Sê nou jou sê oor Tuks-taalbeleid

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Die vakbond Solidariteit wat werknemers van die Universiteit van Pretoria (UP) verteenwoordig en wat ook duisende oud-Tukkies as lede het, het vandag ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die UP se taalbeleid van stapel gestuur.

Dit volg nadat ’n UP-taakspan, na aanleiding van eise van die EFF, met voorstelle na vore gekom het wat Afrikaans radikaal sal verskraal en later uitfaseer. Kommentaar op die voorstelle kan tot 29 Februarie gelewer word.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die doel van die referendum om vir die Afrikaanse gemeenskap ’n platform te gee waarop hulle hul stem kan laat hoor. “Ons skep ’n ordelike platform wat nie klippe gooi en breek nie. Ons verwag dat duisende mense aan die referendum gaan deelneem. Ons kan nie toelaat dat ’n klein groepie rooihemp-anargiste die taalbeleid van die UP bepaal nie,” het Hermann gesê.

“Indien die UP aan die eise van die EFF-anargiste toegee, wag daar ’n toekoms van retirering van een eis na die ander vir die universiteit. Die geweld waarmee die eise gepaard gegaan het, het gewys dat nie net Afrikaans by die universiteit sal verdwyn nie, maar die totale institusionele kultuur,” het Hermann gewaarsku. “Dit is nie net Afrikaans wat by die venster uitgegooi word nie, maar ook die poste van Afrikaanse personeel. Die verwydering van Afrikaans is maar bloot ’n voorwaarde vir die begin van ’n totale transformasieproses wat ook die totale transformasie van die personeelsamestelling van die UP sal behels.”

Hermann het bygevoeg dis tragies as akademiese debat daal tot die gooi van klippe en brand van bande. “Deur aan dié soort vandalisme toe te gee, word die universiteit van sy akademiese karakter ontneem. Studente word geleer dat geweld, nie akademiese debat nie, die wêreld verander.”

Voortgesette druk van radikale groepe op die kampus het die uitvoerende komitee van die UP beweeg om Vrydag ’n kennisgewing aan studente en personeel te stuur waarin kommentaar versoek word oor die volgende voorstelle van ’n taalbeleid-taakspan:
• Engels moet die primêre onderrigtaal in alle lesings wees.
• Die Universiteit moet meertaligheid bevorder ten einde studentesukses te fasiliteer en maatskaplike samehorigheid te bou.
• Afrikaans en Sepedi moet gebruik word om addisionele ondersteuning aan studente in tutoriale, praktika en besprekings te bied.
• Oorgangsmaatreëls sal in plek gestel word indien die voorgestelde wysigings hierbo aanvaar word.

“Die voorstelle van die taakspan is ’n verskraling en uiteindelik totale uitfasering van Afrikaans,” het Hermann verduidelik. “Die Afrikaanse gemeenskap kan nie toelaat dat Afrikaans deur die universiteit of aktiviste geboelie word nie. Ongelukkig reageer die universiteit deur te kyk na die magsbalans en nie na goeie argumente nie. Die Afrikaanse gemeenskap sal tot 29 Februarie dus aktief moet organiseer om te toon dat tienduisende studente, oudstudente en lede van die Afrikaanse gemeenskap die voorstelle van die taakspan verwerp.”

Studente, oudstudente, ouers en ondersteuners van Afrikaans kan deelneem aan die referendum by www.tuksreferendum.co.za. Die uitslag van die referendum en volledige kommentaar sal voor 29 Februarie aan die Universiteit van Pretoria oorhandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Carmen Martens ·

Ek is ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria… Hierdie oproerigheid gaan veel verder as net Afrikaans wat moet val… Daar is is ‘n diepgewortelde haat vir alles Wit. Daar is baie blanke Engelssprekende studente op kampus wat ook deurloop, net omdat hulle wit is. Die personeel se poste word ook aan velkleur gekoppel. GEEN blankes word meer aangestel nie en op die oomblik is die res van ons onder STRENG voorwaardes steeds daar – almal moet ten minste ‘n meestersgraad hê en publikasies uitryg soos ‘n worsmasjien… Blank word met ondergekwalifiseerde Swart vervang, maar velkleur tel in hulle guns. Die anargiste het dit ook teen die naam TUKS – wat volgens hulle rasisties is… Vrydag se chaos is net die begin…

Marous ·

Heeltemal korrek. Dit is net die begin , en nie net by universiteite nie. Die regering het geen simpatie met die verwoesting van instellings nie .

