Schweizer-onnie: LUR maak ommeswaai

Elana Barkhuizen. Foto: Verskaf

Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes, gaan nie die vakbond Solidariteit se dringende aansoek om die skorsing van Elana Barkhuizen, die onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke, met onmiddellike effek tersyde te stel teenstaan nie.

Solidariteit het vroeër bekend gemaak die aansoek word Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof aangehoor en dat Lehari se opponerende stukke nog nie teen Woensdagoggend beteken was nie. Hy het vroeër aangedui dat hy die hofaansoek gaan teenstaan.

Lehari het egter nou in hofdokumente wat Woensdagmiddag ingedien is te kenne gegee dat hy nie die aansoek gaan opponeer nie. Hy ontken ook verder dat hy enige bedoeling gehad het om Barkhuizen persoonlik enige skade te berokken of dat hy haar as ʼn rassis bestempel het.

Lehari gee ook in die hofstukke toe dat hy nie by magte is om Barkhuizen te skors nie en dat hy slegs bevestig het wat die skool se beheerliggaam aan hom oorgedra het.

Die skoolbeheerliggaam gaan ook nie Solidariteit se aansoek teenstaan nie en het kennis gegee dat die liggaam hom by die uitspraak sal berus. Volgens Lehari sal hy hom ook by die uitspraak berus.

Solidariteit se aansoek sal dus steeds môre in die arbeidshof aangehoor word, maar die hof sal ʼn beslissing maak sonder enige opponerende argumente.

Sello Lehari Noordwes se LUR vir onderwys. Foto: Noordwes-regering

Barkhuizen is geskors nadat ʼn foto van ʼn gr. R-klas by dié skool landwyd opslae gemaak en ʼn rasse-herrie by die skool laat losbars het. Op die gewraakte foto kan gesien word hoe 18 wit leerders almal saam in die middel van die klaskamer by ʼn lang tafel sit, terwyl vier swart leerders apart by ʼn tafel voor die deur van die klaskamer sit.

Daar is reeds ook bevestig dat die foto wat tot Barkhuizen se skorsing aanleiding gegee het nie in haar klas geneem is nie, maar in haar kollega se klaskamer waar Barkhuizen vir ʼn wyle toesig gehou het.

Barkhuizen voer in hofdokumente aan sy is glad nie voor die tyd ingelig van die voorneme om haar te skors nie en dat daar nie redes gegee is oor hoekom sy geskors word nie. Sy beweer sy is ook nie die geleentheid gegee om redes aan te voer hoekom sy nie geskors moet word nie.

Barkhuizen is telefonies deur die hoof van die skool meegedeel dat daar ná konsultasie met die LUR besluit is om haar te skors. Die LUR het kort daarna op die skool se verhoog haar skorsing aan lede van die publiek en die media aangekondig.

Die hofverrigtinge sal môre soos beplan voortgaan omdat die hof steeds oor die wettigheid van die skorsing moet beslis. Barkhuizen sal ook môre se hofverrigtinge bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

156 Kommentare

Thinus Erasmus ·

En so erken hul maar net hul fout, dit maak dit soveel makliker vir lekker siviele eis – wat hul ook buite hof sal wil skik ne’!

ZAR ·

Die skade aan haar naam en die skool se naam is reeds gedoen. Die rubber ruggraat van die beheerliggaam is wel baie ontstellend en ek sou voorstel dat hulle almal van hul pos verwyder word en vervang word met mense wat hul man kan staan.

Frikkie ·

Ja!? En wat van die TRAUMA waardeur al daai kinders en ouers gesit is toe die betogers so te kere gegaan het!!!?? Gaan hulle ook kom jammer sê?

HESTER ·

Wat n NAR. Lehari is nie bevoeg vie die pos nie, soos die meeste van hulle. Gaan en spring op n trei wat hy nie weet waarheen gaan. Nou erken hy was nie by magte om haar te skors nie, so het hy dit nie in die eerste plek geweet nie. Hy kondig dit aan die publiek vanaf die verhoog af aan , nes jou ou tydse hofnarre. En die beheerligaam SWAK
SKOOLHOOF NOG SWAKKER OM HAAR TELEFONIES TE SKORS, WEET NIE EENS WAT DIE PROSUDURES IS NIE.
Hierdie is regtig die spreekwoordelike “Banana republic”

Abe ·

Hester,
Jy klink billik ontstoke teenoor die beheerliggaam van die skool en die hoof en dit lyk my werklik, hoe meer ek na die saak kyk, of die skoolbeheer die saak baie swak hanteer het. Trouens, hulle het n juweel van n onderwyseres lelik in die steek gelaat.

Eendjies ·

Ek hoop regtig nie sy gaan terug na daardie skool toe nie. Geen lojaliteit van hoof of beheerliggaam nie.

Hanskakie ·

Ja, inderdaad ‘n lelike skop in die tanne gekry en ‘n dolk in die rug by haar eie mense. Selfs die LUR regeer nou meer positief, maar haar eintlike werkgewer toon glad nie berou. (Of het opgestaan om die feite te stel)
Skud die stof van jou voete af juf, jy kan nie in dieselfde juk trek as ‘n spul ruggraatlose kruipers en lafaards nie.

