SEB: Hof verwerp Solidariteit se aansoek om appèl

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die konstitusionele hof het Vrydag Solidariteit se versoek om verlof tot appèl in sy saak teen die departement van toerisme van die hand gewys.

Solidariteit het hom tot die konstitusionele hof gewend nadat die hooggeregshof in Pretoria bevind het die departement mág ras as kriterium gebruik wanneer finansiële hulp aan kleinsakeondernemings toegeken word.

Die aansoek is op ʼn dringende basis gebring.

“Die konstitusionele hof het die aansoek oorweeg en besluit dat die aansoek van die hand gewys moet word, aangesien dit nie in belang van geregtigheid is dat die saak nou aangehoor word nie,” lui die uitspraak. Die rede wat die paneel regters hiervoor aanvoer is dat daar nie genoegsame redes aangevoer is waarom direk by die konstitusionele hof geappelleer is en waarom dit dringend is nie.

solidariteit-teen-discovery-veldtog-dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Dit is absoluut skokkend dat die konstitusionele hof nie op ʼn dringende basis die aansoek van Solidariteit oor die vergrype wil aanhoor nie,” se dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Dit gaan hier oor mense in uiterste nood as gevolg van ʼn krisis wat hulle op geen manier veroorsaak het nie. Nou moet hulle nog wag vir ʼn onsensitiewe hofproses.”

Hermann sê Solidariteit gaan nie die saak hier laat nie. “Die besluit om op grond van hoe mense lyk hulp te gee, is die laagtepunt van die regering se rasse-ideologie.”

Hy sê Solidariteit volg ʼn benadering in vier stappe in reaksie op die staat se rasse-ideologie. “Eerstens veg ons voluit in die hof, tweedens mobiliseer ons mense om nee te sê en nooit te aanvaar dat dit reg is nie. Derdens sê ons vir die gemeenskap om nooit afhanklik van die staat te wees nie en meer en meer dinge self te doen en mekaar te help. Gemeenskapkrag is ongelooflik sterk. Vierdens is ons regspan reeds besig om ʼn klag teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies oor sy rasse-ideologie in ʼn krisistyd te lê,” sê Hermann.

Die departement van toerisme het Vrydag se uitspraak verwelkom.

“Die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof het bevestig dat die speelveld tussen wit beheerde en swart beheerde maatskappye nie gelyk is nie, as gevolg van die land se historiese ongelykhede. Die uitspraak het ook bevestig dat raskriteria binne die wet val,” sê die departement in ʼn verklaring. “Die uitspraak van die konstitusionele hof strook met ons siening dat die saak geen wettige of morele gronde het nie.”

Die departement sê hy het reeds 13 000 aansoeke om finansiële hulp van sukkelende ondernemings ontvang. “Die departement is reeds in die proses om betalings aan begunstigdes te verwerk. Dit is belangrik om te noem dat dié begunstigdes swart én wit eienaars insluit.”

Hoewel die departement in die verklaring na Solidariteite én AfriForum se sake verwys het, het die hof Vrydag slegs uitspraak met betrekking tot Solidariteit se saak gelewer. AfriForum se aansoek tot appèl vorm nie deel van Solidariteit se aansoek nie.

Hermann sê indien die hof AfriForum se aansoek ook van hand sou wys, sal albei partye aansoek doen om by die hoogste hof van appèl in Bloemfontein te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Oujongvrou ·

Ja Solidariteit en ek verstaan nie hoekom julle nie laaankal probeer veg het vir n onafhanklike plek vir ons minderheids groepe nie. Of hou julle ook maar van al die aandag wat julle kry met die geveg vir geregrigheid. Hierdie regering gaan ons al meer onderdruk tot ons almal opgekook is in daai pot kookwater.

gatgogga ·

Google ULA SouthAfrica, en kry iets om voor te streef.
Ons kan nie net hoop en bid en kla nie – ons sal niks verniet kry nie.