Johannes ·

Stem 100% saam! Wanneer gaan ons wakker word? Hierdie direkte aanvalle op ons as blankes. Niemand wil ‘n oorlog hê nie, maar liewe hel, iewers moet ons nou ‘n streep in die sand begin trek! Referendums en mooi praatjies en planne werk eenvoudig nie.

Dee ·

Jy is natuurlik in die kol Carmen, wanneer jy sê dat dit veel verder gaan as oor Afrikaans. Dit wat jy noem ‘diepgewortelde haat vir alles wat wit is’ verstaan ek nie omdat nie een van die anargiste (sou dit so graag ‘n beter beskrywende naam wou gee) het apartheid beleef nie. Meeste van hulle is gebore nà 1994 en apartheid het immers nie bestaan sedert ongeveer negentig of selfs die laat tagtigs. So vanwaar die haat? Dit is meer waarskynlik bloot ‘n heftige geslaagde aanhitsing en opstokery deur ‘n derde mag.

Ek woon en werk in KZN en die gemiddelde middeljarige en selfs jonger swart stedeling is nie *ooglopend* so anti-wit nie. Hulle is egter maklik opsweepbaar en dink nie verder as die hede. Dit wat in universiteite ervaar word is slegs daar en ander plekke waar samedrommings is soos in mynkompongs en dies meer. Dit brei egter uit na ‘n groter veld en wanneer na môre gekyk word kan slegs nog ‘n Zimbabwe gesien word. Suid Afrika is reeds deel van die 3rde Wêreld.

Andre ten Napel ·

1. Lees die naam “Universiteit van Pretoria”
2. Gaan studeer by een van jou eie universiteite in Tswane of Zulu of aanvaar die taal beleid van hierdie universiteit
3. Maak ‘n bydrae tot hierdie land, betaal jou studiegeld of leen dit by die bank soos baie van ons moes doen, betaal dit terug op tyd sodat die volgende student ook ‘n lening kan kry. Leer hard (of verloor jou beurs of geld wat jy geleen het).

Eenvoudig nie?

Boerekryger ·

Terwyl die EFF aan die een kant ten minste die diepgaande verskille tussen die swart en wit volke erken, poog “nie-rassige” en polities-korrekte “Afrikanergesinde” organisasies aan die ander kant om dit sover moontlik te ontken…

Louis ·

Dankie Carmen, dat jy die waarheid duidelik hier stel. Afrikaans is maar net die sinoniem vir die Afrikaanse gemeenskap wat eintlik maar die Afrikanergemeenskap en eintlik maar die wit bevolking van Suid-Afrika is.

Onrusbarend , maar duidelik: die Arabiese lente en gepaardgaande revolusies het by die studente begin…

Yvonne ·

Ek sem ook 100% saam. As hulle nie Afrikaans kan praat nie wat soek hulle in ‘n Afrikaanse Unieversiteit? Ek sou graag wou sien dat die mense met geld ‘n eie Unieversiteit stig. Met ons eie geld. Vir ons eie taal. Vir ons eie jong mense. Hou dit suiwer!

Barry ·

Ek voel Afrikaans moet bly as taalonderug by tuks soos dit was in verlede en moet wees in toekoms.

Trolle ·

Se ek ook Barry,hoekom iets verander wat al vir so lank al regwerk daar is mos ander plekke wat jy kan gaan as jy n probleem met Afrikaans het.

Oupa ·

Die skrif teen die muur is dat die totale aanslag teen die Blanke en die Afrikaner byna voltooi is: die Volksmoord op elke terrein is stewig gevestig. Ekonomiese moord, fisiese moord, kulturele moord erfenis-moord, noem maar op. Feit is, 70% van die studente by Tuks praat nie Afrikaans nie, omdat die Afrikaans-sprekendes stelselmatig toegang geweier is. Watter grond het ons om op te staan? Dis net gekke wat glo in ‘n reënboog-nasie, en dit ekonomies, kultureel, pedagogies ondersteun: ons werk saam aan ons eie ondergang!

