Seekoei byt vrou in Limpopo dood

Argieffoto

ʼn 63-jarige vrou is dood nadat ʼn seekoei haar Woensdag in ‘n woonbuurt aangeval het.

Inwoners van Magona in Malamulele, Limpopo, het Woensdagaand die dier met haar kalf in die woonbuurt opgemerk. “Dit is skaars dat só ʼn dier hier gesien word. Die inwoners was nuuskierig en onkundig oor die gevaar wat die seekoeie vir hulle inhou en het die diere agtervolg,” het Zaid Kalla, woordvoerder van die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in ʼn verklaring gesê.

“Ons neem aan die seekoei het bedreig en oorweldig gevoel en wou haar kalf beskerm, daarom dat sy tot die aanval oorgegaan het. Dié naby aan haar kon daarin slaag om vinning uit die pad te kom, maar ʼn 63-jarige vrou kon nie betyds wegkom nie en die seekoei het haar aangeval,” sê Kalla.

Hy sê die departement betreur die aanval en maan die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir gevaarlike diere. “Lede van die gemeenskap moet nie naby hierdie diere kom nie en die owerhede inlig sodra hulle ʼn rondloper dier opmerk.”

Hy sê omdat die provinsie grens aan drie ander provinsies met ʼn groot aantal wilde diere, sal hierdie diere van tyd tot tyd woonbuurte in Limpopo betree. “Die LUR het ʼn span wildbewaarders opdrag gegee om die seekoeie op te spoor en na ʼn omgewing te begelei wat wild-vriendelik is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

se maar net ·

soos alle diere het sy haar kalfie beskerm net bly sy is nie dood geskiet soos so baie kere van tevore waar wilde diere mense dood maak wat natuurlik is nie

Swart Piet ·

Essa, almal weet seekoeie is gevaarlik, so wat soek jy naby hulle. Dis soos om in n leeuhok te klim en te dink jy gaan nie gebyt word nie. En ongelukkig is Ameli reg, met die natuurbewaarings departemente se geskiedenis, is die moontlikheid heel goed dat die arme dier van kant gemaak sal word.

Boskind ·

Ek stem saam jou Swart Piet.

NAMA…..dis al wat die inwoners gesien het.
Daardie koei is laaaaaaankal in die pot.

Boskind ·

NAMA…..dis al wat die inwoners gesien het.
En hierdie dier het uit vrees opgetree
Sy en die kalf is heel moontlik al laaaaaankal aan die kook in die potte.

Chomp ·

Ag dankie liewe hemelse Vader dat die seekoei nie van kan gemaak is nie. Dit sou net nie reg wees nie.

emily ·

Leke gee voor hulle weet nie n sekere dier is gevaarlik nie, en hulle leer hulle kinders ook nie van die gevare nie.
Bly die dier is gespaar.

Niklaas ·

Ek is verbaas dat daai seekoei nie deur natuurbewarings beamptes dadelik doodgeskiet is nie. Gewoonlik klap die skote gougou en die potte word volgemaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.