SAUK-voorsitter verloor hofaansoek

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK Foto: SAUK

Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, se hofaansoek om ʼn ondersoek na haar akademiese kwalifikasies te verhoed, is van die hand gewys.

Regter Elizabeth Baartman het in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitspraak gelewer. Sy het nie redes vir haar besluit bekend gemaak nie.

Tshabalala het om ʼn interdik aansoek gedoen om die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie te verbied om voort te gaan met ʼn ondersoek teen haar. Tshabalala se regsverteenwoordigers het aangevoer dit is ’n tugverhoor en nie ’n ondersoek nie. Tshabalala het op 23 Oktober ʼn interimbevel gekry en die ondersoek is vir eers op ys geplaas.

Sy word daarvan beskuldig dat sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het toe sy vir die pos by die SAUK aansoek gedoen het. Sy het op haar CV aangedui dat sy ʼn BComm-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) behaal het. Sy voer ook aan sy het ʼn nagraadse kwalifikasie in arbeidsverhoudinge. Unisa het intussen aangedui dat daar geen dokumentasie bestaan dat sy oor enige van dié kwalifikasies beskik nie.

Klik hier vir vorige berigte oor die SAUK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Dit is mos nie nodig om redes bekend te maak nie, as sy gelieg het oor haar kwalifikasies en dit bestaan nie is sy skuldig, dank haar onmiddelik af en dat sy die enorme vergoeding terug betaal, wonder hoeveel ander soortgelyke gevalle daar is?

Lynette Hugo ·

Presies, want nie een van hulle het hulle skool loobane voltooi nie, en seker hulle kwalifikasies gekoop, om die hoe posisies te beklee.

Francois ·

Sal like om te sien wat alles uit DIE kas val. Ek dink daar moet ‘n paar ander ook so ondersoek word….want meeste van hulle lieg oor hulle kwalifikasies. Waar het hulle dit SO skielik vandaan gekry?

Theresa ·

Ek stem saam met Lynette en Scalla. Die mos nou duidelik soos daglig wat hier aan die gang is. Alles word nou net uitgerek en die geld bly loop. (Soos met BAIE ander). Nou kom die skorsing (met volle betaling), terwyl die “ondersoek” gedoen word. Dan word sy uit haar pos onthef en net geskuif na ‘n ander departement/afdeling sodat daar verder geld in haar sak kan ingaan en iets anders opgemors kan word.

jjobson ·

Die mooi rooilip gesiggie is seker Zumpie se keuse by die aanstelling en Zumpie het gesê sy mut lieg op haar CV – hy Zumpie het net GRAAD 2.

pop ·

LOL Ja, dit verstom my telkens dat die benadeelde mense ewe skielik almal hoge grade en dinge hier in die einste land behaal het. Of dalk was dit nie so sleg hier nie of wat se ek????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.