Sê jou sê oor US-taalbeleid

Stellenbosch-University

Universiteit Stellenbosch Foto: Cair.za.net

Verskeie oudstudente aan die Universiteit van Stellenbosch (US) het vandag, in samewerking met die vakbond Solidariteit, ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die US se taalbeleid van stapel gestuur. Studente, oudstudente en belanghebbendes word aangemoedig om hulle stem voor die raadsvergadering van 30 November te laat hoor.

Na druk uit verskeie oorde het die uitvoerende komitee van die US se Raad ’n mosie aanvaar waarvolgens Afrikaans se posisie nie gaan verswak nie. Dit het gevolg nadat die rektor, professor Wim de Villiers, aangekondig het dat Engels die verstektaal by die US gaan word.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is dit nou noodsaaklik dat studente, oud-studente en die Afrikaanse gemeenskap se stem gehoor word. “Prof. de Villiers beweer dat dit uit gesprekke met studente-organisasies, insluitend Open Stellenbosch, geblyk het dat Matie-studente Engels as die universiteit se amptelike voertaal steun. Randdrukgroepe soos Open Stellenbosch, wat slegs ʼn paar honderd ondersteuners het, kan nie namens duisende Afrikaanssprekende studente praat nie,” het hy gesê.

Solidariteit het voorts aangedui dat die mosie wat pas deur die universiteit se uitvoerende komitee (UK) aanvaar is, ʼn positiewe tussenstap is. “Dit is ʼn belangrike veldslag, maar die groot oorlog lê nog voor. Die besluit van die uitvoerende komitee volg op druk uit verskeie oorde. Dit bevestig egter ook hoekom dit noodsaaklik is om druk te verhoog,” het hy bygevoeg.

Die referendum, waarvan die uitslae aan die Universiteitsraad voorgelê sal word om tydens die vergadering van 30 November te bespreek, sal die volgende twee vrae daarstel:

1. Moet Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch behou en uitgebou word?
2. Vertrou jy die huidige bestuur van die Universiteit van Stellenbosch om Afrikaans te beskerm?
Klik hier om aan die referendum deel te neem.

Lees alle vorige berigte oor die Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

salome Prinsloo ·

Hoekom sal iemand wat engels wil wees na n Afrikaanse Universiteit of skool gaan.

Retha ·

se ok net hoekom wil Engels sprekende mense na Afrikaanse universiteite gaan? Hoeveel universiteite is gebou sedert 1994? Hoeveel onderwys kolleges is gesluit?

ada ·

leiers bou op . hulle breek nie af nie en hier kan jy duidelik waarneem wie die leiers is. mooi so wit studente ek respekteer julle.

ada ·

dit is n goeie vraag. om moeililheid te maak. ek sien hulle nie studeer nie. ek sien net afbreek . wil.seker ook graad vang sonder eksamen skryf.

Leendert van Oostrum ·

Jammer, As alumnus van US sou ek graag aan die referendum wou deelneem.

Maar ek word slegs toegelaat om te stem as ek my selnommer verskaf. In die verlede is dit deur Solidariteit gebruik om my te teister met werwingsoproepe.

Tog jammer.

Koos ·

Ag nee Leenndert, kry bietjie murg in jou pype. Die geskiedenis is vol mense wat reuse opofferings gemaak het in sake waarin hul glo. Veel groter opofferrings as om 3 minute op ‘n webblad te spandeer en dalk ‘n oproep te kry van Solidariteit. Met so ‘n houding moet jy ook nie eendag uit jou bed spring indien jy ‘n inbreker hoor in jou huis nie, jou voete mag dalk koud kry op die koue teëls. Ek word elke dag lastig geval deur bemarkers, lapswaaiers en bedelaars. Ek leef nog om die storie te vertel.

Leendert van Oostrum ·

Koos, Koos, Koos.

Jy veroordeel lekker ligtelik, nie waar nie? Hoe weet jy wat my omstandighede is? Hoe weet jy wat die effek van sulke oproepe het op die toeganklikheid daarvan vir mense wat dit in noodgevalle bel?

Ek meen dit sal veel minder opoffering van Solidariteit verg om mense die opsie te gee om hul selnommers te gee. (Ek sou selfs my huisadres gee as alternatief vir die selnommer, as dit werklik nodig is om die geldigheid van petisie-handtekeninge te bevestig.)

Miskien is dit die probleem – geen keuses word toegelaat nie. Nes by die regering.

Jy sien, Koos, ons sit met ‘n regering wat sy manier van dinge doen in almal se kele afdruk. Solidariteit doen uitstekende werk om die regering teen te staan – maar met hierdie soort ding demonstreer hy presies dieselfde soort dwangmatigheid as die regering.