Zombie ·

Miskien kan jy vertel wat jy al gedoen het. Iets wat jy daadwerklik gedoen het, nie net kerm op ń kommenttaarblad nie.

Karlahari ·

Solidariteit volg die stappe.
Na konstitusionele hof die Appélhof.
As dit dan nog op grond van ras diskrimineer gaan dit internasionaal.
As blankes dan hulle eie staat uitroep kan daar nie gesê word daar is nie gronde vir so iets nie.
fw ek het jou vergadering in NKP gaan luister tot ek verwyder is oor ek jou gesê het 45 miljoen balanseer nie met 5 miljoen nie.
Ek hoop die verraaier verstaan nou.

Rodger17 ·

Ek is glad nie verbaas nie.Die swart regering en regstelsel sal mos teen wittes uitspraak lewer,wat het solidariteit gedink

Pieter ·

Dit gaan orals in afrika so. Maar ons wit mense se belasting geld is goed genoeg. Gaan ons blankes ooit wakker skrik

Cleopatra69 ·

Wit mense moet ophou bydra tot kos pakkies ens wat aan die regering oorhandig moet word

Cleopatra69 ·

Elk maak eerder n bydra waar ek weet wit mense word gehelp. Ons het nerens meer n se nie, waag jy iets se is jy n rassis.

Jr ·

Dan is ek n erkende rassis – want stilbly sal ek nooit wees nie. WINSTON CHURCHILL – THE WORLD IS FULL OF EVIL BECAUSE GOOD MEN SAY AND DO NOTHING.

Frans ·

Die skrif is aan die muur want selfs die hoogste hof in die land se uitspraak is rasgedrewe en maak ‘n bespotting van die mite dat ‘Iustitia’ )lady justice) ‘n morele krag hier in die regstelsel is,Nee hier is sy swart en hang haar weegskaal so skeef dat die inhoud enige tyd gevaar loop om daarvan af te val,soos die uitspraak reeds bevestig het.

Burgermeester ·

Kan iemand met kennis van die vakgebied vir my verduidelik of SEB uitsluitlik gemik is op swart bemagtiging, of word ander ras groeperings ook onder die SEB vaandel gedek? Na 26 jaar gebruik die Regering nog steeds ras om onkunde en luiheid te verdoesel. Sekere mense werk hulself vuisvoos, terwyl ander op hulle sitvlakke sit, en verwag dat alles op ‘n silwer skinkbord vir hulle gegee moet word.

Jaco ·

Klomp geld gemors op ‘n hofsaak wat solidariteit geweet het hulle gaan verloor. Klomp geld WEG, terwyl dit uitgegee kon word op kospakkies ens. Goed wat die armes onder ons eie mense nou nodig het.

Deon ·

Ek stem 100 persent saam jou… Hulle kan daai geld en energie gebruik om n ander plan te bedink, as jy dieselfde goed oor en oor doen dan kan jy nie n ander uit slag verwag nie… Ek begin twyfel in solidariteit se intelektuele vermoee…hulle kon dit sien kom het van dag een af

Zombie ·

En wat doen jy sodanig Jaco?
As jy meer lees, sal jy sien dat die regering nou ook kospakkies wil reguleer.
Probeer om die groter prentjie raak te sien.

JN ·

Ai maar jy kan moan…Praat bietjie iets konstruktiefs as y kan of neem n prozac of iets asb Jaco…Was jou vorige gebruikers naam Jerry.?? Sal nie verbaas wees nie…Klink maar presies soos dieselfde ou geneulery…Wettiglik en heel intelligent het Solidariteit die regte kanale geloop om vir jou blanke regte te veg ” wie anders doen dit Jaco se my???”en duidelik is dit nou bewys hoe anti blank rassisties selfs die howe is in Suid Afrika… Vat die bewyse nou oorsee op die meriete van die saak en met geluk is daar lande wat kennis sal neem van die diskriminerende ongeregtighedes wat plaasvind in Suid Afrika..Ek meen baie van daai lande het juis presies teen Suid Afrika gestaan voor 94 oor soortgelyke ongeregtighedes..As jy wil kla Jaco kom dan vorendag met n konkrete plan anders kom jy maar voor soos iemand wat net kan moan en niks doen nie…n ware hensopper…

JohanR ·

Na hierdie uitspraak het my mantra nou geword “WIT MENSE EERSTE!”

