SAUK wil TV-lisensiegeld verhoog

Die SAUK wil TV-lisensiegeld verhoog om sy inkomste aan te vul, aldus ʼn verklaring deur voorsitter Bongumusa Makhathini.

Hy het Donderdag op ʼn konferensie gesê TV-lisensiegelde is ʼn groot bron van inkomste vir die SAUK en dit moet verhoog word. Volgens hom is TV-lisensiegelde die tweede grootste bron van inkomste vir die SAUK, maar hulle wil die bedrag heroorweeg en insameling van die gelde verbeter.

Hy het daarop gewys die lisensiegeld is R265 per jaar, dit is ongeveer 72c per dag en is sedert 2013 nog nie aangepas nie. “Ek dink ons kan almal saamstem, in September 2018 is daar baie min, indien enigiets, wat jy vir 72c per dag kan koop,” het Makhathini gesê.

Vir die 72c per dag het Suid-Afrikaners tans toegang tot 18 radiostasies en drie televisiekanale (plus twee op DStv), aldus Makhathini.

Hy voer aan die verhoogde inkomste sal die openbare uitsaaier se mandaat finansier. Volgens hom betaal slegs ʼn klein persentasie televisie-eienaars hul TV-lisensiegeld. “Daar is tans ongeveer 1,8 miljoen huishoudings en ondernemings wat lisensiegeld betaal, uit altesaam 9 miljoen rekeninge op die SAUK-databasis. Om dit in perspektief te plaas, daar is ongeveer 14 miljoen huishoudings en ondernemings met televisiestelle.”

Volgens hom moet handelaars wat televisiestelle verkoop ook seker maak dat persone hul TV-lisensies betaal en daar moet strenger opgetree word teen diegene wat lisensiegeld ontduik.

Hy het nie aangedui wanneer die nuwe bedrae aangekondig sal word of van krag sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

sê ook ·

As die SAUK Tv lisensie gelde gaan verhoog SAL ek weier om myne te betaal. Eerstens, omdat al waarvoor ons televisie kykers tv lisensie gelde moet betaal is vir die aaaaaanmekaar advertensies wat so afgesaag is. En tweedens natuurlik wil hulle verhoog want die mense in minder gegoede woon areas betaal nie Tv lisensies nie nou word dit van ons verhaal. Ai kona.

Wollie ·

Sal dit maar moet betaal, hoe anders moet ek n nuwe een koop as huidige een blaas? En die ironie is, ek gebruik nie eers die skerms in my huis vir DSTV/SABC doeleindes nie..

Anoniem ·

Wollie, dan maak jy soos ons en vra n vriend om n ander tv te koop namens jou. Werk elke keer.

Antiestabliesment ·

Jy koop nie TV’s by bekande handelaars nie. Jy koop dit op OLX :)

Hendrik ·

Wel ek betaal nie TV lisensie vir die afgelope 25 jaar nie. Dit val in dieselfde katogorie as
e-tol, spur, miway, sasol, dstv. O amper vergeet ek , ek het nie ‘n TV nie :-)

GW Raad ·

Maak dit R2400 per jaar dan is julle moeilikheid uitgesorteer.

Ouvrou ·

Ja nee, melk maar die 1,8 miljoen idiote om meer te betaal. Hoe lank dink julle voor hulle ook nie ‘n sent sal betaal nie. Kyk na tolgeld en leer ‘n lessie..

AmY ·

So díé wat reeds getou betaal, gaan nou nog meer betaal, en die meerderheid gaan nog steeds nie ‘n sent gaan bydrae nie???
Vra maar net.

Kosie Kramer ·

Het die Guptas TV-lisensies betaal? Hoeveel politici betaal?

Indien dit verhoog word, gaan al die kanale net op die ANC fokus met belangrike gebeure, soos wat dit tans die geval is? Is ek as nie-ANC lid dan verplig om tebetaal?

Martiens ·

Doen wat die Gautengers met e-tol gedoen het; hou heeltemal op om te betaal. Dit is onmoontlik om 1,8 miljoen mense te vervolg.

