SEB eersdaags ook vir eiendomsbedryf verpligtend

Argieffoto ter illustrasie van die eiendomsbedryf. 

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-deelname is ingevolge die Eiendomspraktisynswet eersdaags verpligtend in die eiendomsbedryf.

Die sakeorganisasie Sakeliga is nie ten gunste van dié wet nie. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, verduidelik dat enigeen wat vantevore aan die nodige professionele vereistes voldoen het, as ʼn eiendomspraktisyn kon optree. Dit sal voortaan egter nie meer die geval wees nie, aangesien ’n geldige SEB-sertifikaat nou ’n voorvereiste gaan wees.

“Om deelname aan SEB-prosesse as ʼn professionele vereiste te vermom, is onregverdig, skadelik en onkonstitusioneel. Dit is onaanvaarbare politieke inmenging by die vryheid van die industrie en die welvaart van die bedryf, sy kliënte en die ekonomie,” meen Le Roux.

Die wet bepaal dat die Regulerende Owerheid vir Eiendomspraktisyns nie ’n Getrouheidsfondssertifikaat mag uitreik aan enige persoon wat nie oor ’n geldige SEB-sertifikaat beskik nie. Geen persoon mag dus as ’n eiendomspraktisyn optree sonder dat ʼn Getrouheidsfondssertifikaat aan hom of haar uitgereik is nie.

Wanneer daar van ʼn eiendomspraktisyn gepraat word, sluit dit nié net eiendomsagente in nie, maar ook afslaers, verhuurders, adverteerders van eiendomme vir verhuring of verkoop, eiendomsbestuurders, ontwikkelaars, finansierders en hul agente, tyddeelbemarkers asook al die direkteure van regsentiteite wat hierdie aktiwiteite bedryf.

“Die implikasie is duidelik. Die wet dwing SEB af op almal wat enigsins met die bedryf te doen het. Die eerste stap is om SEB deel van die lisensiëringsvereistes vir die bedryf te maak. Die volgende stappe sal wees om spesifieke SEB-vlakke te vereis of penalisasie en ander strafmaatreëls in te stel waar SEB-vlakke nie behaal word nie,” verduidelik Le Roux.

Hoewel die Eiendomspraktisynswet reeds in September onderteken is, sal die wet eers in werking tree op ’n datum soos deur die president in die Staatskoerant geproklameer. Dié datum is nog nie bekend gemaak nie.

“As die doel van SEB regverdige bemagtiging en ekonomiese voorspoed vir almal in Suid-Afrika is, misluk dit heeltemal. Hieroor is daar ʼn openbare konsensus aan die ontstaan. Dit is vandag algemeen om te hoor hoe ontleders, sakelui, politici, ekonome en regslui uit alle gemeenskappe in Suid-Afrika SEB kritiseer. Ten spyte van die ooglopende probleme met SEB word die beleid egter skerper en skerper toegepas, en in meer en meer wette ingesluit. Hiervan is die ondertekening van die Eiendomspraktisynswet die jongste voorbeeld,” meen Le Roux.

Luidens ʼn verklaring gaan Sakeliga op 26 November ʼn werkswinkel vir lede van die eiendomsbedryf by sy hoofkantoor in Centurion aanbied met die oog op regsaksie. “Sakeliga ondersoek tans die moontlikheid om voor die wet se inwerkingtreding die grondwetlikheid van hierdie SEB-vereistes te betwis,” lui die verklaring.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

PJC ·

Ons weet mos nou al as hierdie wet in die grondwethof gaan draai wat hul uitspraak gaan wees. Hul ondersteun mos voortdurend die ANC ideologie. Een ding weet ek egter en dit is met wie ek besigheid sal doen as ek my eiendom wil verkoop of ń ander eiendom wil koop. Daar is baie maniere om ń ding te doen en geen SEB agent sal enige besigheid van my kry nie.

