Schweizer-onnie ‘moes oor foon hoor’ van skorsing

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. 1’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

Elana Barkhuizen, die onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke wat vandeesweek te midde van ʼn rasse-herrie by dié skool in Noordwes geskors is, moes glo oor die telefoon hoor dat sy geskors is.

Volgens Solidariteit, die vakbond wat Barkhuizen sal verteenwoordig om haar skorsing te betwis, is die korrekte prosesse hoegenaamd nie gevolg toe Barkhuizen geskors is nie. “Die juffrou wat bekend is vir haar sagte hart en wat toebroodjies vir honger kinders, swart en wit, van die huis af bring, is totaal onregmatig deur ʼn LUR van ʼn verhoog af geskors,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Hermann wys daarop dat Barkhuizen ʼn beheerraadaanstelling is, maar dat die LUR buite sy magte opgetree en op haar skorsing aangedring het. “Niemand het omgegee oor wetlike prosesse nie. Die monster van politieke korrektheid het dié juffrou getref. Hierdie monster gee nie om oor feite en vra nie vrae nie. Niemand het die reg op repliek nie. Die massa van die boendoehof het bloed geruik en wraak geëis,” sê hy.

Maroela Media het vroeër berig ʼn rasse-herrie het ontstaan toe ʼn foto Woensdag aan die lig gekom het van ʼn Graad R-klas by Laerskool Schweizer-Reneke wat op die eerste skooldag van die jaar geneem is. Op die foto kan gesien word hoe wit leerders almal saam by ʼn groot tafel in die middel van die klas sit, terwyl vier swart leerders by ʼn aparte tafel naby die deur van die klaskamer sit.

Talle mense, politici, organisasies en politieke partye het woedend gereageer en aanvaar dat die kinders op grond van hul velkleur geskei is.

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: ANA

“Die geskorste juffrou was nie eers die juffrou van die klas nie, maar bloot die juffrou wat die foto geneem het,” sê Hermann. “Dit het die massas nie gepla nie, hulle het ʼn skuldenaar gesoek. Sonder proses of seremonie is sy aangekla, skuldig bevind en met vernedering gestraf.”

Volgens Hermann is Barkhuizen nooit kans gegee om haar kant van die saak te stel of redes aan te voer hoekom sy nie geskors moet word nie. “Sy moet skielik teen enige wetsreël haar onskuld bewys. Die ergste van alles is dat ons hier te doen het met ʼn onskuldige juffrou met net goedheid in haar hart, teen ʼn boendoehof met ʼn politieke ideologie wat kindertjies en ʼn onskuldige juffrou gebruik om hulle narratief te bevorder,” sê hy.

Hermann sê die ware feite oor die gebeure sal tydens die formele prosesse bekendgemaak word “tot groot verleentheid van talle rolspelers”.

“Die formele proses sal wys dat ons hier te doen gehad het met juffrouens wat net omgegee het. Hulle was gekonfronteer met kindertjies wat nie Engels of Afrikaans kon verstaan nie, maar net Tswana,” sê hy.

“Hulle is opvoedkundiges en weet die belangrikste op ʼn eerste dag is om kindertjies veilig te laat voel. Sy het so ver gegaan om haar eie huishulp te bring om te help vertaal en die kindertjies het mekaar ook gehelp. Sy het nie die gemeenskap se rasbril op gehad toe sy die foto geneem het nie, want sy kyk nie deur dié bril na haar kindertjies nie. Daarvoor word sy nou verguis in die openbaar.”

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Hermann sê Solidariteit het die beste moontlike regspan aangestel om Barkhuizen arbeidsregtelik te verteenwoordig. “Ons gaan geen steen onaangeroer laat om op te tree teen elke hoëprofiel‑amptenaar wat aan die boendoe-aktiwiteite deelgeneem het nie. Suid-Afrika is ʼn regstaat met reëls en daar word veral van hoëprofiel‑staatsamptenare en politieke partye vereis om dit te gehoorsaam. Solidariteit aanvaar geensins die boendoehof se uitspraak nie en gaan veg tot geregtigheid seëvier.”

Hy sê die vakbond sal môre met omvattende regsprosesse begin om Barkhuizen se skorsing om te keer. “As ons nou toelaat dat mense wegkom met hierdie soort boendoegeregtigheid gaan dit die reël raak en nie die uitsondering nie. Die geveg vir geregtigheid het dus nou eers begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Piet Lourens ·

Ek hoop dat die proses vinnig gaan gebeur. Begin solank n eis vir skade vergoeding voor te berei.

johan van der mescht ·

sit n groot eis in teen hulle.al hoe hulle hoor

Ander Annie ·

Roer hulle Solidariteit. Ons is moeg vir hierdie oordrewe uitbuiting van rassisme.

