Die aanspraak dat Australopithecus sediba ’n voorouer van die genus, Homo, is, word nou deur verskeie wetenskaplikes betwis.
Prof. Lee Berger van Wits, wat die ondersoek na sediba gelei het (en wat in die Sterkfontein-kompleks in Suid-Afrika gevind is), en sy span maak daarop aanspraak dat dié spesie inderdaad ’n voorouer van die mens kon wees.
Volgens prof. Bill Kimbel van Arizona State University in Tempe, wat die besbewaarde skedel van ’n sediba, dié van ’n kind, deurtastend ondersoek het, is dit duidelik dat sediba nie ’n voorouer van Homo is nie, en bepaald nie van die Homo erectus wat ’n regstreekse voorouer van die moderne mens is nie.
Rekenaarmodelle oor hoe die skedel as volwassene daar sou uitsien, wat saam met prof. Yoel Rak van die Tel Aviv Universiteit gedoen is, het tot die gevolgtrekking gekom dat sediba baie nou verwant aan ’n ander Suider-Afrikaanse spesie, Au. Africanus, is. Trouens, reeds as kind het die skedel kenmerke van dié spesie openbaar.
Die nuwe aansprake is gemaak by ʼn kongres van die American Association of Physical Anthropologists. Kimbel is onmiddellik gesteun deur ander paleontoloë wat al voorheen bedenkinge oor Berger se aansprake gehad het.
Lees meer: Sciencemag
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
As jy glo dat jou voorouers ape was dan is dit so. Selfs nou ook.
Nog hoegenaamd geen bewys van specie oorgang( phyletic ewolusie) is ooit bewys nie. Dis alles net teorie. Die koolstof 14 toets wat gebruik word om skelette se ouderdom te bepaal het n halfleeftyd van slegs 5730 jaar. In minder as 100 000 jaar sal dit verweer tot onopspoorbare vlakke. Tog word dit in dinosaurs skelette gevind wat na bewering miljoene jare oud is. Dit maak nie sin nie proffie. Back to the drawing board. (Bybel)
Snaaks
Die hele ewolusie teorie is steeds net n teorie aangesien die oorgang van een spesie na n nuwe spesie nog nooit bewys is nie. (Phyletic evolution ) Verder, die koolstof 14 wat in die beendere van dinousarusse van miljoene jare oud gevind word het n halfleeftyd van 5730 jaar wat beteken dat dit tot onopspoorbare vlakke verweer in minder as 100 000 jaar. Nou my liewe proffie, hoe kom dit daar? Ek is van mening dat jul aap voorouerteorie nie water hou nie.
Ouch Afrika!