Sê jou sê oor Madiba-standbeeld

Die Kaapstad-stadsaal Foto: Maroela Media

Die Stad Kaapstad het met ʼn openbare deelnameproses begin oor die voorstel om die lewe van wyle president Nelson Mandela te gedenk met ʼn standbeeld en uitstalling by die stadsaal.

Die voorgestelde projek, die standbeeld en permanente uitstalling, vorm deel van die nasionale bevryding-en-erfenisroete, ‘n inisiatief van die Nasionale Erfenisraad en die nasionale departement van toerisme.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid, het gesê die voorstel is ingedien dat ʼn standbeeld van Mandela op die balkon van die stadsaal geïnstalleer moet word, waar Madiba sy eerste openbare toespraak gelewer het nadat hy op 11 Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis vrygelaat is. “Ongeveer 50 000 Suid-Afrikaners het oorkant hierdie balkon op die Parade bymekaargekom om Madiba se vrylating te vier.”

ʼn Permanente uitstalling word ook voorgestel by die stadsaal met oudiovisuele toerusting en interaktiewe uitbeeldings om Madiba se nalatenskap te herdenk en die organisasies en mense wat betrokke was in die vryheidstryd te vereer.

“Die stadsaal val binne die nasionale bevryding-en-erfenisroete, maar bitter min is nog gedoen om die waarde van dié landmerk en die belangrike gebeure wat in 1990 hier plaasgevind het, te beklemtoon,” het Herron verduidelik. “Die doel van die voorgestelde permanente uitstalling is om die stadsaal te omskep in ʼn gewilde toeristeaantreklikheid waar besoekers die gebeure kan visualiseer en ʼn volle belewenis kan hê van ons reis na demokrasie.”

Die voorgestelde projek sal ʼn gesamentlike poging wees tussen die Stad en die Wes-Kaapse departement van toerisme en kulturele sake en die departement van sport.

Die Wes-Kaapse regering het ongeveer R3,5 miljoen begroot vir die finansiering van die projek en die Stad R1,3 miljoen vir bedryfskoste, insluitend volgehoue instandhoudingswerk van die uitstalling en standbeeld.

Die publiek word nou genooi om kommentaar en insette te lewer tot 21 Mei 2017.
Stuur ʼn e-pos aan [email protected], besoek www.capetown.gov.za/haveyoursay of stuur ʼn brief aan Die Bestuurder: Openbaredeelname-eenheid, Posbus 298, Kaapstad, 8000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

snipes ·

elize almal in SA was slagoffers van apartheid. dit was op ons neergedwing nes die bbbee en ekonomiese transformasie van nou sonder dat ons gevra het daarvoor.

Joe Hall ·

Sal nog ‘n goeie rede wees waarom Slaapstad laaaaankal nie meer op ons besoekerslys is nie.

Phoebe de Villiers ·

Ons sit reeds met ‘n rommel status en moet al meer en meer opdok vir dom besluite. Waarheen kan ons nog afsak, as geld wat ons sake kom, so gemors word nie. Petrol gaan reeds op. Volgende gaan definitief belasting wees, om so gemors te word?????

Alida ·

Geld mors. Wat van ons eie historiese standbeelde wat bemors en verwyder word.

Michael ·

Mandela het ‘n standbeeld in Santon en by die Unie gebou maar Elize niks verhoed jou om nog een by jou tuiste op te rig nie met jou geld natuurlik

Jaco ·

Stem! Ons moet nou ons prioriteite reg kry – infrastruktuur vir armes is van veel groter waarde.

As dit dan moet, skuif die hele gedoente Robbeneiland toe. Dan kan toeriste die hele ervaring op een gesentraliseerde plek ervaar. Niemand gaan tog nou toer van die een ding na die ander nie.

Elk geval begin meer en meer van die buiteland deur die glans van Mandela se beeldpoetsers sien en word hy meer en meer gesien as die kommunis wat hy was.

Ralph ·

Lees jou bybel m.b.t. afbeeldings & then grow up. Dit geld vir ALMAL indie land en wêreld.