Primpyn ·

As daar soveel moeilikheid is vir swart kinders in wit skole, of dan as swart kinders (siestog) soveel pyn en vernedering, verontregting en teistering deurgaan in wit skole, wdm soek hulle jaar na jaar daar?

Cherokee ·

Almal wil net hulself lees. Mis die belangrikheid van wat mede-deelnemers skryf.
Lees wat Primpyn sè en probeer antwoord daarop as jy een van die bollie-bydraers is. Primpyn, ek moes aandag vestig op wat jy sê want dit kan so maklik misgelees word.

Jòu kommentaar is bloot een van daardie(s) wat nie ‘n opvolg regverdig sonder ‘n antwoord daarop nie.

ANC ·

Almal kan skoolgaan waar hul wil. Swart wit, bruin, pink of pers!

Gaitsigubib ·

ANC ek wil ook beaam wat Cherokee bo se. Jy is reg as jy dit se maar dan moet hulle dalk ophou kerm oor alles. Hierdie swart kinders blyk “geplant” te wees deur die ANC, EFF of ouers wat ‘n verskuilde agenda het. As dit nie so is nie wat wil hulle dan bereik met die herrie wat hulle self veroorsaak (tot die nadeel van al die kinders)? Die persoon wat vervolg behoort te word is die LUR wat dink hy is bo die wet verhewe, beslis nie die juffrou, die hoof of enige personeel nie. Stem jy saam?

Gert ·

En wat daai spul op die skoolgronde, in die saal en op die verhoog. Was die polisie daar maar soos gewoonlik gevaal in hul opdrag. Ry hulle soos die EFF.

Hennie ·

Hoop die DA Jeugliga word ook in die hof aangekla omdat hulle die hele storie begin het

Rabes ·

Hennie ek lees wat jy sê, m.a.w. Die verkiesing is om die draai en ons stemme word weerhou van die DA

MyOpinie ·

As hulle klaar is, kan hulle haar dalk help om daardie ma wat die foto onregmatige versprei het te dagvaar vir naamskending. Asook die onwettige versprei van foto’s van minderjariges op sosiale media, sonder die toestemming van die ander ouers.

tamboti ·

Dis reg MyOpinie. Elke persoon wat bygedra het tot die herrie, in besonder die klaagster ( kla kous) moet finansieel en moreel verantwoordelik gehou word. M.a.w. anonieme klakous se naam en gesig moet op al die mediafronte pryk as molesmaker en opstoker. As enige persoon of kind geviktimiseer word, is sy in haar persoon 100% aandadig daarvoor. LUR moet bedank!

Andrea van Vuren ·

Ek voorspel hier kom ‘n traumatiese waterskeiding in ons land. Ons kinders sal die gevolge as slagoffers moet dra. Hulle ken nie eens die begrip ‘politiek’ en ‘ras’ nie.

Snowball ·

‘n Mens kan nie help om te dink dat daardie gillende, singende protesterende moeilikheidmakers waarskynlik nooit self die steun en toewyding van liefdevolle, toegewyde onderwysers beleef het nie, dié dat hulle so aweregs en onopgevoed die wêreld om hulle vergiftig en glad nie verstaan watter leemte die verlies van ‘n goeie onderwyser in ‘n skool en ‘n gemeenskap laat nie. So lyk “liberation before education”.

Johannes van Rooyen ·

Hoop sy gaan darm ñ paar rand maak uit die storie as sy onskuldig bevind word en as alles verby is bedank sy dadelik

Wurmpie ·

Ek stem honderd persent saam. Stel ń vet eis teen die LUR in. So ook teen al daai betogers. Dit is al hoe hul gaan leer hul kan nie maak soos hul wil

Dries du Toit ·

sy sal dalk n eis teen departement wen,maar GELD sal sy nooit sien nie. HIERDIE klomp in beheer glo nie aan uitbetaling nie. MINDER vir hulle eie sakke

Anoniem ·

Sou graag wou kommentaar lewer maar sal maar eerder stilbly anders is ek ook n rassis

Chris ·

Die LUR wou punte aanteken, dis al, hy het die betogers, die ANC jeugliga, die EFF en sy base gehad wat oor sy skouer geloer het, so hy het net daarin belang gestel om hulle ter wille te wees, ongeag.