Robunta ·

As jou jaarlikse omset minder as R10 miljoen is, kwalifiseer jy outomaties as ‘n “exempt micro enterprise” en kry dan vlak 4 SEB erkenning (ongeag jou velkleur). Buitendien, die konsep van ‘n eiendomsagent is ‘n nie-beroep wat net enigiets doen totdat kommissie verdien is. Kan deesdae ‘n eiendom verkoop sonder ‘n opportunitiese agent. Net makelaars is erger…

Sakeliga ·

Robunta, ongelukkig is jou benadering m.b.t. die vlak 4 EME’s nie korrek nie. Die wet maak voorsiening daarvoor dat sekere regulasies gepromulgeer word om te stipuleer watter vlakke aanvaarbaar sal wees. In verskeie ander sektore is soortgelyke wetgewing gepromulgeer en daarna regulasies wat die SEB-vereistes uiteensit. Die regering het ‘n geneigdheid om die eerste stel regulasies op ‘n oppervlakkige manier te bewoord, soos bv. dat vlak 4 SEB-status aanvaarbaar is, maar ons het al uit praktyk geleer dat hulle na die sektor se nakoming van daardie regulasies, dat hulle daarna ‘n nuwe stel promulgeer wat baie strenger is en dan bv. vlak 2 of selfs vlak 1 as vereiste plaas. ‘n Goeie voorbeeld is die rits regulasies wat i.t.v. die Preferential Procurement and Policy Framework Act in werking gestel is. Ons moedig dus steeds die publiek aan om ons werkswinkel by te woon op 26 November 2019 ten einde julle te bemagtig met kennis, maar ook om werkbare argumente te bekom om hierdie drakoniese wetgewing se werking te probeer staak.

humor ·

Baie maklik wyk weereens uit na die massas wat nie n idee het waarom dit gaan nie. Hulle sal die groenlig gee en ons sal dit met wette bekragtig.

J van Rustenburg ·

As die komissie wat jy verdien minder as R10miljoen ‘n jaar is is jy ge exempt van dit

Sakeliga ·

J van Rustenburg, indien die regulasies wat die wet op die horison plaas andersins bepaal gaan jy nie kwytgeskel wees nie. Die wet is slegs die meganisme wat die implimentering van die regering se plan stipuleer, daarna sal regulasies kom wat gewoonlik die SEB-vereistes uitbrei vir daardie spesifieke sektor. Daar is in vele sektore unieke regulasies wat afwyk van die SEB-wet se inhoud. Moet julle asseblief nie in ‘n lokval laat vang wat hierdie kwessie betref nie. Uit ervaring weet ons dat die staat by promulgering van regulasies eers tegemoedkomend begin en daarna by ‘n volgende stel regulasies, die leisels begin stywer trek.

Johnny ·

Vat alles neuk dit op dan is daar oor n jaar of twee niks oor nie sic

Jan ·

Glo dit sal net van toepassing wees op praktyke wat meer as ń sekere hoeveelheid omset per jaar het.

Sakeliga ·

Jan ongelukkig is dit nie ‘n uitgemaakte saak oor of sekere kwytskeldings sal geld al dan nie. Die wet plaas duidelike klem daarop dat die regering verdere regulasies moet uitvaarding rondom die regulering van die sektor wanneer dit kom by transformasie-doelwitte en SEB-status. Dit kan wees, soos in ander sektore, dat die eerste stel regulasies nie so indringend sal wees nie. Ons weet ongelukkig uit ervaring dat die regering gewoonlik ‘n ruk daarna meer ingrypende regulasies promulgeer en as die sektor reeds by die idee van SEB ingekoop het, dan is daar nie kans vir omdraai nie omrede die kans om jou beswaar te opper reeds verby is. Ons moedig jou dus aan om ons werkswinkel op 26 November 2019 by te woon indien jy hierdeur geraak sou word.

Hanna Hoekom ·

Ek was jare gelede n eiendomsagent in Pretoria wat met verskeie ander agentskappe saamgewerk het. Tussen daardie 20+ agentskappe was net een swart eiendomsagent gewees. Aangesien die agente slegs op kommisie werk, was daar nie juis belangstelling nie… Hoe hulle nou SEB gaan afdwing, wil ek graag sien.

Ben Niemand ·

Hanna, interresante punt wat jy aanraak. Daar gaan seker nou ‘n eiendomsbedryf vakbond gestig word, en hulle gaan heeltyd staak oor minimum loon…

Dom Astrant ·

Jip, nie almal is uitgeknip vir uitkoms gebaseerde vergoeding nie.

KrokodilBotha ·

Dis daai Een Suid Afrika vir almal. Gou hierna gou die Da ondersteuner eiendoms agente hier n boodskap stuur op whatsapp . Hie hie , sal ook seker die laaste keer stem vir regstellende aksie, en daai tjol. Viva, Da

Heinrich ·

Die leiers is katolieke. Daarom is die pous hulle baas en die sluit maar net human rights in

My Opinie ·

Ek het nooit gedink die dag sal kom dat ek emmigrasie oorweeg nie, maar die gedagte is hier.
Hoeveel jaar moet verby gaan sodat daar gelyke geleenthede vir almal mag wees?
Die wit mense is in so groot minderheid dat dit hul kanse outomaties verklein.
Laat almal geluk kanse hê.
Die ekonomie lyk reeds soos dit lyk. Kom ons gee aandag daaraan. Dit sal alle Suid-Afrikaners bevoordeel.

