Seinblokkering-saak in hof

Joernaliste het Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Joernaliste het Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Mediahuise en verskeie ander organisasies sal Dinsdag ʼn aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad bring om die parlement te verhoed om in die toekoms selfoonsein te blok.

“Primedia Broadcasting, tesame met Media24, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), die Right to Know-veldtog en Open Democracy Advice Centre sal die speaker van die parlement versoek om te onderneem dat daar in die toekoms nie enige telekommunikasieseine in die parlement geblok sal word nie,” het Primedia gesê.

Die speaker sal ook versoek word om te verseker dat die regstreekse oudio- en videotoevoer die totale omvang van gebeure sal vasvang en dat dit aan die media verskaf sal word. Die videotoevoer het Donderdagaand toe EFF-LP’s uit die Nasionale Vergadering verwyder is, slegs op Baleka Mbete, speaker, en Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, gefokus.

Joernaliste het Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. LP’s van die DA en EFF het saam met joernaliste gedreunsing “bring back the signal”.

Die selfoonsein het weer teruggekeer nadat Mbete die parlement se sekretaris versoek het om ondersoek in te stel.

“Ons vermoë om vry en regverdig ons werk te doen in ʼn funksionerende demokrasie is van kardinale belang en moet nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie,” het Katy Katopodis, hoofredakteur van Eyewitness News, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

Die ANC het geweet wat gaan gebeur en het die sein opsetlik geblok sodat die res van die wêreld nie kan hoor en sien hoe walglik en pateties hulle eintlik is nie.

Vir die oë van die wêreld wil hul voorhou dat hul wonderlik is, maar ons wat hier bly weet die waarheid; dat alles waaraan die ANC raak in stof verander!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.