Hendrik ·

hoeveel madibas nog in bloemfontein.
belaglik. die voorsteller wil nou maar net op die voorgrond wees en weet hoe om dit op n beter manier te doen

Hennie Erasmus ·

Genoeg is genoeg. Kry prioriteite in orde en lewer n diens aan almal. Hou op om die politieke speelveld te gebruik

Essie ·

Met alle respek & liefde.
Daar is mos alreeds die mooiste standbeeld op die W&A water front.

Daar is genoeg ·

En ‘n massiewe een voor die Unie geboue, het julle hom al gesien .. dis seker die grootste standbeeld wat ek in baie jare gesien het .. dis ENORM.

Cryosphear ·

Wonder wanneer gaan hulle ‘n standbeeld van Stalin oprig? Dis uiteraard waarna die ANC swoeg van die begin af.

Johann ·

DIS nou terwille wees, terwyl Houtbaai en die plakkerskampe brand. Gee eerder aandag aan jul watertekort, bou nog damme, die mense gaan nie water kry deur na Nelson te kyk nie.

En as ‘n multiverdieping gebou brand, gaan julle genoeg waterdruk hê om dit te blus?

Rc ·

Madiba sou ook saamgestem het dat die geld aangewend word vir aremes of kinders.

Ouma ·

Aag! Maak met julle geld wat julle wil! Maar met ons belastinggeld!! Nee. Bou soveel standbeelde as julle julle wil! Plaas dit waar julle wil! Maar dink voor julle doen! Bou liewers huise vir arm mense dat hulle hierdie winter warm kan slaap en woon! Toe asseblief!

Herman ·

Nalatenskap????? Wat is sy nalatenskap as ek om my kyk sien ek net chaos en anargie. Los in die verlede wat in die verlede hoort en wend eerder die geld aan om n beter toekoms te bou.

Danie ·

Bou sommer langs hom `n standbeeld vir al die slagoffers van al die gruwel moorde wat die mense wat deur middel van hom vryheidgekry het teenoor ons mense pleeg.

Mike de Beer ·

Kyk “Tainted Heroes” dan kom mens vinnig onder die besef dat Mandela nie so vlekkeloos is wat die wereld hom maak nie. Ek sien nie die nodigheid van nog ‘n standbeeld van hom nie.

John ·

Een van die dae word kranse aan sy voete gele en mettertyd word hy ‘n kultusfiguur. Wat maak Mandela meer besonder as ander leiers voor en na hom? Het Kaapstad ‘n groot tekort aan toeriste-aantreklikhede? Dit word al lankal oordoen. Beelde van mense, tensy dalk ‘n klein borsbeeld in ‘n museum, is ‘n onding.

Johannes van Staden ·

Was hy so n saint as hy ook skuldig was daaraan dat hy plofstof geplant het wat onskuldige mense se lewens geneem het ?

Drikus ·

Ons kan die uitgawe nie bekostig nie. Gaan vir iets meer moderne, soos ‘n twee keer mensgrootte foto mooi geraam iewers teen ‘n goed geplaasde muur. Gaan kyk bietjie hoe subtiel dog treffend is regte fotos en kunsfotos van Chris Barnard by die Memorial Hospitaal in Kaapstad ter ere aan hom ingespan. Dit is hoe dit in ‘n moderne tydsgleuf gedoen moet word.

Se net ·

Die kaap is sonder water en jul wil geld mors om standbeelde te bou,lees die Bybel jul mag geen standbeelde bou om te aanbid nie want dit is presies wat jul wil doen

CHRISTA ·

Spandeer die geld liewer op behuising vir mense wat in plakkerskampe woon. Waarom is ons so behep met die dooies, maar terwyl mense nog leef en dikwels baie swaar kry, word hulle nie eers raakgesien nie? Ons moet ons prioriteite regkry!!!

