SAUK 8-joernalis Suna Venter oorlede

[OPVOLG] Lees die opvolgberig hier.

Suna Venter. Foto: Facebook

Suna Venter, een van die sogenaamde SAUK 8-joernaliste, is oorlede.

Foeta Krige, Venter se kollega, het haar dood aan Maroela Media bevestig. Venter (32) se liggaam is Donderdagoggend in haar woonstel in Fairland gekry. ’n Harttoestand genaamd stres-kardiomiopatie is onlangs by haar gediagnoseer.

Venter was een van agt joernaliste van die SAUK wat in Julie verlede jaar deur die SAUK afgedank is omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het. Nadat die joernaliste hulle na die arbeidshof gewend het, is sewe van hulle weer in hul poste aangestel.

In Januarie het Venter aan Maroela Media vertel dat sy buite ʼn winkel in Linden, Johannesburg, met ʼn windbuks in die gesig geskiet is. Sy het destyds vertel sy het nie onmiddellik besef sy is geskiet nie, maar het dit later besef nadat sy dokter toe is. Twee koeëls is daarna tydens ʼn operasie verwyder. Sy het ook hierna die saak by die polisie aangemeld.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

afrikaans ·

Dis baie hartseer, mens raak so lief vir mense wat jy nog nooit ontmoet het nie. My hart is baie, baie seer.

Mariaan ·

So hartseer. Sy was nog so jonk. Hoop al die wat haar soveel stres gegee het voel nou goed!!!!

Kaspaas ·

Al wat ek kan en wil se dis baie sad. N groot verlies vir afrikaanse joernalistiek.

Ander Annie ·

Dit is tragies. Innige simpatie aan haar familie. So ‘n mooi mens. SABC moet aangevat word.

LB ·

Ek antwoord nou sommer namens ander Annie… omdat die SAUK die oorsaak was vir die uiterse spanning en hel waardeur daardie mense moes gaan. wat ‘n tragedie!

KarenG ·

Ek glo laas jaar se storie kon die moontlike sneller vir haar toestand gewees het. Alhoewel dit gaan moeilik wees om te bewys dat SAUK die oorsaak daarvan was.

Ander Annie ·

Dankie LB. Ek het begin antwoord maar toe los ek dit. Jy het dit mooi geantwoord.

Andre Traut ·

Ten spyte van die hartseer van haar dood, het sy, teen haar dokter se wense in gekies om in die stresvolle omgewing te bly.

Ander Annie ·

Andre Trait, haar beroep was haar passie. Sy het elke dag vir mense in Suid Afrika vreugde gebring met haar stem. Jou kommentare verbaas my.

Elsabe ·

Ai dit is slegte nuus. Ek onthou haar nog as die klein rooikopdogtertjie van Fairland laerskool.

Malan ·

Ai Suna, dis so jammer, jy was nog so jonk om nou al te gaan! Ons kon altyd die passie vir jou werk in jou stem hoor. Ons gaan dit mis! Baie sterkte aan die familie en kollegas en Gift of the Givers, gaan haar mis!!

Mariaan Morton ·

So jammer! Sy was nog so bitter-bitter jonk. Sterkte aan haar geliefdes.

Katryn ·

Die dokters moet asseblief bietjie dieper in die ondersoek inkyk! Ek ruik ‘n rot!!!

Isabel Jonker ·

Katryn jy weet sy het n harttoestand gehad? Dit wat in jou brein afspeel is nie noodwendig korrek nie nê?

Linda ·

Ag nee! So pragtige mens met die mooiste stem! Wonderlike joernalis. My innige simpatie en haar familie, vriende en kollega’s. RSG is vandag baie armer. Maar dit bly my stasie …..

MCH ·

Wat n stukkie yster was sy nie. Die siekte (vry vertaal) is n toestand van intense emosionele of fisiese spanning wat vinnige en ernstige verswakking van die hartspier tot gevolg het. Ons hoe nie ver te soek vir die sneller nie. Rus in vrede.

Estelle ·

Skokkende nuus! !! Sy was briljant!
#viktimisering #boelietaktieke #vryheidvanspraak

Christo ·

Volgens ‘n News24 berig was sy die afgelope jaar aanhoudend geintimideer en geviktimiseer. Sy het verskeie doodsdreigemente ontvang en daar was verskeie kere by haar woonstel ingebreek. Daar is ook gepeuter met haar motor se remme en die bande is stukkend gesny. Volgens familie is sy ook ‘n keer ontvoer en aan ‘n boom vasgebind by die Melville koppies terwyl die gras om haar aan die brand gesteek is en sy is ook drie keer aangerand die afgelope jaar.
Wat ‘n uiters traumatiese jaar was dit nie!
Ek hoop haar dood word behoorlik ondersoek en ‘n behoorlike outopsie word gedoen om seker te maak of iemand nie vir haar dood verantwoordelik gehou kan word nie.

Jorrie ·

Sy was n besonderse mens met n hoe professionele werksetiek! Haar plek sal nooit gevul kan word nie … ons mis jou …

Deléne ·

@Isabel Jonker ~ Sy het doodsdreigemente ontvang en daar is met haar motor se remme gepeuter. Op RSG bevestig. Rus in Vrede Suna! Die omstandighede in die land wat ‘n invloed op jou gesondheid gehad het, het jou onnodig en vroegtydig van ons weg geneem.

wraggies ·

Sy (en die ander joernaliste) was almal besonder dapper, RIV.

Sad but true!!!! ·

As jy eers in daardie kringe beweeg, raak jou lewe baie fragile, jy moet gebou wees vir joernalisteik, en dis n wereld van hond eet hond, ek sal glo dat sy onder erge stres was, veral as ek dink dat dit n gangsters paradise daarbuite is, sterkte aan die familie, R.I.V Suna.

Henry McDonald ·

Luidens ander media berigte was sy nie net met ‘n windbuks geskiet nie -daar was ook met haar motor se remme gepeuter en sy was ontvoer aan ‘n boom vasgebind en die gras rondom aan die brand gesteek. Indien hierdie berigte korrek is sal ‘n indringende ondersoek hier gedoen moet word. Hoe lyk dit Afriforum? Sal interessant wees om vas te stel of sy enige klagtes tov hierdie gebeure gelê het en indien wel wat daarvan geword het……

wonder maar ·

Klink eerder dat daar n kans is dat sy vermoor is!?!??

Marita ·

n Briljante ondersoekende joernalis wat geen banghaar gehad het tydends haar werk in Egipte en Midde-Ooste streke, om die waarheid te vertel aan RSG se luisteraars nie. Innige simpatie aan al haar familie en vriende.

Amanda ·

Soms wonder ek of die meeste van ons Afrikaners nie maar daardie stress toestand begin ontwikkel nie. Lewe is hard.

w ·

Ek is geskok en my hart is stukkend. Strongs vi ha fam. Privaat Speurder se hulp moet ingeroep word. Erens stink iets.

John ·

Baie slegte nuus hierdie maar dit klink na al die pogings op haar lewe dat sy vermoor is.

Anne-Marie Oosthuizen ·

Wat n dapper, moedige mens was sy nie! Ons soek n monument vir haar! Vir jóu, Suid-Afrika!

BOLANDER ·

Baie baie tragies. Wat ‘n wonderlike mens was sy nie. IS DAAR NOG ENIGE IETS OOR WAARAAN HIERDIE SO GENAAMDE REGERING HULLE NOG AAN KAN SKULDIG MAAK????? HET HULLE NIE NOU AL, AL DIE FASETTE VAN BEDROG, MOORDADIGHEID ENS, ENS, ENS TOE GEPAS NIE!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.