Schweizer-juffrou geskors

Die onderwyseres wat na bewering swart en wit kinders in haar gr. R-klas aan die Laerskool Schweizer-Reneke volgens ras geskei het, is met onmiddellike inwerkingtreding geskors, het Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, Donderdagoggend gesê.

Hy sê sy is geskors om dit moontlik te maak om die omstrede foto behoorlik te ondersoek.

Lehari sê die skool het tydens sy besoek Donderdagoggend verduidelik die vier swart kinders het eenkant gesit omdat hulle nuwe inskrywings was en nóg Afrikaans nóg Engels kan praat.

Hy het aan ʼn skare betogers op die skoolperseel gesê: “Ons aanvaar nie die verskoning nie,” en bygevoeg hulle moet nog oor die lot van die hoof, Alwyn Henning, besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

141 Kommentare

Ronel ·

As sy met opset rassisties wou wees sou sy nóóit daai foto aan die ouers gestuur het nie. Dis belaglik en onregverdig dat sy geskors word!!!!!

J J Smith ·

Die volle verhaal is nie gepubliseer nie en die is ń baie groot en kragtige verkiesingsfoefie al is dit ń storm in ń teekoppie wat uit verband geruk word tot voordeel van politiek maar tot nadeel van die kinders.

Chris ·

En as dit nou 4 Chinese kinders was in ń oorheersende swart skool, wat net mandarin kon praat, wat dan?
Sou hulle die swart prinsipaal en onderwyser op die plek ‘gefire’ het?
Suid Afrika se politiek is eintlik verskriklik rassisties en kinderagtig!
Maar, wat meer kan mens verwag waar niemand in beheer, gekwalifiseer is vir die pos wat hul beklee nie!
Vergeleke met die res van die wêreld, is die Suid Afrikaanse parlement tans seker die mees ongeskoolde parlement ooit! En dit geld vir al die laer beheerposte ook!
Hier in die buiteland sit ons daagliks en hang ons koppe in skaamte wanneer al die twak kop uitsteek!
Met al die korrupsie, geweld en ander misdaad is Suid Afrika al klaar ń ‘no-no’ maar met die imbesiele in parlement, sak mens net jou kop en ontken jy jou herkoms!
Reeds is die land niks in die wêreld se oë nie en dan hoor ń mens nog kort-kort van die een of ander moroniese uitlating wat die president of een van sy ‘cronies’ gemaak het en almal lag! Nie saam met hom/haar nie maar VIR hom/haar!
Ai, ons bid almal dat dit sal beter gaan maar diep binne weet ons dis hopeloos – veral met dié klomp clowns in daai sirkus!
Sterkte en voorspoed!

Rooikop ·

Nou het ek alles gehoor !!!!!! Absoluut belaglik ……………..

Kerl ·

@Ronel, nie noodwendig nie, mense neem fotos en videos van al die stupid goed wat hul aanvang, kyk na die doodskis manne. Kyk net op FB, Insta, Twitter dan sal jy sien, sy’t dalk gedink dis n baie snaaks, en toe dink die ander nie so nie. Om minderjarige kinders se foto rond te stuur sou ek ook haar aankla.

Gaitsigubib ·

Wat sou sy nou kwansuis gedink het is baie snaaks op die foto? Net rassiste sien die probleem op die foto, die ander van ons is kleurblind. Geen wonder die EFF en hul trawante is in rep en roer nie.

Fuzzems ·

Kom ons kry bietjie die ouer wat die foto rondgestuur het se naam en van. En stel haar ook bloot soos sy die ander kindertjies se gesigte wys op die foto

Flooi ·

Ek stem 100 persent met jou saam wie was die ene wat gesorg het dat die foto in verkeerde hande beland!!!!????

Tertia Human ·

ek stem saam kry daai ouer se foon nommer dat ons haar kop behoorlik kan was hier is in gekwalifiseerde onderwyseres nou geskors haar hele loop baan opgemors wil sy dalk n ongeskoolde persoon voor in die klas sien wat kinders afrig verskoon ek het vergeet jy hoef net 30% te kry om deur te kom maw net jou teenwoordigheid alleen is al 30% hoop jy is baie gelukkig in die resultate behaal!!!!!!!!!!!!!!! soos ek se dis siek!!!! alles uit verband geruk. goue sterretjie hooooooorrrrr!!!!!!!!!!!!!

Gert ·

Wat my verbaas, is dat mense so n ophef maak van dit. Daai juffrou wat geskors was moet d department en daai ouer wat die foto geplaas het hof toe vat vir naam sending. Jy skors mos iemand sumier voor jy al d feite het nie. Ag nee man. Word groot

Dinah Smith ·

Dis stupid hoekom haar skors sy het net gedink sy sal later hul rondskuif om met die ander te leer kommunikeer onthou dit was hul eerste dag!!!

Erika van Dyk ·

Agge nee ek glo nie wat ek lees nie. Kan nie Eng of Afr praat nie en daaroor word onderwyseres in die pad gesteek. Nou verstaan ek nog minder wat in ons land aangaan

Alice ·

Erika Van Dyk. Presies wat ek mos sê: hoe sit jy jou kind in ‘n skool maar hy kan nie eens die taal verstaan of praat nie. Regering moet ophou beloftes maak soos onderrig in jou eie taal, voor hulle nie weet hoe hulle hulle planne gaan bewerkstellig nie. Kan jy jou nou indink al die amptelike tale van die land (dink dis 11) in elke skool…Dis absurd

Piet ·

Ja nee hy is ook swart ek hy sl besluit wat aanvaarbaar is. Belaglik. Die land niks meer werd vir wittes nie.

