Seinsteuringtoestelle op beslag gelê; verdagte vas

Die seinsteuringtoestelle waarop beslag gelê is. Foto: @MalilaNeville op Twitter.

Die seinsteuringtoestelle waarop beslag gelê is. Foto: @MalilaNeville op Twitter.

Die polisie in Gauteng het Donderdag ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat daar op meer as R200 000 se seinsteuringtoestelle beslag gelê is.

Die toestelle, wat veral tydens vragmotorkapings gebruik word, is op beslag gelê na ʼn operasie deur die nasionale intervensie-eenheid en die Gautengse polisie.
Volgens brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het die ondersoek hul na ʼn maatskappy in Midrand gelei waar hulle op 17 seinsteuringtoestelle beslag gelê het en ʼn 24-jarige verdagte in hegtenis geneem het.
“Die polisie het die maatskappy besoek en ʼn demonstrasie gekry oor hoe die toestelle werk. Die verdagte sal tereg staan op aanklagte wat met die Wet op Elektroniese Kommunikasie verband hou,” het Malila gesê.
Beamptes van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) was op die toneel, en het bevestig dat die toestelle onwettig is. “Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die verdagte betrokke was by die verkoop van ander onwettige toestelle. Die ondersoek duur voort en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn,” het Malila gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.