‘Sean is ʼn wonderwerk’, eerste foto’s ná verbande af is

Sean Smith Dinsdag in die Milpark-hospitaal. Foto: Verskaf

Sean Smith Dinsdag in die Milpark-hospitaal. Foto: Verskaf

“Sean se gesig was gebrand en vol sere, maar nou lyk dit weer mooi. Dit is niks anders as ʼn wonderwerk nie”.

Só beskryf Amoré Jooste, ʼn gesinsvriendin en familiewoordvoerder, Dinsdag Sean Smit (16) se vordering presies ʼn maand en ʼn dag nadat hy so erg in ʼn fratsongeluk met petrol gebrand het dat hy dae lank in ʼn kritieke toestand was en onder verdowing gehou moes word.

Sean is Sondagaand uit die brandwaakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan en die gesin is vir die eerste keer weer toegelaat om ʼn foto van hom met ondersteuners te deel, aangesien hulle nie toegelaat is om foto’s te neem in die waakeenheid nie.

“Die verbande aan sy gesig is al ʼn ruk gelede afgehaal en hy herstel so vinnig dat dit ʼn wonderwerk is. Aanvanklik het sy dokters gedink hy sou ʼn veloorplanting aan sy nek en hande moes kry, maar hy het so goed herstel, dit lyk asof dit nie meer nodig gaan wees nie.”

Jooste het gesê Sean se bors is nog met verbande bedek, aangesien sommige van die wonde infeksie gekry het. “Sy dokters sal oor die moontlikheid van verdere velskraping en ʼn veloorplanting besluit sodra die infeksie weg is.”

Wanneer Sean se wonde beter lyk, sal hy na ʼn rehabilitasiesentrum oorgeplaas word as deel van sy lang pad na volkome herstel.

Mé-Lissa Smith, Sean se ma, het al Sean se ondersteuners bedank vir hul gebede, boodskappe en oproepe. “Ek waardeer dit opreg. Ek kan net sê ons dien ʼn groot God van wonders. Ek kan nie wag om my getuienis met almal te deel nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Sean, ʼn leerder en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, het op 17 Oktober derdegraadse brandwonde aan sy hande, ken, nek en gedeeltes van sy rug, bors en arms opgedoen, toe sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen toe hy vlamme ingeasem het.

Hy is na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem, waar dié private hospitaal hom op hul onkoste behandel het voordat hy na die Dr. George Mukari-staatshospitaal oorgeplaas is toe daar ʼn plek oopgegaan het. Daar is egter nie ʼn brandsorgeenheid by dié hospitaal nie en geld is ingesamel om hom na ʼn private hospitaal oor te plaas.

Sy verhaal het talle mense se harte aangeraak nadat dit in die media en op Jacaranda 94.2 se oggendprogram, The Complimentary Breakfast, se gewilde Good Morning Angels-insetsel gedeel is, waarna die publiek hul beursies oopgemaak het. Genoeg geld is ingesamel om hom na Milpark-hospitaal in Johannesburg oor te plaas.

Die fondsinsameling duur egter voort om vir toekomstige onkostes te betaal, aangesien Mé-Lissa, ʼn enkelma van vier kinders, nie ʼn mediesefonds het nie.

Lees vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Ruby ·

Ons sel groep het gebid vir hierdie kind wat ons nie ken nie.

Sean, jy gaan nou net van krag tot krag.

Alle eer aan ons Hemelse Vader.

Olga Robertson ·

Alle dank aan God vir sy genade onbeskryflik goed. Ons gebedes gaan nogs steeds uit vir hierdie gesin. Sean hou goeie moed dit kan net beter gaan.

Liza ·

Ag hoe pragtig lyk hy nie, dankie Pappa Vader dat U hom so gedra het deur hierdie tyd….
Ons het so gebid vir jou Sean, sterkte vorentoe en jy sal in ons gebede bly…. Jy lyk awesome hoor……..

charlene ·

Ek het myself eers voorbrei voor ek die fotos oopgemaak het, en tie ek sy gesig sien begin ek huil. En dit van vreugde – hoeveel meer moes sy ma nie gehuil het nie as ek wat hom ken van die nuus soveel vreugde ervaar oor my naaste. God is groot mense. En God is oral – Ruby sê sy en haar sel groep het gebid, Ons het vir hom gebid en so baie ander mense. God het ons gebede verhoor. Sean jy is `n ongelooflike goeie mens wat `n wonderwerk is, mag God deur jou nog aan baie mense werk. Daar waar jy in die hospitaal gelê het, het jy so baie mense op hulle kniee gekry.