Die probleem is dat ons kan dalk in die situasie kom waar ons sê dat ons dan liewer deur die vyand onderdruk sou word as deur ons eie mense.

saarkie ·

Ek wantrou die rektor van die US. Hy sal ons afrikaanssprekende kinders wat tans aan die US studeer, uitverkoop!!
Dis skokkend hoe hy tans toelaat dat anargistiese optrede seevier!! Hy doen absoluut niks om ons kinders te beskerm nie maar laat toe dat US, eens trotse
akademiese instelling, gedikteer en beheer word deur n handjievol amokmakers! !

Marsha ·

Die regering gee 25% van US se gelde – die res kom van Oud-maties en klasgelde. Dit is tyd dat die Oud-maties hul bydrae stop en dit eerder aan ander universiteite gee wat hul woord gestand hou en Afrikaans as voertaal behou.Daar is genoeg Engelse universiteiete wat studente kan bywoon as hulle Engels as voertaal verkies.

Ek verstaan nie waarom iemand wat in ‘n vry Suid Afrika gebore is nie sy/haar bes sal probeer om vir die wêreld te wys dat hulle tot enigiets in staat is nie . Waarom wil jy aan die wêreld wys hoe swak en ongepoets jy kan optree teenoor ander? Waarom die instansies soos skole en Universiteite wat jou moet help om ‘n beter persoon met meer geleerdheid te word af te breek? Nee wat, ruk julleself reg – vergeet van die regering – hulle gaan nie na jou kyk nie, AL wat tel is ‘n goeie geleerdheid – met ander woorde hou op luister na ander persone wat wil hê jy moet vir altyd ongeletterd wees, doen wat reg is vir jouself – kry ‘n goeie opvoeding.

Hartseer vir my land ·

Ek wens en bid uit my hart dat ons land net op n punt kan kom waar ons mekaar; mekaar se geloof; mekaar se afkoms en kultuur; mekaar se voorkeure; mekaar se taal kan respekteer. Ons almal is Suid-Afrikaners in so n mooi land; maar ons is besig om dit te vernietig deur haat en afguns en twee woorde wat verkieslik verban moet word “apartheid” en “rassisme”. Afrikaans is deel van ons land net soos engels; xhosa, zulu; ens is. Waarom kan dit nie ook respekteer word nie. Maties was nog altyd n afrikaanse meerderheid instansie; met ander universiteite regoor ons land wat oorwegend engels is. Maties bied reeds dubbel medium klasse aan vir die gene wat nie afrikaans as 1ste taal gebruik nie; so dis nie asof daar nie vir die oorwegend engelse persoon ge”cater” word nie. Ons vra nie dat engels nie verteenwoordig moet word nie; ons vra net moet nie ons afrikaans as eerste taal op Maties vernietig nie. Daar lê soveel geskiedenis in Stellenbosch; wat betekenis het vir almal; nie net vir die afrikaans sprekendes nie. Bring engels in as voorkeur taal; wat is volgende; naam verandering van die universiteit; naam verandering van die koshuise; naam veranderings van die strate; geboue ens ens ens. Ek pleit by die rektor en bestuur; asb. daar is so baie meer as net ons afrikaanse taal wat hier vernietig gaan word as julle engels as voertaal gaan gebruik. MOENIE ons mooi taal vernietig nie. Hou ons MOOI AFRIKAANSE taal as voertaal ASB. Ons is trots en lief vir ons taal!

Berhalet Beukes ·

Bou julle weie universiteit met julle eie fondse en praat dan enige taal wat julle harte begeer! Wie gee julle die reg erfenis te verwoes? Patete!

RITA ·

Tien uit tien vir jou Berhalet. Ja laat hulle vir hulle eie universiteite betaal dan kan hulle bepaal wie dit mag bywoon. Ek kan jou nou wed hulle sal nog steeds ontevrede wees. Alles is net n verskoning om nie eksamen te skryf nie. Agterna gaan hulle weer toi toi om punte te kry al het hulle nie eksamen geskryf nie. Ons kan maar net bid:)

ou matie ·

Ai…as jy nie wil skoonmaak agter mense nie…dan moet jy n ander werk kry!!!!! Dit is so jammer dat sommige mense dink dat hul iewers kan kom in die lewe deur te protesteer en te staak en “tires” te brand. Werk eerder hard en respekteer ander mense! Nie nodig om soos ‘n barbaar aan te gaan en te skree en goed te brand nie hoor!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.