Dee ·

Daar sal veel meer gedoen moet word as om ‘te voel dat Afrikaans moet bly’.

Deon ·

As dit moet bly as “onderug” medium, dink ek ook dit moet maar eerder gaan…

Boerekryger ·

Solank AfriForum ontken dat onafhanklike volkstate vir verskillende bevolkingsgroepe die enigste blywende oplossing vir hierdie land se probleme bied, moet hulle maar besef dat die gebruik van Afrikaans in nie-rassige universiteite, onaanvaarbaar is vir derduisende nie-blanke studente.

Flippie ·

Ek ondersteun hierdie poging van Dr Herman en Solidariteit.. Daar is net ‘n paar feite wat reggestel moet word en dit is :
Dat die beweging teen Afrikaans as onderrigtaal baie groot is. Die klein groepie EFF ondersteuners het dus ‘n massiewe ondersteun-ingsbasis wat aan hulle “legitimiteit” verleen. In hulle oë het hulle die morele hoë grond.

Diegene aan die bestuur van UP het opdrag vam hul meesters om Afrikaans en daarmee saam die Afrikaner/Boer te vernietig. Die meesters sit in die ANC.

Ek dink die tyd bit lydelike verset is verby. Ek dink die tyd vir hofsake is verby. Ek dink die tyd vir kop politieke is verby.

Dit is nou tyd vir die Afrikaner om te wys how ernstig hierdie saak vir hom is. Dan kan ons sommer die joiners en hansazaniers identifiseer.

Jo-anli ·

Afrikaans gaan nie verdwyn nie. Ons leer ander tale aan van my familielede kan al 14 tale praat inkluis al die afrkatale. Ek het Afrikaans, Engels, Duits, Fanakalo al geleer. So Mnr Malema doen jou deel. Ek is trots afrikaand.

Dee ·

Jo-anli, dit is nie Fanakalo nie maar Fanagalô (kappie my eie idee om uitspraak te vergemaklik) en dit is ook nie ‘afrikaand’ nie maar ‘Afrikaans’ met ‘n hoofletter. Ek praat albei vloeiend alhoewel ek in ‘n omgewing woon waar ek slegs Engels praat. Om meer tale in Suid Afrika magtig te wees is maklik(er as elders) want daar is basies sowat 3 hoofstrome in die swart tale wat beteken dat as jy een daarvan ken kan jy kommunikeer in meer daar van. As voorbeeld, omdat ek Fanagalô ken was dit maklik om Zulu te leer en wanneer jy Zulu ken kan jy met enige Xhosa-spreker gesels. Benewens dìt het ek Noord-Sotho as vak gehad op skool en Noord-Sotho en Tswana is basies dieselfde taal. Die ooreenkoms geld vir meer van die lokale tale. Ek het tyd gelede op die lughawe aan die gesels geraak met twee jong meisies wat geland het op ‘n vlug vanaf Nederland en terwyl ons by ‘n restaurant by tafels langs mekaar geëet het, het ons in onderskeie tale met mekaar gesels.

AS ·

Japannese lektore gee klas in Japannees, Chinese in Chinees, Duitsers in Duits – telkens die moedertaal van lektor en student !!! … maar Afrikane wil NIE in moedertale studeer nie???
Die enigste plek op die planeet waar leerders in ‘n vreemde taal (Engels) studeer, is in Afrika … wat getipeer word as die DONKER KONTINENT.
Die “engels” opgevoede Afrikane word nêrens indiens geneem nie … want “moedertaal” opgevoede base weet van beter.
“Rassisme” en “Afrikaans” WORD telkens as ROOKSKERM gebruik vir ander opportunistiese agendas.
Deur “rassisme” en “Afrikaans” te skree, hoop swart kandidate dat hulle die toelatingsvereistes en akademiese keuring kan vryspring!!!
Deur “rassisme” en “Afrikaans” te skree, hoop swart kandidate dat hulle die finansiële verpligtinge kan vryspring!!!
Dis al!