Ekke ·

En so sluit nog n skool sy deure of dit word afgebrand nog voor dit gesluit word.

Hartseer ·

Dis hoekom my kinders nie meer in die onderwys systeem wil wees nie. Jy bedoel goed op daardie oomblik vir alle party maar dan is jy jou werk kwyt agv politieke inmenging. Daai juffrou moes 6 jarige kleintjies troos, veilig laat voel, ens en dan moet sy nog sulke probleme hanteer van taal. Ek kry haar bitter jammer.

Paul ·

As die kinders dan nie Afrikaans of Engels kon praat nie, waarom die kinders dan inskryf ???? !!!!! Wat is met die ouers gekommunikeer? Was daar dan nie planne op die tafel vir sulke gevalle nie, waar was die skoolhoof en die departement?

Mens kon mos dan die probleem 100 myl ver sien kom het. En wat leer ons hieruit vir volgende jaar?

Ag regtig ·

Hoekom? Omdat die skool dit moet doen. As hulle sou weier om hulle in te skryf, sal daar baie meer moeilikheid gewees het. By ons skool moet die sekuriteiswag gereeld tolk sodat ons met ouers kan kommunikeer wat self nie kan Afr of Eng praat nie, wat staan nog die kleuters. Ons skoolstelsel is op die koffie.

Paul ·

Ag regtig, maar toe laat die onderwyser, om welke rede ook al die kinders apart sit. Hoeveel keer wil ons in hierdie land dieselfde ding oor en oor leer. O ‘ja en toe stuur die onderwyser ook nogal ‘n foto waar die kinders apart sit na die ouers toe om hulle gerus te stel.

Anoniem ·

En ons neem aan die naderhende verkiesing het niks met hierdie storm wat aangeblaas word uit te waai nie? Ek wonder of die ‘volwassenes’ wat so maklik klippe gooi in ag neem dat daardie vier kindertjies dalk baie gemakliker gevoel het vir hulle eerste dag op skool saam met maatjies wat hulle eie taal kan praat?

Ons het ‘n pragtige land en soveel mooi mense en stories om te vertel, kan ons nie dit maar eerder doen nie?

Donderstorm ·

Eerste dag van skool als is vreemd so dan soek mens jou mense want jy voel veiliger mens verstaan mens se eie taal en mense so eers is dit beter as mens dalk nie iets verstaan nie kan jou eie kultuyr mense jou reg help mens leer mekaar ken dan meng n mens met ander mense aldis van n ander ras of te nie ek sien nie rasisme daarin nie die onderwyser het reg gemaak reken ek ek bedoel hul is vreemd en sal minder gestres voel met hul eie kultuur mense tot die ys breuk en hul nie so vreemd is nie waarom is als alewig rasisme?

Asjas ·

@Donderstorm ek stem 100%saam. Was ook heel eerste my gedagte dat die kinders vreemd is en dan outomaties maatjies sal kies waarmee hul kan kommunikeer en maats maak. Mettertyd sal almal mekaar leer ken en almal maats wees. Vandag se Gr R kinders kyk beslis nie in kleur vas nie en n maatjie is n maatjie tensy ouers hul anders leer. My seuns, een matriek en een reeds uit die skool, het vriende uit ander rasse groepe en van hul kuier by my aan huis. Hierdie kinders praat beter Afrikaans as van ons Afrikaners en as jy nie kyk nie sal jy nie weet dat dit n ander rassige is nie. Dis hoe ek my kinders leer dat ras net n kleur is ons is almal mens. Van hul ander ras vriende het meer maniere as van die blanke vriende.

liefie ·

Geen kind is verontreg nie en is ‘n “soort” nie. Hulle sou die nodige hulp gekry het of reeds gekry en sal ingepas het by die res, wie ookal nie verontreg is nie.

OudBloemhoffer ·

Ok, so die anders kleurige kinders kon nie Afrikaans of Engels praat nie…maar die onderwyseres word geskors… Ek is nie ‘n kenner op die gebied van onderwys nie, maar hoe sal die kinders leer as hulle nie die onderigs tale kan praat of verstaan nie?

Annelize ·

Wil ek ook in my stomme onnoselikheid weet. Ek het nie gedink dit kan nog gebeur nie, maar weereens is die grense van alle belaglikheid verskuif.

Johann cb ·

Mag die media moontlik toegelaat word om die leerkrag se amptelike verskoning te sien asseblief?

Johan ·

Dis die Juff wat die foto geplaas het.Mens kan nie vandag iets doen of se sonder om 100 keer te dink of dit in almal se smaak val nie.Om die Juff te verkwalik is belaglik om minste te se.Dis nag vir wit mense,ons laaste hoop is om verskille te begrawe en saam te staan,vandag nog….

Landi ·

Hou op. Dis nie julle wit skooltjie nie. Skole behoort aan almal.

