SAUK-voorsitter se gedrag is ‘walglik’, sê ANC

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Woensdag Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK se raad, veroordeel nadat hy uitgestap het tydens die parlementêre ondersoek oor die openbare uitsaaier se sake.

Mthembu het gesê dié gedrag is “minagtend” en “walglik”.

Maguvhe en ander uitvoerende direkteur van die SAUK het Woensdagoggend uitgestap en die parlementêre ad hoc-komitee, wat die ondersoek hanteer, het geweier om die ondersoek verder uit te stel.

Maghuve het vroeër appèl aangeteken teen die Wes-Kaapse hooggeregshof se beslissing Vrydag wat sy aansoek, om die ondersoek af te weer, van die hand gewys het.

“Die irrasionele versoek deur Maguvhe en ander SAUK-verteenwoordigers is die jongste in ʼn reeks pogings om die proses te vertraag,” het Mthembu in ʼn verklaring gesê.

“Die komitee is reeds een dag agter skedule weens Maguvhe se hofinterdik, wat Vrydag in die hooggeregshof verwerp is. Hy het laat gistermiddag, op die vooraand van vandag se vergadering, ʼn dringende appèlaansoek ingedien om die ondersoek te verhoed.”

Mthembu het ook die uitsaaier se besluit, om te weier om enige betrokke dokumente aan die komitee te oorhandig, veroordeel. Dit sluit dokumente in wat betref die aanstelling van die omstrede uitvoerende direkteur vir korporatiewe sake, Hlaudi Motsoeneng, asook dokumente wat verband hou met die omstrede multi-miljoen rand se ooreenkoms om MultiChoice toegang te gee tot die SAUK se argiewe.

“Vandag se uitstappery, en die versuim om die dokumente aan die parlement te oorhandig, wil die parlement se taak ontwrig en dit dui op ʼn minagting vir die parlement se grondwetlike magte,” het Mthembu bygevoeg. “Dit is ʼn ernstige aanval teen die openbare instansies en die mense van Suid-Afrika.”

Hy het gewaarsku dat, kragtens ʼn bepaling in die Wet op die Bevoegdhede, Voorregte en Vrysprake van die parlement en provinsiale wetgewers, kan ʼn ontwrigting van die wetgewende komitee, afhangend van die erns daarvan, ʼn boete tot gevolg hê of drie jaar tronkstraf. “Die wet bepaal ook ʼn boete of tronkstraf van ʼn maksimumperiode van 12 maande teen ʼn getuie wat weier om ʼn dokument in sy/haar besit te oorhandig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Thyskotze ·

Ek hoop net die parlement is nie te slapgat om hom vas te vat nie stuur die polisie in en neem hom in hegtenis hy moet les geleer word

Danie ·

Die geld moet van hom persoonlik verhaal word vir al die hofsake en appelle. Dit is waarom daar n burgerlike verset is teen die betaal van tv lisensies. Geld vir sulke ai weet nie wat om hulle te noem om te mors . Die nie betaling van lisensie wen vinnig veld en ons moet aanhou daarmee. Die publiek kan nie meer nie daar word te veel vermors.

Alida ·

Ek sien nou hy wil alles in brail skrif he! Hy kon baie goed sien toe hy sy bose planne gemaak het. Vertragingstaktiek gaan nie werk nie. As hy skelm was sluit hom toe en laat hom die gesteelde geld terug betaal.

Rupert Ashford ·

Ag so Ou Jackson. Maar as “Numba One” presies dieselfde doen met sy 700 aanklagte, met Thuli se verslag en so-aan (met belastinggeld) dan is alles honkiedorie? Ek praat nie hierdie SAUK nar se gedrag goed nie, maar waar leer hulle dit?

jaco ·

maguvhe is self n ANC-kader en nou sê die ANC sy gedrag is walglik. hoekom is die ANC dan nou teen die ANC?

Chris ·

As hulle hom toesluit moet hulle hom net nie ‘n TV gee om te kyk nie.

JK ·

Hulle moet hom dan maak die TV lisensie betaal met al sy geld wat hy gevat het

Stoney ·

Het hy iets om weg te steek? In die land van di blindes is Eenoog koning.

Koos1 ·

Stoney, as hulle niks gehad het om weg te steek nie, sou hulle so opgetree het?
In ons ou land het dit nou standaard geword om te, as jy die top bereik in SOE’s, om te steel, korup te wees, te dink jy is ontasbaar ens., en dan van die howe te verwag om jou bas te red. Ek wonder waar het hulle dit geleer……… O ja, nou weet ek.

GES ·

As die ANC selfs sê hulle gedrag en optrede is walglik het hulle beslis te ver gegaan. Die gereg moet nou ingryp.

John ·

Dis erg as iemand toegelaat word om sy gebrek tot in die uiterste mate te misbruik en mense te manipuleer om uiteindelik daar te beland waar hy hoegenaamd onvanpas en onaktief is.
Is chaos nou die standaard in SA. Is swart-komedie/tragedie (en swart-en-wit bloufilms) al waartoe ons nou in staat is? Die ou Peter-prinsiep op sy beste…?

Zumie ·

En nou stoom die Ay en Cee in hulle eie sous…..hulle dwarstrekkende eens meelopers gee hulle hulle eie medisyne……

Francie ·

Die wêreld raak bietjie warm vir hom, dink ek.
“He protests too much…”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.