Anoniem ·

Rig gerus die standbeeld op Robben Eiland op waar dit hoort. Die parlementlede kan dit met hulle salarisse befonds. :-)

foxi ·

Eerste ding…ons dien n jaloerse GOD.
pasop vir die (goue)beeld…..EXODUS 20:6……
Die tyd gaan kom wanneer daardie beeld sal begin praat…….wie wys is, sal verstaan wat hier gesê word. …..

lv ·

foxi jys reg mense luister nie geen beelde mag aanbid word nie soe ! Here asb vergewe ons land en sy mense somtyds weet hulle nie wat hulle doen nie!!!Amen

pbotha ·

Uitdsekende idee. Dis mos deel van ons huidige geskiedenis en moet as erfenis bewaar word.Ek is trots Suid Afrikaans en n groot fan van Madiba. Die wat reken toeriste sal nie na verskillende plekke reis om gedenktekens te besoek nie was duidelik nog nooit in Europa nie. Mense le km’s af om gedenkwaardighede te besoek. Great idee…maak ons weer trots

Boela ·

Mandela was die beste van ‘n spul patetiese ANC presidente. Nie juis ‘n prestasie nie…

Ano ·

pbotha, ek wil jou graag iets toesnou maar sal my weerhou. As jy so ‘n aanbidding vir die man het – maak ‘n “shrine” vir hom in jou huis. Dan hoef jy nie eers ver te ry om die ou te sien nie

Daleen Jansen van Rensburg ·

Duisende mense gaan slaap snags honger en koud . waarom n standbeeld opsit van n ontslapene. Igv ook n moordenaar gewees. Messina bom het onskuldige kindertjies laat sterf GELD MORS.

Manie ·

Die man het geen nalatenskap. Hy was n veroordeelde terroris en wou mense laat opblaas het. Die land het verval vandad hy aan bewind was

Bomme ·

Ja daar was ook nooit ‘n Kerkstraatbom nie, of ‘n St James Kerkbom nie, of ‘n Vermeulenstraat bom nie, hierdie nuwe regering van ons het nooit iets verkeerds gedoen of enige mense vermoor of bomme geplant wat ONSKULDIGE mense vermink en die lug in geskiet het nie .. ‘n Selektiewe geheue laat mense vir Verwoerd vloek en vir Mandela vereer, so min van die mense (veral die jonges) weet wat hy en sy makkers alles aangevang het en staan en huil by sy standbeeld en neem fotos van hierdie wonderlike man wat VERSOENING bewerkstellig het.

Johan ·

Ons kommunikeer onverantwoordelik en gebruik terms wat verdeel eerder as begrip wys. Elke woord wat ons se en skryf bou is n steen in SA se geskiedenis. Gaan gister se ervaring dan regtig altyd ons more bepaal.

Justice ·

Kaapstad is eerstens die verkeerde plek – druk die Mandela nalatenskap eerder in die ANC se keelgatte af by Luthulihuis sodat hulle die ANC huis en hulself in orde kan kry.

Leendert ·

Versoen nou die koloniale era, met Nelson. Hehehehe. Kom Maimane, Patricia en ander wysneuse, verduidelik dié ene.

Ali ·

Daar is reeds vele beelde van Mandela in Kaapstad – gebruik die geld tot voorde van armes ens en vernoem dit dan na Mandela. Hoekom almal nou behep is met beelde sal ons nie weet nie! En vir die prys????

buks ·

Dit is goed so maar skryf dan onderaan wat sou die lot van ons bankes gewees het as Mandela nie president geword het in 1994 nie. Ons demokrasie is uit koeripsie gebore en nou plik ons vrugte van die Mandelaboom. Lorrie vragte ANC stemme is vanaf Pietersburg weggery en vernietig sonder om dit te tel. Ruik julle die rot.

Dafer ·

Koop die een in Johannesburg op die swart mark en skuif dit Kaap toe.

snoefie ·

Patricia en da bly in julle baan. sou Mandela nog n standbeeld wou hê. hy sou julle vinnig vertel het daar is genoeg standbeelde en uitbeeldings van sy lewe. gebruik eerder daardie beoigde R4.8miljoen om n Nelson Mandela vleuel vur gevreesde siektes by die Rooikruis kinder te begin. watse bog is NOG n standbeeld en uitbeelding van sy lewe.

