Schweizer-Reneke: Politici ‘wat situasie uitbuit’ veroordeel

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. 1’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

Na aanleiding van die rasseherrie wat by die Laerskool Schweizer-Reneke losgebars het, het AfriForum politici veroordeel wat dié situasie onmiddellik vir eie gewin uitgebuit het.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is dit gedoen sonder om eers die werklike agtergrond van die foto wat op sosiale media geplaas is, vas te stel.

Bailey het gesê verskeie politieke partye – waaronder die EFF, ANC en DA – het reeds hul menings gelug en die skool veroordeel sonder ’n deeglike ondersoek om die feite te bevestig. “Die leerders is vir die partye se eie ideologiese doelwitte misbruik en aan traumatiese ontruiming blootgestel wat hulle in ’n onaanvaarbare posisie geplaas het.”

Sy het gesê daar is gevestigde kanale waardeur klagtes oor probleme by skole – waaronder rassistiese optrede – na behore ondersoek en die nodige optrede gevolg kan word. “In hierdie geval, na aanleiding van een foto, is blote gevolgtrekkings en selfs dreigemente van geweldpleging gemaak. Dit is duidelik dat die welsyn van enige van die leerders allermins deur die politici oorweeg is of as van belang deur hulle geag word en dat hulle eerder op die vooraand van die verkiesing op eie politieke gewin fokus.”

Bailey het gewys op ander foto’s wat weer aandui dat die klasgroep geroteer het en leerders van verskillende rasse ook saam aan die lessenaars in die klas gesit het. “Ongeag die waarheid agter die storie – al die skool se leerders is getraumatiseer, hul onderrig is ontwrig en die gemeenskap is gepolariseer.

Die foto wys weer ‘n ander kant van die saak.

“Enige rasionele ondersoek van die feite en bevindings oor die agtergrondgebeure wat die foto’s voorafgegaan het, gaan gevolglik nou deur die emosionele reaksies oorskadu word. Dit gaan moeilik omkeerbare skade by baie laat, wat tragies is.”

Bailey het gesê AfriForum is bereid om traumaberading op versoek aan enige van die betrokke leerders te verleen.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het gesê die foto wat op sosiale media geplaas is, saai verdeeldheid en vereis aandag.

Chris Klopper, hoof- uitvoerende beampte van die SAOU, het gesê die SAOU sal nooit rassediskriminasie ondersteun of probeer verdedig nie, maar die vraag moet ongelukkig gevra word: Is dit nie ʼn geval van politieke opportunisme nie?

“Is dié enkele foto nie doelbewus buite verband geruk nie, aangesien ander foto’s van dieselfde klas ʼn baie meer positiewe en inklusiewe benadering weerspieël? Die SAOU doen ʼn beroep op die onderwys- en ouergemeenskap om die betrokke owerhede kans te gee om hul ondersoek na die voorval uit te voer en om die ongelukkige voorval nie buite verhouding aan te hits totdat die feite van die saak bekend is nie.”

Die beheerliggaam van die Laerskool Schweizer-Reneke sê die foto waarop swart en wit gr. R-leerders afsonderlik sit waaroor ʼn landwye bohaai ontstaan het, “weerspieël nie die ware karakter van die skool nie”.

“Die Laerskool Schweizer-Reneke is trots op sy geïntegreerde leerderkorps,” het Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, in ʼn verklaring gesê. “Die skool se etos berus op inklusiwiteit as ’n weerspieëling van die breër Suid-Afrikaanse samelewing.”

Hy sê die foto weerspieël net “’n enkele oomblik in ’n klaskamer en is geneem en aan ouers gestuur om hulle gerus te stel oor hul kinders se eerste skooldag in gr. R”.

Die onderwyseres wat na bewering die kinders volgens ras geskei het, is Donderdag met onmiddellike inwerkingtreding geskors, het Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Koeksuster ·

Op die 2de foto sit n witkind op die grond. Dis onaanvaarbaar dat enige kind op die vloer sit van n klaskamer as dit nie vir “mat tyd stories” is nie.

