Schweizer-Reneke: Solidariteit kom met regstappe

Dr. Dirk Hermann. Argieffoto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit sal Dinsdag ʼn gesamentlike mediakonferensie met die geskorste onderwyseres van Schweizer-Reneke, Elana Barkhuizen, in Centurion hou oor die onlangse gebeure by die Laerskool Schweizer-Reneke.

Solidariteit sal dan regstappe aankondig om die onregmatige skorsing van Barkhuizen op te hef. Die vakbond sal ook sekere stappe aankondig na aanleiding van die optrede van Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys.

Volgens dr. Dirk Hermann, Solidariteit-bestuurshoof, het Lehari se “oorhaastige, populistiese optrede” daartoe gelei dat Barkhuizen onregmatig en onskuldig geskors is.

As hy die ander kant van die saak gehoor het, sou hy tot ʼn ander gevolgtrekking gekom het, meen Hermann. “Hy het haar egter in boendoehof-styl voor ʼn opgesweepte massa aangekla en skuldig bevind.”

Solidariteit sal ook op die mediakonferensie stappe aankondig teen die politieke partye wat die voorval misbruik het.

Barkhuizen sal ʼn kort verklaring aflê, maar nie vrae beantwoord of ʼn onderhoud toestaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Kasper ·

Ai, hierdie is soos om na ‘n engele koor te luister. Dit is presies wat moet gebeur. Voeter hulle op tot by oom Daan in die kallerhok. Sol julle moet sommer die een wat die foto’s die eerste keer uitgestuur het op SM sonder die ouers se toestemming om die ras herrie te ontketen, ook dagvaar. Sy/hy het soveel skade aangerig en ook ‘n baie goeie onderwyser se loopbaan baie skade aangedoen. Vanaand gaan ek met ‘n smile bed toe, want ek weet Sol sal dat geregtigheid geskied. Welgedaan julle!

Cherokee ·

Tensy jy bedoel het ‘skop hulle tot by Oom Daan in die kallerhok’, is die woord waarna jy soek ‘foeter’.

Ontnugter ·

Sover dit my aangaan, moet hulle by die DA begin met regstappe. Vir al wat ons weet het hierdie onderwyser vir hulle gestem…nou sien mense wat dit beteken. Die ANC en EFF gaan altyd so optree. Iewers moet mense besef, al sien jy nie kleur nie, jou velkleur word raakgesien en sal teen jou gebruik word. Geen liberale snert kan enige iemand tot enige ander insigte bring nie. As minderheidsgroepe nie nou saamstaan binne een blok nie kan ons net sowel boedel oorgee en klaar kry. Stem VF+!

Melanie ·

Ontnugter, ek stem 100% saam met jou. Die DA is nou ewe skieklik tjoepstil oor hierdie storie. Dirk Hermann moet nie skroom om die DA aan te vat nie!

Marietjie Blignaut ·

Stem volmondig saam. Die DA het ook nou genoeg kere saam met ander die Rassekaart gespeel. Genoeg is genoeg!

Cherokee ·

Waarom het dit julle so lank geneem om deur die DA te sien?

Johan H. ·

Waar kan ek nog geld skenk,waar net witmense baat,telank voor die lot geja en amen!!!

Cherokee ·

Sal vir jou ‘n banknommer stuur. Hierdie witmens sal kan doen met ‘n Ford Ranger.

Magda ·

Ek dra sommer NOG R100 by vir solidariteit. Ek hoop julle wen.

SANDRA ·

Ek hoop net dat die ouer wat die ding begin het, ook vervolg gaan word.

Andrea ·

Ja, asb, Solidariteit, maak n saak teen die ma op grond van die Popi-wet. Dit sal n goeie teen-aksie wees om sulke gedrag bietjie in die bek te ruk.

madels ·

Stem saam, wat hierdie ma gedoen het is absoluut skandelik! Sy moet aangekla word vir naamskending en die feit dat sy soveel kindertjies se gesigte gewys het op sosiale media. hier moet geen steen ongeroer gelaat word nie

Johann M van Heerden ·

Ja. As jy ‘wit’ is moet jy versigtig trap in die nuwe SA. So beland iemand onskuldig in ‘n groot gemors. Dit laat mens vra of ons nog in die nuwe land hoort. En hoe ons dit verder moet hanteer en ons self moet beskerm.

Deloris ·

Dankie Solidariteit… maak n goeie voorbeeld van die skuldige partye.

Skote Petoors ·

Neuk hulle goed op Solidariteit, sommer die DA ook omdat hulle die hele ding begin het.

Al ·

Dankie Solidariteit, ons staan bankvas agter jou.
Populiste en druk om daaronder mee te gee, moet gestop word.
Alle voorspoed

Paul ·

Die kruks van die storie is as Cyril Ramaphosa die verdagmakery teen die wit mense stop, wat deur Zuma, eintlik Mbeki, begin is en ‘n aansporing vir die opruiery van die ANC se jeugliga en die EFF teen die blankes is en waaraan die DA nou en dan lustig in hul uitsprake van rassisme meedoen, als om eie tekortkominge te verdoesel, sal ons dalk ‘n normale land kan raak.