Francois ·

Ek is passievol oor Afrikaans en ek ondersteun die Afrikaanse Alumni Vereniging, maar ek is bevrees dat ons ‘n verlore stryd veg. Afrikaans as hoofstroom onderrigmedium aan openbare universiteite se dae is getel. Die getalledruk van nie-Afrikaanssprekende studente, die anti-Afrikaans politieke sentiment op kampusse en, les bes, die feit dat baie Afrikaanssprekende studente oënskynlik onderrig in Engels verkies, gaan die vraag na Afrikaans toenemend laat afneem. Universiteite sal dan baie maklik markkragte kan voorhou ter verdediging van hul uitrangering van Afrikaans en die invoer van uitsluitlik Engelse onderrig. Indien Afrikaans hoegenaamd ‘n toekoms as tersiêre onderrigtaal het, sal dit by private instansies soos Akademia wees. Akademia moet dus so spoedig moontlik tot volwaardige universiteit uitgebou word (met ‘n omvattende aanbieding van graad- en diplomakursusse) en Afrikaanssprekendes moet hierdie inisiatief finansieel ondersteun.

Rudolph van Wyk ·

Die opstellers van die konstitusie moes in die eerste plek nie meer as een amptelike taal daargestel het nie. Maak slegs Engels die ampelike taal sowel as die onderrig taal van alle leer inrigtings wat met belastinggeld bevonds word. Op hierdie manier word niemand (behalwe ‘n klompie mense wat Engels as huistsal gebruik) bevoordeel nie. Hoe meer ons Afrikaans probeer beskerm soos in die geval by Tukkies en ander plekke hoe groter is die weerstand daarteen. Ons het nie wette en die goedkeuring van ‘n kwaadgesinde ANC regering nodig om ons taal te beskerm. Kom ons los die slaogoffer mentaliteit. Niks wat die regering doen kan verander wie en wat ons is nie so hou op om hulle skietgoed te gee.

Lorraine ·

Akademia,, is die antwoord slegs vir Afrikaans sprekendes, maar wees engels sprekendes se gelyke. Engels word omtrent oral in die wereld verstaan.
Waarvoor was daar oorlog?, vir afrikaanse taal en kultuur.
Wat my betref is dit, n magsvertoon voor die verkiesing. Studente is veronderstel om te gaan studeer by n Univ. Party leer volgens my om vuur te maak daar. Laat by dink aan die Engelse se Verskroeide aarde beleid met ABO.

Oud-Tukkie in NZ ·

Hoe lank sal dit neem voor dieselfde eise aan Akademia gestel sal word, met dieselfde gevolge?

Michael ·

Die Afrikaans sprekende persoon moet begin opstaan daar by die restaurant waar 90% Afrikaans praat maar 100% kelners Engels is.waneer die universiteite net Engels is gaan die Afrikaanse skole volg en so stelselmatig sal Afrikaans afgebreek word totdat daar niks meer is nie….Wat kan ons doen??…ondersteun instansies soos Afriforum kla by die besighede oor jy nie in jou taal gehelp word nie en kyk wat gebeur as jy uitloop

Horst ·

Michael en alle ander Afrikaners:
gaan slegs na restaurante waar 1) Afrikaans op die spyskaart gebruik word en ook die kelners met jou Afrikaans praat, b.v. DIE WINDPOMP in Lynnwoodweg of 2) meertalige spyskaarte beskikbaar is en die kelners ook in jou taal antwoord, b.v. EISBEIN in Die Wilgers.

Asjas ·

Ek doen dit al jare lank. As jy my geld wil he, vra daarvoor in AFRIKAANS! Dit is die enigste taal wat ek verstaan wanneer ek die klient is.

Dee ·

Ek woon in Durban. As jy in Afrikaans wil eet sal jy honger ly. Eet maar in Engels en word gevul.