Rudi Willemse ·

Suid-Afrika se geskiedenis het mos by Mandela en sy aanbidders begin. Verwyder die kolonialiste se stanbeelde want hulle het tog niks vir die land ooit gedoen nie. Dankie tog vir die anc en eff want sonder hulle sou ons geen ekonomie if enige ontwikkeling ooit gehad het nie…

Tribbes. ·

Ja man!!! Sit die ding op!
Dan kan hulle hom aanbid en kyk of iets gebeur.

Elsa ·

Verhoog eerder SASSA, hersien hospitale, ouetehuis- subsidies, kinderhuise, Polisiestasies ,
beter salarisse aan Polisiemanne en vroue , beter busdiens roetes en treindienste herstel soos dit was om VEILIGte wees, sit kameras op by OTM’s om misdadigers vas te trek…dink oop kop

Zirk ·

Hier is my tong-in-die-kies, ongevraagde voorstel.;
Bou nou vir eens en vir altyd ‘n groteske standbeeld vir/van Madiba. Met sy linkervoet op Robbeneiland en sy regtervoet op Victer Verster tronk naby Paarl. Die beeld moet so hoog wees, dat dit nog duidelik sigbaar moet wees vanaf die Uniegebou in Pretoria. Die struktuur moet wooneenhede vir duisende gesinne kan huisves, tesame met die nodige infrastruktuur nl. skole, klinieke ens. Passasiers vliegtuie kan tussen sy bene deurvlieg om op die Kaapstadse lughawe te land of opstyg.
Die bouprojek kan werk skep vir duisende mense vir die volgende 50 tot 100 jaar. Terselfdertyd kan die Hottentots-Holland berge weggewerk word om meer plek te verskaf vir ontwikkeling en uitbreiding van die Kaapse vlakte. Die materiaal sal sekerlik benodig word vir die betonwerk van die reuse struktuur. Aangesien die beeld elke dag sigbaar sal wees vir meeste van die land se inwoners, sal almal tevrede gestel kan word en dit ‘n reuse toeriste attraksie wees vir buitelandse besoekers.

Ano ·

O vrek nee Zirk! EK is nie lus om elke dag in die terroris se gesig vas te kyk nie. Jou idee is oulik maar wraggies (tong-in-die-kies) – spaar ons arme siele om dit HEELDAG en ELKE DAG te moet aanskou

Ja sowaar ·

Hy is die een wat kill the farmer kill the boer gesing het.

Heidi ·

So baie geld om te mors op onnodige goed…help my eerder om my huis te red en werk te kry.

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Ou Erdvark. Baie mense kan kos kry en selfs huise met daardie geld. En dis nou mense wat amper geen water meer het nie!

Hennie ·

Henk so waar almal het al vergeet van die Kerkstraat bomme.

Anon ·

Rerig!!!!!!!!!!!!! Hoeveel standbeelde wil hulle nog van hom oprig… nee rerig, genoeg is genoeg……. ons hard verdiende geld so mors, gebruik dit liewers vir mense wat nie kos of bly plek het nie….

Standing ·

Hulle wil met allerhande onbenullighede rondspeel, kyk liewer dat jou mense, die lewendes genoegsame drinkwater kry en laat die dooies die dooies begrawe

Paul ·

Wat sal dit help, nog ‘n standbeeld? Mandela kan niks doen aan die gemors wat aangaan onder die ANC se bewind nie. Wonder baie keer of hy nie maar dieselfde pad so gestap het as Zuma nie.

Hans ·

Die beeld gaan veroorsaak dat mense mekaar weer gaan haat.Liewer n beeld van een van die big five.Beelde van mense wakker haat aan.