Jacques du Toit ·

Die beheerliggaam lyk my is ook in vir ‘n verleentheid.
Ek hoop na dese dat mense sal besef privaatskole is die enigste werkbare oplossing.
Hierdie tipe ding sal net weer en weer en weer gebeur.

Adriaan van den Berg ·

New Zealand soek dringend onderwysers en daar kry jy duisend maal beter behandeling.

Co ·

Nederland ook, sien op die BVN nuus program laasweek dat 15,000 onderwys poste nie gevul kan word nie want daar is ‘n tekort aan onderwyseres. Nou gaan hulle finale jaar studente gebruik om te help om die leemte te vul.

Hector van Oevelen ·

Ook in Vlaandere kort ons derduisende kundiges in die onderwyswêreld. Baie welkom by ons, wat in Suid-Afrika diskrimineer word!

Sann ·

Daar is dinge wat nooit, ooit ongedaan gemaak kan word. Nie geld, of selfs eens ware geregtigheid kan hierdie ervaring uitvee uit die harte van almal wat onskuldig daardeur geraak is nie. Maar nogtans baie groot dank en waardering aan Solidariteit wat bereid is om te veg vir die beginsel. Dít is ons almal, sê verantwoordelikheid. Ons mag nooit ons waardes en beginsels afstaan aan die boosheid nie.

Koos de Meyer. ·

Dom is niks maar onosel wat ‘n klomp patete. Wat doen die sogenaamde beheerliggaam, absoluut niks. Ek hoop Solidariteit en die Saou gee hulle gas. Dáárdie LUR moet ook maar met ‘n rooi gesig af gestig word. Onbevoegdheid aan die orde van die dag.

Ronel ·

My bekommernis is net, al wen solidariteit die saak en sy kry haar pos terug, gaan die betogers nog steeds nie tevrede wees nie… As hulle nie hul sin kry nie, breek hul af en verwoes hulle wat voorkom. Maar ek stem, solidariteit gaan die saak wen, dan moet sy bedank en en hoop dat sy spoedig weer ‘n pos by ‘n ander skool sal kry. Tyd dat die skool ook ander beheerliggaam moet kry, wat bereid is om onder druk die regte besluite te kan neem. Sterkte juf Barkhuizen!

leser ·

hoera en dankie vir solidariteit, ek sal my stem vir hulle gee

Johanvz ·

Ek hou daarvan om ook die kommentare op die nuusberig te lees, maar ek vind dat die kommentators ook ‘n soort van boendoeshof te hê deur hulle verkeerde aannames en gevolgtrekkings. Een goeie beginsel is dat jy nie besluite neem oor ‘n saak as jy nie al die feite het nie. Die berig hier sê dat Hermann sê dat die geskorsde juffrou die een is wat die foto geneem het en dat sy nie die klasjuffrou is nie. As dit so is dan het sommige kommentare die pot misgesit en was dit totaal onnodig om te sê wat hulle gesê het. Dit dra nie by tot goeie verhoudings nie en beduiwel net sake.

P G Slabbert ·

Dit is hoogtyd dat die kaders , in hul persoonlike hoedanigheid aangevat word ! Die alewige skuil , met belasting betaler geld , het nog nooit gewerk . Vat aan hul persoonlike sak, dan sal heelwat van hierdie sake nie eens geopper word !

Stomgeslaan ·

Wel die beheerraad is n spul slap jannies. Hulle moet pa staan vir die gemors wat die arme juffrou getref het. En waar is die boere daar? Hkm is die handvol betogers nie vd terrein verwyder nie??? Sies.

Dries du Toit ·

Ja dit sal weer en weer gebeur. Behalwe as die blankes in die minderheid in die skole gaan wees. Dan sal ons dood geswyg word net soos die plaasmoorde

PJC ·

Volgens koerantberigte het die polisie gestaan en kyk hoe die betogers ń gedeelte van ń pallisadeheining afbreek om in die skool te kom en nie ń vinger verroer om hulle te stop nie. Al oplossing wat ek sien is dat blankes ook leer om te organiseer om op kort kennisgewing in groot getalle op te daag om kinders te beskerm. Dit sal dan ook sommer die polisie dwing om hulle werk te doen as hulle sulke situasies wil ontlont.

dirk bosman ·

Om die skoolbeheerliggaam uit te kryt as slapjannies is net so verkeerd as die geskree van die owerheid en gepeupel.Kyk na die verklaring van die voorsitter.