Veritas ·

Dagsê Gert. Jy slaan die spyker op die kop. Afrika-demokrasie kan vergelyk word met ‘n hiëna en ‘n steenbok wat argumenteer oor wat hulle vir aandete gaan hê. Akademiese dialoog en -debat is vreemde, onverstaanbare begrippe in die Midde-ooste, Latyns-amerikaanse lande en Afrika. Jy kan dialoog voorstel tot jy blou in die gesig is maar jou kans op sukses is nul. Dit werk nie in Afrika nie. Vandaar al die onluste en burgeroorloë. Die enigste oplossing vir geskille is geweld wat ongelukkig altyd deur die massas gewen word. Wat die oplossing, vir die dilemma is, weet ek nie. Wat ek wel weet is dat die Afrikaner (die wêreld se gunsteling muishond-nasie) nie durf gaan lê nie. Ons het geen ander heenkome nie en ek wil in elk geval nie uit Afrika padgee nie. Hierdie land is net so die Afrikaner (wat ook ‘n inheemse volk is) se eiendom as enige ander stam wat aanspraak maak daarop. Ek waardeer mnr. Hermann en sy organisasie se pogings om vir die Afrikaner op te staan. Hulle metodes is (volgens my beskeie mening) egter gedoem om te faal.

Zuri ·

Solidariteit neem aksie dis reg om taalbeleid tweetalig te hou, maar moenie teveel geld mors daarop nie. Ons tyd, geld en energie moet ons eerder gebruik om ons eie universiteit te bou tot n wereld gehalte universiteit. As hulle die taal uitgefasseer het sal n later n ander rede bly soek tot geen blanke meer welkom en veilig voel op kampus nie. News24 het berig die diep intense haat wat hulle vir blankes het. Die oproer by Ikeys het nie regtig gegaan oor verblyf nie. Bevestig deur n swart student en di rektor.

hans ·

Kan daar ook n SMS nommer vir die stemmery beskikbaar gestel word.

Stephan ·

Onthou maar dat die vlak van debatvoering altyd na ‘n vlak van 85IK sal daal.

Pietertjie ·

Die Pedi-ding as onderrig-taal is maar net ‘n rookskerm. Hoekom moet dit saam met Afrikaans as onderrigtaal “ontwikkel” word? Hoe gaan jy bv. wiskunde in Pedi verduidelik? Wat is vierkantswortel in Pedi? Of parabool? Of enige getal bokant tien?
Hoe gouer die oorblywende Afrikaners besef wat werklik aan die gang is, die “ou suid-afrika” soos Tuks vaarwel toe te roep, en ons bietjie oorblywende ekonomiese en kulturele magte saamsnoer in pogings soos Solidariteit en Afrikaanse besighede, hoe beter.

hans ·

Die Rektor het die afrikaanssprekendes mislei oor die voortgesette afrikaanse onderrig aan UP. Is daar nie n wetlike bepaling wat benut kan word om haar tot verantwoording te roep.

Rynhardt ·

Alles is anti-Afrikaans by Anc! SA het die toring van Babel geword met 12tale-n ramp-resep! By my moet Afrikaans nr.1wees en nogmaals nr.1! Ons sit met papbroeke wat te bang is om terug te baklei1Alles word opsetlik van jou vervreemd! Polities korrektheid gaan nie werk terwyl jy die heeltyd aan die agterste speen suig nie!

hans ·

Die UP het van moedertaalonderrig dag wat op 21 Februarie gevier is n bespotting gemaak.

johan ·

As Blanke Suid Afrikaners se taal nie erken word nie hoekom nog belasting betaal wat hulle so steel en verbrand. Ons belasting betaal vir hulle Vet Salarisse. Afriforum en Solidariteit moet hulle dalk so begin dreig laat ons sien wat gebeur dan.

Michael ·

Horst. Baie dankie vir daai inligting ek was onder die indruk dat dit net bestaan by die Bosvelder in Centurion ek sal die instansies definitief ook ondersteun.

Liewe lulu ·

Ek weet ek gaan nou baie kritiek uitlok. Moontlik gaan MM ook my mening verwyder. Maar los die rooi hemp clan laat hulle die hele plek afbrand. Stuur die studente wat wil studeer Akademia toe. Dan kan die rooi hemp brigade sien hoe en waar kan hulle studeer. Maklik brand af en huil dan oor daar nie n universiteit is.