Recce ·

Alles goed en wel mense. Kyk na America wat als doen vir hulle troepe en oud veterans. Vader Robert McBride is n moordenaar wat deur Mandela aan gese is om n Kerk en n wategat te bombaardeer maar nou is hy n hero. Wat van di ou troepe wat hulle deel gegee het om di siwies veilig te hou. WAT VAN ONS WAT WAS OP DIE KAPLYN. Heigelaars man dis al se ek. 32 Betallion moes NOOIT ontbind gewees het ni. Maar is nog da. En ek wil sien wie gaan wa wees wane dinge weer gaan gebeur. Ons is te bekomerd oor nonsens plaas ons kyk na wat rerig aan gaan. Na al di plaas moord wat plaas vind. Na al di ongeruimdhede MAAR DIE WIT MENSE IS RUGRAADLOOS EN TE BANG OM ENIGE IETS TE DOEN.

Jef ·

Mandela word op hande gedra in Nederland want hy is hulle hero en daar is selfs n brug na hom vernoem Nelson Mandela brug.
Word in Nederland gesien as die beste president wat SA nog gehad het.

Erick ·

#Mandelamustfall
As Rhodes moet gaan en al die ander standbeelde kan syne maar ook gaan.

kabous ·

Dit dra geen belang in my lewe nie. Ek weet wie en wat Mandela was, en hy was geen Held in my oë nie. Ek het my feite, ons almal is geregtig op ons eie opinie maar ek weet van beter. Die samelewing verafgod ‘n dooiewese. Daar is net een God, en dis wat saak maak vir my en tweedens my Volksgenote vir wie ek sal sterwe.

Geldmors ·

Persoonlik dink ek dit is belaglik, daar is al genoeg standbeelde van die man. Wat vreemd is is toe die NP regering standbeelde opgesit het was dit verkeerd, en dit was afskuwelik en meeste standbeelde is of beskadig of moes AF, nou dat die ANC standbeelde oprig, nou is dit fine, nou moet ons die standbeelde van bomplanters en terroriste en straatname van terroriste eer en verduur, maar JG Strijdom moes verdwyn. Te vreemd dat dit wat iets verskrikliks was onder die NP party is nou geoorloof onder die ANC regering. Hulle doen maar presies wat die apartheidsregering gedoen het. Standbeelde, straatname, lughawens se name, geboue en stadions se name . dit is NET VERTEENWOORDIGEND van die ANC, nie een van daardie mense is verteenwoordigend van die minderheid (wat OOK belasting betaal nie). Ons geld word gemors om mense wat minderhede onderdruk te vereer. As Rhodes moes val en alle ander standbeelde vernietig, beskadig en verwyder moes word, sien ek nie hoekom sit ons alweer met ‘n klomp standbeelde wat net EEN groep in SA verteenwoordig nie.

Marietjie ·

No way !!!!!! Ek gedenk hom op geen manier nie!!! Ons het so baie jong seuns op grens verloor destyds om die kommunistiese terrorisme te beveg en vandag wil julle hulle herdenk!!! Daar is nie `n manier nie wat ek so iets sou goedkeur nie. Herdenk eerder ons jong seuns van destyds wat hulle lewens verloor het om `n verlore stryd te stry want vandag is ons land in die einste vyand se hande en Madiba was deel van die baasbrein agter dit. Julle kan my maar stenig, ek het geen liefde van enige aard vir Madiba nie, hy was `n moordenaar wat net so hard saam gesing om ons boere uit te wis toe hy President was. Almal dink die son het uit hom geskyn, mense staar hulle blind teen die gepoetste beeld en vergeet dat hy eintlik `n terrie was…

Recce ·

Marietjie jys my hero so bek moet jam kry. Eks n oud 32 Veteran en ek salute jou vandag. DANKIE.

