Seep ná ‘verkragting’ in sel

Argieffoto

Argieffoto

Die saak teen ʼn polisiebeampte van Linden in Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou in ʼn aanhoudingsel verkrag het, is vir twee maande uitgestel vir verdere ondersoek.

Die 45-jarige sersant, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy beskuldig word van ʼn seksuele oortreding, het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die 25-jarige vrou, was in Junie oornag in aanhouding by die polisiestasie se selle toe die verkragting na bewering plaasgevind het.

Tydens die sersant se aansoek om borgtog het die hof van ondersoekbeampte Zelda Maphosho gehoor die man is na die vrou se sel en het aan haar gevat en haar gedreig. Hy het glo ʼn kondoom gebruik en dit is later in die toilet van die sel opgespoor.

Daarna het hy na bewering vir haar ʼn koekie seep gegee om mee te bad.

Landdros Ndivhuwo Sethusha het die saak tot 12 Desember uitgestel vir verdere ondersoek en uitslag van die DNS-ondersoek.

Die man is vrygelaat op borgtog van R10 000.

– TMG Courts and Law

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.