SAUK-voorsitter weier om te bedank

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Obert Maghuve, voorsitter van die SAUK-raad, het Donderdag LP’s daarvan beskuldig dat hulle hom en sy mederaadslede probeer boelie om te bedank en volgehou dat hy nie sy pos gaan verlaat nie.

“Ek wil julle nie aan ʼn lyntjie hou nie; laat die ondersoek kom. Ek is gereed daarvoor, so dit beteken ek gaan nêrens heen nie,” het Maghuve tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê.

Hy het die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gekap wat Woensdag beslis het dat ʼn ondersoek gedoen moet word oor die bevoegdheid van die raad ná Hlaudi Motsoeneng in die pos van uitvoerende hoof vir korporatiewe sake aangestel is. Motsoeneng is in dié amp aangestel nadat die appèlhof ʼn aansoek om verlof tot appèl afgekeur het na die hooggeregshof beslis het dat sy aanstelling as bedryfshoof ongeldig was.

Maghuve het gesê LP’s het hom onregverdig behandel. “Om te bewys dat die lede van die portefeuljekomitee nie objektief was nie, toe ek geluister het na hul beraadslaging, het een lid van Cope gesê hulle moet, ‘by hook or crook’, seker maak dat die raad ontbind word. Wat beteken dit? Dit beteken dat hulle watter taktiek ook al sal gebruik, of dit reg of verkeerd is, om seker te maak dat die raad hul amp verlaat,” het hy gesê.

“Dit is boelietaktiek en dit kan nie van parlementariërs in ons land geduld word nie.”

Hy het ook voormalige raadslede Krish Naidoo en Vusi Mavuso veroordeel wat Woensdag in die parlement bedank het en hulself gedistansieer het van die omstrede besluite deur die raad.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

humor ·

Vat hom aan sy broek se g@t en aan sy nek en laat hy val daarwaar hy nie wil nie,

Jakes ·

Benoude katte maak benoude spronge. Arrogansie lyk my oortref net breinkrag regdeur die raadslede…

John ·

Wie op deeske aarde het hierdie vreemde karakters in die eerste plek aangestel? Houdini, die siener en die onsigbares. Wow. Die Raad het ons radiostasie ‘ge-capture’. Hoe gaan ons hulle daar uitkry? Houdini gaan homself verseker vasketting in sy SABC en die siener sal selfs die grondwethof hul fortuin vertel. Dis ‘scary’…

Jan ·

Ek vermoed dit gaan maar so by meeste openbare instellings. Hierdie een is net in die kollig…..

John ·

Dis nie sommer maar net ‘n klomp hansworse nie! Wanneer ‘n land beset word, word die radiostasies eerste geteiken omdat dit toegang gee tot radio/tv-uitsendings/beeldsendings vir opsweping, anargie en bloedvergieting. Kyk hoe doen ‘oom Kaspaas en Nefie’ dit reeds met die seenwense van ….. Vul self die antwoord in. Die gevolge kan katastrofies wees as dit nie gekeer word nie!

Jean ·

JAnee ek sou ook so lank as moontlik nog klou vir daardie enorme salaris en bonus .. klou maar terwyl jy nog kan .. jy gaan binnekort gelig word . maar soos ek uit die geskiedenis geleer het, kry jy dan ‘n R20 000 000 golden handshake, so jy wag seker NET daarvoor. In SA word incompetency en bedrog mos met ‘n goue handdruk van miljoene beloon.

Zumie ·

Haai nee, hoe kan julle nou van die arme mense verwag om hulle gemaklike (met geld uitgevoerde) sitplekke op die soustrein op te gee sodat hulle vir hulself moet sorg……onmenslik..

pieter ·

Siestog wie dink hy is hy stop sy pay dan sal hy gou loop.

henk ·

met die bedanking van die twee raadslede, het die raad sover ek verstaan ophou bestaan, want hy kan nie ‘n kworum vorm nie. Waarom moet hy dan bedank uit iets wat nie meer bestaan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.