A Vermeulen ·

Ek het geweet as Solidariteit die saak gaan hanteer gaan reg geskied. Eintlik is dit jammer dat die patete nie teen hierdie “ysters” van Solidariteit te staan kon kom nie-sou hulle ‘n slag ‘n les geleer het en ook die ander wat altyd die rassis-kaart speel!

HESTER ·

Wat n klomp narre saam in een plek.
Hy het haar skade berokken.

PAPKOP ·

Nou trek Lehari kop uit.
Hoekom. Hy was dan so ń groot meneer in die begin gewees.
Slapgat is nie die woord nie.

JG ·

Lehari probeer maar net sy groot mentor – Lesufi van Gauteng – nadoen. Hy is onbevoeg vir daardie pos…hy moet geskors word.

Paul ·

Soos Pontius Pilatus, om en by 2 000 jaar gelede, was Lehari ook nou sy hande in onskuld. Dit was als die ander mense se skuld en hy self het net die reinste en skoonste bedoelinge gehad.

Manie Gouws ·

Maroela wat het geword van die klagte van rassisme teen Hoërskool Stilfontein? Laaste wat jule berig het was die Departement besig met die hermerk van die gr11 vraestelle. Sal net graag wil weet hoeveel leerlinge is toe benadeel?

@Manie Gouws ·

Een rapport wat so rondgewaai is deur een van die benadeelde ouers op die nuus het gewys DAE AFWESIG : 46.
Ek wonder hoe slaag enige leerling graad 11 as hy 46 skooldae mis??

Ook 'n Ma ·

@Manie Gouws, baie maklik. My seun was ook verlede jaar Gr 11, 32 dae afwesig en het nogsteeds geslaag met amper 70 %. Dit hang af van hoe hard jy as leerder wil werk om deur te kom

Chris ·

Nou moet die masjienerie aan die rol gesit word om al die narre, die beheerliggaam inkluis, ook skoolhoof as hy meegedoen het met die afdanking, voor stok te kry en die blou dinges uit hulle te dagvaar vir die onreg en trauma wat hulle die onderwyseres en kinders, hul ouers, besorg het.

Marius ·

Jy vat die woorde uit my mond uit. Dagvaar hulle juffrou!!!

Amelda Ferreira ·

Se ek mos ook. Die skoolhoof moes haar probeer beskerm, nie vir die wolwe goou nie!!!

Zet ·

Ja die grootbekke moet nou verantwoordelik gehou word vir hulle aksies en uitlatings. Die skool beheerliggaam moet ook almal geskors word hulle volg duidelik nie hulle eie prosedures. En is self rassisties oor hul besluite en keuses. Ek hoop Solidariteit laat geregtigheid geskied in hierdie geval. Mooi so juffrou!

Chris ·

Jip, ek hoop van harte Solidariteit roer die mense, hulle moet ‘n voorbeeld van die narre maak dat almal vir eens en vir altyd twee maal sal dink voor hulle weer die rassekaart uitpluk.

Corné ·

My gevoel is dat hul bang was vir Lehari en stilgebly en saamgestem het en die juffrou “onder die bus in gegooi”. Almal verkeerd gewees !!

lulu ·

hi JUFFROU
Dagvaar soma die skoolhoof ook
Hy is nie skoolhoof se naam werd nie
SLAPGAT
EN VIR JOU JUFFROU WENS EK ALS VAN DIE BESTE VIR JOU TOEKOMS VOORENTOE
Mag hierdie onreg wat teen jou gepleeg is vir jou die beste ooit uitwerk
STERKTE

BlinkStephaans ·

Ag dis nou pragtig né… vol brawade maar as jy moet pa staan kruip jy in jou kantoor weg. Ek hoop julle help die juffrou met die siviele eise asb. Hier is n hele paar slapgatte wat moet betaal.

Gert ·

Sleep die DA se jeugliga, die EFF en die ANC se jeugliga aan hulle nekke nader en daag hulle voor die hof. (Mmusi moet toekyk.)

Co ·

Almal! Almal wat “rassisme” geskree het! Moeilik om te glo dat die hoof en beheerliggaam so opgetree het soos hul gedoen het! waarom sien mens nie foto’s van die narre nie – teer en veer die klomp, dat hulle almal waar hulle ook gaan uitgesonder kan word!!

Cassie ·

Wil weet by DA wat gaan hul doen met die jeugleier wat de twak begin het. Sal nie DA stem voor hul optree nie

wraggies ·

Vat hulle vas, dagvaar die hele lot, insluitende die politici wat daar saamgedrom het.

Liezl ·

Alle sterkte vir jou, ek glo daar is ‘n span en ‘n half agter jou!!! En die grootste van als is dat ons Vader na jou kyk en jou ekstra krag en moed sal gee. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie, sal nie toelaat dat jy jou droom en jou liefde sal prysgee en dit vir leuens nie. Glo hierdie sal ‘n totale ommeswaai wees van mense wat daarop uit is om ander skade te doen. Ons buig ons knieë en weet waar ons Hulp vandaan kom

Ryan ·

Ek hoop regtig sy sal ‘n massiewe dagvaring kan geniet teen so baie asook politici.

