SAUK wil 2 000 ontslaan

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het die SAUK se plan verwerp om 981 heeltydse werknemers en meer as 1 000 vryskutwerkers af te dank as deel van ʼn herstruktureringsplan.

Die openbare uitsaaier het die betrokke personeellede Maandag van hul moontlike ontslag in kennis gestel.

“Werkers mag nie ly weens die sirkus wat deur ene Hlaudi Motsoeneng bedryf is terwyl hy aan die stuur van sake by die openbare uitsaaier gestaan het nie,” sê Zola Saphetha, Nehawu se sekretaris-generaal.

“Hlaudi en die voormalige raad is toegelaat om die SAUK soos hul persoonlike spazawinkel te bedryf en nou moet werkers hul werk verloor weens [Hlaudi-hulle se] onvermoë om goeie bestuur en finansiële dissipline toe te pas.”

Hy sê Nehawu verwerp die bloedbad wat die gevolg is van ʼn paar individue “wat nie die openbare uitsaaier se belange op die hart gedra het nie”.

Saphetha sê dit gaan sy verstand te bowe dat die tesourie bereid was om die SAL en SA Express te red, maar geen maatreëls tref om die SAUK as die openbare uitsaaier te red nie.

Volgens die vakbond is ʼn groot aantal werknemers tussen 1 April 2015 en 31 Maart 2017 inderdaad onreëlmatig aangestel, bevorder of hul vergoeding onwettig aangepas.

“Ons doen ʼn beroep op die SAUK om met ander planne vorendag te kom … Ons ondersteun ons sustervakbond CWU in hul stryd teen die voorgenome afdankings.”

Dit volg kort ná die president se werkberaad waar ʼn besluit geneem is om ʼn moratorium op werkverliese in die openbare én privaat sektor te plaas.

Om te bewys dat die beraad nie net ʼn gepraat was nie, sal die regering daadwerklik moet ingryp om SAUK-werknemers se werk te beskerm, sê Saphetha.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan H. ·

Nog n anc sukses verhaal. Hahah. Gaan haal julle gel bundo style by ou hloendie

humor ·

Is seker nie op hoogte nie, maar het die nar van die genoemde sirkus al enige iets terug betaal?

P G Slabbert ·

Snaaks dat dit so goed gegaan met hul kader Hlaudi dat die unies so stil was. Nou droog die kraantjie op , nou skrik hul wakker ! Terwyl daar geskep word, is die unies tjoepstil . Nog een instelling , wat ook wanbestuur is , maar daar is geensins enige sondebok ! Die lys word al hoe langer !

Hendrik van George ·

Unies, en veral die swart en ANC gesinde Unies wad doodstil tydens die ANC nar se skrikbewind. Nee wat, tyd dat die vet gesny word. Net jammer SAA en andere word nie dieselfde behandel nie.

riaan ·

Stem saam. Unies was tjoepstil toe dit ” goed” gegaan het en sauk gebruik vir anc propaganda! Nie een sauk werknemer, behaler vir sauk vyf, het enige kapsie gemaak teen hoof nar hlaudi en sy gang nie!
Sauk is mondstuk van anc en het geen bestaanreg net soos SAA, SAA Express, ens. ens. ens.

Staak saam ·

Hoeveel blankes word deur die aflegfing geraak, werk daar nog blankes by die SABC.
Die SABC is bankrot, Die SAUK het geld gehad, verander maar weer die naam…….lol

PJC ·

Die SAUK moet net die wat onwettig deur Hlaudi Motsoeneng in diens geneem weg jaag en die onwettige bevorderings en salarisvehogings tot niet maak dan is die probleem opgelos. Natuurlik moet hy ook krimineel vervolg word vir al die diefstal en bedrog wat onder sy toesig gepleeg is.

Dries du Toit ·

Gee die SABC terug vir Hlaudi . Laat hy en Zuma hom heeltemal uitwis.

Spark Plug ·

Ek het nie geweet die SABC bestaan nog nie…is dit nie n bodemlose put wat geld suig soos die SAL, TRANSNET en ESKOM

Potlood ·

Job creation, nou gaan hulle stats lekker pyn voel… Ons het mos 7 mense nodig om om een gat to grou. Gooi jou papiere op die grond want dan kan iemand betaal word om dit bietjie bitjie op te tel…
Broer betaal nie sy lisensie nie, nou word sussie ontslaan….
Die wat wel sal wil betaal (gewillig is), dit is nie goed genoeg nie. Soooooo, Kry vir jou Pietie!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie gebeur in lande waar die regering dink “werkskepping” beteken “stel meer mense aan”. Eskom het 30 000 teveel poste, SAL het duisende teveel mense, SABC het teveel, en elke munisipaliteit is oorlaai met niksdoeners wat elkeen ‘n salaris en voordele trek…..’n Ekonomie soos Suid Afrika s’n kan dit nie volhou nie…

Johann ·

SABC? My magtag! Soos in rerig? Nog al die oad oop en aan die gang? Kan jy dit nou glo. Was vas oortuig die plek is laaaaankal al olrgeneem deur n klomp MIDDE STAT gebou besetters.

Hoenou ·

Hoe plaas mens ‘n “moratorium op werkverliese in die openbare en privaat sektor”? As ‘n maatskappy bankkrot is kan hy nie salarisse betaal nie. Eenvoudig soos dit.

Anoniem ·

Onse Prez sê wat sy gehoor wil hoor. Sy oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Daar is heelwat maatskappye wat tans noodgedwonge retrench omdat die ekonomie so agteruit boer, al het die Prez hoeka gesê onteiening-sonder-vergoeding sal op so manier gedoen word dat dit nie die ekonomie skade aandoen nie. As hy maar net die moeite wil doen om sy oë oop te maak, sal hy sien die ekonomie ly alreeds skade. Niemand is so blind as die persoon wat nie WIL sien nie.

Albatros ·

Net n vraag. Is dit nie ‘voltyds’ eerder as ‘heeltyds’ nie? Waar is Riaan Cruywagen as mens hom nodig het?

Vita ·

Waar gaan hulle die geld of waar het hulle dit gekry om die nuwe T20 krieket reeks uittesaai, want DSTV het dit van die hand gewys

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.