AJ ·

Jou belasting geld gaan nog steeds vir die magdom “studente” wat nie kan of wil leer nie betaal

Essie ·

Gaan hulle dan ook Afrikaanse tydskrifte, boeke, skolename bv. Hoërskool John Vorster, Hoërskool Hertzog, ens en straatname soos Gen. De la Rey, ens probeer verander?! Ouma Beskuit, ens, ens. Ons moet hul by die Menseregte Kommissie aankla – hul ken ons net as hul kom bakhand staan of as huiswerkers kom vra: “samblief, help my met die begrafnisgeld” Hul moet “flippen” bykom!

Bokkie ·

Uitverloop deur Del la Rey en de Villiers. Smutse in ons umiversiteite. Hierdie maand was dit ons taal. Is volgende maand dit dalk die Afrikaanse kerke. My volk laat ons ons voor God verootmoedig en terug keer na Hom.

John ·

My ou alma mater met groot geeste wat Afrikaans gedoseer het ook in ander fakulteite en departemente. Afrikaners het ‘n groot rol gespeel in die UP se geskiedenis, mense op wie ons trots kan wees. Die kampus word deur ‘n erge siekte bedreig en die bestuur gee nie om nie. Eers gaan Afrikaanse verdwyn en dan sal al meer en meer vreemde gesigte eers bo uit Afrika en later uit die ooste en elders voor die studente staan. Ek weet van min lande waar die inwoners in so ‘n kort tydsbestek moes aanpas by soveel waansin en vernietiging soos hier in Suid-Afrika. Ek het nie veel hoop vir Akademia nie, juis om dieselfde rede. Sodra Afrikaanssprekendes uit ander bevolkingsgroepe ook daar begin studeer, sal van hul skielik omspring en eis dat hulle eerder in Engels wil studeer en dan begin die storie weer. Rassisme ens ens sal maar weer uit die kis spring en die Afrikaanssprekendes sal weer die hond in die storie word. Hoekom wil ons telkens die fondse verskaf, die geboue oprig en dit dan oorgee aan ander? Ons kinders is slim. Laat hulle in Engels leer en na-ure Afrikaanse klasse loop. Niemand word gekeer om te dig en te skryf nie. Ons het steeds nie ‘n Afrikaanse nuusstasie nie. Kyknet is van alles en nog wat en die Advertensies dra swartes wat Engels praat. Ons Afrikaanse radiostasies gee nul kulturele opvoeding. Ons kook en ons kook en die musiek, oeee!….

anna ·

kyk hoe het die gemors die kerk gevloek in die Kruiskerk in stellenb. kla daardie een ook aan want dit druis in teen ons geloof . as ons dit teen n moslem gedoen het was dit oorlog. vat die gemors hof toe oor die taal en wys daar is erens nog gesag. samel geld oorsee in v ir akademia. kry die afr studente so gou as moont l ik daaruit. wat gaan hulle dan kan afbrand?

anna ·

hoe kry jy rugraat in al die visie kanseliers ingeplant want nie een het die moed om die gemors
te skors nie. nou word studente wat wel n sukses van hulle studies wil maak gekniehalter deur rugraatlose rektore/visie kanseliers. kry moed en rugraat julle lamsakke. ons het respek vir julle verloor.

Jan van Wyk ·

Tragedie van die swart geskiedenis: daar word nog nooit iets anders/beters aangebied in die plek van dit wat verwoes/verwyder/verbrand word nie. Watter beroemde, geskiedkundige swart skilders se werke gaan nou teen UCT se mure hang, indien wel? Watter groot swart staatsmanne/vroue, digters, geloofsreuse, baanbreker wetenskaplikes van die laaste 400 jaar se standbeelde gaan verreis waar ander verwyder is? Wat gaan in die plek van Afrikaans opgedis word: Sepedi? Zulu? Sal die dag wees – al die swart studente praat Engels! Waar gaan hy/sy werk met ‘n meestersgraad in ruimtenavorsing/geologie/rekenaarwe-tenskap in Sepedi? Ek glo swart woede en frustrasie is afkomstig van ‘n groeiende besef onder veral jong swartes dat dit hoofsaaklik hulle, nie meer die Afrikaanses (lees “wittes”?) is wat moet transformeer en aanvaar nie. Die ANC kan dit natuurlik nie toelaat nie: teenstrydig met die kommunistiese model van ‘n kreperende, oningeligte massa wat met beloftes tevrede gehou word terwyl ‘n elite groep in weelde leef en regeer. Afrikaans is maar soos tot vervelens toe weer die gerieflike slaansak: lank leef Afrikaans!