Cherokee ·

Pvt, as jy haar verteenwoordig en die skeidsregter vra aan jou of die juffrou miljoene skade gely het hetsy in finansiële opset, in aansien of andersins, hoe sal jy antwoord? Die hof is nie daar om haar ryk te maak nie (al sou ons dit graag wou hê) maar slegs om skade te vergoed. Hou kop asseblief.

IK ·

Cherokee, in Afrika is die norm om gulsig te wees. Eis dus op ‘n gulsige- en varkagtige manier, dis al taal wat verstaan word. Wanneer hierdie juffie. teruggaan skool toe is ek bereid om as lyfwag op te tree. Ek is ernstig oor dit want sy gaan vir die eerste ruk beskerming nodig hê.

@ Cherokee van W.a.j ·

Maar haar naam is dan onregverdig beswadder en deur die modder gesleep…
Die eff’ers is dan die skool gronde toegelaat om onskuldigge kindertjies en onderwysers te intimideer soos hul altyd maak met hul lae i.k optredes!!! Mej Barkhuizen is verneder en onregmatig ontneem van haar regte om te werk.
Mej Barkhuizen se lewe is ook in gevaar gestel en sal verder ook nou n maklikke teiken wees vir die ongeskoolde intimedeerders…
Om watter rede reken jy sy is nie geregtig op skade vergoeding nie?
Weereens het die antiblank politici al te vinning op hul perdtjies gespring om die blanke by te kom….Daar moet verantwoording wees aangesien die patetiese vrot lot alewig politieke munt probeer slaan uit vernedering van die blankes in Suid Afrika…laat hul betaal en leer daar uit as hul ooit kan leer…

Cherokee ·

W.a.j, .. wat ek gesê het is daar vir almal om te lees. So verduidelik waar ek gesê het dat sy nie op vergoeding geregtig is nie. Waar het jy dit gelees?

Ek het net gemaan op realisme. Jy kan nie ‘n item wat jy by PnP gekoop het vir R150, verloor en van die assuransie verwag om jou miljoene uit te betaal nie. Daar sal bepaal word hoeveel jou skade was en jy sal daarvolgens vergoed word. Wees prakties. En lees reg.

Willehond ·

Beheerliggaam? Wat beheer hulle? Net die geld en die aansien? Uiters swak en onvanpas!!!!

@Willehond ·

Hulle hang gewoonlik by die skool uit tot sus of boet hoofdogter of hoofseun geword het en skuif dan aan….kamtige vooraanstaandes in die gemeenskap, maar ook net daar vir eie eer. Oorgenoeg gesien van hulle manipulasie en gatkruipery in skole.

Dries du Toit ·

Cherokee hoe kan jy se sy het nie skade gely wat nie miljoene werd is nie.

Cherokee ·

‘ ”” nie skade gely wat nie miljoene werd is nie.’
Onverstaanbaar..probeer weer.

Gio ·

Hy het GEEN leierskap vermoëns nie…’n leier sal nie só optree nie. Ongelukkig is leierskap nie ‘n vereiste vir die ANC en sy kaders nie.

LUR ·

Die LUR toon meer leierskap nou as die hoof en sy beheerliggaam.

Charl ·

Wat ek wil vra waar dis die hoof vd skool of kruip hy nog in sy kantoor weg.

SR MA ·

Ek kan sien dat jy nie ń idee het waardeur die Skoolhoof, die onderwysers en die kinders gegaan het en nog steeds gaan nie … Schweizer het die beste Skoolhoof en het my en Schweizer gemeenskap se ondersteuning 100 % , netsoos ons Juf Elana ondersteun! Snaaks dat die mense wat kritiseer altyd die is wat nie die feite ken nie. Ons skooltjie en gemeenskap is slagoffers van mense soos jy! Moenie kritiseer as jy nie self daar was nie!

Thinus Erasmus ·

Nee LUR die LUR skrabbel nou terug en wil al die blaam terugplaas op die beheerliggaam en hoof.

Charl ·

As die hoof so great was SR MA hoekom het hy nie vir Elana opgestaan en haar verdedig nie. Hy het nie eers haar kant vd saak gevra nie. Die hoof is so great hy het haar telefonies geskors.

Cherokee ·

Hope van ons mede kommentators Gertruida, loop nog met oogklappe agter die DA aan.

SBR ·

Ag bog beheerraad ma, verwys my na EEN berig wat jou stelling staaf?
(Wie het haar summier geskors? Jou BESTE hoof en SBR? As dit julle beste is…)

Welkom ·

Kyk mooi wat gaan nou gebeur
“SORRY”
Geen haan mag daarna kla nie
Dan moet almal ewe skielik vergeet van alles en more gebeur dit maar weer
So Mors hulle mense se lewens op

Peter Holmes ·

Ek het mos vroeer gesexhy is te dof om Arbeidshof toecte gaan. Baie ingewikkelde proses. Weereens Solidariteit julle is ysters.

