Schweizer-Reneke: Politiekery ten koste van onderwysers en leerders

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Noordwes se LUR vir onderwys, Sello Lehari, moet ophou om politiekery te maak van die situasie by die Laerskool Schweizer-Reneke en die Hoërskool Stilfontein, en dit sal die DA loon om oop kaarte met die publiek te speel oor hul aandeel in die Schweizer-Reneke-debakel.

Deurdat Lehari weier om die verslag rakende die Laerskool Schweizer-Reneke bekend te maak, en telkens weer te bespiegel oor moontlike verdere skorsings weens gewaande rassisme, bly hy olie op die vuur gooi wat groot skade aan rasseverhoudinge in Suid-Afrika aanrig.

Die VF Plus daag Lehari uit om sy verslag onmiddellik bekend te stel sodat personeel by die skool sekerheid kan kry oor hul onmiddellike toekoms of om teenaksies te beplan indien nodig.

Wat die DA aanbetref, is dié party skynheilig om nou te wil terugkrabbel oor hul aandeel in die situasie. Die DA weier nou om sy jeugleier, Luyolo Mphithi, te repudieer en te dissiplineer oor sy optrede en probeer die indruk skep dat hy na die skool gegaan het om die feite oor die aangeleentheid vas te stel.

Die waarheid is dat hy hom dadelik oor die voorval uitgespreek het. Dit is opgevolg met ʼn verklaring van die DA se leier in dié provisie, Joe McGluwa, waarin hy ook die voorval sonder meer as rassisme bestempel en veroordeel het.

Indien die DA nou sê die betrokkenes het gegaan om die feite vas te stel, maar dit nogtans summier as rassisme bestempel het, beteken dit dat dié party, net soos die ANC, politiekery daarvan maak ten koste van die onderwysers en leerlinge.

Die standpunt van die VF Plus is dat alles moontlik gedoen moet word om kinders van alle rasse wat pas met hul skoolopleiding begin het, nie aan die trauma van ʼn rasse-debakel bloot te stel nie.

Die gebeure onderstreep ook die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig waarvoor die VF Plus hom beywer sodat kommunikasie, ongeag kleur, die kriterium moet wees in ʼn onderwys-omgewing.

Om die probleem van protesoptogte by skole stop te sit, het die VF Plus verlede jaar ʼn privaatlid-wetsontwerp ingedien om die Wet op die Regulering van Openbare Byeenkomste te wysig om enige optog of betoging binne 500 m van enige skool of ander instansie waar minderjariges teenwoordig is, onwettig te maak.

Die VF Plus se wetsontwerp sal vanjaar in die parlement se polisiekomitee bespreek word sodra die parlement open. Groenewald sal saam met Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, die saak stel oor waarom die wetsontwerp wetgewing moet word.

Laerskool Schweizer-Reneke beveilig

Ná die onaangename gebeure wat die afgelope twee weke by Laerskool Schweizer-Reneke afgespeel het, het die gemeenskap AfriForum genader om hulle te help om dié skool te beveilig. AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het op Maandag 14 Januarie 2019 beheer van die skool se veiligheid geneem en ook ’n span van High-Risk Sekuriteit vir ondersteuning betrek.

Die AfriForum-gemeenskapsveiligheidspan het groot lof vir die optrede en bystand van ouers en ander lede van die Schweizer-Reneke-gemeenskap. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die departement van onderwys was egter glad nie behulpsaam nie en het boonop die veiligheidsmaatreëls probeer kortwiek. Ten spyte van dié teëkanting is die situasie ontlont, en teen verlede Donderdag kon die skool se hekke weer oop staan.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, was dit voordelig om eksterne veiligheidsmense, wat nie emosioneel by die situasie betrokke was nie, te betrek: “AfriForum en High-Risk se spanne het uitstekende ondervinding en kon die situasie goed lees en gevolglik optree. Hulle het ook leiding aan die gemeenskap gebied. Ons is baie trots op hierdie span en die goeie werk wat hulle doen.”

AfriForum het die gemeenskap verder gehelp deur berading vir die betrokkenes te reël. “Daar is heelwat mense, veral kinders, wat erge trauma beleef het en AfriForum wil ook graag daarvoor ondersteuning bied,” het Pretorius bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anoniem ·

Raak ontslae van Lehari ! Laat hy Homself besig hou om die Put toilette toe te gooi anders is daar nog ‘n tragedie !

Jan ·

Die DAis net so agterbaks en onbetroubaar sois die ANC en EFF

Ww ·

Ek hoop net dat almal in die gemeenskap sal aan sluit by AfriForum, maar ook so mense in ander gemeenskappe

Koos de Meyer. ·

Da, jammer nie vir my nie. Hulle wys hulle ware klere.

Anoniem ·

Nou vorder ons, hulle gaan rooi gesig in die hoekie staan !

Koos de Meyer. ·

Da, jammer nie vir my nie. Hulle wys hulle ware klere. Wat het die jeugleier nou eintlik daar gaan soek. Net moeilikheid.

aj ·

Mooi so Afriforum en High Risk!

