SEB-saak na Konstitusionele Hof

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Die sakegroep Sakeliga sal volgende week stukke by die Konstitusionele Hof liasseer in wat hy beskryf as die opspraakwekkendste SEB- en verkrygingshofsaak tot nog toe.

Ná regspraak in Sakeliga se guns in November 2020 word die saak nou, ook op aandrang van die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule, deur die minister van finansies op appèl geneem.

Sakeliga sal egter vra dat die Konstitusionele Hof die appèlhof se bevel ten gunste van Sakeliga, wat ʼn groot slag teen SEB en tenderkorrupsie was, handhaaf. Die appèlhof het verlede jaar bevind dat die staat se verkrygingsregulasies “ongeldig en ongrondwetlik” is.

Sakeliga sal ook vra dat die hof bevestig dat die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, buite magte opgetree het toe hy in 2017 die betrokke regulasies uitgevaardig het, aangesien die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid (PPPFA) en die Grondwet nie vir sulke rasgebaseerde uitsluiting voorsiening maak nie.

“Die 2017-PPPFA-regulasies het, sonder die parlement se toestemming, ʼn nuwe era in rasgebaseerde verkryging, wat op geen wyse die openbare belang dien nie, ingelui,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Ná die uitspraak in 2020 het verskeie organisasies, waaronder die ANC, daarop aangedring dat die minister van finansies die saak op appèl neem. By monde van Magashule het die ANC beswaar gemaak teen Le Roux se beskrywing van die uitspraak as ʼn belangrike stap in die regte rigting, en inteendeel daarop aangedring dat rasgebaseerde voorvereistes weer ingestel behoort te word.

“Tot vóór hierdie regulasies kon tenderaars slegs ʼn sekere persentasie (tot 20%) van hul tenderpunte verloor indien hulle nie aan SEB-vereistes voldoen het nie. Sedert die regulasies het staatsorgane egter voorkwalifiseringskriteria gestel, wat potensiële tenderaars nie net punte laat verloor het nie, maar by voorbaat heeltemal van tenderprosesse uitgesluit het.

“Die slagoffers hiervan was nie net die tenderaars nie, maar uiteindelik die publiek, omdat die poel van kwalifiserende tenders kunsmatig verklein is deur duisende maatskappye en sakelui, wat waarde sou kon toevoeg, op grond van ras die deur te wys.

“Daar sal geen sprake van gesonde, korrupsievrye sake-omgewings wees waar munisipaliteite en ander staatsorgane groot groepe kontrakteurs vooraf by tenderprosesse uitsluit, sonder om eens na die meriete van hul tender te kyk nie,” sê Le Roux.

Sakeliga sal volgende week die hoofde van betoog by die Konstitusionele Hof liasseer ter opponering van die minister se appèl. Die saak sal op 25 Mei aangehoor word. Sakeliga het die saak verlede jaar met ʼn gunstige kostebevel gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

re: ……… voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, buite magte opgetree het…’
Die Gordhan-aanhangers in hierdie groep het lanklaas hul bewondering vir hom uitgespreek.

Dries ·

Daar word so maklik vergeet Gordhan is n aarts kommunis sy hele lewe lank

Rooikoos ·

Dit sal aanhou. Ons is ongelukkig net te wit. Soos andile blf sê, ons moet teruggaan Nederland toe. Hulle sal nie luister en rede verstaan nie. Ons moet weggejaag word.

Realis Thailand ·

Kom woon hier waar ek woon geen rassisme nie en geen misdaad nie
het plek om n paar huise op my plasie te bou

Pieter ·

Skop terug, laat my nie rondjaag deur ‘n skobbejak nie. Nederland en Europa bestem vir Afrika en die Midde Ooste. Lees maar die Nederlandse koerant op die internet en vra mense wat daar bly. Die ander rasse stoot ons oral unit slegs op grond van hul getalle en ons linkse politiek. Laat die BLF teruggaan Mars toe, daar het hul voorgeslag alles opgevoeter.

David ·

As ek as witmens nie in Suid Afrika mag werk- of handel dryf nie, hoekom moet ek hier belasting betaal? Kan ek dit nie maar betaal in die lande waar ek werk nie?

Realis Thailand ·

As jy in die buiteland werk en in SA belastingbetaal is jy rerig n baie eerlike man.
Ek het npaar vriende wie in die buiteland werk ne gladnie in sa belasting betaal nie

Pieter ·

Dit wys die nuwe apartheidstaat en die hele wêreld is stil.
ANC nooit geveg teen Apartheid nie. Dekmantel om die land te plunder met oorsese maatjies. Die vrugte hang aan hul boom.

Pieter ·

Maar ons blankes se belasting geld is goed genoeg tyd dat ons nou wakker skrik

Oros Soros ·

Korrupsie en staatskaping moet (sal) grondwetlik beskerm word. Dit is die uiteinde as die Grondwethof die Appèlhof uitspraak omkeer.

Jack ·

PG bly maar oral in die negatiewe lig. Wonder wie beskerm die man of dit die kremlin of china is. Sy tentakels is net eenvoudig oral.

Sarel ·

Lankal gedink die “Regering” word beheer vanuit Lethuli Huis

JohanR ·

Is dit nie nou tyd dat die gespring van hof tot hof tot hof nou end kry? En om te dink ek het eens op ‘n tyd gedink Gordhan is soe min of meer ‘n goeie ANC. Draai uit hy is maaR net ‘n meer slinks ANC!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.