SAUS dreig om universiteite tot stilstand te dwing

Studente betoog by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA

Die Suid-Afrikaanse Unie van Studente (SAUS) het ʼn oproep gedoen dat bedrywighede by alle universiteite landswyd tot stilstand gedwing moet word totdat die regering gehoor gee aan studente se eise vir finansiële steun en akkommodasie.

Verlede week moes lesings by sommige universiteite gestaak word toe studentebetogings gewelddadig geraak het. By die Durban Universiteit vir Tegnologie is ʼn 20-jarige student doodgeskiet en by Wits het studente op ʼn eetstaking gegaan.

SAUS het Maandag gesê hy sal voortgaan met sy “National shutdown”-veldtog totdat aan al die studente se eise voldoen is.

Die SAUS het Saterdag ure lank met Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en onderrig, vergader, maar die vergadering het geen oplossings opgelewer nie. “Ons sal die veldtog staak sodra ons weet dat niemand finansieel uitgesluit word by instansies van hoër onderrig nie,” het Lwandile Mstolo, sekretaris-generaal van die SAUS, gesê.

Die unie eis dat alle studente se historiese skuld afgeskryf word en dat toegang tot beter akkommodasie en fasiliteite by al die universiteite beskikbaar gestel word. Dit is net van die studente se eise.

“Die minister het die studente se eise aangehoor en het vir hulle gesê dat daar onmiddellik aandag aan sommige van dié eise geskenk sal word, soos die registrasie van studente met agterstallige skuld,” het Lunga Ngqengelele, Pandor se woordvoerder, gesê.

Misheck Mugabe, president van die SAUS, het bygevoeg hulle sal Pandor se voorstelle na die leiers van die onderskeie studenterade neem en dan op ʼn pad vorentoe besluit.

Die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) het intussen gesê hy het kennis geneem van die oproep vir ʼn algehele stilstand by universiteite en moedig rolspelers aan om dringend die gebrek aan studentebehuising en die toestand van studenteakkommodasie te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Edd ·

Die oorgrote meederheid jong Suid-Afrikaners het nie wiskunde tot metriek gehaad nie en het dus beperkte opsies vir rigting om te swat. Julle sou beter af gewees het as julle vakmanskappe of tegniese grade gan swat het, net omdat dit ‘n universiteits graad is beteken dit nie dat dit veel beteken nie.

Martin ·

Edd, om ‘n vakman te word het jy Wikunde tot in Matriek of N3 nodig…….

julius ·

Kom ons almal staak dan hoef niemand niks te doen nie. Sal dit nie lekker wees nie?

Trots Afrikaans ·

Kan ons ‘n Belastingbetalers Unie vorm en dan staak ons ook. Ons weier om belasting te betaal totdat daar aan ons vereistes voldoen word….

Vereiste 1: As jy nie inkomstebelasting betaal nie mag jy nie stem nie.
Vereiste 2: Niemand kry meer iets verniet nie. As jy dit gekry het, met jy dit af betaal.
Vereiste 3: Alles wat jy afbreek, brand, beskadig moet deur jou arbeid en fondse herstel word.

ZAR ·

Trots Afrikaans wat ‘n fantastiese voorstel! ‘n Belastingbetalers unie! Ek is al lankal reg vir dit.

willem Botha ·

En wat van die regte van die student wat betaal om te studeer wie beskerm hulle regte????

de Beer Johan ·

Nee, jy sien – dis juis die nie- betalers en druipelinge wat staak. Die betalers staak nie. Waarom sal jy jou studies wil klaarmaak as jy verniet bly, eet en party?

Snowball ·

Wie moet betaal vir al die uitgebreide eise en behoeftes? Die handjievol wat nog kan betaal by universiteite word al hoe minder vanweë hulle velkleur. Sosialisme werk net totdat die ander ou van wie jy af parasiteer se geld op is…
Eintlik lagwekkend al die ‘demands’ van spektakels wat nog niks tot die samelewing bygedra het nie, en waarskynlik ook nie gaan nie, want die Slagoffer -Die – Wêreld -Skuld -My -Alles sindroom lewer nie eties verantwoordbare volwassenes op nie.

