[Video] SAUK weier glo weer om DA-advertensie uit te saai

'n Skermskoot uit die advertensie. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die advertensie. Die video volg onderaan die berig.

Die DA se advertensie volg onderaan die berig.

Die SAUK weier glo weer om ʼn verkiesingsadvertensie van die Demokratiese Alliansie (DA) uit te saai.

Die DA het in ʼn verklaring gesê die SAUK het die party ingelig dat daar glo tans geen beskikbare tydgleuwe vir politieke advertensies is nie weens vertragings deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

“Dit is niks anders as ʼn swak verskoning deur die SAUK om die DA se politieke advertensie te sensor nie. Dít het ʼn standaard tydens verkiesingstyd geword,” lui die verklaring.

“Die DA en alle politieke partye het die reg om partypolitieke advertensies te laat uitsaai aangesien die verkiesingsdatum uitgevaardig is.” David van Rooyen, minister vir samewerkende regering en tradisionele sake, het op 23 Mei bekend gemaak dat vanjaar se munisipale verkiesing op 3 Augustus sal wees.

In terme van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se regulasies vir munisipale verkiesings, word politieke partye toegelaat om politieke advertensies tydens die “verkiesingstydperk” uit te saai. Die tydperk strek van die dag waarop die verkiesingsdag aangekondig is tot die verkiesing.

Die DA het gesê al die ander uitsaaiers en radiostasies het die advertensie aanvaar en dat dit van Maandag af uitgesaai sal word. “Die SAUK is die enigste uitsaaier wat weier om die DA se advertensie uit te saai.”

Die DA gaan gevolglik ʼn amptelike klag by Okosa indien “om te verhoed dat die SAUK sy mag misbruik om die DA te sensor en die ANC teen kritiek te beskerm”.

Die SAUK het tydens 2014 se algemene verkiesing geweier om die party se Ayisafani-advertensie uit te saai aangesien dit glo geweld aangehits het. Die party het ʼn tweede weergawe van die advertensie uitgereik wat ook aanvanklik geweier is, maar ná druk van die party wel uitgesaai is.

* “ANC Ayisafani” beteken die ANC is nie meer wat hy vroeër was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Grap ·

Die DA doen niks vir my of die diskriminasie waarmee wit kinders moet saamleef oor die kleur van hulle vel nie……so ek se goed so

Daan ·

En hier het ons vir GRAP wat toe die tannie is waarvan niemand hou nie.

Grap ·

Daan die grap is as jy nie ‘n ordentlike tan het nie sien ek niemand wat soos jy lyk in hulle advertensie nie en dit sê vir my jy is nie op hulle agenda vir ‘n beter lewe nie lol

Johann ·

Hiers my gedagte; blank en trots Afrikaans; geredde gelowige wat dit skaamteloos bely: my insig rondom demokrasie is dit; die keuse van assosiasie; insluitend my weiering van assosiasie. Só bv. MY keuse om NIE te assosieer met n veronderstelde publieke uutsaaier wat blatant my regte to toegang van inligting boukot tot bevoordeling van himself en sy assosiate. Looi die b.l.i.k.slaers DA !!!!

alida ·

NATUURLIK gaan die ANC TV gereguleerde stasie weier om dit uit te saai hoe dan anders. Hulle wil mos nie die waarheid hoor nie. Bravo DA looi hulle !!!!

Loeis ·

Eish Alida. Dit lyk of jy vergeet het dat Helen Zille en haar Black Sash van die mense is wie baklei het om daai selfde ANC waaroor ons hier praat, aan bewind te bring.

Wat jy saai is, wat jy maai. Gaan jy stry?

Jasper ·

Hoeveel van die D.A. se Lp’s het teen die ANC se Grondgrypwet gestem ? Nie EEN NIE !

Cherokee ·

Inteendeel, die DA (insluitend die DA-saampraters hier) stem daarvoor. Grondhervorming is deel van die DA se konstitusie.