PaulV ·

Ja, Koeksuster; die een dogterjie sit [sekerlik uit eie keuse] op die vloer. Op ‘n ander foto wat meer links geneem is, sit dieselfde dogterjie op die vloer terwyl ‘n klomp kinders reg voor haar op ‘n mat sit.

As jy kan lees kan jy presteer ·

Kan die mense nie sien daar is name geplak op die tafels nie. Eenvoudig…gaan lees wie sit waar.

Alhoewel hulle dan nou weer sal beweer dat die tafels rondgeskuif is om ʼn ander storie te vertel.

Sal ook graag self met die kindertjies wil praat en hoor wat vertel hulle want dis waar die waarheid gaan uitkom, uit die mond van die suigeling.

Ronel ·

Dis presies wat ek nou wou sê. Elke keer as my kinders gr1 toe is, was hul name alreeds op hul tafels aangebring. Dit laat die kleintjie tuis voel in ‘n vreemde plek! Daai kindertjies wat apart gesit is LAAT inskrywings, so hul plekkies was nie gereed nie.

Colette ·

Mooi DA. Net soos julle steun met die grond eise bewys julle weereens dat julle valse profete is!!!!!!

Skroef ·

Colette, moet jouself tog asb nie nou bluf dat die VF+ die party is om voor te stem nie. Die da veroordeel en vf+ verdeig om dieselfde rede…. Stemme in die opkomende verkiesing. Vra jouself en die vf+ waar was hulle toe Penny Sparrow, Chris Hart, Vicky Momberg, die doodskis duo en die Coligny !anne se lewens uitmekaar geskeer was. Toe hulle geteister en hulle lewens hel gemaak was. Die doodskis duo her oorboord gegaan, maar was wat hulle gedoen het, gepas aan die vonnisse wat hulle opgelê was? Sal Sparrow, Hart en Momberg ooit terug kry wat hulle ontneem was? Tog het daar nie n piep uit die vf+ gekom nie.

Loeis ·

Skroef, wat jy sê is nie waar nie.
VF+ reik gereeld mediaverklarings uit, dit sluit die sake waarna jy verwys in. Die hoofstroom media gee net nie dekking daaraan nie.

GP ·

Skroef. Watter politieke party het meer vir Afrikaners gedoen as vf+ sedert vorige verkiesing. Of het soveel moeilike vrae in parlement gevra? Jy is reg in veral die Vicky Momberg saak. Ek dink baie van ons is nog baie bitter en voel niemand het haar gehelp nie. In my opinie is die vf+ die enigste politieke party wat afrikaner belange aanspreek en ten minste probeer verbeter. Ek was altyd da ondersteuner maar gaan verseker vf+ stem die jaar. Hulle is nie perfek nie maar volgens my die naaste. Grootste fout wat ons kan maak is om nie te stem nie en volgens my is VF+ die beste keuse wat ons het.

Cicero ·

Meneer Klopper, u waarnemings is ooglopend en klaarblyklik korrek. Waarom verdoesel u u waarnemings as onskuldige vragies? Maak u rug reguit en stél dit duidelik: die fotos is uit verband geruk deur politieke opportunisme. Maak u rug reguit, neem behoorlik standpunt in, doen wat reg is. Hierdie boelies moet trompop geloop word, nie met tafsy handskoentjies benader word nie.

Therese ·

Hoor hoor!

Die oordrewe gedienstigheid het die Afrikaner en Afrikaans nou behoorlik rug teen die muur na 25 jaar.

Erg frustrerend om dop te hou.

Ed ·

Enige iemand wat so negatief reageer op die foto ly aan n minderwaardigheids kompleks

Loeis ·

Is dit nie maar wat ook agter onteiening sonder vergoedig sit nie?

Ironie ·

Ironies, maar duidelik soos daglig hoe diep die vooraf ondersoeke was en die gevolgde reaksie.
Dat 1 foto hierdie groepe kan flous…. JOH!