Hasie ·

Ek is is erg ontsteld wat met hierdie onderwyseres gebeur het, maar ons kan seker sulke gebeure verwag, want SA word ongelukkig deur soveel onbekwame mense gelei. Onbekwame LUR, onbekwame ouerbeheerliggaam, onbekwame polisie. En wat my die meeste teleurgestel het was dat ek in die koerant gelees het dat Thuli Madonsela ook gesê het dat die dame geskors moet word. Ek het soveel respek in haar verloor, hoe kan iemand oordeel as jy nie die regte feite het nie. As gevolg van die ANC en die EFF is feitlik alles in SA net ‘n gemors, en by al die gemors is die ANC en die EFF betrokke.
Ek het by die apteek gaan navraag doen, daar is nie medisyne vir onbekwaamheid nie.

humor ·

Deurmekaar spul. Die geskorste juffrou is die een wat die foto geneem het.. Nou waarom word sy geskors? Sy het dan aan hierdie rassistiese gepeupel n guns bewys aangesien dit gedien het om die “rassitiese daad” onder hul aandag te bring. Sy moet mos nou bevordring kry.

Melanie ·

Die DA kon nie gou genoeg (en SONDER bewyse) met die saak media toe gehardloop. Nooit maar nooit sal ek vir DA stem nie. Maimane kan sy eie lot nader. Sy dag kom.

aj ·

Moenie naief wees deur na die meriete van die (nietige) insidentjie te probeer kyk nie.

Sien die gewelddadige OORREAKSIE as ‘n fyn beplande intimidasie veldtog wat landswyd volgens presies dieselfde resep uitgevoer word met militêre presisie.

Tientalle skole … (onthou julle nog Ermelo Hoërskool?), Vodacom, Woolworths en baie ander instansies het op presies dieselfde wyse deurgeloop onder geweld en anargie.

Tydens elke insident het die SAPS goedkeurend toegekyk hoe instansies geplunder word. En geen plunderaar, dief of teisteraar sit in die tronk sover my kennis strek nie.

In die lig van bg en vele ander soortgelyke intimidasie insidente moet ons erken dat dit alles deel is van die NASIONALE DEMOKRATIESE REWOLUSIE van die ANC regime en sy trawante.

Alles wat nou hier in SA gebeur, het reeds tientalle kere gebeur in ander lande in die wêreld.

Sosialisties Kommunistiese Rewolusies het reeds honderde miljoene onskuldige mense se bloed verspil … en almal het ‘n soortgelyke fase van SIELKUNDIGE oorlogvoering (gereedmaking) deurloop.

As jy dink dat hierdie skoolsaak iets te doen het met die kinders en die juffrou maak jy ‘n groot fout. Dit was georkestreer met die oog op MAKSIMUM PUBLISITEIT deur middel van die media.

Wat hier afspeel is slegs een faset van ‘n OORLOG met baie fasette.

Die NDR kos bv GELD …..(die intimidasie bendes werk nie verniet nie!) ….. daarom transito rooftogte en batestroping van semi staatsinstellings.

Zumie ·

AJ – jy slaan die spyker op die kop. Wanneer kom ons agter dit is ‘n sielkundige (intimedasie) oorlog wat teen ons gevoer word. En wanneer dink ons aan ons teenstrategie…

Anoniem ·

Elana, dankie vir Jou omgee en dat Jy bereid is om die x-tra MYL te loop ! Hierdie gesindheid van Jou is prysenswaardig maar die teendeel is dat die L U R gaan self in die ‘hoekie’ moet gaan staan, alleen ! (ROOI-GESIG-EN-AL)

Fake news ·

Daar’s nie n manier dat Thuli Madonsela haar stuiwer in hierdie armbeurs sou gooi nie. Kwaadwilligheid om haar naam selfs hier te noem.

Annie Webb ·

As Elana Barkhuizen net die foto geneem het, wie se klas is dit dan en hoekom is Elana geskors? Het sy dus ‘n ander klassie? Die ma wat toe so “ontsteld” was oor die foto dat sy die hele land op hol jaag, moet deur elke herkenbare kind op die foto se ouers hof toe gesleep word. Sal haar leer. En die voorsitter van die beheerraad skrik toe so vir die LUR en die betogers dat hy nie eens die juffrou vra wat gebeur het nie. Papgat. Vat die betogers toe sommer die skoolsaal oor? Iemand moes per ongeluk die “fire sprinklers” in die plafon oopgedraai het om die lot af te koel. Ek sien uit na die hofsaak, hoop Maroela sal ons op hoogte hou. Twyfel of enige ander media sal; tensy daar weer skreeuende, dreigende betogers is, eers dan is die “nuus” weer op ons hoofstroommedia se vlak.