Johanna Botha ·

Inwurm is die regte woord ….gaan doen verdomp jou eie ding en hou op om op ander te teer

Hannelie ·

Totaal belaglik! Nou word die juffrou gestraf omdat die laatkommers se ouers nie verlede jaar April soos deur die Staat aangekondig en knaend herinner is, hul kinders betyds ingeskryf het nie. Mens kan op die foto sien hoeveel moeite die juffrou gedoen het om die klas voor te berei vir die nuwe jaar en nou is alles HAAR skuld?? Totaal en geheel en al belaglik!

Heiletje Pretorius ·

Vlg ‘n vroeër berig was dit die klasjuffrou self wat die foto op n whatsapp groep gedeel het, nie ‘n ouer nie.

Nettie ·

Maar dis is ‘n swart, rassistiese Ma wat woedend op die foto gereageer het.

Koos ·

Grade R – Reception year (Engels)
Graad O (nie nul nie) – Ontvangsjaar (Afrikaans)

B ·

Hoe verskil dit van KZN Gesondheidsdept wat op rekord is dat hulle glo geen wit dokters sal registreer? (Vir spesialis opleiding)

jaco ·

Nee daar bestaan mos nie iets soos rassisme teenoor wittes nie.

Piet parys ·

Hoekom sit die ouers van die swart kinders wat nie afrikaans of engels verstaan nie in skole wat onderwysers hulle taal magtig is nie. Jy wat die ouers van daardie kind is is die een wat daai kind verneder om nie in sy moedertaal onderrig te kry nie . As ek daai onderwyseres is dan dagvaar ek die een wat haar geskors het in sy of haar privaat hoedanigheid want die onderwyseres is die verontregte in die saak.

A ·

Wat soek n skare betogers by n kleuterskool.
Klomp rassistiese lafaards!

Alex ·

Landi, dit gaan oor taal. Dit is moeilik om klas te gee aan kinders wat nie Engels verstaan nie.

Jo-anne ·

Whatssapp fotos in Schweizer moet liewer verban word. Dit maak net moeilikheid (haha)

Anoniem ·

Eers moet die Juffrou geskors word (onnodig), dan die skoolhoof (groepsdruk) en dan die een wat die Juffrou geskors geskors het nl die LUR van NOORDWES Mnr Sello Lehari – miskien moet Gerrie Nel delf in Sy trekrekord van Matriekuitslae en skole wat ‘n slaagsyfer het van slegs 40% persent ! Die hoogste BOOM gaan gewis WIND moet vat !! (Hulle het nou kennis geneem van U)

Coenraad D v Niekerk ·

Ons skoondogter het voorheen skool gegee aan Gr R kinders is ‘n swartskool in Noordwes. Die kinders in haar klas kon net Tswana praat en was glad nie Engels of Afrikaans magtig nie. Sy kon klas gee in beide Afrikaans en Engels maar nie Tswana nie en die onderwys department van Noordwes moes ‘n tolk verskaf aangesien die kinders nie Engels of Afrikaans kon praat nie en die departement aangedring het dat die kinders in Engels onderrig moet word. Daar is nooit ‘n tolk aangestel nie en het die skoolhoof een van die swart skoonmakers gebruik om te tolk. So die eerste kwartaal was dit swoeg en sweet om die kinders te leer Engels praat. So na 6 maande kon hulle darem al tel in Engels maar onder mekaar het hul net hul moedertaal Twana gebruik. Aan die einde van die dag het die onderwys departement nooit besef dat die arme kinders geen basies onderig in Gr R ontvang het nie en so begin die arme swartkind reeds is Gr R met ‘n agterstand en dit het ‘n negatiewe invloed op daardie kind se hele skoollaapbaan. Ouers sal moet wakker skrik en toesien dat hul kinders moedertaal onderrig ontvang. Vir die Afrkikaanse ouer wil ek sê as jy wil toesien dat jou kind in sy moedertaal onderrig word sonder regering inmenging lê die antwoord in privaatskole.

Swoosh ·

EN DIE MEDIA BLAAAAS DIE RASISME VUUR NET WEER AAN!!!! Dit MOET mos die hoof artikel wees.

André ·

Media is ALL about race. Media has set back race relations decades..

Kom hier uit ·

Beste Juffrou. Pak jou goed en trek Australië toe, hier soek hulle ons nie meer nie. Sterkte

Stan ·

Kan die Juffrou nie beter raad gee nie! Suid Afrikaanse onderwysers floreer oorsee.

Piet Pompies ·

Liewe ouers… storm in ‘n koppie
Ons kleinkind begin die jaar met Gr R, verlede jaar was hy Gr RR en was by my vrou (Ouma) in die klas. Die Gr RR het ‘n Afrikaanse en Engelse klas en een van die Engels sprekende ouers wou dat haar dogter Afrikaans leer. Die dogter kom toe na my vrou se klas en alhoewel die kind gelukkig was kon sy vir die eerste 2 weke met omtrent niemand praat.
Begin Desember 2018 het die kinders graad gevang en na ‘n jaar in die Afrikaanse klas kon die Engels sprekende kind vlot Afrikaans praat.
As ‘n kind nie ‘n taal magtig is, sit hom saam met kinders wat hom die taal kan leer, minder werk vir die onderwyser want kinders leer speel speel.