Gert ·

Onthou SEB gaan nie oor gelyke geleenthede nie, dit gaan oor ongelyke geleenthede en om die een groep wat vir die regime stem te bevoordeel.

Bert ·

Die eiendoms bedryf werk op prestasie gegronde vergoeding, dus geen prestasie beteken: geen vergoeding en staak vir meer geld sal dus nie werk nie.

Gert van Wierdapark ·

Swart ekonomiese bevoordeling (van n klompie uitgesoekte kaders), maak deel uit van die Soustrein wat tans al 962 en drie trokke het! Drie daarvan staan by Nkandla, en die VBS se kurators wil dit nou klaarblyklik skut(d)! He-he-he

Gert van Wierdapark ·

Skep die kaders nie al reeds genoeg nie! Waar gaan hul al die skeplepels bere?

Daniel ·

Daar is baie swartmense wat deesdae huise koop, hulle sal seker verkies om met swart agente besigheid te doen

Anton ·

Indien ‘n vliegtuig gefinansier word moet die finansierder ook ‘ n vlieënierslisensie hê. Dis ‘n reeds sukkelende bedryf met hoë bedryfskostes.

jaco ·

En waar gaan al hierdie SEB-begunstigde eiendomsagente werk wanneer alle grond onteien is sonder vergoeding en dan permanent aan die staat behoort?

Eugene ·

Geen logika in denke van ANC. Dwing n ras in n veld in waain hulle geen belangsteling het nie. Jy is altyd op no work no pay basis en jy kan nie staak vir n verhoging nie.

Verewig Nasionaal ·

MyOpinie.
Nee dis nou die tyd om vas te staan en hande te vat met ons broers. Daar moet brûe gebou word met die wat voorheen benadeel was. Ons Nasionale Party mense moet die reënboognasie bou. Die ou klomp regses dink net aan hulle self. Mr De Klerk se woorde gee ons krag i hoerdie pragtige land.

Johan Pretorius ·

Solank daar SEB en regstellende optredes is sal Suid – Afrika ‘n mislukking wees waar korupsie en staatskaping hoogty vier.

Andre ·

Ons word reeds soos 2de handse burgers behandel. Diegene wat nog glo daars ‘n reënboog nasie behoort al seer selerlik teen die tyd te weet ons is slawe van die Majority Black Corruption.

Domvraag ·

Sien party mense hulle self as so minderwaardig dat hul wette nodig het om die meerderheid teen die minderheid te beskerm.

Leon ·

Daar sal nie meer in Suid Afrika eenmans praktyke wees nie. Alles sal 9 man praktyke word want jy moet 8 swart mense aanstel vir elke een witman. So jou praktyk gaan nou skielik GROOT word.

khat ·

En daar gaan die eiendom mark ook in sy kanon hoekom moet daar gedwing word om n gekleurde aandeel houer geforseer word met n familie saak die anc het nou die land finaal op sy kneei maar dis nog te hoog hy het die land in die graf is

Danie T ·

Nou het ek alles gehoor!!!Nog nooit was daar ‘n beperking op mense van kleur om ‘n eiendomsagent te wees. Hoekom hou die mense wat sulke onsinnighede opstel hul nie liewer besig om ons land se ekonomie te verbeter as om hul met sulke twak besig te hou!!!!!Hoekom voel die massas van kleur ALTYD so bedreig??

marina ·

Ja sonder wet kom hierdie bevoorregte nasie nêrens en ook dan val huk uit die bus en neem klomp ander saam!!
Hul kan doodeenvoudig op hul eie niks reg kry of bereik!!

B.B. ·

Hier waar ek woon is hier heelwat Swart agentskappe, Hulle bemark in enige gebied, en hou selfs skou-huise.. . So gaan hulle dan ook “gedwing” word om nou Blanke, Indier of ander rasse in hul besighede in te bring?
Daar is seker n plekkie vir hulle..en hul besigheid.. solank NIKS met DWANG te doen het nie..!!

Ryan ·

Nog een van die begin van groot worstelinge in SA wat gaan ly tot totale choas.

potlood ·

Minderhede wat DA stem moet nie kla oor SEB nie hulle ondersteun die diskriminasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.