Elna ·

Juffrou moenie dit hier los nie dagvaar die rook uit elk een van hulle wat juffrou se naam in die publiek sowel as in die onderwys geskend het. Dagvaar ALMAL die ouers wat dit begin het INKLUIS! Solideriteit staan asb saam hierdie juffrou en maak asb n baie goeie voorbeeld van almal wat altyd die rasse kaart gooi dagvaar die hele lot van hulle. Malema het mos baie geld maak hom bankrot. Vat daardie fondse en stel asb weer bevoeglike onderwysers aan wat ons kinders kan help met skool opleiding ons land het n groot te kort aan onderwysers bring al die ou onderwysers terug in die skole in hulle is die wat nog dissipline en orde handhaaf. Sterkte juffrou Elana ons almal staan bank vas agter juffrou.

Grassie ·

Ek hoop Solidariteit gaan me Barkhuizen nou ook bystaan om almal wat haar verguis het te dagvaar tot hulle net die klere aan hul basse oorhet.

Gert ·

Watwou, al wat hulle sal oorhou is ‘n deurtrekker. Daar was mos nie dames wat aangespreek moet word by nie. En dan sal Solidariteit hulle nog genadig wees.

Reinette ·

Die skoolhoof, die onderwyssisteem en ook die beheerraad het haar almal ewe gruwelik in die steek gelaat. Ek hoop Schweizer se ouers doen die regte ding en reel of doen iets regtig spesiaal vir haar om op te maak vir hierdie nagmerrie. En ek praat nie nou van jammer se met n bos blomme nie… Sy verdien n amptelike verskoning en n pamperlangsessie iewers.

Blikke ·

“Don’t spare the horses” – Roer hulle Juffie!!! Geen genade vir hulle nie, hulle het jou geen genade betoon nie.

Elna ·

Blikkie ek stem 100% saam met jou. Roer hulle almal juffrou. Voeter hulle op met geregtigheid. Solideriteit en al ons ondersteuners staan saam met Juffrou Elana.

nannie ·

@Blikkie ek stem saam jou. Sy moet almal dagvaar skoolhoof, lur, beheerliggaam, eff, da, anc, almal van hulle. Sterkte juffrou. Glo jy is die BESTE en dat jy aan hulle almal gaan bewys jy doen dit op die regte manier. Maar ek sal nie weer terug gaan na daardie skool toe nie.

De Villiers ·

Die realiteit is dat me. Barkhuizen nooit weer tuis sal voel in haar skool nie aangesien dié wat haar moes beskerm het, by name die hoof en die beheerliggaam, net soos die LUR, sonder feite opgetree en haar in die steek gelaat het. Sy verdien ‘n skool waar die skoolhoof en beheerliggaam bevoeg is en omgee vir die kinders en onderwysers daar.

Leslie ·

Presies. En daarom moet sy hulle dagvaar en dan die Lur persoonlik ok dagvaar.

Thys ·

Nou is nie die tyd om ordentlik te wees nie. Dis nou die tyd om n **** te wees en soveel moontlik geld uit hulle te kry. Noudat ek so praat, is daar ooit deesdae n tyd om nog “nice” te wees? Ek dink nie so nie.

Morkel ·

Van Lehari kan ek dit verwag. Glad nie verbaas oor sy gedrag nie, maar die hoof en beheerheid. Hulle gedrag teenoor die onderwyseres is vir my skokkend.

Dienkie ·

Ja Charl, ek sal ook graag wil weet waar die skoolhoof is? Hy skitter in sy afwesigheid. Ek sou die hele spul gedagvaar het. Hy het een van sy onderwyseresse aan onnodige emosionele trauma en vernedering blootgestel en wat kom daar van sy kant af …………. net ‘n doodse stilte, nie eens ‘n piep nie.

Alida ·

Hulle was bang vir n kostebevel wat hulle in elk geval gaan kry. Kry vir julle klomp narre. Ek hoop sy kry goeie regsadvies en dagvaar almal en voeg die hele spul as Respondente. Hoof inkluis. Slapgat.

pieta ·

…Maar nog kruip ons agter die DA aan…en dan kla ons maar weer. Hopeloos.

Piet ·

Ek hoop Solidsriteit help haar om siviele eise in te stel teen wie sy ook moontlik kan. Sy is deur baie groot trauma

Hennie ·

Dit is nou wat ek sal noem “vat van wie dit kom en verag dit net die minagting wie dit toekom”. Die LUR die Skoolhoof die Voorsitter van die beheerliggaam is so agteraf jy kan nie eers met hulle ploeg nié. juffrou vat hulle waar dit die seerste maak

Willie Steyn ·

Miskien moet die skoolhoof en die beheerliggaaam se name en fotos gesirkuleer word . Name and Shame. `n Skoolhoof en sy trawante is net so skuldig soos die LUR en sy politieke ondersteuners DA etc. Ek skaam my vir so `n slapgat.