RHG ·

Presies wat ek dink, Neels. Nou moet die hele dorp opruk en vir haar baklei. Arme hoof moet ook nou ondersoek word.
Op my dag in die onderwys het baie kinders uit die DRK gekom en kon slegs Frans, Lingala of Swahili praat. Na ‘n kwartaal het hulle Engels kon verstaan. Van hulle het ook in ‘n groepie saamgesit om beter gehelp te kon word. Met ‘n woordeboek kon ek tot hul deurdring. Niks rassisties nie, almal was swart.

Anton X ·

Volgens die algemene verloop van sake, word die beskuldigde op spesiale verlof gesit (met volle salaris) vir so ‘n 2 of 3 jaar, terwyl die ondersoek duur.
Nou wonder ek wat is so anders omtrent hierdie situasie dat die betrokke persoon summier afgedank word sonder ‘n ondersoek.

Thinus Erasmus ·

Aan die van julle wat wonder waarom: Die lafhart gebruik onskuldige kindertjies as menslike skild aan die voorpunt van die stryd – dan leer die kindertjies sommer van vroeg af om hul onskuld te verloor. Viva Afrika – nog ‘n suksesvolle oorname van Afrikaanse skool volg, nog ‘n daling in standaarde ook.

Estie ·

Nee regtig, wil hulle die hoof ook skors, en die LUR wat veronderstel is om die probleem uit te sort stook nog kwaad met sy woorde eerder as om die vrede te bewaar en die saak op ‘n vreedsame en volwasse wyse op te los.

Mike ·

Net twee vrae ondersteun Solidariteit CVO skole en gaan Afriforum die geskorste onderwyseres ondersetun?

Eddy ·

Was dit die juffrou? Of het die kindertjies nie dalk self bymekaar gaan sit nie.

sussie ·

Hi. En hulle het banke om op te sit. Wat n prestasie. Iets om op trots te wees.

Katryn ·

Ag foei watter witte gaan opstaan vir sy mede burger. Sal liewer probeer afkraak

lewies ·

Ek hoop sy is ‘n lid van ‘n vakbond. As die SAOU nog bestaan moet hulle haar saak hanteer, as sy nie ‘n beheerliggaam aanstelling is nie. Jy kan nie kwaadwilligheid bewys as hierdie saak nie in die hof draai nie. Die gene wat vir die onderwysers verantwoordelik is sal sy ruggraat moet bewys.

Susan ·

Maar nêrens word die ander foto in die media gepubliseer van al die kinders wat saam by die tafel sit en speel nie. Dis alweer net ‘n halwe storie. Die ouer het net gewys wat sy wou hê die wêreld moes sien. So word die waarhede verdraai en verberg om net sekere mense te pas.

Ella ·

Tweede dag van skool en kinders, juffrou en ouers is totaal getraumatiseerd.
Wie het die foto geneem en wue het dit geplaas en hoekom?
Het iemand die juffrou gevra hoekom dit so is?
Nou hardloop media en almal draaie met die storie sonder dat dit behoorlik ondersoek is.
Juffrou ek stem saam met ander:-doen aansoek oorsee want hier gaan jy nooit weer vrede he.
Hoekom noem die media haar naam? Sodat sy geterroriseer word deur ons landgenote?
Daar is geen regverdigheid meer in SA. As jy wit is, is jy skuldig.

HPV ·

Dit het niks met rassisme te doen nie maar wel met ‘n minderwaardigheidskompleks wat geen perke ken nie. Tragies maar die land word gesink deur ‘n groep waar minderwaardigheid ernstige druk op alle redelikheid, samesyn en wedersydse aanvaarding plaas. Mens kan nie glo dat minderwaardigheid party mense tot sulke optrede en selfs betogings aanspoor nie. Mens moet letterlik let op elke woord of aksie dat jy tog net nie aanstoot gee nie! Soos die jonges sê, kry ‘n lewe dat ons aanbeweeg!

Domeritus Danie Malan ·

Ja-nee. Totaal belaglik! HPV , jy slaan die spyker op die kop – nogal sonder om jouself te verwond. Dis niks minder nie as ‘n vorm van oordrewe minderwaardigheid waaraan die polities onderdrukte agtergeblewenes ly! En nou ly onskuldige redelikes ook daaronder!? Ons kan diegene wat op die rassisme-wa klim en die voorval goedsmoeds ook sommer dadelik tipeer as die “uiterste vorm van rassisme” net maar jammer kry! Sjeim siestog! En…hoe onmenslik wreed van die Tswana-ouers om hul kinders na ‘n konserwatiewe tradisionele Afrikaanse skool te neem! Ek bid dat die bestuursraad en die juffrou genoeg (vroue)moed sal bymekaarskraap om teen haar skorsing te appelleer! Baie sterkte vir hulle.

1+1 ·

SA is gekriminaliseer en almal moet daaronder ly. Die leuen het die waarheid geword. !!!!!!! Radio inbelstasies gons oor hierdie saak, geen simpatie van die inbellers. Sy word veroordeel, sonder dat haar saak aangehoor is. “HOE WETTIG IS DIT?” Ek stem met jou saam HPV. Die saam met jou saam die saak word deur komplekse gedryf.

Noeks ·

Nou moet die wittes maar saamstaan en n oproer by die skool hou, dit is wat sou gebeur het as die situasie omgeswaai was en die juffrou swart was.