Ons moet net onthou die ANC, hul jeugliga veral, die EFF, die DA jeugliga voel ‘n veer of hulle populisties is, hulle gryp die geleentheid aan,ry daai golf, blaas die vure aan, voor die werklike waarheid bewys is en na vore kom, waarin hulle in alle geval nie belangstel nie, beveg dit met hand en tand.

So bereik hulle hul ondersteuners en trek hul slagspreuke die wêreld vol onder die gejuig en aanmoediging van hul ondersteuners. Al wat koerant is berig daaroor, radio- en TV stasies, hulle kry dus gratis blootstelling, en teen die tyd dat die werklike waarheid uitkom, maak dit vir hulle nie ‘n vaal kol nie, want hulle het in die eerste instansie bereik wat hulle wou. En die volgende keer gebeur dit maar net weer.

johan van der mescht ·

hulle sal saak wen maar skade klaar gedoen…ons sal sien nou sal daar in die media niks gese word nie, hoop maroaela hou ons op hoogte

Felix ·

Jy moet versigtig wees. James Watson, ‘n Nobel pryswenner, hy is nou al 90 jaar oud, het iets in dier voege in die dae kwytgeraak (hy was onder andere verantwoordelik dat DNA uitgevind is) hy is nou in die dae van sy Nobelprys gestroop.

Esaias ·

Genoeg met die klomp ” ongeskoolde……, solidariteit gaan tot heel bo en maak ‘n voorbeeld asb, ek bly net hier, dis my land en ek het ‘n reg om te sê en doen soos wat sekere goed gesê word!

Philip ·

Gee hulle gas Solidariteit. Ek het foto op FB gesien waar die kinders wel geintigreer was. Maar toe moes DA harldloop met die foto waar sy nog besig was om die kinders reg te skuif. Swak. Stem nie weer DA nie

Robert ·

Hoekom moet ons integreer? – kort voor lank as jou seun/dogter nie met ‘n anderkleurige trou nie word jy gebrandmerk as ‘n rassis. Word wakker!

Sons ·

Phillip, ek stem saam met jou, die DA het my stem ook verloor. Ek weet klaar vir wie ek met die volgende verkiesing gaan stem. En dit gaan beslis nie die DA wees nie!!!

FM ·

Mooi Dirk. Ek dink daardie Lehari dink hy was die hero toe hy die ondereyseres geskors het. Vir daai aksie gee ek hom 1 uit 10. Hy wou goedkoop politieke punte score. Sy broek bewe as hy hoor van Solidariteit, Afriforum, VF Plus. Looi hulle. Mense wat justice voorstaan, sal julle ondrsteun asook mense met verstand. Sterkte.

FM ·

Mooi Dirk. Ek dink daardie Lehari dink hy was die hero toe hy die ondereyseres geskors het. Vir daai aksie gee ek hom 1 uit 10. Hy wou goedkoop politieke punte score. Sy broek bewe as hy hoor van Solidariteit, Afriforum, VF Plus. Looi hulle. Mense wat justice voorstaan, sal julle ondrsteun asook mense met verstand. Sterkte.En help asb om die geskorste onderwyseres om nie moed op te gee of te bedank nie.

Riaan ·

Roer hulle Solidariteit. Ons almal weet wie is die ware rassiste in hierdie storie.

David ·

En om te dink die DA, nie die ANC nie, nie die EFF nie, nie die BFLF nie, maar die DA het hierdie hele onregverdige beskuldiging begin. Dalk was Patricia de Lill tig reg ne?

Stef ·

Sal een van die talle welsprekende DA lede op hierdie forum ‘n bietjie verduidelik om watse rede die DA die “insident” so verkeerdelik aangepak het? Asseblief

gasgee ·

ons moet nie dink dat jy as alleenpersoon is jy nie ook iets kan vermag nie. ek het al alleen in persoon teen dinge opgetree en het n verandering gemaak. ek is nou weer besig om alleen teen n munisipaleteit op te tree. ek gaan nog moontlik by die ovg eindig
wat reg is was nog nooit verkeerd nie. as jy feite het om te kan bewys, moet nie bang wees nie. doen jou ding

Elvira ·

Vandag se mense ly mos aan vervolgings waansin. Kan nie lewe as hulle nie kan nuus aandra nie.

Jem ·

Ek voel wette moet gewysig word. Leerlinge moet in hul eerste. Taal ondrrig word. Politiek moet absoluut geen rol speel in onderig nie. Somige van die kinder sal glad nie Afrikaans of Engels kan praat nie. Politiek behoort geen rol tr speel nie

Esme ·

Ek bid net dat geregtigheid sal seevier God weet stem nie DA die jaar nie

Diefie ·

Baie dankie Solidariteit, ek glo sterk dat die saak ‘n deurbraak sal wees. Elana staan sterk meisie en moenie moedeloos word nie. Ek is trots op jou.

pb ·

Kan ons die DA se kommentaar kry op hierdie gebeure.. spesifiek Musi sn?

waarheid1 ·

Dankie Solidariteit!
Ek is so trots dat ek aan julle behoort!!
Ek verkondig die luid aan almal!!!