Hanna Hoekom ·

Die “kindertjies” kan nommer een nie Engels of Afrikaans praat nie, maar hulle word in n Afrikaans skool ongedruk. Die “kindertjies” is tweedens laat ingeskryf. Nee wat, dit klink vir my na moeilikheid soek reg v die begin af. Die arme Juffrou moes seker agteroor buig om die laatkommers te akkomodeer. Stank vir dank.

Linda ·

Wat is die taalonderig van skool? Want wat soek kinders wat nie eers een van die tale praat nie daar?

Karel ·

Blameer die skool se agteroorbuigende beheerliggaam wat sulke kinders toelaat om almal tegemoet te probeer kom. Deel van die versoeningsbende.

C op C ·

‘n Skool behoort ‘n veilige hawe te wees vir kinders bedags. Beswaardes kan nie toegelaat word om die veilige ruimte binne te dring nie. Skole sal noodplanne in plek moet hê om kinders te ontruim en beskerm teen hierdie tipe optrede. Dit gaan weer gebeur.

Mariana ·

Ek stem saam. Alle skole behoort nou planne vir beskerming en ontruiming te kry. Hierdie storie gaan verrykende gevolge hê vir ander skole ook. Ten minste slaan sekere politieke partye nou munt uit die sage, feite ongelukkig nie belangrik nie en intussen word kinders, ouers en onderwysers se lewens omvergewerp deur die sogenaamde rassisme-kaart. Hoe siek is ons land nie!!

Natascha ·

Eish in die land word als as rasisties beskou, maak nie saak wat die arme juffrou probeer nie, sy is nou die vark in die verhaal. Ek wil n versoek plaas aan ALMAL, wees asb versigtig wat jul plaas, want als wat jy doen al is jou bedoeling hoe goed, dit SAL as rasisme afgemaak word.
Onthou die baadjie is nou vehang,

ES ·

Die hartseerste is dat dit nie eers haar klas was nie… Wat selfs nog meers skrikwekkend is, is die hoeveelheid mense wat hulle met busse aanry om te help betoog. Meeste van daardie betogers is net daar om te betoog, hulle het geen belangstelling in die kindertjies wat daar skoolgaan of waaroor die hele herrie gaan nie.

Katerina ·

Jaco gaan na die ma wat hierdie siek heksejag begin het en gaan kla by haar. Ons ander Maroela lesers wil weet van elke detail van hierdie saak En die komende hofsake.

Sarel ·

Soos ek Solidariteit ondervind sal hulle die hele pad nou saam met die juffrou loop. Indien elkeen en elke instansie wat haar beswadder het afsonderlik in die siviele eis gesiteer word sy/haar sak skud behoort sy in die toekoms n redelike gemaklike lewe te ly.
So juffrou , moet asb nie weer jammer kry en laat vaar nie , gaan voluit.

peter immelman ·

Baie gevaarlik wat jy op die internet post. Laat dit ‘n les wees vir ons almal. Niks sal ooit goed genoeg wees nie.

Willie ·

Belaglikke spul! DA wys weereens waarvan hulle gemaak is… beteken niks! Dagvaar die LUR, die DA ook sommer… en die skool se beheer raad, vir hul rug graatloosheid!

Trojaanse Donkie ·

Dit kom weer terug hoeveel die staat en sy trawante enige respek het vir die “regverdige regstelsel & grondwet”,. Genoeg om enige regdenkende mens siek te maak!

Andre ·

Politiek kweek net misdaad. Onrus, moord, geweld, diefstal, rassespanning, korrupsie. Mense wat met mekaar sou oor die weg kom word van mekaar verwyder a.g.v. Politiek.
Politiek speel n te groot rol in die samelewing en moet verwyder word van die opvoeding van kinders. Skoenmakers hou jul by jul lees.

Zollie ·

Fire die skoolhoof en beheerliggaam. Hoekom het hulle nie die juffrou bygestaan soos hulle moet nie, maar lyk my hulle is bang vir Lesufi. Nou moet Solidariteit weer inspring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.