Melanie ·

Saak word heeltemal buite verband geruk, natuurlik vir eie gewin. Maar julle sal wel eendag jul les leer. Dit is nie net graad eentjies wat lesse in hierdie lewe leer nie.

Riaan ·

Dalk is my oe swak,maar sover ek kan sien sit daar twee blanke kinders ook by daardie tafel. Lyk of die klaskamer te klein is.Miskien moet daai hoots intelligente LUR nog skole bou.

Wonder ook ·

Riaan…. Ek het ook die 2 wit kindertjies gesien saam die 2 nie blanke kindertjies. Dalk is ek en jy kleur blind dat die wat n bohaai daaroor maak soos die EFF, ANC en DA dit ook nie kan raak sien nie.

Heksie ·

die anc regering buit die situasie uit want hul weet hul kanse met die verkiesing is in sy maai … nou moet hul iets kry om hul punt te “bewys” dat alle blankes rassisties is.

Mel ·

Nee! Los die arme kinders uit. Hulle is genoeg getraumatiseer. Eerste dag by die skool en hulle word al aan al hierdie politieke nonsense blood gestel. Helfte van hulle sal nie eers wil terug gaan nie en nou wil jy hulle deur nog meer drama sit.

Laat die grootmense baklei as hulle wil. Die kinders was heel gelukkig tot sogenaamde grootmense begin bobaai maak het oor goed wat hulle sien en voel. Ons projekteer ons eie issues op kinders en dryf has se haat aan. As almal net ophou om rsisme links en reg te skree sal dit ‘n vinnige dood sterf, maar dis in die belang van die politici om rasism lewendig te hou. Arme kinders. Elke liewe een van hulle, swart, wit, rooi of blou … Om jou skool loopbaan so te begin. Ai!

Hennie ·

Dis tog duidelik wat ons as Suid Afrikanes in hierdie partye het. Hulle bedoen niks goed nie, dit gaan net oor “weg met Blankes!!” En hulle doen dit sonder integriteit, terwyl die meeste van hulle geensins bydra tot werklike vooruitgang in ons land nie. Hulle styl is “skreeu net, en eis alles gratis”. Werklik pateties.

Elize ·

Voor iemand my weer slae gee. Die word moet “lief” wees. Die rekenaar verander woorde soos wat dit lus het.

Paul ·

Daar is ‘n enkele swart-en-wit foto van ‘n paar jong kinders, een naak, wat voor soldate, tydens die Tweede Wêreldoorlog, op ‘n verlate pad uit hardloop, donker onweerswolke in die agtergrond, dit is aangrypend en maak tot vandag toe opslae. Dit wys wat ‘n enkel foto kan doen.

Die feit is, dit het gebeur. Maar met die politieke situasie in ons land waaroor elkeen oorgevoelig is, en almal vir jare al daarvan bewus is, toenemend die jongste tye, (kyk wat het in Desember laas maand op Clifton se 4 de strand gebeur) waarom dan nog vir die ouers van die kinders so ‘n foto stuur, al is dit ter gerusstelling?

Hierdie is maar een situasie wat enigeen in die land moes kon voorsien. Dit help nie ons skuif blaam nie, dit sal weer gebeur en blyk dit dat ons nie dit, soos hier voor, tot dusver ter herte neem en uit die verlede se reaksies van die gegriefdes geleer het nie.

Of daar ‘n tweede of derde foto ‘n uur of twee na die eerste een aan die ouers gestuur is, maak nie ‘n vaal kol nie, die kwaad is klaar gedoen.

En toe gebeur dit op die kleingoed se eerste skooldag, dit wat vir hulle en die ouers/grootouers iets besonders vir die res van hul lewe moes wees. Hulle is van daardie kleinood ontneem.

