Sê totsiens vir Spur se gratis burgers

Argieffoto

Die restaurantgroep Spur het die afgelope week te midde van die herrie waarin hulle tans gewikkel is, aangekondig die spesiale burger-aanbieding op Maandae gaan binnekort gestaak word.

Spur se uitvoerende hoof, Pierre van Tonder, het gesê dié besluit is geneem om die franchise bekostigbaar te hou. Maandae se spesiale burger-aanbieding sal na verwagting op 31 Maart tot ʼn einde kom.

“Dit was ʼn baie moeilike besluit, maar op die ou end moet ons die bekostigbaarheid en kliënte se lojaliteit aan Spur in gedagte hou,” het van Tonder aan EWN gesê.

“Ons strategie is baie duidelik: Ons het een of twee spesiale aanbiedings weggeneem om ons restaurante bekostigbaar te hou.”

Sacha du Plessis, Spur se bemarkingshoof, het dié nuus Vrydag aan Maroela Media bevestig.

Du Plessis wou nie nou kommentaar oor die besluit lewer nie, maar het wel gesê dat restaurantgroep beplan om binnekort nuwe spesiale aanbiedinge aan die publiek bekend te stel.

Hy het verder gesê Spur sal waarskynlik in volgende week die jongste nuus bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

181 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charmain

Spur wat n grap. Hou maar jul burgers! Patties buitendien regtig geen smaak en verbrand. Jul gaan geldjies nodig he want jul weet nou blankes wil spur boikot. So by the way. Jammer video wys nie als van begin af nie. Net van daar wat jul wil he ons moet sien?

Willem

Dit traak gelukkig meeste van ons nie. Spur sien my nie weer nie.

tinah

onsmaaklik in elk geval.

niel

Altyd vir my family gesê ek hou nie van die plek nie

AH

Moet Spur maar nie ophou op aanbiedinge te doen en so bydra om die hele lot van die kaart te kry nie