Johann ·

Of jy ophou betaal of gladnie betaal nie ,is jy bewus van enige hofsake wat al suksesvol tov niebetalers in die Howe afgehandel is. Ek moet ongelukkig een betaal aangesien ek by aankoop en herverkoop betrokke is. Die “minder gegoede mense” in die land betaal gladnie en loop te koop daarmee soos wat hulle ook tekoop loop met nie betaling van water en krag – met my besigheidslisensie en al moet ek nog steeds R265 vir elke TV wat ek aankoop van n baie groot kleinhandelaar betaal – was baie omgekrap maar betaal Sal jy betaal en korrupsie Sal nog steeds hoogty vier by die ES Y BEE SEE – Groete ou groete ons weet in elk geval darem waar verdwyn die geld heen.

LouE ·

Slegs 1,8 miljoen uit 9 miljoen betaal. Lyk my ek is deel van die 20% wat onnosel genoeg is om die lisensie te betaal? Lyk nie vir my hulle probleem is die bedrag van die lisensie nie, maar die swak invordering.

Irma ·

Dit raak nou vir my duidelik waarom die inhoud die en programme van die SAUK se TV kanale en so uiters swak is. Presies die rede waarom ons van alle TV’s in ons huis ontslae geraak het. Nou kuier ons weer saam en lees ons gunsteling skrywers se boeke. Vry van die indoktrenasie. Waarvoor gaan ons betaal. Die opperstes van die gowermentlikes moet mooi besin oor wat hulle wil doen.

Ella ·

Hulle somme verskil keer op keer.
So n paar weke gelede is daar gese hulle het 9.6 miljoen kykers en 2.6 miljoen daarvan betaal tv lisensies.
Nou is dit weer n ander storie.
Hou die lisensiegeld soos dit is. Kry die 7 miljoen om net die helfte te betaal dan is julle probleme uitgesort.
EN …. hou op geld mors op gemors stories met te veel akteurs en storielyne wat afgesaag raak.
Ek het myne pas betaal vir nog n jaar en daar is enkele aande iets op wat my interesseer.

Anti tv lisensie ·

Ek het vir die afgelope 10 jaar plus geen tv, so ek kyk nie tv deur kanale nie, waarom moet ek betaal!! Ek weier enige vorm van gedwonge vorm van tv kyk en betaal.

Piet Snot ·

Hulle kan dit maar verdubbel.
Ek’s trots om te sê dat ek uit beginsel geen TV lisensie betaal nie, omdat die aanbod Afrikaanse programme hopeloos te klein is.

David ·

Kom ons plaas sit net in perspektief.

1) Winkeleienaars moet die polisiëring doen;
2) 1.8m mense moet vir 55m mense tv lisensiegelde betaal.

Die gevolg van ‘n verhoging in tv lisensies gaan wees dat hulle inkomste verminder. Kyk wat het met die fiskus gebeur toe belasting onlangs verhoog is.

Verminder die lisensiegeld met 90% en stuur julle inspekteurs deur die townships,. Dit sal, in die Suid Afrikaanse kultuur, waarkynlik die inspekteurs se lewens kos en groot, destruktiewe, betogings veroorsaak, maar teoreties die SAUK se sakke laat oorloop.

Ek, sal maar die R400 en ‘n tegnikus betaal om die ontvangers in my tv stelle te verwyder, want ek kyk nie die SAUK se snert nie – kry vir julle !

Marina ·

Hie waar is jou woorde nie….ek weier om ‘n sent te betaal vir SABC. ek het al vir 4 jaar nie ‘n TV ie, maar sie etters stuur steeds vir my hierdie dreigende boodskappe……

Anoniem ·

Vir WAT – watter teenprestasie gaan Julle lewer ! Jy DROOM MENEER ! Nou gaan nog minder mense betaal !

Mag ·

Ek kyk NOOIT SABC nie . Laat die miljoene wat SABC kyk dekodeerders koop en maandekiks betaal soos ons wat dStv betaal. Moeg om op elke vlak van die samelewing vir ander mense te betaal wat alles verniet wil hê.