Wat was die veiligheidsmaatreëls wat ingespan is? Dit kan handig te pas kom in soortgelyke situasies.

Soos die verkiesing naderkom gaan die desperate ANC, EFF en DA nog baie soortgelyke publisiteitsfoefies probeer skep.

Philip ·

DA julle het opgemors en i.p.v. om die DA jeug leier te skors soek julle verskoning. Die IVP + sal my stem wen hierdie slag.

Frik Lotz ·

Dankie aan Pieter Groenewald en VF Plus. Enigste party wat nog waardes en beginsels het en werklik mense se belange op die hart dra en onbeskaamd veg vir ons regte. Nee wat,bly weg van die DA en stem eerder VF Plus.

se maar net ·

ek probeer al 3 maande aansluit by VF+ maar nie moontlik nie. Geen reaksie op my versoeke nie en in Worcester is VF+ dood

CJ ·

Dis verkiesingstyd, en hoog tyd dat minderheidsgroepe nou saamstaan, en geskiedenis maak. Vergeet van die partye wat “ons belange” so “hartroerend” op die hart dra, en laat ons vir een keer met ons oortuigings en ons geloof, en in lig van klinkklare realiteite, almal vir n minderheidsparty stem wat werklik vir ons ALMAL omgee en sinvolle, haatvrye verandering wil teweegbring . Onverwags kan ons minderheidsgroepe dalk ten minste n nuwe opposisie skep wat n vreedsame, regverdige, maar ferm opposisie kan bied. Lee beloftes en mooi praatjies net om ons, maar daarna ons mense stelselmatig uit hulle leierstruktuur te verwyder allerhande bewerings, beskuldigings en sogenaamde tugstappe, en onregverdige, plofbare uitsprake lewer in n samelewing wat veronderstel is om mekaarcte ondersteun, in ag te neem en hande vat om van ons land n beter plek te maak, nee wat. Dis tyd vir regte en sinvolle veranderings wat eerlik ALLE Suid Afrikaners se belange op die hart dra. Ja, die van meerderheidsgroepe, MAAR OOK die van minderheidsgroepe wat baie hard werk in die landbou, handel en nywerheid om te probeer om die Suid Afrikaanse ekonomie en maatskaplike harmonie te probeer realiseer. Ons het almal n reg op n vreedsame bestaan! Dit is ware demokrasie! Dis tyd. En die demokratiese geleentheid is nou daar.

Onderrok ·

Lekker hang die DA se onderrok uit so kort voor die verkiesing. Dit bewys net weer eens ek is reg as ek sê hulle is rassiste en ek sal nooit weer vir hulle stem nie

Willie ·

Alles in die land is rassisme, BEE, BEEE, werekers in winkels, maar die wittes koop daar… Ons moet begin om besighede te ondersteun wat ons mense werks geleenthede gee… Jy mag nie eers mee jou kar se wiele politoer gee nie, dans dit ook verkeerd!

Johann M van Heerden ·

Dit lyk my die VF is die party om voor te stem. Hulle moet nie weer in die slaggat trap om een of ander adjunk minister possie te beset soos Mulder gemaak het nie. Wees ware opposisie en rasismeloos. Ons dringend ‘n ander politieke tuiste nodig.

Pierre ·

Die politiekery in die land speel ‘n groot rol en is hierdie presies ‘n voorbeeld van die ideologie wat deur die ANC, EFF, BLF en ook nou die DA gebruik word om stemme voor die verkiesing te wen. Die holrug geryde proses waar ‘n minderheids groep soos die blanke altyd uitgewys word as die “Culprit” wys op die vrese en onsekerheid wat daar onder die swart kiesers heers oor wat die blanke van hierdie land dalk kan vermag. Hierdie Juffrou word gekruisig sonder ‘n regverdige verhoor, snaaks dat daar so min gese word oor die swart pa wat haar net lof toegeswaai het. Coligny is ‘n ander toffie, want nou kom die waarheid uit oor ‘n getuie wat in ‘n hof gelieg het. Die regering doen alles in sy mag om die blanke in alles te beswadder net om hulle eie foute en bedrog te verdoesel. Die slagspreuk van Eendrag maak Mag spreek nou tot ons en is dit nou die tyd om op te hou politiek te speel en hierdie land met minderheids groepe wat ongeag ras of kleur ‘n verskil te wil maak weer tot hoogtes te stuur waar ons was as n’ land met repek, morele waardes ens. Kom VF+ neem die voortou en wys dat ons ver beter is as die alewige binnegevegte in ander partye, ek dink ons sal verbaas staan oor hoeveel van hierdie ander partye wel sal saamstaan in ‘n ware nie-rassige regering in SA.

Hans ·

Is verstom oor die DA leierskap se reaksie tov die jeugleier se optrede. Die DA se leier het ook nog nie om verskoning gevra òor sy uitlatings teen wittes tov die Mnet sage-hoop die kiesers van Noord-Wes sal gepas teen DA optree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.