slegs ondersoek instel, maar Tshabalala het gesê dit neem die vorm van ʼn tugverhoor aan.

Sy word daarvan beskuldig dat sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het toe sy vir die pos by die SAUK aansoek gedoen het. Sy het op haar CV aangedui dat sy ʼn BComm-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) behaal het. Sy voer ook aan sy het ʼn nagraadse kwalifikasie in arbeidsverhoudinge. Unisa het intussen aangedui dat daar geen dokumentasie bestaan dat sy oor enige van dié kwalifikasies beskik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HEVW ·

Man, dit is tog duidelik sy het nie gejok nie. So ver as wat sy gaan is sy besig om almal te belieg. Waarom bang vir die ondersoek en het sy n interdik bekom? Wees trots om jou akademiese prestasies te bewys. Of is jy bang jou gemaklike pos tesame met n vet salaris wat jy regtig nie verdien nie te verloor.

Leon ·

Wat sou ‘n graad in any case saak maak! Maar weereens kaderontplooiing met onbevoegde mense Ek wonder watter land se ambassadeur sy nou gaan word?………dis mos nou al ANC tradisie!

Dave ·

Ek weet nie waaroor julle kla nie! Julle wens dat julle ook so slim kon wees.
Mugabe se vrou het immers ‘n doktorsgraad behaal in sowat 2 maande se intensiewe studie.
‘n Filosoof wat geweet het waarvan hy praat het gesê dat ‘n land sy regering verdien.

fritzoos ·

Dit is duidelik vir 85% van die land se bevolking is BEE nie genoeg om die werk te kry. Hul moet steeds lieg ook oor kwalifikasie. Dit is seker ook apartheid se skuld dat sy haar nie vroeer verryk. Op die ou end moet ander haar werk doen met lae moraal. Met ‘n presedent wat skaars laerskool klaargemaak het wat anders kan ons verwag.

Theresa ·

Hulle hoef nie ‘n ondersoek te hou nie. Sy het met haar optrede alles so pas bevestig.
Wake up and smell the roses !!

marietjie ·

hoekom dan skaam vir haar grade, as sy dit het dan het sy dit mos. hmmmm iewers is iets nie pluis nie. ja mens kan mos grade deesdae oor die internet ook koop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.