Janosh ·

Paul, jy neem die woorde uit my mond. Wat ‘n tragiese belaglikheid het dit nie geword nie, en dit weerspieël ongelukkig die ware polariteit van swart en wit, iets wat met elke strooihalm deur “gemors politici” uitgebuit EN aangeblaas word. Dis OK as ‘n swarte sy gesig en arms wit verf en by ‘n interseksie allerhande manewales uithaal. Dis egter ‘n heel ander storie as 3 damesstudente hul gesigte bruin verf vir ‘n koshuisaangeleentheid waar hulle ook hul manewales uithaal.

Jammerte…….

Thinus Erasmus ·

In rugby is daar ‘n gesegde: speel die bal nie die man nie!
In NSA moet ons vir die ras beheptes leer: speel die probleem – nie die skare op die paviljoen nie!
Maar nou weet ons as ‘n donkie die een oggend met sy kop soo in ‘n rigting staan met sy een agterpoot in die lug…… dan kry jy daai nuk nie uit sy kop nie!
Aan die sensasie soekende wolf roepers: WELLDONE – julle sal saam met die res ly as wolfie sy skapies kom vat!

Margaret ·

Bietjie vaag, maar ek sien twee wit kinders, heel rustig by die agterste bank sit….. Duidelik is diè weer n politieke gemors, wat rassisme skree vir eie gewin. PATETIESE ras behepte regering!

adriana ·

Liewe Juffrou,
ons dink aan jou en ondersteun jou. Jy staan nie alleen nie.
Vind krag in Liewe Jesus met hierdie nagmerrie waarin jy jou bevind.
Sterkte vorentoe.

Annamarie Olivier ·

Die hele saak word uit verband uit geruk. Ons het in November ons werk se kerspartytjie gehad en almal kon sit waar hulle wil en die meeste swart mense het saam gaan sit uit eie wil, want hulle kan gesels in hulle taal .

Wonder ·

Wonder net oor iets heel anders; daar is so baie swart kinders relatief tot blanke kinders in die land, hoe is dit moontlik dat daar net ‘n klein persentasie van die kinders in die klas swart is? Was die res van die klas nie dalk agter die fotograaf nie?

Gert ·

Tipies van genoemde 3 partye, blaas rassehaat aan ter wille van ‘n paar ekstra stemme, dan as oorlog uitbreek gaan hulle geen verantwoordelikheid vat nie maar dit weer blameer op apartheid.

Janine ·

Soos ek die hele storie volg, is een ding vir my duidelik. Een groep ouers het vroeg hul kinders laat inskryf. Die onderwysers maak hul klasse vroeg reg voor die kinders by die klasse instap. Dan die 99-ouers stap in en die onderwyser moet bontstaan om plek te maak vir die kinders wat se ouers slaap. Dan gebeur die eerste foto. As almal nou rustig was oor als, dan sou hul sien dat so binne ‘n week het juffrou mooi die klas oor geskuif en al haar voorbereide werk oorgedoen. Al die kinders dol gelukkig en almal werk en speel mooi saam. Maar nee! Kom ons spring dag een op ons perdjie.

Henk ·

Verbied die neem van enige fotos in klasse. Dit sal ons kinders en onderwysers beskerm

MyMening ·

Dit is teen die Poppi en ander wette om fotos van mense, veral minderjariges te neem. Mense moet hulle toestemming gee, en in die geval van minderjariges, moet die ouers skriftelik toestemming gee dat hulle kinders afgeneem mag word. Wat nog te sê dit op sosiale media te versprei.

Wurmpie ·

Die juffrou word onmiddelik geskors. Dit vat 2jaar om ń polisie generaal wat rassisties was weg te jaag. Hoe nou?

Annemie Coetzee ·

Kyk mooi, op die fotot hierbo sit daar 2 blanke dogtertjies by die tafel waar die swart kindertjies sit.

Die mense wat so kritiseer en dit ‘n politieke geveg wil maak weet duidelik niks van kinders in so ‘n groot groep nie. Die onderwyseres het moontlik die kinders geskei volgens hulle taal sodat sy eers met die groot groep kinders wat die meeste seker Afrikaans is kan praat en hulle aan die gang sit met ‘n takie en dan vir die kleiner groep verduidelik wat sy van hulle verwag in ‘n ander taal. Dis makliker om eers die groot groep stil en aan die werk te kry, dan is daar meer orde in die klas as om dan nou vir die kinders individueel die taak te verduidelik.