Hartseer gemeenskapslid ·

Willie Steyn … was jy daar? Ek glo nie …. jy doen presies dieselfde as die LUR en Politieke Partye. Skoolhoof is nou sommer skuldig volgens jou … jou komentaar verskil nie veel van die LUR se optrede nie?

nannie ·

@hartseer gemeenskapslid. Waar was die skoolhoof en voorsitter vir juffrou gewees? Weggekruip nooit 1 x het hulle vir haar opgekom nie. Stil soos muise.

ne ·

Hoop LUR kry sy loon! CR stem seker saam met hom want sy toepsrake is net rassisme voor en agter. Shame arme politieke partye het hulle naam lekker “bollie”gemaak.

Hennie ·

Kyk die fotos was blykbaar nie almal gedeel. So die waarheid was verbloem. Hoop sy dagvaar nou die armsalige ma wat die wolhaar storie begin het.

Felix ·

As mens fotos stuur vir die ander om van te kies, soek jy moeilikheid, jy stuur net wat jy wil hê hulle moet sien.

Anoniem ·

Hennie – daardie Ma is in elk geval nie ‘n Ma werd nie – Jammer !

Baie Bly ·

Almal se iets behalwe die DA, hulle is erger teen blankes as wat die ANC is.

Marinda ·

There’s always two sides to a story. People must learn, not to judge others to quickly.

Felix ·

Sy kan vir Solidariteit en die gode dankie sê dat hierdie sage tot ‘n spoedige einde kom, ook al wag daar nog vir die narre dalk aksie van Solidariteit, dit kon net sowel maande gevat het en intussen het die EFF elke nou en dan by die skool se hek opgedaag.

Herman Goosen ·

Lafhartige hyenas skarrel toe die leeu brul om die weerlose tebeskerm

Paul ·

En ek dog hulle het geskarrel om die trop olifante te beskerm.

Gert ·

10/10 en ek hou van jou skryfstyl, het dit noudiedag eerste keer gesien en toe was jy nogal moerig.

Tinkie nagel ·

Juffrou kry vir jou ander werk, ek glo jy sal in groot aanvraag wees, as n beheerligaam en skoolhoof jou nie kan bystaan nie, is dit nie die moeite werd om jou tyd in so skool te mors nie. Ek hoop die ouers tree sommer nou op teen hulle. Niemand soek “slapgatte” as rolmodelle vir hulle kinders nie.

Koos de Meyer. ·

Die hele klomp daar is ruggraatloos en so word ons verkoop omdat hulle te bang is om op te staan teen sulke snert. Hoekom word die fotos nie gewys waar die kinders saam met blanke kinders sit en ook saam speel. Die arme rassisme perd is al so hol rug gery, die DBV sal hulle aankla.

Piet ·

Ek sien vandag dat Kodwa op die soortgelyke vooroordeel weer Apartheid kots nadat die ANC in die Bosasa ding slae kry.

Paul ·

En Cyril loop op eiers in Davos. Aan die een kant spog hy met hoeveel beloftes hulle gekry het, maar aan die anderkant moes hy daar toegee dat korrupsie in die land is baie erger as wat hulle gedink het. (Dit is nou met die Zondo kommissie waar als oopgevlek word.)

Paul ·

En Cyril loop op eiers in Davos. Aan die een kant spog hy met hoeveel beloftes hulle gekry het, maar aan die anderkant moes hy daar toegee dat korrupsie in die land is baie erger as wat hulle gedink het. (Die nou met die Zondo kommissie waar als oopgevlek word.)

deirdre zeelie ·

hy moet ook geskors word, beter nog, onthef hom van sy plugte, hy ken nie sy werk nie

1+1 ·

Vrees vir die departement van onderwys het nugtere denke en ‘n gebrek aan kennis oor regsaspekte vernietig, het hierdie hele saak laat sneuwel en ‘n onderwyseres in ‘n emosionele warboel laat beland. Moenie julle laat intimideer nie.!!!! Kry wat julle toekom uit hierdie saak!!!

Chrizelle ·

Sterkte met more se hofverrigtinge Elana! Mag geregtigheid geskied.

Hercules Fouche ·

Hulle is almal n klomp cowards, mooi so Solidarity

Jeremia ·

Boelies is gewoonlik eintlik lafhartige mense. Skuil altyd agter iets of iemand anders.
Probeer gewoonlik onberekenbare skade aan ander mense aanrig.
Maar: kom iemand te na deur die persoon se ondergang te probeer bewerk dan is dit uiteindelik ‘n klad op die gatgrawer se eie siel/lewe.
Grawe ‘n gat vir iemand anders….
Hierdie gatgrawers moet hierdie vrou op skrif in al die koerante wat hieroor berig het – om verskoning vra. En in hul persoonlike hoedanigheid kompensasie betaal.
(Versoek aan kommentaarleweraars in Engels – vermy die tipiese spelfoute wat Afrikaanse mense gewoonlik maak).

@Jeremia ·

Versoek aan ‘taalkenner’ – leer asb die korrekte leestekengebruik van die dubbelpunt en die aandagstreep.

Alida ·

Wie is die ergste Lehari of Lesufi! Sy moet teruggaan skooltoe en haar werk doen. Mens weet nie wat haar huislike omstadighede is nie. Hulle almal moet in die media en op TV verskoning vra op n gepaste wyse. Dagvaardings gaan nie help nie.