Johann ·

Want dieselfde Vader wat ons bedink VOORDAT ons in n moederskoot is…dieselfde Vader wat ons SKEP….dis dieselfde VADER wat VOLKOME GENEES! Dankie Vader!

Annalet van der Merwe ·

Go Sean go with God. net seen en voorspoed vir jou en jou gesin, byt vas

Mariaan ·

Fantastiese nuus! Dankie Here vir hierdie wonderwerk….sterkte vir die pad vorentoe!

Candice ·

Ons se Vader jy is almagtig en groot! Dankie vir als wat jy doen vir jou kinder, dankie dat die seun van die mamma gespaar is en so goed gesond word. Dankie an almal wat geld in gesamel het om dit moontlik te gemaak het dat die seun die beste sorg ontvang het. Asb ons Vader help al die kindertjies daar buite wat mishandel word, kanker het en ander siektes sodat hulle almal sal genees.

Marita ·

Prys en Loof die Enigste en Ware God. Ons is nederig dankbaar tot Hom?

pieter ·

GOD IS GOOD ALL THE TIME AND ALL THE TIME GOD IS GOOD. GROOT WONDERWERK VIR HIERDIE GESIN EN GETUIG DAARVAN EN GEE GOD AL DIE EER.

Jo ·

Wonderlik bly dat jy so herstel het. Sal alle rokers dit asb verantwoordelik doen. En dié wat die rookery kan wen, probeer asb

Lorraine ·

Ai hoe dankbaar is ek nie om te sien hoe mooi hy al herstel het nie. Ek skoon in trane hier agter my lessenaar. Hou aan met bid want sonder Hom is tot niks in staat.

Karen van Zyl ·

Amen, ek het skoon hoendervleis gekry van verligting toe ek sy gesiggie sien.

Helen Doman ·

Sjoe, mens kan nie dink dis dieselfde outjie van nou die dag nie. Dis ongelooflik. Een van die dae is hy sommer weer honky dory. Baie geluk met jou vordering!

Jean ·

Aaaah hy lyk awesome .. hoop die ander wonde genees ook so mooi, sterkte, jy is een van die dae weer op en aan die gang. So ‘n goeie uitkoms hierdie gewees van ‘n nare storie.

meisiekind ·

Wat het geword van die Pippie fonds. Is daardie fonds nie vir ander brandslagoffers nie?

Karen Potgieter ·

Sal ek ook graag wil weet? Wie kan ons publiek inlig asb.

dirwou ·

Wat n Seen!!! Een van die dae is jy weer op daai groot swart perd en jy ry hom dat die salpeter wit sit Hou moed en bly glo

Helene Heyns ·

Ek kan nie glo wat ek sien nie. Dis n wonderwerk uit die hand van God. Wat n grote God dien ons net nie. Hy het die baie gebede beantwoord. Loof Hom.

Ivonne Swiegers ·

Wonderlike nuus. Dankie Here dat U, U beskermde hande oor Sean gehou het. Ons bid nogsteeds vir jou. Tannie Ivonne.

Cora Simpson ·

Wat ‘n Wonderlike God het ons. Kan enige mens nog twyfel? Hier is die bewys. Die Here het die melaatses genees so hoekom sou Hy dan nie die prag kind genees nie? Sterkte vorentoe

wilma ·

Sean ou seun wanneer jy uit dai hospitaal ontslaan word kan jy getuig van N Wonderlike Genadige Liefdevolle God. Glo God het jou gebruik om vi ander mense te vertel en wys waartoe Hy in staat is en hu Lief hy ons het. Strongs

Lizel ·

Dankie aan die Dokters wat die operasie gedoen het! HULLE verdien die prys en eer.
Dankie ook aan almal wat die geld geskenk het, sonder HULLE bydraes was die moontlikheid nie daar.
Hierdie seun lyk wonderlik, mag sy toekoms uiters suksesvol wees en die lewe hom seën in oorvloed!

Dark.O ·

Stem saam met jou, Lizel. Die mediese tegnologie en sorg is wonderlik. Dit is jammer ń wonderwerk kon die ongeluk nie voorkom het nie.
Bly vir die seun dat hy so mooi herstel het as gevolg van die mediese behandeling.

TM ·

Wow ek is stomgeslaan. Ek het die ergste verwag maar hy lyk absoluut normaal. Tot sy oë is vol lewe. Werklik ‘n wonderwerk.

Kaufman ·

Alhoewel ek nie van Rian hou nie sê ek vir hom dankie dat hy geld ingesamel het. En dankie vir almal wat bygedra en gebid het.