Martin ·

“Hy sê sy is geskors om dit moontlik te maak om die omstrede foto behoorlik te ondersoek”
– so laat ek dit nou reg verstaan, sy is geskors nog voor hulle self die foto geondersoek het. Uiters belaglik om te dink iemand kan hulle werk verloor nog voor die bestuur eers weet wat rerig aan gaan.

Linda ·

Al raad aan daai juffrou is kry jou CV so vinnig as moontlik opgedateer en stuur aan Nieu Zeeland of Dubai of waar daar ookal ‘n onderwys aanvraag is… Die gekkespul sal hom maar moet uitwoed soos “n golf wat op die strand te pletter moet loop… Sal nie in jou en my tyd gebeur nie, maar des nie teenstaande sal dit gebeur… So maak die beste van die geleentheid vir jouself.

Karin ·

Of Korea toe, ondrrwysers kry goed geld daar om engels te gee en word met respek behandel

Melanie ·

Stadig maar seker sal julle besef dat “homeschooling” die enigste uitweg is. Daar is ouers wat dit vir eers moeilik sal vind omrede hulle moet werk ens., maar ouers kan bymekaar kom en saam besluit hoe hulle hul kinders sonder probleme sal leer. Onderwysers sal nog steeds gebruik kan word.

Cobus ·

HOE STUPID KAN JY WEES. DIE VENT WEET REEDS WAAROOR DIT GAAN EN SKORS NOG STEEDS DIE ONDERWYSERES.

Melanie ·

My kleinkinders gaan in USA skool toe. Hulle is dol gelukkig.

Piet Pompies ·

Daar is wel nog fotos van dieselfde klas uit ‘n ander hoek geneem waar kinders van alle rasse saam om die tafel sit. So dit was ‘n selektiewe foto wat geplaas is om moeilikheid te maak.
Die ander fotos word tans op Faceboek gedeel.

Gemaskerde Sopbeen ·

En daar kos vier Gr. R “laat inskrywings” wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie, ‘n juffrou en ‘n skoolhoof hulle loopbane, hulle inkomste, hulle pensioenfonds, hulle mediese dekking, en hulle menswaardigheid…..en die meerderheid van Suid Afrika juig daaroor!!!

sussie ·

SAOU. Wie is hulle. Hie hie hie. Fight vir jouself girl. Jou skoolhoofen SBL moet mos n beleid rondom selfone fotis en groepe hê. Bly weg van selfoongriepe en moenie jou nommer uitdish vir ouers nie.

P ·

Nou het ek alles gehoor bewaar jou as jy wit is en so n groot “fout” maak jy gaan gestenig word. So so onnodig rêrig

P ·

Rerig!! Nee kyk ek sê nou niks. Weet net as jy n foutjie maak gaan jy gestenig word al weet jy,jy het niks verkeerd bedoel nie. Daar word iets van gemaak asseblief kom ons gaan toi,toi daar.

Thinus ·

Dan 2:43 :”Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het- hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie” Hierdie Bybelse waarheid is oor en oor getoets, met mens en dier en is dit elke keer bewys dat soort soek soort en word gedwonge integrasie as n sosiale ondermynings tegniek gesien wat sielkundige kulture volksmoord tot gevolg het, die Internasionale Vredesorganisasie en Europese Unie Nasionale Instelling vir Kultuur sit van 2008 met hierdie gemors en spandeer miljoene om politieke dwase wat aan n minderwaardigheidskompleks lei se foute te herstel! Dat oningeligde leiers en passiewe aggresiewe gedrag afwyking n generasie skep wat hulle kan toeskryf aan die “derde mag” omdat ons polities korrek wil wees! Hierdie onderwyseres, moet dit nie hier los nie en die ouers sowel as die Department vir Sielkundige Eksperimentering op kinders in gevolge van Art 28(f) ii van die Grondwet Wet 108 van 96.

kolla ·

Hierdie teks het niks met swart en wit te doen nie, net so terloops.

Thinus ·

Kolla, die aangehaalde teks het meer as net betrekking op swart en wit! Daniël is slegs een van drie JODE, wat hulself sou kon red, Eseg. 14:14 en 20. Jode of die Abramitiese gelowe kom vanaf Ur en Israel kom vanaf Salem of Ursalem. Die 4 Metale, Dan 2:32-40( 2 Edelmetale en 2 Gewonemetale) en 4 Diere, Dan 7:4-7 verwys na Openb 17:10 en 11. Twee kulture Jood en Israeliet, 1 Konings 11 en 2 Konings 22. Die Bybel is egter geskoei op Babiloniese Talmud, 613 wette en nie op Jerusalem of Israel Talmud nie! (Mesha Stele) Gaan vors dit na, daarom is die Bybel saamgestel uit Moabitiese, Romeinse en Griekse afgodsdiens. Die Israeliet was, reuse en Kaukasies (engele) terwyl die Jood, kort en van die Mongoliede Ras afstam. Jy is egter korrek as jy sê dat die vers het niks met wit en swart te maak, as jy bedoel wit is die teenoorgestelde van swart en andersom nie, want om te bestaan moes jy eers nie bestaan het nie en was jou bestaan dus afwesig. As ons die begrip van ewige drieeenheid vat en as n Tetrahedron sou voorstel 4{3} dan sal jy merk dat enige Tetrahedron het n negatiewe natuurlike Tetrahedron. Dit hou alles in ewewig. Ons het dus almal n negatiewe kant.