Johan ·

Dieselfde kry-op’n-skinkbord studente wil gewoonlik die sosiale lewe geniet en nie te erg betrokke raak in die akademies nie. Dan is daar weer ‘n helse oproer en vernietiging van eiendom omdat hulle nie slaag met swak punte nie. Dan word van hulle dalk oorgeplaas… Die arbeidsmark gaan oorstroom word gegradueerdes wat nie hulle kwalifikasies met harde werk verdien het nie. Ons universiteite se kwalifikasies gaan twyfelagtig word. Probleme!
Ek hoop ek is verkeerd.

Grassie ·

Snowball – dit is die beste kommentaar wat ek in ‘n lang tyd gelees het,

SB ·

Hulle het nie die kapasiteit om te leer nie, anders gestel hulle wil nie leer nie. Hulle eis finansiele bystand want hulle weet hulle gaan nie slaag nie, so hulle wil nie hulle eie geld mors nie. Later die jaar net voor eksamens gaan hulle weer staak oor iets want hulle weet hulle gaan nie slaag nie.

Jan pierewiet ·

Ag betaal hul salaris en sommer genoeg ook om te swat. Dan is alles opgelos.

Gemaskerde Sopbeen ·

Uhm…ek moes laas jaar my studente se VOLLE rekeninge betaal voordat hulle hulle uitslae kon kry? Nou hoe is daar nou studente wat wil registreer “met uitstaande skuld”? (Wat hulle nou eis moet afgeskryf word?) Hoe kry jy jou uitslae….en staan in die ry om te registreer….maar jy skuld nog geld vir die vorige jaar? As ek geweet het hoe hierdie werk, het ek ook geweier om te betaal………want vir my is daar NIKS om af te skryf nie….

JohanL ·

Ja, G Sopbeen – ek moes ook vir albei my kinders se studies betaal en alles moes eers betaal gewees het, voor hulle uitslae kon kry of vir die volgende jaar registreer.

Ek raak gatvol verby vir hierdie bepaalde groep mense wat net “demand, demand” en alles verniet wil kry.

Ek praat enkele jare gelde met iemand in Plett by ‘n vlooimark waar daar uitlanders sowel as plaaslike mense is met stalletjies. Die persoon vertel hoe dat aan die einde dalk van ‘n swak dag, die uitlanders hul stalletjies toemaak en loop om die volgende dag weer te probeer. Maar die plaaslike bevolking (of in CR se woorde “our people”) gaan probeer eers by haar geld bedel om ‘n brood te koop vir die aand. Dis die verskil al klaar tussen ons swart kultuurgroepe en die uitlanders. Wil alles verniet kry.

Opisthophthalmus ·

Jy vat die woorde so uit my mond Sopbeentjie… daar word eintlik verwag dat die VOLLE jaar se studiegelde binne die eerste SES maande van die jaar opbetaal is…

Gert ·

Die organisasie se president is ‘n Mugabe. Het ons nie al gehoor van ‘n president met daardie van nie? En met dieselfde lewensuitkyk? Kan niks self verdien nie, so aas op ander wat wel iets verdien het en forseer hulle om alles te oorhandig.

EP ·

Wat van die studente wat ten duurste maar moet betaal. Ons kinders kry nie eers plek in die koshuis nie, want jy moet ń gemiddeld van 85% hê voordat hulle jou miskien in ag neem vir koshuisinwoning. Die res lyk my stap sommer net in en wil alles verniet kry.

Jerry ·

Die kultuur waarmee die studente grootword voorspel niks goeds vir die toekoms op alle vlakke van die samelewing waar hulle ookal aangestel gaan word na voltooiing van hulle studies. N kultuur van wetteloosheid en intimidasie om jou sin te kry raak soos n verslawing wat erger en erger raak. Dit is soos brandewyn sonder brieke!

