Die SAUK het Vrydagoggend om verskoning gevra ná verskeie van sy radiostasies nie beskikbaar was nie.
Vuyo Mthembu, woordvoerder vir die SAUK, het gesê die onderbreking het Donderdagaand om 20:07 plaasgevind en verskeie SAUK-radiostasies is hierdeur geraak. Sy het gesê die onderbreking is ʼn gevolg van ʼn kragonderbreking by Sentech-toring, die SAUK se sender gebaseer in Brixton, Johannesburg.
“Die SAUK se kragopwekker het ongelukkig nie dadelik in werking getree nie, maar kragtoevoer is ongeveer 40 minute later herstel. Die SAUK werk saam met Sentech om seker te maak dat tegniese uitdagings nie weer sal voorkom wanneer daar weer ʼn kragonderbreking is nie,” het Mthembu bygevoeg.
Eskom het intussen gesê fase 2-beurtkrag duur van 08:00 – 23:00 voort weens ʼn gebrek aan kapasiteit.
Die sauk is bankrot en n GROOT gemors ! So die stilte is te verwagte ?????
Was daar regtig ‘n radio stilte? Ek het dit nie eers agtergekom nie.
Wat werk nog? Kragopwekker? Wat is dit? As iemand weet, laat vir ESKOM weet!
Di spul lieg daars niks fout met di stelsel ni en dan wil hulle he ons moet dit glo
Kry vir Hlaudi Mc Gyver (sonder matriek) om te kom help by die SABC! Vang hom gou voordat hý die volgende president word! (Hy ding mee in die 2019 verkiesing!)
Dis maar net die begin. Ons is dit al gewoont. Eskom het ons geleer
Wil Julle nie sommer net heel wegraak nie, ESCOM stel die VOORBEELD !
Is daar dan nog enige iets wat werk by SABC?
Van net voor 20h30 Donderdagaand het ek geen opvangs op TV gehad nie. Vrydag oggend kon slegs etv gesien word. TV 1, 2 en 3 kon net gehoor word maar geen beeld. Vrydagaand was alles weer reg. So dis nie net radio wat geaffekteer was nie.
En daai mense wil hê ek moet aan ń bankrot maatskappy lisensie gelde betaal. Vir nog meer stiltes?
Maar julle dwing my om n lisensie te betaal. Miskien moet ek ook maar verskoning vra.
Hulle was te besig om die reddingsboei wat hulle ontvang te verdeel in afwagting vir die volgende een. Hulle is mos nou in die ry van reddingsboeie soos Eskom en SAL, bygesê solank die belastingbetaler hou.
Daar was nie brandstof vir die kragopwekker.
Die CEO moes eers sy Jerry Kanne vol brandstof gooi en toe die kragopwekker volmaak.