SAUK wag vir uitslag van tenderskandaal

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Maandag gesê hy wag op die uitslag van ʼn ondersoek oor ʼn sekuriteitstender van R185 miljoen wat in die hof gedaag is deur iemand wat nie die tender gekry het nie, Mjayeli Security.

Die openbare uitsaaier het reageer op ʼn berig in The Star oor die tenderskandaal waarby die voormalige tussentydse raadsvoorsitter Khanyisile Kweyama en ander individue by die SAUK betrek word. Die persone word daarvan beskuldig dat hulle “op ʼn korrupte manier” verseker het dat die kontrak toegeken word aan Mafoko Security, in plaas van Mjayeli, alhoewel die eersgenoemde se tender R2 miljoen goedkoper was.

Die SAUK het gesê hy is verbind tot nakoming van die wette en regulasies en sal seker maak dat enige oortredings in die saak hanteer sal word. Ná ʼn e-pos van ʼn anonieme fluitjieblaser oor die beweerde korrupsie, het die huidige raadsvoorsitter, Bongumusa Makhathini, die hooggeregshof versoek om nie die saak aan te hoor totdat die ondersoek deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) afgehandel is nie.

“Die SAUK kan nie die uitslag van die SOE oordeel voor dit ontvang is nie, en glo dit is in belang van geregtigheid dat die verrigtinge opgeskort word totdat die ondersoek afgehandel is,” het die openbare uitsaaier in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.