Schweizer-onnie se saak dan aangehoor

Elana Barkhuizen. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit se dringende aansoek om die skorsing van Elana Barkhuizen, die onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke, met onmiddellike effek tersyde te stel, word Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof aangehoor.

Barkhuizen is geskors nadat ʼn foto van ʼn gr. R-klas by dié skool in Noordwes landwyd opslae gemaak en ʼn rasse-herrie by die skool laat losbars het. Op die gewraakte foto kan gesien word hoe ʼn 18 wit leerders almal saam in die middel van die klaskamer by ʼn lang tafel sit, terwyl vier swart leerders apart by ʼn tafel voor die deur van die klaskamer sit.

Talle het woedend op die foto gereageer en aangevoer dit herinner aan die apartheidsjare, terwyl ander meen die voorval is uit verband geruk en ʼn rassekwessie gemaak waar dit eintlik nooit een was nie.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, argumenteer die vakbond in sy aansoek voor die arbeidshof dat die skorsing onwettig is en dat Barkhuizen ʼn slagoffer van politieke opportunisme is.

Die LUR vir onderwys, Sello Lehari, het vroeër aangedui dat hy die hofaansoek gaan teenstaan. Die skoolbeheerliggaam gaan nie die aansoek teenstaan nie en het kennis gegee dat die liggaam hom by die uitspraak sal berus.

Ten tyde van publikasie het die LUR nog nie sy opponerende stukke beteken nie.

Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, voer aan dat Barkhuizen se skorsing nie binne die raamwerk van die arbeidsreg plaasgevind het nie.

“Lehari het totaal buite sy magte opgetree deur haar skorsing in die openbaar as sy besluit aan te kondig,” het Van der Bijl gesê.

Daar is reeds ook bevestig dat die foto wat tot Barkhuizen se skorsing aanleiding gegee het nie in haar klas geneem is nie, maar in haar kollega se klaskamer waar Barkhuizen vir ʼn wyle toesig gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Francois Van Den Bergh ·

Die grootste rassiste skeeu altyd eerste “rassisme” en doen dit ook luidkeels En voel dan kwansuus verontreg.

Chris ·

Wat ek nie begryp nie, is dat die LUR Lehari bevestig dan per ‘n vorige beriggewing, dat hy haar nie geskors het nie, want sy is nie ‘n departementele aanstelling nie, sy is wel ‘n beheerraad aanstelling en dus het die beheerraad haar geskors. Die beheerraad sien ek nou het besluit om hulle by die uitspraak te berus, maar die LUR het vroeër, per die berig hier bo, aangedui dat hy die saak gaan teenstaan.

J van Rustenburg ·

Ja dis maar deurmekaar Die Bl het haar geskors en wil nou ‘n bietjie opmaak daarvoor dat hulle hul sal berus by die uitslag Die Bl sal ook moet pa staan vir enige eiese en regskoste wat hulle wil aangaan Maar die Bl en die hoof het haar lelik gedrop soos ‘n vuurwarm patat

JG ·

Lehari is self so deurmekaar, hy weet nie of hy kom of gaan nie…hy behoort eerder geskors te word.

Adrian ·

DA EFF en ANC nou tjoepstil geen verskoning van enige partye veral DA wat die gemors aan die gang gesit het. Juffie jy gaan die saak loshande wen en ek is seker daai Lehari sal nie eens daar wees nie seker verteenwoordiger namens hom stuur … nou ja dit gebeur so oor n paar uur dan sal ons sien, vrydag is sy op haar pos ???

Cherokee ·

DA-aanhangers, waarom geen woord van julle nie? Waarom is julle so stil? Alida.. en ander wat steeds voorspraak doen vir die DA.. ons wag om van julle te hoor. Julle kruip weg.

Dries du Toit ·

Net so Cherokee. Hulle neem nie nou standpunt in nie. Nou is hulle stil. In die ou statstate van Amerika was dit n halsmisdaad as jy nie standpunt in neem nie. Dan het hulle jou kop afgekap. As dit hier die geval was sou SA gelyk het soos n pampoen lan

Anoniem ·

Lehari het Juf Barkhuizen ‘n GROOT onreg aangedoen en ek hoop van harte dat Solidariteit se aansoek om haar skorsing tersyde te stel sal slaag. Net soos Lesufi is Lehari ook baie gou om “RASSISME” te skreeu sonder om hulle te vergewis van die ware feite.

Anoniem ·

Juffrou Elana, ons bly bid ! Sterkte, wees rustig God is nog heeltyd in beheer ?????

Anoniem ·

Die LUR sal aspris sloer om nog tyd te wen – wat ‘n jammerte vir verhoudings en die skade wat dit veroorsaak ! Insig en wysheid is nou NODIG ?

Jacques ·

Hoe snaaks is dit nie dat mense in glas huise die grootste klippe gooi . Lehari weet duidelik nie dat alle sake drie kante het en duidelik het hy net een halwe kant van die saak gehoor en gesien . Mag die klomp vir eens en vir altyd sien dat jy nie net rassis kan skree sonder die volle storie nie . Jy is weer terug op jou pos waar jy hoort volgende week juf , en dan neem jy hulle skoonmakers toe vir alles .

Ryan ·

Ek hoop sy sit ‘n massiewe siviele eis teen hulle in en wen die saak.

Philip Meyer ·

… en steeds is die “held/heldin” wat die foto op sosiale media uitgeblaker het, onbekend en anoniem ! Het dit nie tyd geword dat haar/sy naam ook bekend gemaak word nie?
Wat van ‘n verduideliking van sy/haar kant af??

N Lourens Reitz ·

Maroela Media beskerm hul mededingers ? Ek verstaan dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.