Sekere KitKat-sjokolade oor glasstukkies herroep

Kit Kat (Foto: Pixasbay)

Nestlé Suid-Afrika sê hy tree voorkomend op deur sekere KitKat-sjokolade te herroep omdat dit moontlik stukkies glas kan bevat. Die klein stukkies glas is tydens gehalte- en veiligheidskontrole gevind.

Dié voedselvervaardigingsreus is onseker of sjokolade met stukkies glas in wel hul verskyning op winkelrakke gemaak het.

Volgens Zweli Mnisi, korporatiewe woordvoerder van Nestlé, ondersoek hulle tans wat verkeerd geloop het. “Nadat ons die probleem opgemerk het, het ons dadelik stappe gedoen om voorkomend op te tree. Ons het bykomende maatreëls ingestel om ons gehalte- en veiligheidskontroles op te skerp om seker te maak dit gebeur nie weer nie,” sê Mnisi.

“Geen klagtes of beserings is tot dusver aangemeld nie.”

Die geraakte sjokolade het ’n vervaldatum van óf 30 September 2022 óf 31 Oktober 2022.

“Die vrywillige herroeping geld slegs vir die KitKat 2 Finger Milk 36x20g en die KitKat Mini Bag Milk 32x200g met spesifieke produksiekodes.

“Geen ander groottes en soorte KitKat-produkte (onder andere donkersjokolade en witsjokolade) word deur hierdie herroeping geraak nie.”

Mnisi sê verbruikers wat geraakte produkte gekoop het, moet dit nie gebruik nie, maar terugneem na die plek waar hulle dit gekoop het vir volle terugbetaling.

Om die produksiekode op te spoor, moet verbruikers op die sypaneel van die pakkie kyk.

“Indien jy bekommerd is dat jy of een van jou familielede dalk een van die geraakte produkte geëet het, raadpleeg asseblief ʼn dokter.”

As jy nie seker is hoe om die produksiekode te vind of hoe om die produk terug te stuur nie, skakel 0860 096 116 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] of kontak Nestlé deur middel van  hul sosialemediaplatforms.

Die volgende produksiekodes word geraak:

  • KitKat 2 Finger Milk 36x20g: 13590177, 13600177, 13620177, 13630177, 13640177, 13650177, 20010177, 20100177, 20110177, 20100177, 20110177
  • KitKat Mini Bag Milk 32x200g: 20120177, 20010177, 20020177, 20030177, 20080177,

13620177, 13600177, 13610177.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

tweeling ·

Miskien help dit paar mense om skerper in die lewe te wees.

JohanR ·

Kan mens se in Engels – “quality control not what is used to be, or what it should be?”

Jannie van Niekerk ·

Ek dink in hierdie geval is dit jou eerste stelling: What it used to be.

Herman ·

Dit is juis agv quality control dat hulle dit opgetel het en nie iemand van die publiek nie. Dit is n vervaardiging probleem. Hoe kom die glas in die produk?

VaalDonkie ·

Hoe bly is ek nou ek is op die Keto-dieet. Maar dan is daar weer varkgriep en goed.

Perdeby ·

Moet nou asb nie dink jy nommer 2 diamante nie dis net glassukkies!

Louise ·

Raadpleeg n dokter op wie se onkoste?
Wanneer enige verbruiker n produk van n rak haal en gebruik. Vertrou die verbruiker alles is 100% met die produk!
Maar as iets dan nou met produksie verkeerd loop, word daar gese raadpleeg n dokter indien die produk geeet was! Laat mense wonder oor instandhouding van die lyne en hoe veilig sekere podukte eintlik is. Hoelank voordat daar agtergekom was daar is glas in en word daar nie met elke produksielyn n kwaliteitsbeheer gedoen voordat n sekere produk die pakhuis verlaat nie?

Vlooitjie ·

En wonder niemand waar die glas moontlik vandaan kom nie?

domheks ·

Nuwe SA is enige iets moontlik. Glasstukkies geplant? Hoe de hel is glas in ‘n sjokolade fabriek?

Swerwer ·

Interresant. Hoe kom die “glasstukkies” in die kit kat. Laat mens wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.