Elize Basson ·

Ek betaal myne elke jaar maar daar is niks ordentliks om te kyk nie. So hoekom moet ek meer betaal. Kry die ander roof kykers om te betaal en sit ordentlike programe vir ons op.

Sak ·

SAUK Moet nou maar sink en klaarkry!!. Hulle het geen bestaansreg in n ope ekonomie nie. Hulle is bloot n ANC spreekbuis. Gaan ook nie meer betaal nie.

Staak ·

Hokom wil hulle die TV lisensies meer maak, dit wat die moeite werd is om te kyk is nie in Afrikaans nie en my lisensie van tien jaar terug het reeds tien jaar terug daarvoor betaal, wys bietjie nuwe goed wat nie heruisendings is nie dan kan mens dit miskien oorweeg.

Michael ·

DSTV kykers moet nie betaal nie ons betaal reeds R1000.00 per maand.Het hulle nou ook mal geword.

Daan Erasmus ·

Persentasie gewys is Afrikaans sprekendes die mense wat die meeste betaal. Ons brand nie af nie. Ons breek niks. Maar ons is goed genoeg om gesmelk te word.

John ·

RSG moet eintlik sy luisteraars betaal vir pyn en lyding en nie andersom nie. Dat die SAUK radio en tv wil oorheers is bloot gierigheid en al wat ons hoor is misdrywe en bestuurskelmstreke.

Realiteit ·

Ek gebruik my Tv vir Games, Netflix en Youtube……ek het seker 10 jaar laes iets gekyk op Esse bee see….ek betaal vikol

Boeremeisie ·

Dankie tog ek het 3 jaar gelede van Plasma ontslae geraak. Geniet my aande sonder die gemors op TV. Ek het myself belowe as ‘n Instansie aanjaag stop ek onmiddelik my bydrae. Gelukkig het Claudi Motsoneng se nonsens my destyds vinnig gehelp om van my TV ontslae te raak. Koebaai SABC!

Koos de Meyer. ·

Ons betaal alreeds vir al die ander. By al wat ‘n plakkerskamp is sien jy TV skottels. Laat die SAUK se inspekteurs hulle lisensies eers gaan vra. Ons moet net betaal vir al die ander.

Ou Koei ·

AS al my werkers hulle sin indien en bewys sal ek myne betaal.

Jaco ·

Ons kyk al vir jare net goed wat ons oor die internet kan stream so hoekom moet ek nog hulle fooie ook betaal

zeno ·

Ons kyk ook net flieks, al vir baie jare nie meer DSTV nie. Om TV lisensie te betaal is `n “BIG NO NO”

Hennie ·

Maak dit gerus soveel as wat julle wil! Ek betaal sedert die 90’er jare geen bloue sent as sal volhou om NIKS te betaal.

Faan ·

Laat die betalers die demografie van die land weerspieel…tot dan…. Jammer boet!!

Hansie Slim ·

Wat die man nie noem nie, hulle word deur DSTV gesubsidieer. Dit moet miljoene rande wees. Ek betaal maar het seker vir 10 of 20 jaar nie hul gemors gekyk nie. Nou moet ek nog meer betaal al kyk ek dit nie. Ek dink dis tyd dat ons saamstaan met die snert ook en ophou betaal?

Flip Sadler ·

1.8 miljoen uit ongeveer 55 miljoen ??????????????????? Maar min mense met T V S !!!!

Nuuskierig ·

Ek dink die SABC het al soveel geld verloor omdat hulle mensebetaal het om vir hulle skuld in te vorder wat minder slim is – waarom afgestowenes op swartyste plaas NADAT die TV lisensies opbetaal is & al die dokumente ( sterfte sertifikate) ingedien is. VIR 10 JAAR LANK is ek geteister.
Mense wat TV lisensies betaal – baie geluk – maar ek betaal net 1 keer vir ‘n steak – die programme word OOR en OOR herhaal – nee wat – my storie boeke is baie lekkerder om te lees in my eie taal.

Ali Swart ·

Net een vraag, WAAROM moet die paar wat wel hulle lisensie betaal alweeeeeeeer gestraf word om meer te betaal?????????? Dit verstom my in hierdie land dat die paar wat betaal altyd gestraf word en nog uitgekryt word om een of ander rede??????? Ons is nou gatvol !!!!!!!