Karel Kobus Kruger ·

Nou eers? Dit was al my mantra toe ek so 30 jaar gelede my verstand begin kry het.

Jr ·

Couldn’t organize to get drunk in a bar. Never mind run a country. Oh ja maar hulle kan die land RUN – IN DIE GROND IN

Adam Adriaan ·

Duidelike bewys die gereg is ook gevangenis van die Fourth Dimention/Prion Warders/Broutherhood en Elite. Hulle speel die musiek en die ANC en ons gereg dans die Ramba

Lorna ·

My BOERE stop om aan hul kos te voorsien nou is die tyd om te wys wat jul werd is
Hul glo net Al’s val uit die lug
Voed ons eie mense ons sal prvaat by julle koop
Asb ek smeek julle
Dit breek my hart omdat ons eie wit mense suffer deur hul wraak en gierigheid te aanskou

Jr ·

Maak al jou besighede oop sonder die Madamn en Manure se toestemming

Oomniklaassevriend ·

My ou volkie se kop gee ‘n ruk soos wat hulle besig is om wakker te skrik

Fedup ·

That panel consists off anc members.
Since corrupt people unite among themselves to constitute a force, we who are honest people must do the same.
No one will stand by us, we stand strong and alone.

Jakes ·

Die uitspraak van die hof is glad nie n verrassing nie aangesien ras altyd die bepalende faktor sal wees. Wat egter soos n feit sal uitstaan is dat die land die afgelope 25 jaar oor die afgrond bestuur is en solank soos wat die regering voortgaan om die raskaart te speel sal die land al hoe dieper in die bollie wegsink.

JM ·

Maar die regering is so arrogant om die wittes se belastinggeld te gryp en teen hulle te gebruik.

Michael 1 ·

Dit is nou n bewys dat die howe ook onder beheer van die anc is ,so wat bly oor net n onderhandeling vir n onafhanklike tuisland of …………………

Oujongvrou ·

Niemand wil saamstaan vir n tuisland nie. As alle minderhede saamstaan sal hulle moet kopgee. Weskaap het 2 hawens. En n lughawe om op trots te wees

Bloedhond ·

Hoekom noem julle (Maroelamedia) nie die bank regters op die naam nie. Is dit nie van pas om te weet of is dit teen julle media beginsels? Ek kannie wag om van julle te hoor nie.

Joe Olivier ·

Want Maroela is te polities korrek. Hulle wil nie eers my eerlike kommentaar plaas nie.

Jr ·

As ons dink die konstitiuenele hof het hierdie uitspraak gegee ” op hulle eie ” sonder n fluister en politiese fluister op iemand se loopbaan van diecANCer party moet ons weer dink. Ek kan dink – ek het ‘n 60 persent matriek sertifikaat ( verdien nie gekoop )

Jurg ·

Patties wys net weereens dat hof beheer word deur die ANC. Hoeveel kry die regter onder deur die tafel

Zelna ·

Ons soek ons eie onafhanklike Staat/Provinsie. De hel met die res. Kom aan. Staan saam. W E E moet in werking kom.

Andre ·

Dis waarom ek eers by ‘n winkel kyk na die mense, voor ek daar koop.

Alleen Wolf ·

Wat het ons verwag, regstelsel in die nuwe SA is ‘n klug.

Hoekom ·

Hulp – Swart alleenlik.
Geregtigheid – Swart alleenlik.

Geen verskil tussen nou en wat was nie. Net hande is geruil. Kom ons ruil hande maar weer…

gatgogga ·

Freddie het een onregverdige stelsel verruil vir ‘n ander.