Chris ·

Hulle is ‘n tweeling van dieselfde spesie, Lesufi … Lehari. So maklik soos dit.

Samaja ·

Ek wonder hoekom almal so op hol is.Sal julle almal wat hier kommentaar gelewer het more in die hof vir die juffrou gaan getuig want julle het mos die oplossings en feite. Ook het julle al sulke siviele eise gedoen…blykbaar? Al wat ek sou se moet deurloop is die een wat die foto geneem en die media wat dit versprei het, want hulle is die rassiste! Laat die verantwoordelikes dan ook tronk soos vorige oortreders.

Afrikaan ·

Ek vertrou jy het nou jou gal gebraak en sal ons verder vereer met jou dawerende stilte

Ver Kollega ·

O! Waai die wind nou só? Nou verander die deuntjie drasties nadat haar naam deur die modder gesleep is en kinders se eerste skooldag vir altyd verwoes is. Terwyl ‘n persoon in u posisie kalm en wys behoort te wees, het u onder daardie omstandighede uiters dwaas gehandel. ‘n Kosbare onderwyseres is veragtelik behandel. Al sing u nou ‘n ander deuntjie, sal u maar moet regmaak wat u so onherstelbaar in die openbaar verbrou het. Waar is u integriteit, meneer?

Anoniem ·

Aag ou rooi gesiggie Jy kan maar nog ‘n RUK lank in die hoekie bly staan ! ROER hulle Solidariteit ! God is in BEHEER ????

Anoniem ·

Waar’ s Jou vingertjie nou wat Jy op Jou Perskonferensie so rondgeswaai het ! Mnr. Die LUR ???? Solidariteit en die Arbeidshof gaan vir Jou bewys dat mens eers Jou huiswerk klaar moet maak voordat Jy ‘n besluit neem. Is dit nie ‘n storie met ‘n lessie nie MNR LUR ?

Adriana ·

Nail hulle Juffrou nail hulle want so kan jy stop dat dit met ander onskuldige mense gebeur.
Hulle moet besef dit werk nie so nie.Sleep hulle hof toe.
Ek is so trots om n lid van Solidariteit te wees!

Anoniem ·

Adriana, ek STEM saam met JOU ! Dit werk nie heeltemal soos h u l l e dit wou doen nie !

Anoniem ·

Go Juffrou, go, moet nou niks terughou nie, doen wat Jy hulle belowe het, DAT JY NIE SAL OPGEE nie ???

PJC ·

Ek sou baie bekommerd wees as my kind in ń skool was waar hierdie skoolhoof en beheerligaam die septer swaai. Met sulke mense aan die stuur is enigiets moontlik. Oor die LUR sal ek liefs geen kommentaar lewer nie.

SR MA ·

Die mense wat ons Skoolhoof so veroordeel sonder om die feite te ken is niks beter as die LUR nie!

Mellivora ·

SR MA, hoekom deel jy dan nie “die feite” met ons nie?
Dan kan ons mos billike kommentaar lewer oor die hoof se optrede!
Op die oog af wil dit voorkom asof hy geswik het onder druk van die LUR.
Weet net ek is bly ek was nie in sy skoene nie.

Pieter ·

Dagvaar die hele spul vir sommer baie geld. Jou professionele reputasie is geskend vir die res van jou loopbaan. Maak seker jy sorg finansieel vir jouself

Philip ·

Die fool is nou bang en sit die skuld op beheerliggaam. Sy moet almal dagvaar vir klomp geld en by ander skool gaan skool hou. Hulle is almal lafaards. Gee hulle gas saam met Afriforum.

aj ·

1. Solidariteit en Elana moet Lehari intern by die Noord Wes Onderwysdepartement aankla van WANGEDRAG, TEISTERING, en RASSISME. Hulle moet ‘n departementele dissiplinêre verhoor eis en aandring op sy afdanking. Solidariteit is ‘n vakbond met die beste beskikbare kundigheid om Lehari binne die arbeidswetgewing vas te vat en te VERNIETIG!
2. Die ouers van die skool behoort ‘n spesiale vergadering te belê waarin hulle ‘n mosie van wantroue indien teen die Skoolbeheerraad en hulle sodoende vervang met meer bekwame ouers.
3. Die DA Jeugleier, die EFF en al die ander ‘aasvoëls moet gedagvaar word vir naamskending, intimidasie, teistering en selfs vir BETREDING van die skoolterrein. Hulle moet ook intern by hulle werkgewers aangekla word van wangedrag ensovoorts.
4. Klagte moet ingedien word by die Persbeheerraad / Persombudsman teen onetiese beriggewing en leuens wat opgedis is deur die media.
5. Kla al bg ‘medepligtiges’ aan by die MENSEREGTE KOMMISSIE. Hulle het die onderwyseres, die kinders en die ouers se menswaardigheid aangetas.
6. Kla die polisie aan van medepligtigheid in die bg vergrype maar ook vir PLIGSVERSUIM.
7. Die kwaadwillige ma wat al die probleme veroorsaak het moet in die openbaar uitgewys word. ‘Name en shame’ haar. Die gemeenskap sal haar so sleg behandel dat sy hopelik vanself sal wegtrek na ‘n ander dorp.