Famie ·

Ag shame julle wat nie TV lisensie betaal nie. Julle is een van die 4miljoen uit 55miljoen wat belasting betaal dog julle betaal maar sonder om te kla om politisie te hou waar hulle is. Shame on you.

André ·

Kry almal om hul lisensies te betaal; dan hoef dit nie verhoog te word nie.
Ons wat betaal dra almal.

Frikkie ·

Uhh nat snoek duhh! Slegs 20% van die bekende gehoor betaal vir hulle liksense? Miskien moet hulle dit oorweeg om die lisensiegelde te halveer? As 50% van die gehoor dan lisensiegelde betaal, sou hulle steeds 20% meer inkomste genereer!

Louis ·

Ek weier om meer te betaal.in teenderl dan hou ek op om tv lisensie te betaal.dit is elkgeval net heruitsrndings oor en oor.

Marinda ·

Ons TV is al maande lank net ñ ornament. Mors nie geld op dstv of sabc nie. Gaan van my TV ontslae raak.

gatiep ·

Hou op met TV kyk dit is die grootste gemors onder die son.
Julle lewe gaan verby julle voor daai kassie en alles hoe jy dink word geprogrameer in jou kop met TV.

Skelm ·

Vir seker betaal DsTv miljoene Rande per maand om die SAUK gemors uit te saai. So hoekom moet DsTv intekenare dubbel betaal? Oor die wet so sê? Maar hulle kan baie oorhaastig baie wette verander soos dit hulle pas. As mens ‘n DsTv intekenaar is en jy betaal en hulle betaal die SAUK kan ek nie insien hoekom jy weer die SAUK moet betaal nie. Alle DsTv intekenare, onthou asb hierdie verweer. Nie dat ek DsTv (andere genoem: ‘Repeat Tv’) ophemel nie, ek maak net ‘n geldige punt

Awie Opperman ·

Nee, maar sterkte. Dit is vir my soos e-tol, hulle kan dit R1m per jaar maak, dit raak my sak gladnie.

Alwyn ·

Tipies van die huidige bedeling. Slaan die wat betaal nog harder eerder as om die wat nie betaal nie aan te spreek. Mos baie makliker om die wat betaal verder te straf. Nee wat, dit werk nie so nie. Kry julle huis in orde en skerp die invorderings van alle roofkykers op. Dan kan julle die fooie verlaag eerder as verhoog. Skep ‘n paar poste mense! Daar is baie werkloses wat julle kan inspan.

Elize ·

Het geweet hierdie wesens sal nie ‘n kans laat verbygaan dat ons weereens moet betaal nie. Hulle klap die vingers en ons moet maar spring want daar is seker weer ‘n vakansie in die vooruitsig vir een of ander een op die top wat nou betaal moet word.

ANONIEM ·

Ja nee ek is een van die idiote wat betaal, wil verhoog sodat hulle verder kan spend, nee
wat ek ook klaar met betaling van tv lisensie.

Skyspy007 ·

SA CR UK gaan snuif snoek man…..die Afrikaaner bevolking het genoeg van julle snert gevreet….Die wat bietjie meer as een ertjie sel het, het laaaankal internet wat deur WIFI en fibre na ons huise toe kom. Geen antenna wat GEEN sein van julle opvang nie. Wat van selfone met “radio” ontvangs…moet hulle ook sekerlik lisensies betaal? Onthou bietjie, “lig” het ook “golwe en frekwensies” so moet ons almal wat nou karre het sonder ligte ry of moet ons radio en tv lisensies betaal…..? Wat van mikrogolf? Selfone werk met mikrogolwe so hulle moet sekerlik ook “TV lisensie” kry….? Gaan snuif julle sokkies man…genoeg is genoeg!

Christa Rootman ·

Ek voel soos Marina…ek het al verklarings afgelê dat ek nie n TV het nie en die aasvoëls bel en dreig…..