Quinten Venter ·

Kan die regering vir ons as wit mense n handleiding gee oor wat is rasisties en wat nie, want dit is duidelik n hekse jag op wit en dit irriteer my regtig nou

GERT SAUNDERS ·

Snaaks. EK was in oudtshoorn n tyd gelede op kurses. Ons was 5 blanke soldate op kurses, en raai wat doen hulle. Hulle sit ons een, een in n peleton. Niks word gedoen nie. As ons n raak moes doen praat almal in hul Swart taal. Nou vra Ek met trane in my oe. Is dit ook nie n vorm van rasisme ini weer ag nie ?

Elsie ·

Daar is verseker rassisme hier betrokke …..
Van die LUR se kant af

Stella ·

My dogter begin nou met haar 2de jaar B Ed Grondslagfase (eerste jaar gemiddeld was bo 80%) en sy studeer onderwys omdat sy ‘n passie het om klein kinders te leer en te help. Hierdie storie laat ons net wonder of sy nie eerder van kursus moet verander nie, dis duidelik dat onderwysers onwelkom in hierdie land is.

Dries du Toit ·

Wanneer gaan ons wakker word en besef dat ons hard moet werk om ons eie te bewerkstellig. Ons is vreemdes in ‘n land wat nie meer aan ons behoort nie. Hier geld wette wat nie vir ons goed is nie en dinge gaan nooit verander nie. Selfbeskikking is die enigste antwoord. Ons het ons eie skole, polisiemag, kultuur organisaies ens nodig om te bestaan. Dit kan ons net kry as ons n eie regering en grond gebied het

Maretha ·

Kan ons asseblief saamgaan en se genoeg is genoeg en dat dit onaamvaarbaar is om ons so te teiken. Wanneer gaan ons nou n versadigings punt bereik en ons voet neersit …..

FM ·

As die onderwyser en skoolhoof lede van SAOU is, sal hul vakbond moet inspring en help. Dis duidelik n agenda teen die wit personeel. Kom ons almal ondersteun die personeel wat geskors is of geskors gaan word. n Vraag aan die soort van lur: Hoekom wil jy 4 kinders wat nie AFRIKAANS of ENGELS kan praat nie in so n skool toelaat? Dan moet julle mos voorsiening maak vir so n anderstalige onderwyser. Ek glo die skoolhoof het die probleem voor die ryd uitgewys, maar omdat hy blank is, het julle oor sy kop gegaan en toelating gegee. Nou kry die juffrou en kie die skuld.

Koos Pienaar ·

Vanwaar skielik die klomp betogers? Of word werklose gehuur om daar te wees,want ek kan nie dink dat verantwoordelike werkers hulle werk sal los vir dit nie. In Zimbabwe is mense gehuur om sulke aksies te doen. Rent a crowd en daar was agente wat dit gereël het. Al wat ek kan vra. Qua Vadis SA? Ironies as daar iets te red moet word sal dit maar weer ons as die verantwoordelikes wees wat dit sal moet doen.

Izak ·

Soos die huilebalke van ouds…iemand betaal vir hierdie klomp. Wie? Net een raaiskoot… :-)

Staak saam ·

Daai kinders kan nie Afrikaans of Engels praat nie en was ook nog nie ingeskryf nie.
Wat soek hulle dan in die skool?
Hoekom het hulle ouers hulle net daar gaan aflaai, het die ouers n konfrontasie loop soek?
Skors eerder die LUR en kla daai ouers aan vir kinder verwaarlosing.
Jy laai mos nie net n kind af en neem aan hy is ok nie, veral nie as hy met niemand kan praat en verstaan nie.

Pieter ·

Gaan wittes nou meer stilsit en arme juffrou aan haar lot oorlaat???!

Elle ·

Wat het die onderwyseres in elk geval gedink om in die eerste plek so n foto te neem en nie te besef wat die nagevolg van so n foto mag wees nie ? Die rede vir haar besluit, wat ook al, het nou tot haar skorsing gelei.

anni ·

Jy moet asb oordentlik gaan lees Wat het gebeur, en so what Al is di foto geplaas, hukom mut Ons blankes altyd terug staan en eers toestemming vir als vra. Aan wie se kant is Jy?

Philip ·

Die kinders is met opset daar gestuur om die skool te “toets”. Belaglik. Hierdie lot maak my nou siek. Ek dink dit sal beter vir my wees om nie verder te skryf nie want my bloedruk is besig om rooi te wys

Anoniem ·

Ek stem saam Anni, dat Hy die wrang vrugte pluk van SY EIE DADE ! Hy’s ge ‘scan’

Tik tok tik tok ·

Tyd toe ek skool toe gegaan het moes mammas na skool wag om eerstehands stand van sake te hoor
Kinders mag nie selfone hê nie
Laat onderwysers ook hul fone ingee
Die ding kon voorkom geword het
Maar juffrou vat hul na die hooste hof
Wie is hulle wat jou skuldig bevind nog voor daar n saak is

Hazeldean ·

Flippen ridiculous!!
Nou hóé moet enige onderwyser met daai paar kinders kommunikeer as hulle nie eens Eng kan verstaan nie?! Moes die skool nou n tolk ook aanstel….

carel ·

ek het kort voor zambia se onafhanklikheid daar gaan werk. die eerste dag moes al die nuwelinge nuwe id kaarte kry. diemense is 4 op n slag efgeneem. dit was egter op n kleur grondslag . net 4 wittes of 4 swartes op n slag. die rede was glad nie op rasse gegrond nie. as dit wit en swart was wat gemeng was, moes die kamera se lig aangepas word. anders was die wittes op die fotoblinkwit of as die lig reg was vir die wittes was die swartes pikgitswart op die fotos. oplossing? skei die rasse om die fotos duidelik te kry. vreeslike rassime!!!

