Die SAUK wil TV-lisensiegeld verhoog om sy inkomste aan te vul, aldus ʼn verklaring deur voorsitter Bongumusa Makhathini.
Hy het Donderdag op ʼn konferensie gesê TV-lisensiegelde is ʼn groot bron van inkomste vir die SAUK en dit moet verhoog word. Volgens hom is TV-lisensiegelde die tweede grootste bron van inkomste vir die SAUK, maar hulle wil die bedrag heroorweeg en insameling van die gelde verbeter.
Hy het daarop gewys die lisensiegeld is R265 per jaar, dit is ongeveer 72c per dag en is sedert 2013 nog nie aangepas nie. “Ek dink ons kan almal saamstem, in September 2018 is daar baie min, indien enigiets, wat jy vir 72c per dag kan koop,” het Makhathini gesê.
Vir die 72c per dag het Suid-Afrikaners tans toegang tot 18 radiostasies en drie televisiekanale (plus twee op DStv), aldus Makhathini.
Hy voer aan die verhoogde inkomste sal die openbare uitsaaier se mandaat finansier. Volgens hom betaal slegs ʼn klein persentasie televisie-eienaars hul TV-lisensiegeld. “Daar is tans ongeveer 1,8 miljoen huishoudings en ondernemings wat lisensiegeld betaal, uit altesaam 9 miljoen rekeninge op die SAUK-databasis. Om dit in perspektief te plaas, daar is ongeveer 14 miljoen huishoudings en ondernemings met televisiestelle.”
Volgens hom moet handelaars wat televisiestelle verkoop ook seker maak dat persone hul TV-lisensies betaal en daar moet strenger opgetree word teen diegene wat lisensiegeld ontduik.
Hy het nie aangedui wanneer die nuwe bedrae aangekondig sal word of van krag sal wees nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
70 Kommentare
As die SAUK Tv lisensie gelde gaan verhoog SAL ek weier om myne te betaal. Eerstens, omdat al waarvoor ons televisie kykers tv lisensie gelde moet betaal is vir die aaaaaanmekaar advertensies wat so afgesaag is. En tweedens natuurlik wil hulle verhoog want die mense in minder gegoede woon areas betaal nie Tv lisensies nie nou word dit van ons verhaal. Ai kona.
Maak dit R2400 per jaar dan is julle moeilikheid uitgesorteer.
So díé wat reeds getou betaal, gaan nou nog meer betaal, en die meerderheid gaan nog steeds nie ‘n sent gaan bydrae nie???
Vra maar net.
Het die Guptas TV-lisensies betaal? Hoeveel politici betaal?
Indien dit verhoog word, gaan al die kanale net op die ANC fokus met belangrike gebeure, soos wat dit tans die geval is? Is ek as nie-ANC lid dan verplig om tebetaal?
Doen wat die Gautengers met e-tol gedoen het; hou heeltemal op om te betaal. Dit is onmoontlik om 1,8 miljoen mense te vervolg.