Marietjie ·

Recce baie dankie en ek salueer ook vir jou vandag en elke dag hierna!!! Baie dankie vir wat julle manne vir ons land gedoen en beteken het. Julle is vandag vergete hero’s maar ek persoonlik het die wereld se respek en liefde vir elkeen van julle wat op `n baie jong ouderdom van seun na man gedwing is. DANKIE VIR JOU RECCE!!!

vermeende ·

Rommelstatus en Zuma oorweeg verskerpte grondherforming sonder kompensasie, baie, baie moeilike tye wat voor le en wag en die DA wil standbeelde bou en veroordeelde terroriste vereer.
Sal iemand tog die wit DA stemmer se oogklappe af haal.

Hoekom word die geld nie eerder gebruik vir n ontsouting aanleg nie????

Maggie Pringle ·

Ons mag nie afgode aanbid nie. Punt. Gebruik die geld om water in die Kaap provinsie se dorpe te laat vloei.

John ·

?.. hongersnood, armoede, ellende, pes, droogtes… Glo ons regtig dat dit nooit op ons mag toesak nie (nogal met die ongelowige Mandela as totempaal oraloor) al luister ons nie na die Hemelvader se opdragte nie. Iemand moet/sal Afrika altyd uit sy selfgefabriseerde dwase verknorsings help… ‘n Grootse skok wag op ons. Erge siektes steek reeds hul kop uit en ons regering spot met ons rommelstatus. Weet hulle nie dat rommel eintlik pes impliseer nie. Ons word gewaarsku… en ons rommel hoop op. Miljoene dooies is deur die eeue getel en navorsers waarsku oor nog een in die nabye toekoms.

jean ·

Blah,blah,blah……en so sal dit aangaan….geldmors van begin tot einde

SARIE VAN HEERDEN ·

Mandela was eens ‘n gehate man mar later jare ‘n besonderse mens wat ons land met liefde “regeer” het. Al die dinge wat in die verlede gebeur het was op hul tyd die aangewese om ons land vooruit te neem en dan gaan ek nie name noem en dan in die tronk gaan sit daarvoor nie. Maar die jare het aangestap. Ek dink as Mandela sou kon kies sou hy nie ‘n dooie standbeeld van homself wou he nie maar ‘n hospitaal vernoem na hom om diens te kan lewer. Bou die hospitaal enige plek maar vergeet van huise vir die armes want dis dooie kapitaal. Dis goed dat ons die verlede saam met ons kan bring maar dan moet dit ‘n bydrae en herinneringe lewer tot die vooruitgang van die land. Net nie nog onnodige uitgawes en skuld nie.

Jacobus Krynauw ·

Swak! Om geld te mors op ‘n standbeeld vir ‘n persoon wat bloed aan sy hande gehad het? Nee!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Vergelyk sy latere lewe met sy jong dae. Die man het tot ander insigte gekom en al het ek eens nie so gevoel nie bewonder ek sy einddae vir die manier waarop hy toe na voorskyn gekom het.

Peet J ·

Nou wat van F W de Klerk, rig ook ‘n standbeeld van hom saam met Mandela s’n op miskien waar die twee mekaar omhels dit kan selfs baie vir die buitelandsetoeriste beteken.

Lynette ·

Hy is gedenkwaardig. Ntate Mandela sou dalk eerder n hospital of kliniek waardeerhet in sy naam?

Marietjie ·

Jy is heeltemal reg Lynette dan sou hy mooitjies gereël het dat die hospital of kliniek mootjies opgeblaas word as te veel van ons ou bleek volkie die plekkie besoek het. Seriously!!!!! My dierbare gestorwe minatuur Doberman woef is verseker meer gedenkwaardig want ek het altyd geweet waar ek met hom staan. Met Mandela het jy geweet wat jy sien maar NOOIT geweet watter soort onheil broei agter die gordyne uit vir ons ou volkie nie.

Anoniem ·

Daar is erger dinge in die land aan die gang en dan wil julle ‘n standbeeld van ‘n kommunis oprig. Die geld kan vir beter en belangriker dinge aangewend word.

N Lourens Reitz ·

Marietjie jy vat dit raak.Jy is ñ yster.Ek hoop Ruda en Sandra wil dit ook lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.