Secunda-“tornado” net ʼn foefie

secunda tornad

‘n Foto van die sogenaamde Secunda-tornado

Gerugte en ʼn foto wat op sosiale media die ronde doen dat Secunda in Mpumalanga laat Maandagmiddag deur ʼn tornado getref is, is net ʼn foefie.

Dipuo Tawana, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die gerugte wat die ronde doen, maar dat dit onwaar is.

“Ons het die foto ontleed en kan met sekerheid sê dit is ʼn internetfoto van ʼn tornado wat in Amerika voorgekom het. ʼn Mens kan onder meer op die foto sien die voertuie ry aan die regterkant van die pad, in plaas van die linkerkant soos hier in SA,” het Tawana gesê.

Sy sê egter ʼn hewige storm het wel die dorp getref en hulle het stormsterkte winde ervaar. Weerdiensbeamptes was ook vandag in die dorp om die gerugte te ondersoek en hulle het geen tekens van ʼn tornado gevind nie.

Christo Bruwer, ʼn inwoner van Secunda, het aan Maroela Media gesê die boodskappe wat oor en weer gestuur is, het almal op hol gehad. “Hier was nie ʼn tornado nie, maar wel ʼn erge storm, en ek weet van gevalle waar dakke, mure en bome omgewaai het,” het Bruwer gesê.

Annelie Schra, ʼn onderwyseres van die dorp, het aan Maroela Media gesê dakke van die Hoërskool Secunda het onder meer in die storm afgewaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justi ·

Sommige mense se koppe kan lekker “clutch”. Waarom onwaarhede versprei en almal op loop jaag?

Ek ·

Justi soos alles in die land moet dit met ‘n knippie sout geneem word.

Jaco ·

Ek self is inwoner op Secunda. Ek kan bevestig hier was ‘n erge storm laat gister middag. Baksteen mure is omgewaai, bome is ontwortel, skole het skade gely met dakke.
Die storm was nie ‘n foefie nie, ek het wel die tornado gemis.

muriel ·

EK VOEL BAIE JAMMER VI R AL DIE MENSE EK HET TWEE SUSTERS WAT DAAR BLY EN HET FOTO’S GESIEN VAN HULLE SKADE. ALLE STERKTE AAN ALMAL WAT SKADE GEKRY HET. DIE MENSE WAT DAAR BLY STEEK JULLE HANDE UIT NA DIE WAT DIT NODIG HET WANT DIT IS ‘B BEWYS SOMMIGE MENSE DRA OOG KLAPPE OF IS BESIG OM NET AAN HULLE SELF TE DINK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.