Seinblokkering was ‘tegniese fout’ sê ministers

Joernaliste het Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Joernaliste het Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Kabinetministers het Sondag gesê die selfoonsein in die Nasionale Vergadering het weens ʼn “tegniese fout” verlore gegaan tydens Donderdagaand se staatsrede.

“Ek sal dit as ʼn tegniese fout beskryf tot die presidensie en die parlement vra vir ʼn volledige ondersoek om te sê ons moet almal weet wat gebeur het, en dan noem ons dit op die regte naam,” het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, aan verslaggewer gesê.

Nkoana-Mashabane het gesê geen van die buitelandse diplomate wat Donderdagaand se staatsrede en Saterdagaand se Ubuntu-toekennings bygewoon het, het gekla oor die selfoonsein nie. “Nie ‘n enkele ambassadeur het ons hieroor uitgevra nie, want hierdie tegniese foute gebeur oral. Ek onthou toe ek in die parlement gesit het en die president wou praat maar sy mikrofoon was nie aan nie, so ons almal wil weet wat gebeur het en kom ons vat dit rustig.”

Derek Hanekom, minister van toerisme, het gesê die ministers was net so verbaas soos die joernaliste toe hulle gesien het daar is nie selfoonsein nie. Ciyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en poswese, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die geloofwaardigheid van berigte dat ʼn seinblokkeringstoestel in die Nasionale Vergadering opgemerk is nie.

“Daar is ʼn ondersoek na die foute wat Donderdag voorgekom het. Daar was ʼn seinprobleem. Daar was ook ʼn probleem met die mikrofone. Dit is dinge wat ons bekommerd maak, maar kom ons wag vir ʼn behoorlike verslag aangesien dit gevaarlik sal wees om te spekuleer,” het Cwele gesê.

Hanekom het intussen sy ontsteltenis uitgespreek oor die ontwrigtings wat tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede voorgekom het, maar meen dit het nie ʼn groot impak op die land se beeld nie. “Dit is ‘n baie klein gebeurtenis, groot vir ons en ons hou nie daarvan nie, maar in die wêreldwye konteks baie klein, so dis baie onwaarskynlik dat dit enige beduidende impak op toerisme sal hê, indien enige.”

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het met Hanekom saamgestem. “Ek dink ek wil ʼn soortgelyke sentiment as minister Hanekom deel, naamlik dat geleenthede wat in ons land plaasvind, al is dit betreurenswaardig, nie hoofkwessies is wat beleggers bekommer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dink julle regtig dat ons julle moet glo . Die meerderheid Suid Afrikaners gaan nie n pampoen gerol word nie .

Drieks ·

Nou is ek regtig bang vir wat wag, danksy mnr Hannekom en Davis.
Hul is ook net vir die salaris tjek daar.
Geen trots, net Anc trots….

AP van Schalkwyk ·

Ja ek GLO die minister net soos ek in die tandmuis glo en in Vader Krismis!!!!!!!!!

anna ·

Wonder onder watter sandduin bly hulle. Kom by ministers, baie SA mense is nie blind nie hoor.

Esther Coetzee ·

Ja, dieselfde ‘tegniese probleem’ wat die probleme gee by Eskom, SAL, Onderwys, Gesondheid, munisipaliteite, Poskantoor, ens ens. Die naam van die tegniese probleem is die ANC en dis besig om die land ten gronde te laat gaan

Neptunus ·

Hmmm… tegniese fout? Dis seker maar die beste waarmee hierdie oorbetaalde, onderduimse versameling mense vorendag kan kom. Ook maar lank gevat om dit uit te dink, foei! Animal Farm uitgeknip.

adrian ·

twak….. minister van kommunikasie sit agter dit nes sy sabc gekaap het … faith dis jy

Skull ·

AC – Alternating current
DC – Direct current
ANC – No current

Gideon ·

Kersvader, klaasvakie en die tokkelos bestaan! Kom nou ons is nie kinders nie, moet asb nie die minderheid kiesers onderskat nie!

JoeV ·

Hulle dink minder van die publiek as wat mens dink!
Daar is drie cell netwerke, in strawe kompetisie met mekaar, al drie sou vir die geleendheid tegniese bystand op die perseel gehad het. Al drie se personeel met eens dieselfde fout kry. Nie maklik nie.
Net nog ‘n bewys van die formaat van die gepeukel.

George van der Merwe ·

Ek het gesien hoe Jan van Riebeeck die sein met een appelje van Oranje blokkeer… Dit was hij, de oude swerkater!

GIDEON NEL ·

Die klop sotte kan darem snert wys raak, Hanekom en Davis probeer ook vas klou aan die laaste gras halm ander was hulle reeds uit die sirkus. Die staats rede het skaar begin het vriende uit Australia en Suid Dakota gevra of Suid-Afrika nou ‘n nuwe surkus het en wat noem jy dit. Onnodig om te se, want almal in die wereld weet wat in die land aangaan .Die Anc is nie eens bevoeg om die selfoon sein in die parlement te laat werk nie , hoeveel temeer om die land behoorlik te regeer.

Gertjie ·

En ek is net so verbaas omdat hulle almal nou so lieg oor die seinblokkeringstoestel. So ‘n toestel bring sterings op ‘n mikrofoon en ander elektroniese toestelle. Dit hoef ook nie in die gebou te wees nie.

scalla ·

n tegniese fout het die tegniese fout per abuis aangeskakel, dis die probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.