Waarom sit jy in elk geval jou kind in ‘n skool waar sy taal nie gepraat word nie en die onderwyseres ook nie sy taal magtig is nie en verwag dan dat hy/sy prima aandag moet kry, dis mos belaglik. Onderwysers is nie super mense nie, hulle het baie meer op hulle vurk as net die kinders.

Ek is nie ‘n onderwyser nie.

$ ·

Die een wat die meeste getraumatiseer is, is die juffrou – wat ook uitgesien het na die eerste skooldag, baie hard gewerk het om alles reg te kry en haar klaskamer voor te berei, net goed bedoel het deur die foto te deel en geensins eens ras in gedagte gehad het met die eerste toedeling van sitplekke nie maar bloot ‘n praktiese plasing gemaak het aan die begin van die dag terwyl alles nog redelik chaoties was en sy skielik moes plek maak vir nuwe inskrywings.

Nou is sy midde-in die rasse-herrie wat ontstaan het, haar eie asook die hoof se pos is in gedrang en die al die leerders se lewens is in gevaar gestel met die protes-optrede. My hart gaan uit na haar, wat geensins die gevolge van een goed-bedoelde foto voorsien het nie en nou self haar eie emosionele trauma, verwerping en verguising beleef.

Dit herinner aan die kleuterskool in Pretoria waaroor ook so ‘n bohaai gemaak is destyds oor ‘n foto … ai

E.K. die eerste ·

Die foto is dus die vabond in di everhaal. Ek wens ASB dat Afriforum dringend sal aansoek doen dat die onnie haar pos terugkry. Die EFF spring rond en skree rassis vir elke liewe ding plaas hul die regering asook daardie ouers aanvat dat die kindertjies skool toe gaan met geen benul van of Afrikaans of Engels. Die regering moet ophou geld op nonsens blaas en in hul eie diep sakke sit en sorg dat voorskoolse programme vir ALLE kinders beskikbaar is sodat niemand sukkel in graad een nie. Die ouers moet aangevat word omd aardie amre kinders sonder taalvaardighede in AFrikaans/Engels in daardie skool te plaas, hoe moet hulle nou voel? Toe ke baie jare gelede op skool was was kidnertjies wat sukkel ook eenkant geplaas en die onderwyseres het spesiale tydjies met hulle deurgebring terwyl ons bv inkleur of wat ookal sodat hulle kan opvang. Dis nonsens dat hierdie hele storie so uit verband geruk word!

E.K. die eerste ·

Verskoon tog asseblief my “disleksiese” kommentaar. Mens hol so rond met werk en alles maar mens wil tog graag, soos in hierdie geval, beslis jou mening lug. Ek hoop regtig nie hierdie word net so gelos nie!

waarheid1 ·

Stap weg Juffrou en skryf die lot af.
Gaan na Australie toe – hulle sal jou met ope arms verwelkom. Daar sal jy waardeer word.
Hier word niemand in hierdie godverlate ashoop waardeer nie.

Brakenjan ·

As daar gehelp/gegee moet word, moet dit wit wees. As daar gestraf moet word, moet dit wit wees. Dit is Suid- Afrika.

Dries ·

ons word deur ‘n groep narre regeer in die land. Ek het nie woorde vir die kinderagtigheid waarmee die hele situasie hanteer word nie. Meneer Klopper, vertel die lot waarheen hulle moet vlieg asseblief.