Jeremia ·

Is Malema of die BLF ventjies al aangeskryf, opgevolg, aangejaag geskors, en voor hof gedaag?
‘Ons’ wag in gróót spanning.
Ten opsigte va hierdie opgekookte skoolherrie: Dalk sal die Unisa-‘studenteleier’ se taktiek werk – gaan sit daar (kies geskikte plek) en eis wat MOET gebeur.
Lesufi het inderdaad kamerade wat hou v muggiesif met ‘n baie duidelike doel voor oë.

JOHAN ·

Besef tog dat om met wittes geassossieer te word vir hulle baie belangrik is. Wie wil met staatskapers geassossieer word. As ek ‘n Graad R was en met al die trauma van skool toe gaan en van my bekende omgewing geskei te word is al erg genoeg. Ek sou sekerlik die bekendes opsoek wat ek ken. Maar dit is dalk te moeilik om te begryp onthou dis Afrika en Westerse denke kom nog

Daleen ·

Ouers en department het kinders benadeel en nie onderwyseres of die skool nie. Kinders hoo
rt nie in skool as hul nie die taal kan praat of verstaan nie.

Maryke ·

Dis so belaglik. Eerstens kan hulle nie Afrikaans of Engels praat nie. Maar hulle WIL in ‘n wit afrikaanse skool wees. Tweedens wat as die kinders gekies het om apart te sit? As ek mos by my wit maatjie wil sit is dit tog my keuse? Hulle gaan aan oor freedom of speech. Jy kan sê net wat jy wil maak nie saak in watse mag posisie jy is nie maar die vet weet laat die kind tot nou kies om by sy eie maatjie te sit dan is daar geen vryheid in die land nie. Op skool en selfs in die grootmens wereld is daar clicks. By die werk span sekere mense saam. Op skool was wit kinders deur wit kinders uitgesonder en geboelie. Ons bly almal net mense. Maar laat ‘n wit kind nou ‘n swart kind boelie of die swart kinders apart van die wit kinders sit dan raak die politiek, die president en die departement van onderwys daarby betrokke. Hoekom wil hulle sooooo graag meng en dit op elke vlak. Hulle is mos in die afrikaanse skool en die wit en swart kinders is saam in een klas. Liewe vader moet die swart kind op die wit kind se skoot sit sodat die land tevrede sal wees. Is hulle so skaam vir hulle eie ras dat hulle als in hul vermoe sal doen om te meng.

Paul ·

Hiedie skool is ‘n Afrikaans medium skool, waarom is die kinders in die eerste instansie toegelaat, wat het die ouers betreffende die taal op die toelatingsvorm ingevul?

Dirk Breytenbach ·

Wanner gaan witmense leer, hulle het geen regte meer nie, mag nie vryheid van spraak of assosiasie beoefen nie en sal by elke geleenthied wat opduik verguis en vervloek word. Verder behoort mense mos nou al te geweet het jy stuur NIKS op Whatsapp, Twitter of enige sosiale media rond nie as dit enigsins met ‘n vekleur te doen het nie. Kyk na Penny Sparrow, Donald Trump en andere wat heeltyd in die moeilikheid is deur uitsprake en rondstuur van fotos en geskrifte. Distansieer jou van rasse wat die gevaarlike politiek bedryf, sit af daai Twitter gemors en beperk Facebook teenwoordigheid tot die minimum of gebruik dit glad nie. Sodoende bly jy uit die moeilikheid, spaar tyd en is gevrywaar van rasse spanning en insidente. Wie gee in elk geval om wat mens dink van ‘n saak? Die juffrou is diep in die moeilikheid of sy onskuldig is of nie. Ek glo da Afriforum hier behoort betrokke te raak.

bella ·

Vader U wat alles sien en hoor, neem asb hierdie saak oor en help die onderwyseres en straf die een wat die probleme begin het. In Jesus Naam. Amen

Willem ·

Dis so jammer vd onderwyseres. Ken haar nie maar vermoed sy is nog jonk. En was waarskynlik heel gemotiveerd vir die nuwe skooljaar met nuwe kinders wat voorlê. Neem ñ foto en ryk uit na ouers wat nie nodig was, maar eerlikwaar omdat sy voel sy wil hul gerustel hul is in bekwame hande. Dan gebeur die teenoorgestelde. Sterkte vir haar en haar familie. My vraag is, hoeveel keer moet die blankes maar stilbly en die ander wang draai?

Wurmpie ·

Daar is 4 swart kinders en honderde kom betoog. Daar is 18 of so wit kinders maar nie een wat kom betoog teen die honderde nie. Lyk my ons wit mense wil net weg hardloop en kan nie meer saamstaan nie. Mense word wakker.