Skyspy007 ·

Christa, jy het GEEN kontrak met enige aasvoëls geteken nie…laat hulle hulle ry kry! Ignoreer hulle! Niemand kan jou tesluit of vervolg nie. Jy het ook geen kontrak om radio of tv golwe( frekwensies) vryelik oor die lug te ontvang nie. Gaan lees gerus die boek oor wyle Dr Johan Joubert van “Free Man on Earth” dan dink jy en al die ander hieroor. Gebruik Google om hom op te spoor

Jacques ·

Die SABC moet van die geld gebruik om hulle mense op te ly en behoorlik te leer hoe om hulle werk te doen asook hulle mense leer om met kliente te werk . Waar het jy gesien n werknemer skree op n klient ? Nee wat julle kan my maar uitskakel uit julle toekoms planne .

AH ·

Voorspoed met die toepassing /afdwing van die verhoogte lisensiegelde. Ek het al vir jare nie ‘n TV nie, maar kry ook gereeld dreigende sms boodskappe omdat ek nog dieselfde selfoonnnommer het. Die snert wat op SABC uitgesaai word wil ek nie eens verniet hè nie, wat nog te sê betaal daarvoor!

Judge Dredd ·

Ag shame, volgens internasionale ooreenkoms moes SA digitale migrasie al teen 2015 afgehandel het, met ander woorde TV’s sou nie die sein kon opvang, dus geen rede om Lisensiegeld nog te betaal.

Henk ·

vir die hoeveelheid en kwaliteit Afrikaanse programme wat daar is, betaal ons 72 sent per dag te veel. So, doen wat julle wil, ‘n lisensie hernu ek nie weer nie.

Ben ·

SAUK se nou vir ons wat se waarde kry ons as blanke Suid Afrikaner uit julle TV sendings? Dit is net sokker, Advertensies en ou, ou, ou programme – Hou oud is 7de Laan? Daar is geen ordentlik dokumentere of opvoedkundige programme of enige nuwe programme – net Sokker. Sit julle lisensie geld op ek kyk wat gebeur.

Andre ·

Weet iemand hoe om die TV lisensie te kanselleer as jy nie meer n TV het nie ?

PATSY ·

Gaan ry waar informele huise is en sien hoeveel skottels hang daar aan shucks en huise. As bewyse vir my gebring word dat ALMAL van hulle lisensie betaal sal ek saam stem vir verhoging. Maar andersins nie. Ek betaal wel jaarliks myne omdat ons familie hou van sport en dit is omtrent al wat ons op TV kyk. So ek betaal DSTV se moewiese bedrag en my TV lisensie, Maar as die lisensie gaan verhoog gaan ek ook nie meer betaal nie. Betaal al genoeg vir mense wat weier om vir enigiets te betaal of af te brand.

DRUK DIT ·

whaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa soos met alle gemors in die land . julle jaag aan en ons moet betaal, julle betaal Hlaudi se regsonkostes en gee hom miljoene in bonusse en goue handdrukke dan moet ONS opdok? Ons kyk glad nie meer SABC 1 2 3 nie dit is net gemors .. en ons DSTV kos R1000 per maand .. so dalk moet ons ook maar na NETFLIX to oorgaan dan kan julle SABC totaal en al druk met lisensie en al ..

Gogo ·

You must be joking , there is just a lot of nonsense on SABC. Let everyone pay, then maybe we can REDUCE the licence fee ….

Shaun ·

Ek weier om te betaal ek kyk nie hulle twak nie kyk net DSTV.

Geen Lisensie ·

Ek het al vir ‘n paar jaar nie meer ‘n TV lisensie of DSTV nie. Ek het wel 4 TV’s in my huis, maar koop dit by die Indiër winkels. Baie goedkoper en jy kry nogsteeds jou 2 jaar waarborg. Geen lisensie gelde betaalbaar by my Indiër nie. Daar is ek dankbaar vir die vlugtelinge in ons land om vir ons ‘n weg te voorsien om nie nóg meer geld aan die goewerment te skenk nie. Ek het die stap geneem om al ‘n ruk terug WIFI in te sit met die geld wat ek op DSTV spandeer het, en dit was die beste besluit ooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.