Boer ·

….en steeds is daar duisende blankes wat vir die DA stem!! Word wakker mense. Die VF plus is die enigste party wat jou en my belange op die hart dra.

rina ·

Weet julle dit is vir belaglik om daai kleinkindertjies wat hulle eerste dag in die nuwe lewe inloop nou gebruik word vir die wereld. Weet een van ons hoe voel die juffrou wat sumier geskors is, sy wou kalmte onder die kinders bring in die nuwe wereld sonder hulle ouers haar plan was dalk om so deur te gaan en te sien wie voel gelukkig en tuis in hulle omgewing en wie nie. Hoekom is die foto van die wit en swart kinders se lessenaar nie ook die wereld in gestuur nie. Dis mense soos julle wat rasisties is. Bring die juffrou terug en die kinders en kyk na n maand hoe goed of sleg gaan dit in haar klas en oordeel dan. Patetiese mense wat altyd die politiek moeet bysleep en oordeel. Kry julle feite agter mekaar. Sorry

corne ·

Ja baie snaaks die grootse rasistiese partye is die wat dit n rassevoorval wil maak.

De Villiers ·

By samekomste waar wit en swart teenwoordig is, groepeer die mense merendeels natuurlik volgens hul velkleur, sonder enige dwang. Hier-en-daar is daar ń vermenging. Dis die natuurlike gang, en daarmee is daar niks fout nie. Maar om mense in ‘n blik te druk om doelbewus te meng, is onnatuurlik en aangeplak, en veroorsaak spanning. Dan kry jy politici en mense met ‘n absurde ideologie wat munt daaruit slaan om die natuurlike gedrag van groepering volgens velkleur as rassisties te beskou, wat die politieke polarisasie tussen etniese groepe in ons land net vererger. Dis tyd dat hierdie tipe mense aan die bek geruk word.

Johannes ·

Sterkte juffrou! Ons het alle simpatie met jou in hierdie opgeblaasde politiekery!

Piet parys ·

Soos ek dit sien is daar reels in klasse. So sommige mense in die land wil rooi tapyt behandeling kry net omdat hulle swart is. Wat die regering wil he is dat onderwysers so onder dwang die sogenaamde agtergeblewenes moet pamperlang ten koste van wit kinders .

madels ·

Ek voel die ma wat hierdie foto op sosiale media geplaas het moet TRONK TOE GAAN want sy het nie die reg gehad om hierdie foto enigsins op n publieke forum te sit nie. Dis HEELTEMAAL TEEN DIE WET

Molly ·

Juffrou al was jou intensies goed het dit jou aan die allie gebyt. Laat dit ‘n les wees vir almal wees versigting met jou kamera foon en vir wie jy wat stuur. Ons lewe in ‘n tyd waar die “huur ‘n betoger” bende sit en wag vir die kleinste dingetjie net om ‘n bohaai te maak. Nou lei die kinders daar onder….

marietjie ·

Dit word soos in die meeste gevalle weer uit verband geruk. Die volgende is seker weer brand af. Daar word mos ‘n rede gesoek om vuur te maak. Beste raad moenie alle fotos op sosiale media plaas nie.

Dianne ·

As ek daai onnie was het ek eerstens die ouer wat herrie begin het en dan die politieke partye hof toe gesleep. Gaan sien Vlam Olivier daar by julle. Seker hy kan haar help.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom reageer NET EEN ma oor die foto? Is daai ALMAL haar kinders? Waar’s die ouers van die ander 3 wat by die tafel gesit het? Ek wil regtig aanbeveel dat die ma wat so gekla het, en alles so onaanvaarbaar vind onmiddelik haar kinders uit daai “rassistiese” skool uithaal………en in een van die 10 ander swart skole in die omgewing gaan inskryf. Kom dadelik uit daai Laerskool uit met jou kids……..ter wille van hulle en jou eie gemoedsrus. Los die witmense se skool……….dis BAIE sleg vir jou kinders. As jy hulle in ‘n skool inskryf waar almal swart is en julle taal praat………sal niemand teen hulle “diskrimineer” nie, en dan hoef jy nie so tekere te gaan op sosiale media nie, en jou kinders help om staatmaker volwassenes te word.

Skroef ·

Wat van die onderwyserws wat soos n stoutkind geskors is? N verskoning alleen gaan die oomaak vir haar waardigheid wat deir leegleërs met ma se salarisse in die gutter getrap is nie.