Paul ·

Ek onthou daar was een of ander hofsaak in Zimbabwe waar die grondwet uitspraak teen zanu pf uitspraak gelewer het toe vra verslaggewer wat mugabe gaan doen toe antwoord hy gaan voort om te doen wat hy gesè het hy gaan doen toe verslaggewer hom daarop wys dat dit teen die grondwet is het hy mugabe geantwoord zanu pf is die grondwet nou ja

Jacobus ·

Dirk, verstaan jou uiterste frustrasie. Mens verwag nie van die hoogste hof om sulke halfgebakte generiese uitsprake te lewer nie. Geregtigheid se voet. Hoop net diesulkes wat hulle werk gaan kwyt wees ook so filosofies daaroor gaan voel wanneer ons die stukke gaan optel.
Dit dui egter die pad vorentoe vir ons. Meelewendheid het ook ‘n “sell by date”.
Soos met die kos verspreiding glo die hof blykbaar ook soos mr Hlongwe dat honger mense maar gerus 48 uur wag.

Frans ·

Ek hoop almal kry nou die boodskap dat al hierdie hofsake nutteloos is. Soos julle se dis eendrag vorentoe op ons eie.

Rudy ·

Dit verwag. En ja, dit nodig nie ‘n genie om te weet dat 100-200 jaar vorentoe die’ speelveld’ nogsteeds ongelyk gaan wees nie… Kan jy glo? In ‘n noodtoestand!
Ons benodig nie’ n aparte staat nie. Ons moet net groepeer en skakel. Ons kan binne die land hierdie klein Afrikaner nasie laat groei tot ‘n krag waarnee gereken moet word! Ons moet binnetoe kyk! Staan saam, werk saam. Ons BENODIG nie soseer dié regering nie. Kom ons aanvaar die laspos as onvermydelik en bou.

Pieter ·

En tot ek 100% seker is dat skenkings nie meer deur anc gekaap word nie, maak ek geen skenkings vir enige organisasie nie. Die anc veroorsaak nou weereens dat die armes die meeste ly, terwyl hulle in totale weelde leef op ons belastinggeld.

Elizabeth Margariëtha ·

Nou hoekom verbaas dit my nie? Jy kan nie die duiwel met die duiwel beveg nie. Jy kan dis ook nie die ANC met die ANC beveg nie. ANC is die hof.
En dalk moet ons bly wees vir die uitspraak want al sou dit n gunstige uitslag gewees het, sou dit in alle geval geignoreer word. Hierdie eis baie hoër aandag, soos die VN, wat Afriforum en Solidariteit wettige rede gee om die VN te nader.

Kanjynoumeer ·

Daar is nie meer vir Afrikaners maklike besluite rakende die toekoms oor nie, maar dit kan juis die nodige energie opwek wat nodig is om n uitweg uit die huidige doodloopstraat te vind. Flip Buys
uit sy boek DIE PAD NA SELFBESTUUR…

As jy ryk is, belê in Orania. Selfs n huis as n 2de belegging al is dit net om soms weg te breek tussen ons mense.

Oujongvrou ·

Sorry maar ek kan nie op Orania wat in die woestyn sit bly nie. Hoe gaan mens daar oorleef. Is net die dorp waar iets aangaan.buite om is so ver die oog kan sien niks.

JN ·

Wow.Dit wys jou hoe diep die rassime gesetel is in Suid Afrika! Tot die howwe beslis dit is geregverdig dat daar gediskrimineer mag word op die grond van ras.. Is dit nie juis wat die Anc teen geveg het nie? Om almal in te sluit ongeag van ras?? Die regters lyk my is in die Anc se agterstewe sakkie en deel die Anc se rassisties beleid..Uiters skokkend..
My vraag is nou aan die blankes van Suid Afrika wat nogsteeds dink dat Cyril hul goedgesind is? Dink jul waarlik nog so? Op een of ander manier moet die blankes hul misnoee begin uitspreek aangesien hoe langer jul stilbly hoe harder gaan die Anc die blankes vertrap! Ek kan ok maar net lag vir die kommentaar hier bo, dit is so tipies dat hul se ja Solidariteit wat het jul gedink, ja Solidariteit hoekom het jul nie lankal terug opgetree nie…Daar kan dan natuurlik dieselfde vrae aan jul gerig word? Solidariteit en Afriforum probeer en wat doen jul behalwe kritiseer? Verleen jul ooit help of bystand aan die wat vir julle veg?