Sanet ·

aj stem saam met jou. sal wil sien dat net soos hierdie geval vir twee weke hoofnuus by elke nuusberig onder almal se aandag gebring is, so behoort die LUR se modelingse verskoning by elke nuusberig onder luisteraars se aandag gebring te word. Die Persbeheer liggaam het niks ontsien met die beriggewing net so moet hierdie uitspraak ook nou hanteer word. Die DA, EFF , BLF asook die ANC moet nie net toegelaat word om net weg te loop van wat hulle veroorsaak het met hulle optrede nie.

Cherokee ·

Ek hou ook van jou kommentaar, aj.
By no 7 moes jy sê emigreer want Internet maak die wêreld klein. Sedert ons Internet het is Durban en Kaapstad net so ver uitmekaar as Durban en New York.

Pierre ·

Ek hoor wat almal se oor die Hoof en beheerliggaam. Ek dink egter ons moet ook hulle kant sien van die saak, die optrede van die LUR en dan ook diegene wat die skool betree het was weereens ‘n vuurhoutjie in ‘n kruitvat wat kon ontplof, daar was beslis druk geplaas om die Hoof in somate te intimideer dat hy dalk nie ‘n keuse gehad het nie, ek dink egter dat hy dit dalk net meer menslik moes hanteer het. Indien jy weet dat hier ‘n klomp kindertjies sit wie se lewens bedreig word neem jy dalk irrasionele besluite, soms tot nadeel van ander. Dit was maar net weer ‘n magsvertoon deur politici wat stemme jaag ongeag die impak wat dit op daardie kinders kon he. Ek glo en vertrou dat hierdie saak wel verder gevoer kan word, ons kan nie meer as blankes (minderheid) aanvaar dat ons die slegte is nie, nou moet ons ook op ander wat rasgebaseerde opmerkings maak aan die pen laat ry, hierdie is nie meer net oor die blanke nie, dis tyd dat ons almal wat geraak word deur hierdie aanvalle en uiters laakbare optrede hande vat en hierdie stryd sal veg, ek lig my hoed vir die een swart ouer wat bereid was om op te staan vir hierdie onderwyseres. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word.

Hans ·

Hulle voel niks vir jou of jou persoon nie, jy is voor die hele wéreld verguis eet hulle soos ‘n mielie en tree af by die see.

Marius ·

Ek hoop daar sal ‘n nuwe werkgewer op die horison verskyn wat Juf Elana se dienste na behore sal waardeer, of beter nog… raak sommer ontslae van so ‘n ruggraatlose skoolhoof en sy beheerligaambende.

Schalk ·

Waar is die singende EFF TRAWANTE dans nou slag vir regte redes.

Faan ·

Volgens wat ek verstaan moet “onbekwame” en”rassiste” soos Elana DADELIK geskors word. Nou dat dit bewys is sy is presies die teenoorgestelde, HOEKOM is die werklike onbekwame rassiste nog nie DADELIK hulle poste kwyt nie.

Anoniem ·

SR Ma vertel jy dan aan ons wat die WARE FEITE is. Ons sal dit baie graag wil weet.

WILLIE LANDMAN ·

PASOP SOLIDARITEIT DAT DIE DA JULLE NIE GAAN TEENSTAAN NIE

SAL MAAR NET LAG ·

Voor jy iets bevestig en ander mense se lewens wil vernietig maak eers seker van julle feite volgende keer. Dit sluit in LUR en die skool se beheerliggaam. Dis eintlik pateties dat die beheerliggaam nie omgekom het vir Barkhuizen nie. Hul is veronderstel om haar te ken as persoon en nie sulke belaglike aantuigings te geglo het nie. Die beste vir die skool is, kies ‘n nuwe beheerliggaam. Dis duidelik dat hul net in hulle ‘rang’ belangstel as die onderwysers se lewens. Nou wil die skoolbeheerliggaam en LUR hul berus wat ookal die hofuitspraak is. Dis baie gemaklik.

adriana ·

Wys die fotos van die wat haar so gestenig het.
Sal graag wil sien hoe die klipgooiers lyk. Waarom word hulle nie gewys nie? Die Juffrou word die heeltyd gewys al is sy onskuldig.
Ek wag in spanning vir die foto’s!!!

E.K. die eerste ·

Ek stem met ‘n vorige kommnetaarhier – die MA wat so vinnig gekla het sonder om haar van die feite vergewis en al hierdie dinge veroorsaak het MOET Me Barkhuizen in die openbaar om verskoning vra en ons wil almal HAAR foto sien. Ons wil weet wie sy is. Is daar nie mense in SR wat kan help hier nie, toe komaan, dat sy aan eie bas voel wat sy gedoen het.

JohanL ·

Ek sou graag wil sien dat die LUR die juffrou om verskoning vra op nasionale televisie – maw in dieselfde omgewing as wat hy haar aanvanklik beswadder het. Maar dan weet ons ook hy hardloop nou soos ‘n hiena weg – gulsig om in ‘n trop te vreet, maar as die groot leeu kom, hardloop hulle stert tussen die bene weg om nooit weer van te hoor nie.