Milton Webber ·

Ongelukkig WIL Afrikaanse studente in Engels studeer. Hulle sien nie in dat dit ‘n voorreg en ‘n bate is om in Afrikaans op tersiêre vlak te studeer nie; dat jy jou werk ten beste verstaan as jy dit in in Afrikaans kan verwoord nie al is die bronne in Engels. As ‘n mens nie die persepsie kan omkeer dat studie in Engels noodsaaklik vir sukses in die werkplek is nie, gaan hierdie debat nêrens heen nie.
Ons moet eerder die klem plaas oor die wonder van Afrikaans wat as jong taal tot akademiese taal gevorder het en dat dit ‘n bate vir die land en vir ander tale is.
Afrikatale is baie ver van die vlak van akademiese taal en daar bestaan ook geen wil om dit tot op so ‘n vlak te bevorder nie; om dié rede maak die moedertaalonderrigdebat nie sin nie.
Swart mense sien Engels as ‘n versoenende taal; die taal wat vir alle studente (behalwe natuurlik wit Engelsmoedertaalsprekers) ewe veel van ‘n uitdaging is. Hulle kan nie verstaan hoekom mense in Afrikaans wil studeer nie, want, glo hulle, almal praat mos Engels in die werkplek, so wat wil jy daar met Afrikaans maak?
En laat ons eerlik wees, sommige Afrikaanssprekendes se houding versterk die persepsie dat die enigste rede waarom sommige studente in Afrikaans wil studeer, is omdat hulle nie in dieselfde klasse as swart studente wil wees nie.

Michael ·

Milton. Dit is die universiteit wat die stelling maak wanneer jy met die studente praat wil hulle in Afrikaans onderrig word maar die rektor en haar bestuur is onder druk van ‘n klein groepie anargiste en nou manipuleer hulle hierdie stelling .Afriforum het ‘n petisie begin jy sal verbaas wees oor die uitslag daarvan

anna ·

milton waar ek werk – en dit is n groot maatskappy – praat ons net afrikaans. ons kliente is 90 persent afrikaans. die studente wat ek ken – en dit is ook baie – het nie n probleem met swart studente wat hulle soos hooligans gedra nie. engels is mos die taal van kolonisasie. nou wat nou?

Milton ·

Die meeste plekke waar ek ook nog ooit gewerk het, was oorwegend Afrikaans, maar dit het dalk te make met die bedryf waarin ek werk. Nietemin, ek probeer nie sê dit IS die geval dat Engels vooruitgang bewerkstellig nie. Dit is wel die persepsie en ek dink ons moet dit omkeer.

Freek ·

Dit is vir my skokkend hoe my Alma Mater (UP) se bestuur met die waarheid omgaan. Kom ons bekyk hulle stellings:

1. Slegs 30% van studente is Afrikaans huistaal sprekers.
Hierdie is heel waarskynlik nie verkeerd nie, maar wat hulle nalaat om te vertel is dat hulle reeds vir baie jare verskillende toelatingsvereistes aan Wit en Swart studente stel met die uitsluitlike doel om die aantal swart studente te verhoog.

2. Slegs 17% van studente (57% van Afrikaanse studente) kies om Afrikaans klas te loop.
Hierdie is natuurlik van alle waarheid ontbloot. Daar is 17% van die studente wat in Afrikaans klas loop, maar dit is bloot omdat soveel van die kursusse en klasse nie in Afrikaans aangebied word nie. Dit is dus nie net ‘n misleidende statistiek nie, dit is ‘n vals argument. Baie van die klasse kan reeds vir jare glad nie in Afrikaans geloop word nie.

Gee vir ons die statsitiek waar daar wel Afrikaanse klasse beskikbaar is.

Michael ·

Dankie Freek vir die inligting net weer ‘n bewys dat as ons saamstaan kan ons ‘n paar rooihemp anargiste uit die water blaas wat met ons taal en kultuur wil mors.