Boetman ·

Stem met elkeen wat se dis ‘n wonderwerk. Dis NIE die “wonderlike” behandeling van Netcare nie – as die liewe Vader dit so wil he, is dit Sy wil. Maak nie saak wie of waar Sean behandel is nie.
Die enigste verskil is dat Mamon sy deel gevat het en steeds sal doen vir solank as daar geld is.
Sean, wys die wereld jy kan dit sonder Mamon doen – dien ons Vader en Hy sal goed wees vir jou.

Mathilda ·

Ag Boetman jy praat ‘n klomp snert! Die behandeling maak ‘n reuse verskil en jy weet dit. Dis waarvoor geld ingesamel is – vir die beste sorg. Ongelukkig stel “mamon” werkgewers in staat om hul personeel te betaal soos by enige ander werk. Bly om te hoor jy werk verniet of vir ‘n minimum loon.

Liendempers ·

Seuna, jy lyk so baie na my seun. Julle is dieselfde ouderdom ook. Ons bid vir jou. Nie net vir die herstel van jou lyf nie, maar ook dat jy die verskriklike skrik en angs waardeer jy moes gaan, sal verwerk en weer so breed kan glimlag soos altyd.

Deon le Roux ·

Ek is so bly die Jongman is beter. Sterkte Jongman. Bly sterk, lig jou ken en gaan voort. Moenie dat brandwond letsels jou terughou nie.

Justice ·

Nog net so ‘n mooi seun soos van voor die ongeluk – die Here het beslis ‘n groot doel / plan vir jou in die lewe – ek is werklik bly om jou goeie vordering te kan aanskou. Ek het geen twyfel dat jy deur hel gaan met die behandeling van jou wonde – byt net vas – ons almal bid vir jou spoedige herstel.

Lou ·

Baie geluk ook aan die dokters en verpleegpersoneel. Julle het uitstekende werk gedoen.

Francie ·

Die tyd van wonderwerke is verseker nog nie verby nie! Aan God alleen die eer!

Elsabe ·

So bly! Hy is so pragtige seun …. dankie Liewe Jesus …Amen

Moira ·

Kyk net so n pragtige jongman. So bly God het n wonderwerk in jou lewe gedoen en wees verseker dat Hy nooit halwe werk doen nie en nie terug gaan op sy woord nie. Eenmaal n wonderwerk altyd n wonderwerk. God het jou gespaar want Hy gaan jou nog gebruik tot eer van Sy koningkryk.
En ook n groot applous vir al die mediese personeel wat so goed is vir Sean.
En aan al die mense wat geld geskenk het jul maak mens hart so warm. Vir al die opregte omgee.

Elize VvZ ·

Ek besef dit elke dag net meer en meer en meer: Ons dien ‘n God van wonders!!! Sterkte aan hierdie dapper jong man vir die herstelpad pad hy en sy geliefdes nog moet loop – die Here het tot hier toe bewys Hy is daar vir julle en dit sal nie verander nie, want Hy verander nie.

Adél ·

Dit is fantasties – prys die Here vir die mooi herstel van hierdie jong seun!! Amen ☺

Theresa B ·

Prys die Here!!! Dit is awesome om dit te sien!!! Hoe groot en goed is ons God net nie. Wow!! Elkeen wat ‘n bydrae hier gelewer het (Dr’s en mense wat donasies gemaak het) – julle is ook geseën. Dit kon net nie anders uitgewerk het nie. Sterkte vorentoe. Dit gaan nog beter gaan………………….

E.K. ·

Hierdie is getuienis asook bewys vir enigeen wat twyfel aan die krag van gebed en twyfel aan die bestaan van die Allerhoogste.

fred ·

ALLE EER AAN DIE HOOGSTE VADER – VIR HOM IS NIKS ONMOONTLIK NIE – JESUS EK IS LIEF VIR U. DANKIE DANKIE DANKIE.

Rina Kotze ·

So dankbaar saam met jou Sean en jou Ma dat sy en almal jou so mooi bystaan!

Baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir Sy genesende Hand oor jou.

Voorspoed vir jou herstel vorentoe!

Penelope ·

GOD is groot! Baie sterkte vir jou herstelproses. Millpark het die beste brandeenheid. My kind was 3 weke in intensief en die Dokters en Personeel was uitstekend.

Eben Terblance ·

Dis ‘n wonder van geneeskunde. Dit sou ‘n wonderwerk gewees het indien niemand geld gegee het nie en hy by die huis gelê het en so goed gelyk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.