Theuns ·

Wat julle nou sien is ‘n Komunistiese Ideologie en Breinspoeling in werking. Die “Great Blackout” van nuus wat die kieser kyk wat hom kan laat dink die ANC stink. (SAUK verban video material van protes en oposisie verkiesing advertensies ). Die SAUK laat jou net luister na meederheid musiek en programe op Radio Stasies wat bedoel is vir sekere kultuur groepe soos RSG. Of jy nou kop of stert uitmaak van dit wat gesing word of gese word maak nie saak nie!(Om te dink Afrikaners het oorspronklik die radio stasie gestig om na sy behoeftes om te sien.)So gaan dit ook met Skole en Universiteite!

gatiep ·

Hof toe DA dis mos al wat julle kan doen julle doen niks vir my nie?

Koos ·

Ek wil nogal saamstem en vir die DA aanhangers se julle kom nie eers voor op die advertensie nie hulle soek julle stem soos die ANC die ongeskooldes sê stemme kry met kospakkies

Rynhardt ·

Ag Foeitog!! Die DA HUIL OMDAT SAUK NIE SY ADVERTENSIE WIL UITSAAI NIE! DA VIR JARE HET JY OUBOET, DIE ANC SE ONBEVOEGDE SAUK-RADE GOEDGEKEUR! WAAROM IS JY NOU KAMSTIG ONTSTELD? DA GAAN KNIEL VOOR OUBOET EN SOEN HANDJIES, EN WIE WEET, DALK LAAT OUBOET JOU ADVERTENSIE UITSAAI.

Lee-anne ·

kom ek verduidelik gou dit werk: jy stem in die munisipale verkiesing DA. Dis die enigste groot party wat iets gaan regkry wat jou persoonlik gaan bevoordeel, plaaslik. In ‘n nasionale verkiesing stem jy enigiets behalwe die 2 wat ons nie wil hê die land moet regeer nie.

JD ·

Nee Lee Ann plaaslik stem jy vir wie jy glo sal n verskil maak en dit is nie ANC of DA.

Anti DA ·

Ek bly in ‘n DA beheerde wyk en die wyk verval meer en meer straatligte werk nie die parke word nie onderhou en die raadslid sien jy net op plakkate met verkiesing en daarvoor kry hulle ‘n salaris van R 35000 00 per maand en dan help hulle nog die ANC om ‘n moskee goedgekeur te kry in Valhalla Pretoria. …nee nooit weer stem ek vir die DA nie

Loeis ·

Lee-anne, dit is eenvoudig nie waar nie.

In die vorige verkiesing het die DA 24% van die stemme gekry. Van wen is daar nie sprake nie.

Hierdie is ‘n minuspale verkiesing. Maar die DA staan nie vir ons belange nie (gaan vergewis jouself gerus van hulle beleid!).

Stem eerder vir ‘n party wat vir jou belange staan. As daai party dan in koalisie met die DA die ANC IN SEKERE STEDE kan wen, is daar darem iemand in daai koalsie wie vir jou belange veg! Daar is net een so ‘n party tans in die parlement, en dit is VF+.

Dink asseblief hierdie jaar wanneer jy jou kruisie trek.

Kaspaas ·

Gee iemand rerig om, die DA se nefie die ANC gaan lugtyd kry so hulle beleid is nie veel anders as die ANC nie so die ANC advertensies sal vir hulle ook werk.

Cherokee ·

Dìt is waar mense nie kan verstaan wanneer ek sê dat ek buite stemming bly tydens die komende munisipale verkiesing. Ek woon in ‘n ANC-beheerde stad met ‘n groot DA-opposisie.
Daar sal geen kandidaat wees wat vir my taal en vir my kultuur optree nie en wanneer ek stem is ek ‘n verduideliking verskuldig aan my eie gewete.

Oom Kalahari ·

Waaroor kla die DA as sy manifest dieselfde is as ANC en nou verwag hy ‘n dubbel uitsending. Ek sen gesin sal nooit weer DA stem nie, nie in Munisipale of Nasionale stem nie, het persoonlik stel afgetrap met hul na ons altyd vir hul gestem het. Asook hul genadelose uitgooi van 144gesinne op straat in wind en weer sonder heenkome in die Kaap- “Nee dankie” Stoere VF+ lede.

Lourens ·

Ek hou nie van die da nie maar hulle is die eenigste opisiesie wat iets kan doen of goed stabiliseer hou tot n maate mense dink objektief die vv plus kan niks doen nie so staan saam en stem da groete van argentenie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.