SAUK-werkers begin staak

Argieffoto

SAUK-werkers wat lede is van die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) begin Donderdag met ʼn landswye staking.

Dit volg nadat gesprekke tussen die SAUK, Bemawu en die Communications Workers Union (CWU) Woensdag ʼn dooiepunt bereik het. Die vakbonde eis ʼn salarisverhoging van 10% vir alle werknemers, terugwerkend tot April vanjaar. Die SAUK beweer egter hy kan nie tans enige verhogings bekostig nie.

Kaiser Kgyanyago, die SAUK se woordvoerder, het gesê die beginsel van geen-werk-geen-betaling geld vir alle stakende werknemers. Hy het ʼn beroep gedoen op diegene wat staak om nie hul kollegas wat wil werk, te intimideer nie.

Kganyago het gesê radio- en-televisie-uitsendings sal voortgaan soos beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carel ·

Sal die spul nooit verstaan nie Hul vat eerder n verhoging vir n paar maande tot die werkgewer bankrot is as om ‘n werk te hê in die langer termyn

Action Jackson ·

Carel, dis NIE die werkers wat die SABC in die finansiële posisie geplaas het waar dit is nie. Dit was die top bestuur en die raad. Dieselfde top bestuur het vir hulleself verhogings en bonuses van miljoene toegeken…………maar die werknemers, wat elke dag opdaag en hard werk om die uitsendings te laat gebeur, moet nou SONDER verhoging aangaan ? (terwyl daaglike lewenskoste verhoog as ‘n direkte gevolg van die regering se onvermoë om hierdie land na welvaart te lei en bestuur?) Waarom dink jy dit moet aanvaarbaar wees? As die top-bestuur verwyder was toe die werkers daarop aangedring het……..kon die miljoene wat hy vir himself gevat het, vir elke werknemer (wat die ratte van die masjien is) ‘n stewige verhoging gekry het, en gemotiveer gewees het om selfs beter en harder te werk omdat sy of haar insette erkenning kry.

Eish ·

Sit nou aan dieselfde ding en dink. Ek dink dit het dalk maar te doen met verskillende waardesisteme. Ons werk vir n lewe en hul stem vir n lewe.

TESS ·

Jammer, sal hulle nie mis nie, het al meer as 10jaar nie ‘n TV. Verstaan ook nie waar mense die tyd het om vir ure te sit en kyk na soveel negatiewe goed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.