Seacom ervaar weer tegniese probleme

Grafika: Seacom, Facebook

Grafika: Seacom, Facebook


*JONGSTE: Die Seacom-netwerk is om 12:00 herstel.

Alle internasionale internetverbindings deur Egipte word Donderdag geraak deur ʼn tegniese probleem wat Seacom tans ervaar.

Seacom het bevestig die probleem het om 08:00 ontstaan en herstelspanne is op die toneel. “Seacom monitor die situasie en sal nuwe inligting deurgee,” het die maatskappy gesê.

Plaaslike internetdiensverskaffers soos MWeb en Smart Village het reeds hul kliënte in kennis gestel van moontlike probleme met internetverbindings.

Internasionale webwerwe kan moontlik stadig laai weens ʼn opeenhoping van internetverkeer wat herlei word deur ander kanale.

Dit is die tweede keer binne een week wat Seacom sukkel met sy stelsel. Maroela Media het verlede week Donderdag berig daar was ʼn groot onderbreking in internettoegang.


*JONGSTE: Die Seacom-netwerk is op 28 Januarie 2016 om 12:00 herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Het verlede week gewonder WAT aangaan… vanoggend nog geen probleme gehad nie.

Paul ·

Verlede week is die WACS-kabel wat langs die weskus van Afrika loop tot in Engeland ook af gewees in Engeland op dieselfde tyd wat die ooskus se kabels (insluitend Seacom) in Egipte af was. Dit het die effek vergroot, want daar het min alternatiewe oorgebly. Vanoggend was die alternatiewe kabels nog reg, so die Seacom-probleem het nie so groot impak gehad nie.

Ludwig Visser ·

Ek weet nie hoe en waar nie, maar iewers sit daar ‘n kraai op die Internet-draad, of daardie kabel is op meer plekke af as wat vermoed word, want ek persoonlik sukkel my alie af met die Internet. Dalk het iemand wat hier lees raad vir my. My “router” op my breèbandstelsel skakel homself sommer net so skielik om geen rede nie af. Na so ‘n rukkie skakel hy weer aan, net om later weer alles te herhaal. Dikwels net as ek besig is om maroela te lees.Ek het hom al laat toets, en hy makeer niks. Al wat ek op die skerm sien, is ‘n venstertjie wat sê “local area network has been unplugged” Nou wie doen die “unplug”werk as ek nie eens aan die goed raak nie? Ek kry net geen werklike antwoord op hierdie probleem nie. Het iemand dalk raad Ek kan bereik word by [email protected]. Alle raad sal gewaardeer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.