Jeremia ·

Dit begin lyk asof die klomp wat soontoe gehardloop het reeds begin watertrap.
Dis nou te oordeel aan berriggewing elders.
Solidariteit moet sommer in hierdie saak in besonder kyk na die vermeende objektiwiteit van die MRK.

bgj van der westhuizen ·

kla aan die da / die vrou wat die foto gestuur het ook

Sue ·

En wat het gebeur na die Clicks-voorval? Die arme vrou is gedreig en sleggesê deur die EFF en sy trawante. Hulle wou haar huisadres hê om daar amok te gaan kom. Toe daar niks van kom nie, was hulle skielik tjoepstil. Vinnig om soos kleuterskoolkinders op te tree as dit hulle pas, maar die woorde “we’re sorry” sal nooit uit hul monde kom as hulle verkeerd is nie. GEEN emosionele intelligensie nie.

GP ·

Kla die individu wat alles begin het direk aan. Kla haar aan vir krimen injuria (spelling?) en verlies aan inkomste. Slaan die opstokers so hard moontlik, dan ook die klomp wat die privaat eiendom betree het en moeilikheid veroorsaak het. Daar moet video material wees om hul uit te ken. Konsetreer op die individue.

Deur organisasies aan te kla het nie dieselfde/ geen effek nie.

Sanet Tullues ·

Eintlik so hartseer, dit is hoe die jaar begin was hoopvol dat almal ten minste mekaar met respek hanteer al het almal van ons veskillende velkleure, kulture ens… maar hierdie dit was nou veroorsaak deur een siek ouer wat in elk geval nie met die regte gesindheid hulle kind in ‘n skool geplaas het met meederheid wit kinders, ek wonder of dit nie alreeds met voorbedagte rede was nie? Ek kan nie verduidelik hoe teleurgesteld ek in die DA is nie, met reg.. waar is julle nou? Hoekom so stil? Julle sit met ‘n eier op julle gesigte, onthou net ons is nie ‘n groot volk nie, maar ook nie onnosel nie en vergeet nie maklik nie.

Petro ·

Die hele ding is uit verband geruk en almal wat almal is het op die wa gespring. Die juffrou kyk sonder ‘n kleurbril na die kleingoed. Sy het toebroodjies gemaak vir honger magies en toe kry sy ‘n skop in die maag. Die feit dat die DA die voorsanger was het my laat besluit dis tyd om vir ‘n ander instelling te stem. Juffrou, alle heil en seen vir jou. Jammer dat jy so wreed geruk mos word na die werklikheid. Moenie dat die geval jou pragtige hart verhard hart nie. Ons het meer onderwysers soos jy nodig.

Nicoline Becker ·

Die verkiesing gaan nie oor waarvoor elke party staan nie maar wel om die meeste stemme onder een party verenig te kry om n goeie opposisie as teenvoeter vir die heersende party te kry. As ons dink ons gaan ooit weer iets bereik sonder om saam te staan leef ons in lululand!

Judge Dredd ·

Verkeerd – Koalisies is die antwoord – die DA het vir jou gelieg toe hulle se dat om te stem vir kleiner party nutteloos is.

Piet ·

Dankie Solidariteit. Ek hoop julle dagvaar die departement ook siviel vir emosionele skade aan onderwyseres gedoen

Sandy ·

Ja, ongelukkig woon ons in ‘n plek waar jy jou “p’s and q’s” moet dophou. Want die veroordeling oor wat gesien word as “rassisme” is ongelukkig eensyds en dan word die hele storie uit proporsie geblaas oor net een persoon se verkeerde siening en uitlating oor die situasie. Gelukkig het ons Solidariteit. Ek hoop hulle kan die onderwyseres, ek het gister die brief gelees, se skorsing tersyde gestel kry, want dit klink vir my of die skool haar broodnodig het. Voorspoed Mev Barkhuizen, moenie laat sulke voorvalle jou kniehalter nie. Miljoene staan bankvas agter jou.

Stuiwer ·

Die DA se stilswye is kommerwekkend. Die ondeurdagte populistiese optrede om kiesers te lok gaan backfire.
Die getal kiesers wat hulle van die ANC wil wegrokkel sal minder wees as die kiesers wat DA sal verlaat.

MyOpinie ·

Wat van regstappe teen die ma wat die fotos van kinders wyd op Sosiale Media versprei het? Sy het die wet oortree en mense se lewens in gevaar gestel en praat nie eers van naamskending van die juffrou en die skool nie.

DeVill ·

Sal MM vir ons kan berig oor wat gebeur het met die media verklaring?

Dit is glo alreeds afgehandel.

Elske ·

Wanneer sien ons die naam en foto van die ouer wat die hele ding begin het? Indien die onderwyseres onskuldig bevind word, is dit naamskending en die ouer moet verantwoording doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.