Azazel ·

Dis weer verkiesingstyd. Dit beteken: dryf al die land se probleme in die sondebok Afrikaner in en jaag hom van die berg af. Hierdie keer het die ANC egter kompetisie in die EFF om te sien wie se offer kan die hoogste brand. Ongelukkig is die rotsstorting alreeds aan die gang en die berg se pilare wankel. Mens kan maar net hoop dat daar iets behoue sal bly in die gulsige stryd om stemme (dws Mercedes Benze).

sarie van heerden ·

Wees redelik en gee aan die swart Engelssprekende studente sommige van ons universiteite sodat hul kan ophou betoog, klas loop en hulself bemagtig vir die toekoms. En HOE gaan hul die BA met Afrikaanse as hoofvak in Engels aanbied? Dit tyd het nou aangebreek om halt te roep en skreeuende toi-toiende siele.

sarie van heerden ·

Dis nie nodig om eetplekke wat slegs Engels gebruik te boikot nie. Gaan eet by die Engelse restaurante maar wanneer die rekening kom dan laat jy nie ‘n fooitjie nie. Ek, my vriende en familie doen dit. Dan eet ons steeds en dit kos jou niks meer as slegs die kos nie.

Wilhelm ·

Vandat dissipline in die land en sy strukture laat vaar is, loop alles verkeerd en sal nog verder versleg. niemand het meer die moed van sy oortuiging of kom die beginsels van sy organisasie na nie. Soos dit nou gaan sal dit my nie verbaas as die negatiewe elemente in die land van sterk na sterker gaan nie. Wat het geword van bestuurslui in die verskillende sektore wat standpunt kan inneem? Op die staat kan mens nie staatmaak nie, elke dag se gebeure bewys dit.

ANGELIQUE ·

Dit gaan die verstand tebowe dat hulle in Engels wil onderrig word…. hulle weet seker nie dat die Engelse die grootste onderdrukkers en slawehandelaars in Afrika was nie…. En dan is daar die verskriklike geskiedenis van die horribale dinge wat hulle in Suid Afrika kwyt geraak het. Kyk, ek stem dat elkeen die reg het om in hulle eie taal lesse te kry.. Maar dan moet hulle president vir hulle universiteite bou. As hulle rerig so anti-europese kolonisasie is hoekom wil hulle dan in universiteite klas kry wat deur “Europeers” opgerig is? Bou proudly African universiteite. Hierdie is beslis net n haat vir die Afrikaner. Net die Here kan die land se mense genees. Alles wat ons nou doen delay net die inevitable tensy ons as n land na Hom toe draai vir hulp.

Louis Changuion ·

Deur die referendum oor Tuks se taalbeleid te beperk tot mense wat rekenaargeletterd is, sluit baie mense uit. Daar is talle ouer mense wat nie rekenaars gebruik nie en waarskynlik is daar ook mense wat nie rekenaars kan bekostig nie.

Shani ·

Dit is ‘n haat wat onderskeidelike nie-blanke Afrikaners dra vir blanke Afrikaners want hul besef onderrig het in die ‘Ou-Suid Afrika’ mense (in geheel) ‘n groter kans gegee het vir ‘n voorspoedige toekoms. Al die standaarde wat tot dusver so gesak is, om die minder bevooregte afrikaners te akkomodeer, laat die weg oop vir ‘n onvoorspoedige toekoms vir ons jong mense as geheel. Die haat is gebore uit ‘n ‘gevoel’ van minderwaardigheid (‘n keuse wat by die individu lê) en word aangehits deur die regering wat besluite neem teen institusies wat alreeds waarde vir die samelewing bewys het. Maar wat ‘n ‘herhinnering’ dra van onderdrukking. Self in die ou Suid-Afrika kon die nie-blankes ‘n goeie opvoeding kry, baie meer gesogd as nou – bv. Mandela en al die ‘Vryheids vegters’ self in die tronk….dit is die wil om dit te kry wat verdwyn het.

‘n Sameleweing gebaseer op aanspraak en nie verdien nie is die probleem.
Of elke persoon in sy eie taal onderrig word of nie….dit sal altyd die probleem bly tot en met die ingebore minderwaardigheids kompleks aangepreek word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.