Seekoei byt drie naby grenspos dood

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Seekoei het Woensdagaand ʼn groep beweerde onwettige immigrante, wat die land deur die Limpoporivier naby Beitbrug wou binnekom, aangeval en drie mense doodgebyt.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die ongedokumenteerde buitelanders se liggame is Donderdagoggend aangetref. “ʼn Kind wat deel van die groep was, is ook aangeval, maar het oorleef.”

Die beseerde kind het om hulp geskreeu en verbygangers het op die kind afgekom. “Die verbygangers het die polisie ontbied en die liggame van twee volwasse mans en ʼn kind, vermoedelik tussen 7 en 9 jaar oud, is gevind.”

Die polisie het paramedici van ER24 ontbied.  Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, is die drie mense is op die toneel dood verklaar. “Die beseerde kind is in ʼn kritieke toestand na die Musina-hospitaal geneem vir behandeling,” het Rossouw gesê.

Otto het gesê die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Paul ·

Die ANC is te sleg om hulle werk te doen, nou doen die natuur dit maar. Well done

Paul ·

Ek is nogal bly ek kry uiteindelik ‘n kans om met my naamgenoot saam te stem.

Henning ·

Wie is die verbygangers ook “ongedokumenteerde”persone ?indien wel wat het van hulle geword nadat hulle polisie geroep het?

Perdebek ·

Vergeet van honde kry vir jou a seekoei baie beter wag hond

veronica ·

Lyk my Bells het ‘n wenner daar!!! Ek het dieselfde gedink! Groot was my verbasing om te sien hoeveel ander dink soos ek!! Lank lewe die seekoei!!

Johann Marx ·

Daar het net die week vantevore by Beitbrug ‘n Zimbo in die rivier geval. Hy het 5 krokodille opgevreet voor hulle hom kon uit kry…..

Tdw ·

My hart is seer vir die kinders, veral die een wat dit oorleef het. Dit moes baie traumaties wees om te aanskou hoe haar familie afgemaai word. Sy sal moet berading ontvang. Ek hoop sy herstel gou.

Tdw ·

Ek verstaan almal se frustrasie, maar ek voel die kommentare is bietjie koud. Behalwe vir die Nigeriërs (wat meestal dwelms smokkel) is my verhoudinge met die ander Afrika mense beter as met die SAners. Die ander kom uit moeilike situasies en is nie bang vir werk nie, waar die SAners glo alles moet vir hulle gegee word.

wimpie ·

Tdw, growwe veralgemenig t.o.v. Nigerieers. En Zimbabwieers het al moorde hier gepleeg.

Leeutjie ·

Wimpie, nie die kindertjies nie. Ek bly ‘n groot deernis kry vir kindertjies in sulke gevalle!

Dee ·

en ek wonder oor die beriggewer se keuse van woorde wanneer van onwettige ’emigrante’ gepraat word. Ek sou dit onwettige immigrante noem omdat die berig vanaf hierdie kant van die rivier is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dee

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dee ·

Hallo Suné
dit was nie aanmatigend of regstellend bedoel nie. Slegs ‘n mening gewees.
Groetnis van my kant af ook :-)

Riaan ·

Ek wonder hoeveel kom oor ons grense,maar dit bly kinders en ek wens geen kind so iets toe nie.

George Viljoen ·

Ek was daar en dit was nie `n mooi sig nie. Dit is beweer dat `n Ma twee “Gumba Gumba`s”
betaal het om haar kinders oor die grens te smokkel. Die kind wat dit nie oorleef het nie was
gebreklik. Volgens tekens op die grond het die mense op die seekoei pad op gekom terwyl dit
besig was om te wei. Die seekoei het vermoedelik geskrik en op pad terug water toe het die
aanval gebeur. Die beseerde kind het tussen die riete en sand gekruip tot naby die grenspos
pad waar hy om hulp geskreeu het.
toe

johann ·

Tdw. Nerens lees ek dat die beseerde persoon “vroulik” was nie, slegs dat dit ‘n kind was! Ek se slegs!

Tdw ·

Dankie Johann. Dit was seker die prentjie wat my brein gemaak het soos ek die berig gelees het.

MissDemeanor ·

Ek hoop die kind herstel gou van sy/haar beserings. Weet Maroela Media of die arme kind enige familie het wat hom of haar besoek by die hospitaal? Dit is verskriklik dat so ‘n jong mens se realiteit so hard en koud is. Dit is ook siek hoe kil party mense se komentaar is.

Dee ·

Dit is ongelukkig so dat emosies somtyds opgeweeg moet word teen feite. Moet lande bloot vermoslem word deur ouers toe te laat om in te stroom omdat hulle klein kindertjies by hulle het en daardie dogtertjie met die vlegsels to so oulik is? Of moet hulle gehok word in moslem-lande? Dit is ysingswekkend om te lees wat gebeur het. Seekoeie is waarskynlik die gevaarlikste diere in die land en almal wens hulle kon dit gespaar gewees het. Die kommentare is egter sinies deur wat op die land se grense gebeur.

Johan ·

Moet asb nie met die Amerikaanse nonsens van “ongedokumenteerde buitelanders” kom nie.
Hulle is kriminele invallers.

Futi ·

Hoekom word hulle na SA hospitaal gevat en nie terug gestuur na n Zim hospitaal nie?
Gratis toegang tot SA en nog las op die SA belasting betaler. Ons nodig meer seekoeie!

Takkie Takuuza ·

En jy verlekker jou in die dood van kinders? En jy wil ander mense siek noem?
Wow!!!!

Willie ·

Onwettig bly onwettig. Sorry. Geen simpatie nie, dit gaan oor my kinders se oorlewing.

Johannes Meintjes ·

Grensbeheer was nog nooit effektief sedert 1994 nie. Die “kaftan” is afgeskakel en sedertdien krioel SA van onwettige immigrante wat almal saam wedywer vir geld, kos en blypek in sonnige SA. Grensbeheer verdien aandag, met of sonder opgeleide seekoeie, leeus, olifante, soldate of polisiemanne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.