Sediba glo nie menslike voorouer

Die skedel van ‘n sediba-kind (Foto: Prof Lee Berger, Wits)

Die aanspraak dat Australopithecus sediba ’n voorouer van die genus, Homo, is, word nou deur verskeie wetenskaplikes betwis.

Prof. Lee Berger van Wits, wat die ondersoek na sediba gelei het (en wat in die Sterkfontein-kompleks in Suid-Afrika gevind is), en sy span maak daarop aanspraak dat dié spesie inderdaad ’n voorouer van die mens kon wees.

Volgens prof. Bill Kimbel van Arizona State University in Tempe, wat die besbewaarde skedel van ’n sediba, dié van ’n kind, deurtastend ondersoek het, is dit duidelik dat sediba nie ’n voorouer van Homo is nie, en bepaald nie van die Homo erectus wat ’n regstreekse voorouer van die moderne mens is nie.

Rekenaarmodelle oor hoe die skedel as volwassene daar sou uitsien, wat saam met prof. Yoel Rak van die Tel Aviv Universiteit gedoen is, het tot die gevolgtrekking gekom dat sediba baie nou verwant aan ’n ander Suider-Afrikaanse spesie, Au. Africanus, is. Trouens, reeds as kind het die skedel kenmerke van dié spesie openbaar.

Die nuwe aansprake is gemaak by ʼn kongres van die American Association of Physical Anthropologists. Kimbel is onmiddellik gesteun deur ander paleontoloë wat al voorheen bedenkinge oor Berger se aansprake gehad het.

Lees meer: Sciencemag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nell Weyer ·

As jy glo dat jou voorouers ape was dan is dit so. Selfs nou ook.

Willem ·

Waar sê evolusie dat ons as mense van ape afstam? Dit sê ons en ape het ‘n gemeenskaplike voorouer…..

MCH ·

Nog hoegenaamd geen bewys van specie oorgang( phyletic ewolusie) is ooit bewys nie. Dis alles net teorie. Die koolstof 14 toets wat gebruik word om skelette se ouderdom te bepaal het n halfleeftyd van slegs 5730 jaar. In minder as 100 000 jaar sal dit verweer tot onopspoorbare vlakke. Tog word dit in dinosaurs skelette gevind wat na bewering miljoene jare oud is. Dit maak nie sin nie proffie. Back to the drawing board. (Bybel)

MCH ·

Die hele ewolusie teorie is steeds net n teorie aangesien die oorgang van een spesie na n nuwe spesie nog nooit bewys is nie. (Phyletic evolution ) Verder, die koolstof 14 wat in die beendere van dinousarusse van miljoene jare oud gevind word het n halfleeftyd van 5730 jaar wat beteken dat dit tot onopspoorbare vlakke verweer in minder as 100 000 jaar. Nou my liewe proffie, hoe kom dit daar? Ek is van mening dat jul aap voorouerteorie nie water hou nie.

Melt Olckers ·

Kyk in ‘n woordeboek na die betekenis van “teorie” en vergelyk dit dan met “hipotese”. Gravitasie teorie is ook net ‘n teorie, maar ek gaan dit nie beproef deur van die Ponte toring af te spring nie.

Herman Toerien ·

Hallo MCH. Die koolstoftoetsing word nie op die beendere van fosiele gebruik nie. Met moderne tegnologie is dit tot ongeveer 40 000 jaar akkuraat. Daar is ongeveer 20 verskillende metodes, waarvan sommiges vir bepaalde tye geskik is, en ander weer vir ander. Die halfleeftyd van uraan is bv veel langer. Gaan Google gerus om meer oor die verskillende dateringsmetodes te wete te kom.

RB ·

@Herman Toerian – Lees weer wat MCH sê, hy verstaan die metode reg. Die feit dat meetbare koolstof 14 in dinosaurus bene bestaan bewys dat dit minder as 100000 jaar oud is. Dit sou nie sin maak om C-14 toetse op dinosaurus bene te doen as hul miljoene jaar oud was nie, omdat daar geen C-14 in sou wees nie, maar daar is…So wat is die gevolgtrekking?

