ʼn Seekoei is Sondag in die vroeë oggendure deur ʼn voertuig in die omgewing van die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria doodgery.
Die voorval het naby die Route 21 Corporate Park in Irene plaasgevind.
Katlego Mathebe, die Tshwane-metro se burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur, het gesê natuurbewaringsbeamptes was op die toneel en het bevestig dat die karkas vandag (Sondag) verwyder sou word.
Sipho Stuurman, woordvoerder van die Tshwane-metro, het gesê die voorval word ondersoek om vas te stel waar die seekoei vandaan gekom het en wat die presiese gebeure rondom die voorval was.
“Daar was geen ander ongevalle as gevolg van die voorval nie. Meer inligting sal later bekend gemaak word soos dit ontvang word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Hoe sien jy nie ‘n seekoei raak nie? Tien teen een weer gejaag en is nie oplettend nie.
Jammer dat die seekoei raakgery en dood is in daardie tyd van die nag in ‘n bewoonde area. Die bestuurder van die voertuig is ‘n gevaar op die pad.
Hou eers vas mense! Wag vir die feite. As ek reg is kan daai gediertes tot 30 km/u draf en as hulle teen daai spoed skielik uit die bosse kom is dit nag.
Dis baie hartseer maar mense moet eers die feite kry voor die bestuur aanval word.
Moet eintlik wees: “Onskuldige seekoei…..”