Wol Haarstorie ·

My historiese skuld moet ook afgeskryf word, anders gaan ek alle elektrisiteit in die land afskakel.

marco polo ·

Ja man, maak al die universiteite toe. Dis net ‘n plek waar onheile uitbroei. Stig Afrikaanse universiteite vir ons kinders, en laat die wat wil en dit kan bekostig in die buiteland gaan studeer. Dan het niemand iets om oor te kla nie.

Snowball ·

Inderdaad, dan is dit ook nie ‘n 100 jaar voor ons terug is met die lei onder die boom vir ‘n skool nie (as ons gelukkig is). Lekker gedekoloniseer….. Universiteit en geleerdheid is in elk geval Westerse konsepte, Afrika het dit nie nodig nie.

BlinkStephaans ·

Praat nog Snowball… ek sukkel om nie vloekwoorde en diere name te gebruik… dis waarheid wat jy spreek.

jakes ·

Mstolo se belaglike eise is maar tiperend van student wat alles verniet wil he. Meer as 50% van eerste jaars of druip of voltooi nie hul studies nie want hulle besef dan eers dat om te slaag op universiteit moet jy die nodige breinkrag he en dit natuurlik toepas in orde om te slaag.

Johan H. ·

Blink stefaans ek is met jou!!!!!hierdie is alles re danke aan die hoof een zuma

Toppie ·

Universiteite het klaar tot stilstand gekom, lankal al. Die studente kan nie iets vernietig wat klaar vernietig is nie.

Anel ·

En ons en ons seun betaal nog steeds af aan sy studielening, al het hy sy graad, honeurs en meesters met obderskeiding geslaag. Gelukkig kon hy toe kues tussen aanbediengs en het hy nou ‘n uitstekende pos. En dit alles net omdat hy baie hard gewerk het en niks verniet gekry het nie.

Skroef ·

Skandalig dat hy npg skuld Anel. Eersaye prioriteit is om daaedie studieskuld te vereffen voordat jy kyk na “ordentlike” kar en huis.

Oh please ·

Alles Mahala .. hoe werk dit dat wittes vir hulle kinders se studies moet betaal maar nie swartes nie? Ons neem lenings uit, kry twee inkomstes uit na-uurse werk en verkope om ons kinders deur universiteit te sit en julle kan agv oorbevolking nie almal studeer nie, nou wil julle dit nog verniet ook he? WEL WEL al wat ek weet is NIKS hou solank dit verniet is nie .so geniet die eerste paar VERNIET jare . .daarna is die universiteit bankrot en het julle geen ordentlike dosente nie, net ‘n paar kubane wat julle gaan invoer met zero kennis.

Thinus Erasmus ·

Almal toemaak? Hoe gouer hoe beter! Hul moet net goeie job doen en seker maak alles word afgebreek, dit is mos nou hulle s’n, hul kan daarmee maak wat hul wil.
Ons mense moet ophou in ‘n desperate poging om nog ons kinders erens nog te laat probeer leer en eerder nuwe moontlikhede ondersoek, soos akademia, soltek en oorsese korrespondensie kursusse.

Anel ·

En ons en ons seun betaal nog steeds af aan sy studielening, al het hy sy graad, honeurs en meesters met onderskeiding geslaag. Gelukkig kon hy toe kues tussen aanbediengs en het hy nou ‘n uitstekende pos. En dit alles net omdat hy baie hard gewerk het en niks verniet gekry het nie.

Skroef ·

Die regering skuld geen student akkomodasie of die reg tot n graad nie. As hulle niks kan bekostig nie, los dit. Tersiëre onderrig is n luukse soos juwele en swarr suv’s DIS OD JY BETYAAL DAARVOOR OF JY KRY DIT NIE.

Erika Ochse ·

Gee hulle hulle sin totdat daar niks is nie. Dan moet hulle ander plan sien om ‘n kwalifikasie te kry. En dit sal nie gratis wees nie.

EK ·

Ek sou net graag wou verneem wat presies het die studente gedoen om hierdie eise van hulle te regverdig. Wie van hulle het al ooit R10.00 tot die staatskas bygedra, so watter reg het hulle om.sulke eise te stel

Katerina ·

Suid Afrika het in die afgelope 25 jaar verander in Die mees patetiese, sotlike land op die hele planeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.