Anoniem ·

Mnr die LUR gebruik eerder Jou tyd en mannekrag om te bepaal waar is daar nog van Jou skole wat PUT toilette het voordat daar nog ‘n onskuldige kind vedrink / versmoor !!!!!!

Willem Grobler ·

Kan jy nou meer!! Die land is bankrot, SAL, Denel,spoorweë en meeste munisipaliteite is in hulle peetjie in wanbestuur maar híérdie is nou ‘n gróót storie!? Dis al wat die ANC/EFF/BLF/DA baie goed kan doen en dit is rassisme aan die groot klok hang. Om hul onvermoeë te verdoesel.

Pierre ·

Mense vat julle kinders en die juffrou na n ander plek waar sy hulle mooi kan leer en los die res van die kinders waarvan die ouers n problem met als het in die klas sodat hulle mekaar met vetkruit kan gooi en bekrap… dis moes hoe daai ouers optree….!!

Cobus ·

Hoe siek is die poletiek in hierdie land nie om van sulke klein kinders n poletieke speelbal te maak. SIES

karen kruger ·

Dis weer iemand wat sensasie gesoek het om op hol te gaan met die foto sonder om eers die regte feite te kry

GP ·

Meeste fotos wat ek al gesien het waar gemengde rasse was het verskillende rasse groepe gewoonlik by mekaar gestaan vir verstaanbare redes. Die gaan daaroor om blankes uit te boelie en ons sleg te maak met elke moontlike geleendheid. In my area is n laerskool wat 5 jaar gelede nog n hoe persentasie blanke kinders gehad het. Nou amper geen en die jaar geen afrikaanse graad 1 klasse nie. Hulle lag vir ons in hul mou want elke keer wys dit ons is n swak sagte nasie. Een wat amper geen teenstand kan bied nie. Al wat ons kan doen is om so vinnig as moontlik te se dat ons vergewe. En jammer as ons iets verkeerd gese het. Of die tipiese grootpratery soos laat hulle dit met MY probeer, belaglik. Ons aanvaar maar net alles. Ons nasie is die kinders wat elke dag op die speelgrond geboelie word en ons sit in n hoek en se net heeltyd jammer vir alles. Swart mense sou nie so iets geduld het as dit omgekeerd was nie. Hulle maak n groter saak van hoe kinders in n klas sit as wat ons maak oor n familie wat wreed op n plaas vermoor word. Ons was nog nooit sulke push overs nie. Hoekom is ons nou?

MCK ·

Dit maak my so de dinges in dat daar mense is wat nie kan wag om die “rassekaart” uit te haal en weer die arme perd verder holrug te ry voordat hulle verdere ondersoek ingestel het nie.
Net een foto is gebruik om weer blankes te veroordeel en uit te skel, maar die volgende foto word glad nie deur hulle genoem nie.
Was dit nou dat getalle andersom was en dit meerderheid swart kinders wat met 4 wit kinders wat apart sit, sou die wit kinders ook weer veroordeel geword het omdat hulle nie wou meng nie.
Hoe gaan ons land se mense ooit leer om saam te staan as die rassekaart uitgepluk gaan word vir alles wat skeef lyk?

Charles Skeen ·

Kom AFRIFORUM, hier is nou ‘n geleentheid om die bul by die horings te pak. Vervolg nou een keer die persoon wat die hele herrie begin het met vals inligting!

Uitverband geruk regtig ·

Ek wil net se ek self was destyds 1998 in n wit afrikaanse hoerskool en da was so n paar ander kleurlinge ook, en van natuur verkies kinders om saam jou “maatjie” te sit wat jy onmiddelik mee gemaklik voel, so dalk het die kinders self besluit om saam te sit…wie weet….en tog soos die tyd aangaan het ons almal wit en kleurlinge goeie pelle geraak ongeag langs wie jy sit. So ek dink dis heeltemal uitverband geruk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.