Sarel ·

Oningeligte mense wat oningeligte snert in kommentare skryf is werklik irriterend

johan ·

Mense dit gaan nie oor ras nie. Dit gaan oor Christenskap en Heidene. “N ware christen sien om na sy mede mens “n heiden is net vir hom self.

Willem ·

Die Konstitusionele Hof is nie die naam “Hof” werd nie. Dit is ‘n rubberstempel vir die uitvoering van die Kommuniste se beleid.

Pieter J ·

Omdat die konstisionele hof reeds so ver getransfomeer is sal dit elke keer wanneer dit moet kies tussen die wet en die ANC ideologie die kant van die ANC kies. Dit is so eenvoudig soos dit. Prof. Koos Malan het ń baie oulike boek oor hierdie onderwerp geskryf. Ek dink die titel daarvan is “No constitution is supreme”. Ongelukkig is dit nog net in engels beskikbaar.

Hanna ·

Solidariteit, luister asb: my stem gaan op vir n fonds waar ons kan bydra vir hulpverlening aan ons eie mense. n Fonds waar ons deurgaans kan bydra e dan weet daar is geld vir d toekoms ook beskikbaar, geld vir blanke besigheidsmense. Nie n aalmoesfonds nie, n sterk besigheidsfonds

Catantho ·

Dis my teken om in erns te begin saboteer. Subtiel. Dink voor ek tip, kyk wie vervaardig my brood, liewer melkery toe waar ek die boer ken. Ons Afrikaners ís mos slim.

Pampoenboer ·

Ras mag as kriteria dien dan is die lockdown mos ras gerig ook so wit besighede mag dan mos bedryf word en dan mag ras seker ook sy belasting terughou. Cyril en sy trawante is erger as wst Zuma was

Japie ·

Selfbeskikking is die enigste oplossing vir die Afrikaner. Ek kan nie verstaan dat Solidariteit en Afriforum dit nie kan verstaan nie. Dit is gedurige hofsake wat ons niks in die sak bring nie. Hier is n voorbeeld van een wat julle verloor het en soos die Regsbank verswart gaan julle baie meer sake verloor. Dis net n mors van geld. Gaan eerder hof toe en baklei vir selfbeskikking. Internationaliseer die Afrikaner se reg op selfbeskikking. Ek weet dat Afriforum werk doen in die verband. Solidariteit en Afriforum is afhanklik van donasies van hulle lede maar hulle misbruik dit vir gerurige hofsake. Julle sal vandag n hofsaak wen wat julle oor 5 jaar sal verloor soos wat die land meer na n sosialistiese staat beweeg. Die Afrikaner kon vandag baie verder die pad van selfbeskikking gewees het as julle nie soveel tyd gemors het met ondersoek na anker dorpe ens. Hoekom hou julle nie n referendum onder julle lede nie. Kyk wat hulle se. Ek dink Solidariteit en Afriforum is bang vir die antw

Nick ·

Hierdie is so rassisties as wat kan kom,al wat ek se is voordat jy weer dit oorweeg om n huiswerker of tuinwerker te gebruik doen dit eerder jouself en spaar jou geld. Buiten belasting en die nodige goed wat my werkgewer van my salaris verhaal weier ek ten volle om vir enige een van hulle iets te gee,nooit ooit sal ek help nie,van vandag af is dit net my mense wat my kultuur deel wat erken sal word as mense van Suid-Afrika !Basta met die res!!!!

Riana ·

Wel dan moet die mense maar net sekere van hulle weknemers betaal en res laat gaan met ‘n sorry ons kan julle nie help nie soos die regering doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.