Rina ·

As jul enige idee het hoeveel politiek en intimidasie in die onderwys betrokke is, hoe stoomroller Lehari is, sou jul dalk eers jul feite agtermekaar gekry het voor julle ook die skoolhoof en Beheerliggaam se naam deur die modder sleep soos jul ook met Barkhuizen gedoen het. LSR het n uitmuntende skoolhoof en Beheerliggaam, julle weet egter nie wat hul moes deurmaak en doen om vure dood te slaan nie… Maar ons mensdom is mos vinnig om opinies en oordeel uit te spreek… Skaam julle almal…

Johann Strydom ·

Nou vertel pns dan wat hulle gedoen behalwe haar nie ondersteun ni

Rina Kotze ·

En so draai die wiel!

Solidariteit en Elana, moet asb nie die saak hier laat nie? Mnr LUR weet hy het sy naam met ‘n sleeper geslaan en nou wil hy ontken wat hy gedoen het, terwyl hy daai dag kaaitjie van die baan was en geglo het, het is die redder van die oomblik!

Maak vir eens en altyd ‘n voorbeeld van sulke mense! Elana se hele lewe is onnodig ontwrig, wat van die juffrou in wie se klas sy was? Hoekom is sy nie geskors nie???

Elana, ek is seker daar is ander skole wat jou ‘n pos sal aanbied. Tot dan, wees rustig.
Daar is baie mense wat agter jou staan! Vasbyt Suster!
En dankie Solidariteit dat julle haar so mooi ondersteun.

PJN ·

Ek hoop sy stel ‘n reuse eis in teen die LUR vir naamskending en trauma waardeur sy moes gaan.

Oranje Struisvogel ·

Die skade is al gedoen. Ons volk, taal is weer (ontereg) besmet. Vryspraak maak geen verskil in die eindoordeel van die geïndoktrineerde massas.

VanAfrika ·

Sello Lehari, jy sê dat jy net die ondersteuning gegee aan wat die beheerliggaam gedoen het. Jy is by magte gekwalifiseer om die labour wette te ken en moes vir die beheerliggaam gesê het wat hulle doen was verkeerd… In n dissiplenêre of skorsing saak word eers ondersoek ingestel voor jy mense net summier skors of afdank. Jy het jouself teen rassisme vas gestaar want jy wou shares by jou mense bou instede van om almal te wys dis beter om die regte ding te doen. Nou is dit eier in jou gesig want jou foto is hier en nie die skuldiges wat op die beheerliggaam dien nie

Anoniem ·

Nee Rina, skaam die ouer wie verantwoordelik is vir hierdie hele gemors. Hoekom sien ons nie ‘n foto van hierdie ouer nie.?

LOUISA ·

SY HET SO PAS HAAR SAAK GEWEN….JIPPPPPYYYY STAAT HET GESE SY MOET MORE TERUGKEER NA HAAR POS……DANKIE SOLIDARITEIT!!!!!!

aj ·

Hierdie is ‘n tipiese geval van waar ‘n politikus (ANC kader) ‘ontplooi’ word in ‘n belangrike onderwys bestuursposisie (met ‘n politieke agenda!) terwyl hy onbevoeg is om basiese bestuursbeginsels toe te pas.

Die storie van SA!

Mense verbeel hulle hulle is BEKWAAM … omdat hulle posisies kry (vêr bó hul bevoegdheid) op grond van hul velkleur.

Om deel van ‘n meerderheid te wees is nie ‘n PRESTASIE nie! Dis eintlik ‘n SKANDE … in ‘n oorbevolkte land en planeet!

Wees maar liewer nederig!

AH ·

‘n Geval waar “jammer ek het nie geweet nie/bedoel nie” net nie vir my werk nie. Ek hoop nie die Juffrou val daarvoor en vergewe en gaan net aan nie. Sy moet hulle mooi laat les opsê! Jammer is ‘n leë woord wat nie kan herstel wat alreeds beskadig is nie!! Looi hulle!!

Rina ·

Dit verbaas my elke dag al hoe meer, hoe mense oningeligde kommentaar lewer. Ondersoek tog net die feite en maak seker jy het die hele prentjie voordat jy n mening uitspreek.

Wonder net ·

Nou hoekom het Barkhuizen se kollega nie na vore gekom en erken dat dit eintlik haar klaskamer was en nie Barkhuizen s’n nie? Ek is baie bly dat Barkhuizen terug is by die skool. Net jammer dat n onskuldige juffrou onnodig geskors was terwyl die kollega nie eers na vore kon kom nie.

A Mac ·

My knypie sout gaan nou geen geur by die gereg voeg nie. Almal het nou gesê hoe hulle voel. Ek weet net so lieg en verontskuldig elkeen maar sy eie bas. In die proses dink ek ‘n party of twee het hulself in die voet geskiet wat stemme betref.

My mening ·

Ek verstaan nog steeds nie hoekom sy geskors is as die kinders nie in haar klas was nie. Hoekom is die onderwyseres in wie se klas die kinders was, nie geskors nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.