Seil-Safari wil oplossings vir landboubedryf bring

Die landbouskou word aan boord die luukse MSC Musica gehou wat van Durban tot Pomene in Mosambiek sal vaar. Foto: seilsafari.co.za

Te midde van talle uitdagings en onsekerheid in die landbousektor, insluitend grondonteiening, die voortgesette droogte en ʼn gebrek aan voldoende kragopwekking, het Laeveld Agrochem ʼn span van die voorste kundiges in dié bedryf bymekaargekry om hul insette oor dié kwessies met Suid-Afrika se landbougemeenskap te deel.

Die is egter geen gewone landbouskou nie – boere en ander landbourolspelers kan dié waardevolle kundigheid aan boord die luukse MSC Musica van Durban tot Pomene in Mosambiek geniet.

Vanjaar is die tweede jaar wat Laeveld Agrochem hul Seil-Safari aanbied. Die eerste “Landbouboot” was verlede jaar volgepak met boere, produsente en ander lede van die landbougemeenskap en hul families wat van die kans gebruik wou maak om meer oor die bedryf te wete te kom en skouers met die voorste landboukundiges te skuur.

Die voorste kundiges in die landboubedryf sal hul kennis oor die talle uitdagings en onsekerheid in dié sektor deel. Foto: seilsafari.co.za

Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem, sê die Seil-Safari het ten doel om hoop te skep en oplossings te vind vir die probleme wat boere in ʼn voortdurende veranderende en uitdagende sektor ervaar. “Ons het hierdie bootreis begin as deel van ons strategie om oplossings vir die landbousektor te vind. Om dit te bereik, is ʼn gesamentlike poging nodig en daarom het verskillende belanghebbendes by ons aangesluit om deel van hierdie reis te wees,” sê Liebenberg.

Deelnemers kan uitsien na toplandbousprekers en aanbiedings tydens Seil-Safari 2019. Dit sluit in Todd Cardwell, ʼn senior landboukundige by Winfield United in die VSA, wat sal gesels oor hulpmiddels in toedieningstegnologie en ontwikkelinge in gewasbeskerming. Die bekende ekonoom prof. Johan Willemse se aanbieding handel oor tien aspekte waaraan jy in jou landboubesigheidsplan aandag behoort te gee vir die pad vorentoe.

Laeveld Agrochem se Seil-Safari word vanjaar vir die tweede keer aangebied. Foto: seilsafari.co.za

Theo Vorster, aanbieder van die reeks Sakegesprek, sal brandende kwessies aanroer wanneer hy kyk na verskillende scenario’s vir 2020 met die fokus op grondonteiening, magspolitiek en meer. Christo Briedenhann en genl.maj. Roland de Vries, sekuriteitstegnologiespesialiste, sal ook aan boord wees om hul kennis te deel oor die gebruik van sintetiese DNS, hommeltuie en optiese vesel vir landelike veiligheid en die voorkoming van vee- en gewasdiefstal.

Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldboereorganisasie, sal sy insig deel oor geleenthede in ander Afrika-lande, terwyl George Prinsloo van Laeveld Agrochem sal gesels oor verhoudings- en arbeidsbestuur en hoe om produktiwiteit te verhoog en te handhaaf.

Dit is slegs enkele van die sprekers in die reeks aanbiedings wat op die program vir Seil-Safari 2019 is. “Seil-Safari is ʼn reis van hoop en ons glo dit sal ʼn toenemend belangrike rol speel om die negatiwiteit in die landbousektor aan te spreek deur direk en indirek mense van alle agtergronde te bemagtig en hul lewens te verbeter,” sê Liebenberg.

Talle uitstallers sal by die Seil-Safari 2019 te sien wees. Foto: seilsafari.co.za

Liebenberg sê daar sal natuurlik ook geleentheid wees vir groei, kuier en ontspan. Bok van Blerk, Touch of Class, Andries Vermeulen, Elvis Blue en Monique Steyn is van die kunstenaars wat die vermaak sal verskaf. Donnalee Roberts en haar span sal ʼn spesiale damesoggend aanbied, terwyl Lynette Beer, Timothy Kieswetter, Marciel Hopkins, Carina Nel, Elaine Small en Hanna Grobler ook by die Seil-Safari sal aansluit as motiveringsprekers.

Seil-Safari 2019 vind van 1 tot 5 April plaas en daar is tans nog kajuite beskikbaar. Vir meer inligting of om te bespreek, besoek www.seilsafari.co.za of skakel 060 458 8483.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Naas Vermaak ·

Hoe seil die boere sit-sit-so, ……… Die Kaapse nooi sè: Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera ….

Ellisras ·

Dit is nou ‘n verdienstelike projek wat die Dept van Landbou kan subsidieer. Die Staat betaal dan so maklik vir alles. En terloops die Departement van Landbou het vandag Droogtehulp in Ellisras uitgedeel. Net betyds om ons beeste te red.

Ellisras ·

Die beste tyd om oor die boere te kla is met ‘n maag en ‘n mond vol kos.

Snowflake ·

Hierdie tipe trips is lank reeds vooruit beplan, dit weet almal, goeie idee want dis n manier wat boere vreedsaam en veilig bymekaar kom om hulle EIE LEWENS GEHALTE en VEILIGE voortbestaan te verbeter, want ons regeering het GEEN belange by die “boer” nie!!!

Lola ·

Ek hoop die boere geniet die paar dae en ek hoop en bid dat daar positiewe werkende antwoorde en besluite hieruit sal kom. Ek is seker daarvan. ENJOY!

SjN ·

Dit is seker die beste georganiseerde projek nog aangebied deur n landbou organisaie. Soveel inligting word bekom en alles sentraal op n luukse passasierskip in n vakansie atmosfeer met puik sprekers en kunstenaars. Boonop bekostigbaar ook. Vir die negatiewe kommentaar wat gelewer is, Moenie met n mond vol kos kla nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.