Sean het dalk infeksie, maar is stabiel

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat Maandagmiddag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, se toestand is steeds stabiel ná sy eerste dag in die Dr. George Mukari-staatshospitaal in Ga-Rankuwa.

Amoré Jooste, familiewoordvoerder, het Saterdagmiddag in ʼn opdateringboodskap oor sy toestand gesê sy lewenstekens is ʼn bietjie kommerwekkend.

“Sy polsslag het gestyg tot 132 slae per minuut en sy koors het gestyg tot 38.5 grade. Dit moontlik ʼn aanduiding van infeksie, maar sy bloeddruk en asemhaling is stabiel,” het Jooste gesê.

Sean, ʼn skolier en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, is Maandagmiddag na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol.

Hy is sedertdien daar behandel, aangesien toegeruste staatshospitale nie plek vir hom gehad het nie. Die private hospitaal het onderneem om Sean se mediese koste, wat honderdduisende rande beloop, te dek totdat hy na ʼn staatshospitaal oorgeplaas kon word en hy sterk genoeg was. Sy ma, Mé-Lissa Smith, is ʼn enkelma met vier kinders en het nie ʼn mediese fonds nie.

Hy is Vrydagmiddag onder beheerde toestande na die Dr. George Mukari-hospitaal oorgeplaas. Hy word in afsondering in die waakeenheid van dié hospitaal behandel. Hy word onder verdowing gehou en is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel.

Hy het ernstige derdegraadse brandwonde aan sy hande, ken en nek en gedeeltes van sy rug, bors en arms opgedoen. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen toe hy vlamme ingeasem het.

Die Hero Burn Foundation, ʼn niewinsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers, samel geld in om Sean se ma finansieel by te staan en te sorg dat die slagoffers die beste behandeling ontvang. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees die vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tinah ·

geld in pippie fonds is bedoel vi sake soos die? hoekom is hulle so stil?, ek verbaas my dat almalllllllllllllllllllll so stil is oor pippie finds, hoekom? is mense vang om te vra? dat hulle se waaaaaaaa is daai donasies heen?

wes kaap ·

Ons kan net vir hom bid!!!! sterkte seun, ons almal dink aan jou!!!

Waarheid ·

Frederik baie goeie idee. Die LEWENDE GOD sal sorg bly GLO asb. Hou SY Hand en ERKEN HOM IN ALLES.

Marina ·

Sean alle sterkte vir jou, ek hoop dat jy spoedig sal herstel en dat hulle genoeg geld vir jou sal insamel om AL jou mediese onkoste te dra!. Is daar nog fondse in die Pippie fonds?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.