Sekerheidswag doodgeskiet naby Witbank

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van drie verdagtes wat na bewering ’n sekerheidswag Saterdagoggend in die Old Coronation-nedersetting naby Emalahleni (Witbank) vermoor het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, is die 57-jarige wag glo geskiet en met ’n mes gesteek.

“Volgens inligting was die wag en sy kollega omstreeks 05:30 op pad werk toe, toe drie gewapende verdagtes hulle oorval het,” bevestig Mohlala.

Daar word beweer dat een verdagte met ’n vuurwapen en die ander een met ’n mes gewapen was. Die derde verdagte het die wagte deursoek en glo hul selfone asook R500 kontant gevat.

“Een van die wagte het probeer terugbaklei en is in die proses geskiet en verskeie kere met die mes gesteek.”

Nooddienste is na die toneel ontbied en paramedici het een van die wagte dood verklaar.

“’n Saak van roof en moord is aanhangig gemaak.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan lt.kol. Chris Ngwenya by 071 352 7585 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jr ·

Waar is die EFF’ers met hulle moordklag nou, soos in Middelberg. Nou is hulle doodstil, klomp rooi Tellietubbies

Pierre ·

Sal nie daar wees nie want hulle kan niks daaruit win nie, sal net opdaag as sensasie gemaak kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.