Ben ·

Dit is die skedel van a Chimpanzee. Google Chimpanzee en Pic en besluit self.

Veritas ·

Sovêr ek onthou het God die mens uit stof geskape en ook na Sý beeld. Die ouens wat glo dat hul voorouers ape was, kan glo wat hulle wil. My voorouers was homo sapiens sapiens. Mense na God se beeld geskape en het nie uit Adoons ontwikkel nie. Oor en uit.

Willem ·

Duidelik strek misverstande oor evolusie wyd en ver, dat mense nou nog dink dat dit sê ons stam van ape af.

Frans C ·

Jare lank is die meeste van ons grootgemaak met die sienswyse dat Darwin beweer het dat mense van ape afstam. Die feit is egter desat Darwin nooit so iets gesê het nie.Darwin het gepostuleer dat daar in die verlede ‘n node was ( ‘n soort van gemeenskaplike voorouer waaruit die oerape en oermense ontstaan het).

Daar was dus volgens die teorie aapagtige oermense en mensagtige oerape.Dat daar iets insteek blyk uit die feit dat die ‘Chimp’ se DNS ‘n tot 97 % ooreenkoms met die mens toon.
Volgens die Bybel het God die menslike geslag laat ontstaan uit ‘n enkel man en vrou.Hierdie Bybelverhaal is egter deur die Joodse bannelinge so’n 538 v C as teenvoeter vir die Babiloniese skeppingsverhale met baie skeppers geskryf.

Die oorlede Pous het egter tydens sy baie besprekings oor dit ,opgemerk dat daar in die oorspronklike teks in die meervoud vertel word (vergelyk ander skeppings van diere ens)en dat dit meer korrek so wees, om te sê.:
‘God het die mensdom geskep,manlik en vrouilik het Hy dit geskep,Adam en Eva’.
Dit blyk ook ooreen te stem met die siening dat daar meer as een ‘voorouer”n tiepe struikmodel.

Maak nie saak nie hoe dit gebeur het nie.God het alles geskep en dit is belangrik, nie die hoe dit gebeur het nie.

Willem ·

Frans, daar is talle bewyse vir ‘n ou aarde. Hoe verduidelik jy dat ons sterrestelsels kan sien, waar ons die afstand kan meet in ligjare, wat dui op ‘n heelal ouer as 6000 jaar? En dat ons weet wat die spoed van lig is?

Verder, wat is die storie met “ape”? Ons en ape het ‘n gemeenskaplike voorouer, ons stam nie af van ape direk nie.

Elizabeth ·

Heheheheheheeeeee, kan iemand onthou hoe die skedel gesoen is op nationale tv toe dit gevind is as Afrika se voorouers??? He he hehehe heeeeee hahaha, ek sal maar niks daaroor sê nie, maar kan gelukkig dink wat ek wil! ????????? ooooooo die voorvaders is a lekker ding

Mens wonder ook maar... ·

Soms wonder ek oor Lee Berger… hy is kontroversieel en mens weet nie altyd of al sy motiewe suiwer is; net vir die publisiteit wat dit hom bring of is dit om suiwer wetenskaplike redes?

Dirk ·

Ons en ape is afkomstig van ‘n gemeenskaplike voorouer. Die aarde is NIE 6000 jaar oud nie. Evolusie is meer bewys as die stories in die Bybel.

MCH ·

Wie se die aarde is 6000 jaar oud?Nie die Bybel nie! Genesis 1:1-2 ” In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg. …”
Verseker is die aarde vreeslik oud, dink so rondom 65miljoen jaar. Maar dit wat geskep is, plante, diere en die mens 6000. Dis wat gese word. Evolusie is nog nooit bewys nie, nog nooit!

Piet pompies ·

Dit maak my die hel in! Die aarde is ook nie miljoene jare oud noe! Gaan lees Genesis 1: 27 En GOD het die “mens” geskape na sy beeld; na die beeld van GOD het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.