Chris ·

Ek reken die is seker een van daai klas whatsapp groepies……onderwysers moet glad nie hulle fone eers gebruik in klas of fotos neem van ons kinders en post op die groepe ….social media veroorsaak baie probleme. As ek die foto kyk……..sien ek wit kinders by n groot tafel en 3 of 4 swart kinders by n tafel by die deur…….as Sy nou rerig wou kon Sy die swart kinders op die hoek van die groot tafel sit?

Chris ·

Ek lees nou elders in die pers dat die kinders blykbaar op grond van Taal geskei is. Die spesifieke Laerskool is ‘n Afrikaans medium skool. Nou waarom is die kinders in die eerste instansie toegelaat as hulle nie Afrikaans magtig is nie??

RHG ·

In die laaste dae voor die Desember vakansie, word klaslyste gefinaliseer. Onderwysers berei voor vir die nuwe skooljaar. Hulle maak bv. naamkaartjies wat op die tafels geplak word sodat die kleintjies hulle plekkie het as hulle klad toe kom die eerste dag. Gewoonlik is dit nog alfabeties ook. Die vier kindertjies moes net eenkant wag!
Juffrou, al my simpatie. So jammer jou skooljaar het so begin.

Stella ·

Enige juf wat haar sout werd is sal leerders bymekaar sit wat dieselfde taal praat, maak dit net makliker vir almal.

Stel ·

Elle ek wil net v jou sê, ‘n juffrou sien nie kleur raak nie. Jy doen, wat jy dink, die beste is vir elke leerder. Al is dit nou om jou groepe volgens taal in te deel. Ons ken glad nie die omstandighede nie.

Staak saam ·

Ek wil net graag weet hoekom het Solidariteit nie ook oor hulle voete geval om die onderwyseres regshulp aan tebied soos met Me Engels nie, is die jufrou dalk te wit, miskien is sy nie n betalende lid nie, maar so ook nie me Engels nie……….laat mens dink ne!

Renschia Lambrechts ·

Ek is self Gr R juffrou en kry elke jaar kinders in wat nie woord Afr verstaan of praat nie. Dis nag om so skool te hou. Die ouers kan hul ook nie help nie, want hul kan glo net Eng praat. Ons onderrigtaal is Afr. Aan die einde van die jaar is daar van hul wat redelik aangepas het, maar sommige weier doodeenvoudig om Afr te leer. Ons mag nie terughou nie en mag ook nie voertaal gebruik om kinders uit te hou nie. Onnies en skole sit eintlik met die vinger in die oor! Ons hande is afgekap!! Sterkte vir die Juf!

Christo Conradie ·

Wat verwag Afrikaners van n vyandige, haatdraende sisteem? Hoe lank wil julle nog naïef wees? Waarom nie lankal n privaat CVO-skool op die been gekry nie? Het dit julle nog nie getref dat hierdie dinge nie in CVO’s gebeur nie? Hoe kan ek vir julle simpatie hê?

Anna ·

Syt eerste aan vier kinders gedink on meer aandag aan hulle te gee sonder rondskuif of gepla te word dit is nie rassisties nie net n omgee juffrou

Wakkerword ·

ONS AANVAAR NIE ‘N VERSKONING NIE? Maar die saak is dan nog nie ondersoek nie so WAT help dit hulle verduidelik OF bied verskoning aan? Dit word dan nie aanvaar nie .. hulle wil die witmense straf, maak nie saak watter oortreding swartes begaan by die skole nie .. HOMESCHOOL julle kinders of vat hulle PRIVAATSKOLE toe, die ANC gaan alle ordentlike skole met goeie waardes en dissipline met rassisme vernietig.

Blommie ·

Halloo, julle kyk nou die punt heeltemal MIS. Die verkiesing is om die draai en ONS lieflike PARTYE gaan weer AL DIE beste omstandighede WYDSBEEN RY…
Dis net vir hulle eie GEWIN in die verkiesings tyd en hulle GAAN alle nonsens MISBRUIK vir hulle eie politieke gewin .

lewies ·

Dries, om wakker te word is eending, maar die skok is verbysterend. Dit laat ons voel soos “Rip van Winkel” . Die senario wat ons nou ervaar kon voorspel word as die Witman en sy politiek in hulle kortsigtigheid sy roeping van die begin af uitgevoer het soos dit moes gebeur het. Dit was vir almal belangriker om jou eie saak te vertroetel as om aan die groter SA te dink.

Hoe ·

Hoe kan kinders wat nie die skool se amptelike tale magtig is nie, in die skool toegelaat word? Dit is probleem nommer 1!

HANNA HOEKOM ·

Kan jy nou dink in water moeilikheid die skool sou wees as hulle NIE die laatinskrywing-kandidate aanvaar het nie? Klink via my na ‘n catch-22 situasie. Die arme Juffrou het maar gedoen wat sy goedgevind het onder die omstandighede. Die hele spul was van die begin af daarop uit om moeilikheid te veroorsaak! Hoekom jou kind in ‘n blanke, Afrikaanse skool inforseer as jy alles van daardie betrokke groep haat? Net moeilikheid gesoek. En dit gekry!

Vladimir Putin ·

Tuis onderrig bly die beste uitweg.
Of immigreer Rusland toe en bly in ‘n witmansland. Hulle verwelkom ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.