SAUK voorspel minder setels vir ANC

Argieffoto

Argieffoto

Volgens die SAUK se verkiesingvoorspelling kan die ANC moontlik vanjaar 262 setels in die parlement bekom, wat ʼn geringe afname sal wees in die hoeveelheid setels wat die party in 2009 bekom het.

Die voorlopige voorspelling wat op elections.sabc.co.za beskikbaar is, wys dat die ANC na verwagting 262 setels van die 400 beskikbare setels vir die volgende vyf jaar in die Nasionale Vergadering gaan opneem. As dié voorspelling akkuraat is, beteken dit dat die ANC twee setels minder as die vorige verkiesing sal hê.

Die SAUK voorspel 88 setels vir die DA, ʼn toename nadat die party 67 in 2009 bekom het. Julius Malema se nuwe party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) kan moontlik 21 setels kry. Die National Freedom Party (NFP) en die Inkatha Vryheidsparty (IVP) kan onderskeidelik ses en nege setels elk ontvang, terwyl die orige 14 setels onder ander kleiner partye verdeel sal word.

Die finale uitslae van vanjaar se algemene verkiesing word teen die einde van die week verwag. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.