SAUK wil nie advertensies uitsaai nie

sauk

SAUK-gebou

Die SAUK weier glo om ʼn reeks City Press-advertensies uit te saai wat deel was van ʼn ruilooreenkoms, het die koerant Sondag berig.

Die advertensies, wat na e-tol, die Ekonomiese Vryheidsvegters en die Marikana-skietery in 2012 in Rustenburg verwys, sou vandeesmaand uitgesaai word. Cornette Zietsman van die koerant se bemarkingsafdeling, het egter op 28 Mei ʼn e-pos ontvang dat die materiaal “nie geskik is vir uitsending nie” en dat die bespreking “gekanselleer word tot verdere kennisgewing”.

Die advertensies is deel van ʼn ruilooreenkoms tussen die uitsaaier en die koerant se hoofmaatskappy, Media24. Die SAUK sou die koerant se advertensies tussen Januarie en Desember uitsaai en die City Press sou in ruil daarvoor die uitsaaier se advertensies in sy koerant publiseer.

Volgens die koerant het die SAUK reeds kragtens die bestaande ruilooreenkoms advertensiespasie ter waarde van R1 045 380 gebruik. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JB ·

City Press, jul kan maar net nie leer nie!!! Die SAUK se woord is laaannnkall NIKS werd nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.