Scopa wil Steinhoff, PIC tot verantwoording roep

Argieffoto: ANA

Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) het Maandag gesê hy is van voornemens om uitvoerende lede van die beleërde Steinhoff en die Public Investment Corporation (PIC) vroeg volgende jaar tot verantwoording te roep voor LP’s.

“Die parlement kan maar nie net ʼn toeskouer wees in dié drama nie, terwyl die wette van die land, etiese gedrag en werkers se pensioene verlore gaan weens die roekeloosheid en korrupsie van die superrykes,” het Themba Godi, voorsitter van Scopa, in ʼn verklaring gesê.

“Hierdie hebsug van senior uitvoerende lede in die privaat sektor is ʼn aanduiding van die omvang van immorele gedrag onder Suid-Afrika se elite.”

PIC, wat staatsamptenare se pensioenfondse bestuur, se markwaarde van sy 8.56% aandeel in Steinhoff, het van ʼn geraamde R20 miljard gedaal tot ongeveer R2 miljard toe aandele verlede week verkoop is ná nuus bekend geword het van rekenkundige onreëlmatighede by die wêreldwye handelaar.

Godi het versoek dat die tesourie strenger optree in sy veroordeling van die skandaal en gesê hy sal met LP’s op die staande komitee van finansies praat oor hoe hulle Steinhoff en PIC tot verantwoording kan roep.

“Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeure (Irba, alhoewel hierdie liggaam ondoeltreffend is) en die Raad op Finansiële Dienste (RFD) moet dringend ondersoek instel,” het Godi bygevoeg, en gesê uitvoerende lede van hierdie rolspelers moet na die parlement ontbied word. “Suid-Afrika se reputasie het skade gelei weens politieke en korporatiewe korrupsie. Alle progressiewe en patriotiese Suid-Afrikaners moet hierdie dade tot ʼn einde bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan Britz ·

Nou hoekom is almal nou so haastig om dit te ondersoek en te veroordeel? Maar die afgelope paar jaar se bewyse van staatskaping kon nog weinig reaksie ontlok! Dalk omdat hulle nie deel in die buit nie? Mens kan maar net wonder.

Boesman ·

Gaan kyk gerus na PIC se nuwe kantore by Menlyn Maine in Pretoria. Daardie kantore moet miljoene rande per jaar kos. DIS nou waar ons belasting/pensioen fonds geld gemors (of eerder weg gesmyt) word. Die hemel weet hoekom hulle soontoe moes skuif van hul vorige kantore minder as 2km weg. So sal een vir een van hierdie skelm honde hulle dag kry.

hoepel ·

mens kan amper sweer steinhoff is in blanke besit of onder blanke direksie.

Eish ·

Indien dit op dieselfde trant verloop as die Eskom ondersoek, mag dit n interressante kykie bied na die direkteurs insette in die debakel. Volgens vorige berigte was hier ” rolmodelle, kapteins van die industrie en kundiges” betrokke.
Ek vertrou dat hul ons vertroue waardig is en dat dit nie blyk dat hul voete van klei het nie. Hierdie klas kundigheid verdien minstens R10 000 per direkteursvergadering, hul dien op die direksie van verskeie maatskappye en maak geld soos bossies.

Manna ·

Hierdie ouens hoort in tronk of hulle wit of swart is, is irevelant.

Andre ·

Verrassing vir Godi – Suid Afrika het ‘n reputasie vir korrupsie – te danke aan die ANC is ons wêreld leiers. Wat het SKOOR tot nou toe gedoen oor korrupsie, niks behalwe ‘n verslae? SA was voorheen bekend vir uitvindings wat nou baie min gebeur. Waaroor is hy bekommerd? PIC mors nog altyd staatsamptenare se pensioengeld – gaan kyk na hulle nuwe kantore in Menlyn Maine (hoekom so graag daar) en die motors wat daar staan, kyk in watter BEE maatskappye “belê” hulle jul geld met geen opbrengste, selfs in E-Tol, dis hartseer. Die probleem is ook dat die staat se pensioenfonds nie onder dieselfde wette beheer word soos die privaat maakskappye – want die staat sal pa staan vir enige verliese met belastingbetalers geld. Dis ook maklik vir geld om weg te raak in SA as ‘n fonds amper ‘n 2 triljoen in het. Wat is die groei?

BRAY RABIE ·

Niks snaaks nie ons is mos die hoofstad van die wereld wat bedrog betref.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.