‘SEB het geen plek in entstofprogram’; WGO gevra om in te gryp  

(Argieffoto: Unsplash)

Die DA het met afgryse gereageer op pres. Cyril Ramaphosa se onlangse uitlatings dat swart sakelui moet baat vind by die Covid-19-entstofprogram.

“Wat die president gewys het, is dat hy nie die welstand van Suid-Afrikaners, wat in die middel staan wanneer dit kom by besluite van lewe en dood rakende die verspreiding entstowwe, eerste stel nie,”  het Dean Macpherson, DA-woordvoerder, gesê.

Solidariteit het Dinsdag ʼn skrywe aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gerig om dié liggaam in kennis te stel dat die Suid-Afrikaanse regering se entstofplan op ras gebaseer is. Solidariteit vra ook dat die WGO in hierdie aangeleentheid moet ingryp om sulke diskriminasie te stuit.

Ramaphosa het verlede week tydens ʼn virtuele vergadering tussen die ANC se top-ses en die Progressive Business Forum gesê het dat die verspreiding van entstowwe geleentheid vir swart bemagtiging gaan bied.

Dat iemand soos Ramaphosa selfs kan begin glo dat hy ʼn “geleentheid” vir sy medekaders moet skep terwyl sy landgenote aan Covid-19 sterf, is eerlikwaar “grotesk en siek”, het Macpherson gesê.

“Waarom die president enigsins daaraan gedink het om ʼn geldmaakhoek in ʼn pandemie te vind gaan die verstand te bowe en trek sy sedes en etiek in twyfel.”

Volgens Machperson het dit oor die afgelope 27 jaar duidelik geword dat swart ekonomiese bemagtiging niks anders is nie as ʼn front om diegene wat ANC-lidmaatskapkaarte het te bemagtig ten koste van miljoene swart Suid-Afrikaners wat uitgesluit word van ware en betekenisvolle bemagtiging.

Wat dringend nodig is, is ʼn vinnige en effektiewe beskikbaarmaking van entstowwe teen die goedkoopste prys om lewens en lewensbestaan te red. “Ons kan eenvoudig nie toelaat dat Ramaphosa en die ANC ʼn ‘SEB-winsmarge’ inbou wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie.”

Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)

Volgens Solidariteit is ʼn pandemie, waarin mense se lewens op die spel is, nie die tyd om die rassekaart te speel en teen enige iemand te diskrimineer nie. Die staat buit egter die krisis uit, is ras-obsessief en ag nie alle mense in Suid-Afrika as ewe belangrik nie, sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die president se aankondiging dat SEB gebruik gaan word om die entstof te versprei, kan op geen manier geregverdig word nie. Mense se lewens hang hiervan af, maar vir die regering is dit belangriker om sy rasse-ideologie te bevorder eerder as om lewens te red.”

Hermann meen die president het klaarblyklik ook sy standpunt om opportunisme ten tye van die pandemie hok te slaan, laat vaar om in die eie belang van die ANC-regering op te tree.

Solidariteit vra dat die WGO ingryp en die Suid-Afrikaanse regering op sy kortsigtigheid en selfsug moet wys.

“Alle lewens maak saak en alle mense, ongeag ras of geslag, se lewens moet ewe belangrik geag word. Rassisme en rasgedrewe ideologieë durf geen plek in die stryd teen ʼn pandemie hê nie,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pierre ·

Nou sou dit enigsins anders gewerk het met ANC regering ??

Jaco ·

Iets maak nou nie vir my sin nie: die een kommentaar na die ander op maroelamedia.co.za oor die entstof, sê die entstof is nonsens, dis die merk van die dier en daars BAIE kommentare wat sê “ek weier om ingeënt te word”. So as dit is hoe wit mense oor die algemeen oor die entstof dink, is daar dan regtig wit nie-BEE besighede wat nog steeds die entstof WIL versprei? Wees eerder bly dat die hele entstof ding gaan ‘n suiwer BEE-ding gaan wees.

Luke ·

Volgens die Bybel sal die merk van die dier eers voorkom na die wegraping

Kosie ·

Ek stem met jou saam. Almal wat so kla oor die entstof kan maar myne kry. Ek wil net nie daarvoor betaal nie. En almal wat sulke voorstaners is, moet asseblief sommer ‘n dubbele dosis kry, begin net by die ministers en die president. Hulle moet tog eerste “beskerm” word.

Althes ·

Die ANC het sy hand lekker oorspeel.
Op ñ mooi respekvolle manier kan ons die boodskap internasionaal oordra hoe skreiend die diskriminasie teen ander kleurgroepe is.
Dis nie ons skuld dat die swart bevolking hul eie ondergang is deur oorbevolking nie.
Al sou SEB regverdig en sonder korrupsie wees, sou nie almal van die massas voordeel trek nie, netso ook met regstellende aksie.

Cd ·

Laat my wonder oor die integriteit van Ramaposa.
Hoe trek hy voordeel uit die hele epidemie?
Kan so n President lojaliteit van almal verwag?
Anc sal nooit verander of vertrou kan word nie.
“Our people” (C R) is nie eerlik met al die mense van RSA nie.
Hoe kan hy hom beroep op Christenskap?
Lees ons dieselfde Bybel. ?
Se maar net…….

Alleen Wolf ·

Na my beskeie mening het nie een van die ANC kaders met miskien die uitsondering van Tito Mboweni enige sede waardes of etiek nie, handeling spreek baie duideliker as woorde.

Anoniem ·

Hang dit wêreldwyd aan die groot klok, moenie terughou nie.

henndrik ·

Die ANC moet op een of ander manier stemme werf vir die volgende verkiesing

Jacobus ·

Die ANC en sy meelopers het reeds ruimskoots uit Covid gebaat. Dit sluit ‘n groot deel van hulpfonds en nou lyk die of selfs die reiniging van skole. Die entstof moet so ver moontlik uit die ANC se kloue gehou word. Hulle rekord op alle terreine is power. Al waarmee hulle uitblink is skepping van miljoenêrs.

Madz ·

Liewe Vader ….. ek dink BAIE van ons voel dat die tyd reg is om in te gryp – hier is “wesens” wat besig is om hul mag te misbruik en wat wil god speel oor lewe en dood…..Dis skreeu teen Hemele!!

Johan ·

Die ANC is die nuwe Nazi party. Hulle is besig met volksmoord en dink hulle kan hiermee weg kom. Allles gaan om geld en ras vir die ANC-rassiste.

4ntj13 ·

Die Covid-entstofprogram is wêreldwyd as nie-winsgewende program op die been gebring. Die enigste “bemagtiging” wat dus ter sprake mag kom is vir reeds-bestaande sisteme om dit sonder wins te verskaf. Watse vaardighede het sy swart sakelui in inentings of werklik nie-winsgewende diensverskaffing?
Ten minste wys hulle nou hul ware kleure: mense kan maar doodgaan en die land vergaan…

Dirk Mostert ·

Nie-winsgewend se voet!Groot Farma vryf al hul hande oor die biloene dollars aan entstowwe wat deur regerings bestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.