Seëls wys die wêreld hoe lyk SA byvreters

Die SA Poskantoor het ʼn stel van vyf seëls bekend gestel wat byvreters uitbeeld.

Dit is die poskantoor se beleid om staatsmanne, natuurwonders en wildlewe op seëls uit te beeld – solank as wat dit Suid-Afrikaans is. Byvreters is van Suidelike Afrika se aanskoulikste en interessantste voëls. Dit maak hulle uitstekende onderwerpe vir seëls.

Die foto’s op die seëls is deur Chris van Rooyen geneem en die seëls is deur die poskantoor se filatelie-afdeling ontwerp. Die poskantoor reken die seëls sal blitsvinnig deur seëlversamelaars en voëlliefhebbers opgeraap word.

Byvreters het merkwaardige gewoontes. Hulle vang insekte uit die lug uit, grawe tonnels in sandbanke waar hulle hul eiers lê en met die meeste spesies bly die jongspan by hulle ouers om die volgende geslag kleintjies groot te maak. Hulle neem eers ʼn onafhanklike lewe op as die derde geslag grootgemaak is.

Die seëls kan as posgeld gebruik word vir A5-grootte koeverte en ʼn stel van vyf kos R47.75. (R9.55 elk). Die seëls is by groot poskantore beskikbaar en kan ook bestel word by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Aanbeveling ·

Wat van ‘n seël van die huidige staatsman wat die ekonomie opvreet om maar net een ding te noem.

marous ·

Nou lekker gelag Aanbeveling! Weet nie of so seel gaan klou nie …dalk te glibberig?

Sune van Heerden ·

Dagsê Roelfie

Dankie vir jou terugvoer.
Die spelling “byvreter” en “byevreter” word albei eerken (sien Woordeboek van die Afrikaanse Taal).

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.